DISCOUNT ONLY ON ONLINE PURCHASES

Kinders
Prenteboeke

Results 241 to 255 of 355
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869199708

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 170
R 153You save R 17
Lek gou aan 'n suurlemoen en kyk hoe lyk jy in die spieel. So suur soos wat jou gesig nou lyk, so lyk die broers Harry en Huibert Suur s'n altyd. En hulle hou boonop daarvan! Suig gou aan 'n suikerklontjie en lees wat gebeur wanneer Harry en Huibert op 'n dag 'n kaartjie in die pos kry wat hulle rustige lewe omkeer.
Publication date: 2013-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920475024

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 85
R 77You save R 8
Flintie Valsbaard is 'n slim uitvinder ...en kamma-seerower! Hoe dan anders? Sy pappa is die vreeslose Kaptein Valsbaard! Wel, eintlik is Pappa meestal dierbaar en vol liefde ...Pasop net as hy sy woeste valsbaard, oogklap en houtbeen aantrek - dan roof en plunder hy vir die vale! Seil saam met Flintie na Ys-Eiland en vind uit waarom die vulkaan verstop is ...Maak net gou, voordat Pappa die hele plek platskiet
Publication date: 2013-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920475734

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 85
R 77You save R 8
Meneer de Beer is mal oor heuning. Wanneer jy hom soek, is hy maar op die heuningplaas. Tot op 'n dag ...Die heuningplaas trek1 Sonder sy heuningplaas bly daar niks vir hom in die lewe oor nie. Hy pak sy goedjies en trek ook...Niks kon hom keer nie - nie 'n honger krokodil, 'n wilde, woeste windstorm of 'n reuse-seekat nie! Hy gee nie op nie. Spring op meneer De Beer se eenwiel-fiets en leer hoe omm deur te druk en nie moed op te gee nie!
Publication date: 2013-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920475864

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 85
R 77You save R 8
Eendag as ek groot is, gaan ek 'n draak-jagter word ...'n Klein beertjie droom van die dag dat hy groot en sterk gaan wees - die dag wanneer niks hom meer bang sal maak nie. Maar daar is nog 'n paar dinge wat sy broekie so 'n bietjie laat bewe ...Op 'n waaghalsige soektog, diep die Land van Verbeelding in, ontdek die klein beertjie presies hoe dapper hy kan wees ...
Publication date: 2013-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920475727

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 85
R 77You save R 8
Skatlam is g'n gewone skaap nie. O, nee, vir haar is die weiveld nie genoeg nie. Sy't 'n droom - 'n wonderlike droom ... al is sy baie lief vir haar raserige familie.
Skatlam wil haar eie hotel hê! Sy trotseer baie gevare op pad na die hotel toe - die honger wolf en 'n sissende slang. En dan's daar nog die draak agter die hotel ...

Geniet Skatlam se soeke om haar droom te bewaarheid in dié pragboek. En leer hoe belangrik dit is om jou drome na te volg ...
Publication date: 2013-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920475710

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 40
R 36You save R 4
Die maan sit al hoog.Hekselientjie word wakker. Als is tjoepstil in Heksiebos. Slaap almal dan nog ? Sy steek haar Koppie by die deur uit.....
Brullende besems ! wat gaan aan ? Die hekse en hesies loop almal en snuif en snik ! "Ek gaan 'n draak met trane soek," sê Hekselientjie dapper.
Publication date: 2013-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920475673

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90You save R 10
Stinkie Muishond het alles gepluk en wil met niemand deel nie. Die maats is treurig en teleurgesteld. Maar daar's tog 'n lekker feeshappie vir almal - versoet met 'vriendskappoeier' en die besef dat dit lekker is om te deel.
Publication date: 2013-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869199364

Kinders: Prenteboeke

Translator: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 120
R 108You save R 12
Oupa vertel graag stories wanneer ek vir hom kom kuier. Oupa vertel van die oorlog, van die hongersnood en van die los werkies wat hy moes doen. Hy vertel hoe hy verlief geraak het en toe pa en oupa geword het. Hy vertel van die engelestandbeeld waarby hy as kind elke dag verbygehardloop het skool toe. Maar is dit dié engel wat deur al die jare 'n wakende hand oor Oupa gehou het? Moet wees.

Oupa se engel is in 2002 vir die Duitse jeugliteratuurprys (Deutscher Jugendliteraturpreis) genomineer. Jutta Bauer is 'n bekende kinderboekillustreerder en strokiesprenttekenaar wat in 2010 die Hans Christian Andersen Prys ontvang het vir haar werk.
Publication date: 2013-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869195427

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 250
R 225You save R 25
Hierdie boek is 'n versameling boeiende stories en rympies wat die gevierde kinderboekillustreerder Richard Scarry se immergewilde dierekaraktertjies insluit. Die vrolike verhale en prettige illustrasies maak dit die beste storieboek ooit ...
Publication date: 2013-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920134983

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90You save R 10
Bella Beer en Pappa kyk na die sterretjies. Kyk net al die liggies in die donker. Toe slalpenstyd kom, wil Bella nie slaap nie. Bella is bang vir die donker. Pappa sê vir Bella dat die sterretjies heelnag skyn. Maar Bella kan nie die sterretjies van haar bed af sien nie. Ha! Wag so 'n bietjie, Pappa maak 'n plan!
Publication date: 2013-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920134976

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90You save R 10
Klein Bella Beer wil graag vir Mamma iets maak ... 'n grooooooot hart! Hoe nou gemaak? Gebruik 'n mens groen verf of geel? Of is 'n hartjie dalk blou?

Bella Beer spring aan die werk, maar dis nie hoe sy dit wou hê nie! Gelukkig het Mamma raad ...
Publication date: 2013-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920475642

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 50
R 45You save R 5
Lawwe Lalie en die seerowers hoor van nog 'n avontuur en laat nie op hulle wag nie!
Daar is vanaand iets vreemds op die Dolfyn aan die gang.
Bestaan die Spook van Pienkbaard regtig?
Publication date: 2013-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869199333

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 65
R 59You save R 6
Dit is aand in Wemelstad. Mense en diere slaap rustig - oftewel, sommige. Ander is in die laat ure eers oppad êrens heen en hulle beleef opwindende dinge soos 'n Boekwurmaand in die biblioteek, 'n partytjie in die park of aanskou selfs hoe die polisie 'n dief vastrek. Rotraut Susanne Berner se boek vertel van vladderende vlêrmuise, maanligstappies en snoesige beddens. Van allerhande dinge wat op 'n luilekker somersaand in Wemelstad gebeur.
Publication date: 2013-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869199388

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117You save R 13
Martie is 'n ongeduldige, woelige kind.
Alles moet sommer dadelik gebeur. Nou! Dadelik!
Haar ouma is net soos sy en dié twee verstaan mekaar goed. Op 'n dag word Ouma siek en sy kan haar woorde nie meer vind nie. Die grootmense behandel die siek vrou asof sy 'n kind is, maar vir Martie is sy steeds die kragtige, pragtige ouma wat net sy verstaan.
'n Ontroerende storie en 'n wondermooi prenteboek vir jonk en oud.
Publication date: 2013-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869197582

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117You save R 13
In die middel van die nag sien Martiens dit vir die eerste keer: die vlinders. Hulle vlieg om sy kop rond, een miljoen van hulle. Martiens weet nie waar die vlinders vandaan kom nie, maar sy ouers verstaan. 'Dis tyd om te gaan,' sê hulle en gee vir hom alles wat hy op pad sal nodig kry.

Een miljoen vlinders is 'n verhaal oor grootword, weggaan, verlief word en weer huis toe kom.
Publication date: 2013-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.