DISCOUNT ONLY ON ONLINE PURCHASES ●●● FREE Pargo delivery on orders above R350

Kinders
Prenteboeke

Results 121 to 135 of 353
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660567

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90You save R 10
Klein Grillie Spinnekop is baie opgewonde - dit is sy verjaardag. Hy het sy web met blommetjies versier en almal kom vier saam: Oom Langbeen, Tant Fiena en al die maats. Ook Tante Tarantula, pas terug van 'n safari af, sorg vir 'n klomp verrassings ...
'n Meevoerende verjaardagstorie waarin kinders saam met Grillie die wonders van Afrika ontdek.
Publication date: 2016-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660574

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90You save R 10
Klein Grillie Spinnekop kry binnekort 'n babasussie. Hy weet glad nie wat om te verwag nie. Hoe sal dit wees met nog 'n ekstra lyfie in die huis ...?
Saam met sy maats gaan soek hy die antwoorde by die dierebabas in die bos. Hy leer ook dat die koms van sy sussie niks verander aan sy ouers se liefde vir hom nie.
Publication date: 2016-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799358094

Kinders: Prenteboeke

Translator: Jaco Jacobs
Illustrator: Jimothy Oliver
Kinders  -  Prenteboeke
R 115
R 104You save R 11
"'n Cowboy leer dat 'n mens selfs in die Wilde Weste gaaf kan wees in hierdie prettige rymende boek.
Hierdie reeks leer ouers en kinders dat goeie maniere pret kan wees ... en die lewe
vir almal 'n bietjie makliker maak!"
Publication date: 2016-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799358070

Kinders: Prenteboeke

Translator: Jaco Jacobs
Illustrator: Jimothy Oliver
Kinders  -  Prenteboeke
R 115
R 104You save R 11
"'n Klein prinsessie leer om mededeelsaam te wees in hierdie prettige rymende boek.
Hierdie reeks leer ouers en kinders dat goeie maniere pret kan wees ... en die lewe
vir almal 'n bietjie makliker maak!"
Publication date: 2016-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799358100

Kinders: Prenteboeke

Translator: Jaco Jacobs
Illustrator: Jimothy Oliver
Kinders  -  Prenteboeke
R 115
R 104You save R 11
'n Klein seuntjie met 'n groot verbeelding leer goeie maniere in hierdie prettige rymende boek.

Hierdie reeks leer ouers en kinders dat goeie maniere pret kan wees... en die lewe vir almal 'n bietjie makliker maak!
Publication date: 2016-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485306368

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 80
R 72You save R 8
'n Baie oulike, eenvoudige Afrikaanse rymvertaling! Perfek om kinders te leer lees.

Die klein koning woon in 'n mooi paleis, maar het niemand om mee te speel nie. Hy word verlief op Rosie, die dogter van die tuinier. Maar omdat sy nie 'n kroon dra nie, mag hy nie met haar trou nie. Die klein koning kry 'n goeie oplossing: Hy haal net sy eie kroon af!
Publication date: 2016-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485306351

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 80
R 72You save R 8
'n Baie oulike, eenvoudige Afrikaanse vertaling! Perfek om kinders te leer lees.

'n Eerste leesboek - identifiseer diere.
Publication date: 2016-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485306757

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 80
R 72You save R 8
'n Baie oulike, eenvoudige Afrikaanse rymvertaling! Perfek om kinders te leer lees.

Al die diere op die plaas wonder aan wie die geheimsinnige eier behoort. Skielik kraak die eier, en wat kom daaruit? 'n Oulike, klein geel eendjie! Al die diere werk saam om vir die eendjie kos bymekaar te maak.
Publication date: 2016-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485306764

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 80
R 72You save R 8
'n Baie oulike, eenvoudige Afrikaanse vertaling! Perfek om kinders te leer lees.

'n Eerste leesboek om woorde te leer oor gesin en familie.
Publication date: 2016-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485306498

Kinders: Prenteboeke

Translator: Carla Lang
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135You save R 15
Rot, 'n vreemdeling, slaan kamp op aan die ander kant van die rivier. Padda se maats is vies - Rot is anders as hulle. Hy hoort nie daar nie. Hulle waarsku vir Padda om weg te bly van hom af, want alle rotte is vuil, dom en grillerig. Maar Padda besluit om vir Rot beter te leer ken. En wat 'n verrassing! Rot kan lees en skryf en drie tale praat! Verder is hy altyd vrolik en hulpvaardig. Padda is baie hartseer toe Rot weer vertrek, maar Rot belowe om eendag terug te kom om 'n brug oor die rivier te bou ...

Padda en die vreemdeling is 'n storie vol pret en pragtige illustrasies, maar bevat ook 'n waardevolle lewensles.
Publication date: 2016-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485306504

Kinders: Prenteboeke

Translator: Carla Lang
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135You save R 15
Padda voel vreemd. Hy het 'n versnelde hartklop, kry warm en koue gloede en wil lag en huil tegelyk. Dan besef hy: Hy is verlief op Eend! Maar daar is een probleem: Padda is groen en Eend is wit ... Volgens Padda se maats is dit onmoontlik dat 'n groen padda en 'n wit eend mekaar kan liefhê.
Maar Padda bewys aan sy maats dat liefde geen grense het nie.

Padda is verlief is 'n storie vol pret en pragtige illustrasies, met 'n belangrike lewensles vir kinders so jonk as 3.
Publication date: 2016-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485306344

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 80
R 72You save R 8
'n Baie oulike, eenvoudige Afrikaanse vertaling! Perfek om kinders te leer lees.

'n Eerste leesboek - identifiseer vorms.
Publication date: 2016-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624069140

Kinders: Prenteboeke

Illustrator: Maja Sereda
Kinders  -  Prenteboeke
R 165
R 149You save R 16
In die groot stad, Johannesburg, stap Dylan en Palesa saam met Dylan se pappa skool toe. Hulle is in die Gr R-klas. Dis hulle eerste skooldag! Op pad is daar 'n piepklein huisie met die mooiste, grootste sonneblom wat hulle nog ooit gesien het in die tuin. Dit lyk asof die sonneblom hulle agternakyk. En toe hulle die middag huis toe stap, kyk die blom hulle sowaar weer agterna!
Publication date: 2016-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798173544

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 90
R 81You save R 9
Het iemand al ooit iets gevat wat aan jou behoort? Was jy al ooit so kwaad dat jy op iemand geskree het? Hoe het jy gevoel? Het jy jou vuiste gebal? Lees van Mabel en Henk, en wat hulle gedoen het toe hulle kwaad was.  Die reeks Almal voel . . . help kinders om hulle gevoelens te verstaan en wys vir hulle hoe om nuwe emosies en ervarings positief te hanteer.
Publication date: 2016-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798173551

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 90
R 81You save R 9
Was jy al ooit baie opgewonde om op vakansie te gaan? Het jy iemand anders al ooit gelukkig gemaak? Hoe het jy gevoel? Het jy baie breed geglimlag? Lees van Henk en Merle, en wat hulle gedoen het toe hulle gelukkig was. Die reeks Almal voel...help kinders om hulle gevoelens te verstaan en wys vir hulle hoe om nuwe emosies en ervarings positief te hanteer.
Publication date: 2016-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.