DISCOUNT ONLY ON ONLINE PURCHASES

Kinders
Prenteboeke

Results 166 to 180 of 355
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485302995

Kinders: Prenteboeke

Illustrator: Max Velthuijs
Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117You save R 13
Padda voel nutteloos, want hy kan nie vlieg soos Eend nie en hy het ook nie 'n talent vir goeters maak soos Rot nie. Hy wens hy kan koekbak soos Vark, of so vlot lees soos Haas. Maar dan besef Padda dat hy uniek, spesiaal en talentvol op sy eie manier is - hy is pragtig en groen, en kan beter swem en spring as enigiemand anders!

Padda is Padda is 'n storie vol pret en pragtige illustrasies, maar bevat ook 'n lewensles. Die storie verduidelik dat elke kind uniek is en oor sy eie talente beskik - dit maak hom nie beter of slegter as 'n ander kind nie. En almal is lief vir Padda net soos hy is! Padda leer dat dit die beste is om net homself te wees.

Max Velthuijs (1923-2005) was 'n Nederlandse skilder, illustreerder en skrywer. In 2004 ontvang hy die Hans Christian Andersen-medalje vir sy "blywende bydrae tot kinderliteratuur". Velthuijs is die beste bekend vir die Padda-prenteboeke. Die eerste was Frog in Love, in 1989 deur Andersen Press gepubliseer, wat internasionale erkenning verkry het.
Die stories van Padda en sy diverse groep vriende beeld uit dat die lewe moeilik kan wees, maar op die ou end is dit goed en daar is troos: Moenie opgee nie en moenie geloof verloor nie, want jy is sterker as wat jy dink, en jy is nie alleen nie.
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799377163

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 170
R 85You save R 85
Dis lekker om te leer lees met hierdie prettige storie oor Teddie Tim se eerste piekniek. Die eenvoudige, herhalende taalgebruik en prettige karakters maak hierdie storie perfek om jou kind te help lees. Aan die linkerkant van elke dubbelbladsy verskyn 'n lys geïllustreerde woorde wat jy saam met jou kind kan lees. Aan die einde van die boek verskyn ook 'n nuttige prentewoordeboek om woordeskat vas te lê.
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920603120

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 119
R 107You save R 12
Vlak 1 Boek 1 - 360 Woorde. Vir voorlees
Die Rasmus reeks, wat nou vir die heel eerste keer in Afrikaans verskyn, is daarop gemik om kleuters jonk aan die lees te kry. Elke Rasmus-boek bevat 'n CD waarop die inhoud van die boek stadig en duidelik voorgelees word.

Ekstra bladsye vir inkleur en leer skryf.
Publication date: 2015-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660239

Kinders: Prenteboeke

Illustrator: Martina Matos
Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90You save R 10
Klein Grillie Spinnekop spring op 'n dag weg om te gaan uitvind waarom mense bang vir hom is. Op sy reis vra hy by sy maats en familie raad. Maar elkeen het 'n ander antwoord ... 'n Meevoerende storie waarin kinders leer om ander te aanvaar net soos hulle is.
Publication date: 2015-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660307

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 55
R 50You save R 5
Dis 'n lieflike sonskyndag. 'Kom ons gaan hou piekniek,' stel Mia voor. 'Wat 'n goeie plan!' sê Pippie. Hulle het nooit kon dink dat die dag só vol avontuur sou wees nie ...!
Publication date: 2015-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660079

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 40
R 36You save R 4
Wanneer Manie en Tobie, die twee klein muisies, hul niggies van die vlermuisfmailie leer ken, wil hulle net één ding doen: hulle wil ook vlieg ...
Sal hulle droom waar word?
Publication date: 2015-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660086

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 40
R 36You save R 4
Fanie is nie die beste voëlverskrikker nie. Hy lyk só vriendelik dat die kraaie niks bang vir hom is nie! Sodra boer Frans sy rug draai, vlieg hulle maar weer die saailand in. Maar dan maak die plaasdiere 'n plan ...
Publication date: 2015-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660093

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 40
R 36You save R 4
Die plaasdiere het 'n klein bosvarkie alleen tussen die lang gras gevind. Hy het van sy mamma en boeties weggedwaal toe hy van die jagter gevlug het. Almal help om na die stroper en die bosvark-mamma te soek ...
Publication date: 2015-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660116

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 40
R 36You save R 4
Neef George het 'n sirkus. Sy bokkie, Bettie, se een poot het seergekry en sy kom vir 'n paar dae op die plaas aansterk. Bettie voel dadelik tuis tussen die ander diere op die plaas. Maar hulle droom nou net van één ding - om ook in 'n sirkus op te tree ...!
Publication date: 2015-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660246

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90You save R 10
Klein Grillie Spinnekop gaan hou vakansie op die plaas. Hy pak sy rubbersteweltjies in en sien baie uit na al die diere wat hy gaan leer ken. Wie weet, dalkies loop hy daar 'n hond-kat-koei raak? 'n Heerlike plaasavontuur vir die hele gesin!
Publication date: 2015-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660277

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 55
R 50You save R 5
Mia is nie 'n gewone lieweheersbesie nie. O, nee, sy't net výf kolletjies op haar ruggie! Mamma is bekommerd
Publication date: 2015-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660284

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 55
R 50You save R 5
Vroeg, vroeg skyn die son Mia wakker. "Dit gaan 'n wonderlike dag wees!" dink die lieweheersbesie met die vyf kolletjies. As sy maar net kon weet ...!
Publication date: 2015-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799367119

Kinders: Prenteboeke

Translator: Jaco Jacobs
Illustrator: Sarah McIntyre
Kinders  -  Prenteboeke
R 140
R 126You save R 14
Daar's 'n nuwe kleuterheld op die horison! Superseun is so vinnig soos blits, hy het x-straal-oë en hy skrik vir net mooi niks! Superseun kan sien as boelies jou kougom wil gaps, hy weet wat om met 'n bord vol broccoli te doen, en hy kan selfs seerowers laat les opsê!

Die Britse skrywer Claire Freedman is die outeur van meer as 50 boeke vir kinders, insluitend topverkopers soos Aliens Love Underpants en George's Dragon. In 2007 het haar boek Ek is lief vir jou, slaapkous in Afrikaans verskyn.
Publication date: 2015-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799367188

Kinders: Prenteboeke

Illustrator: Chris Venter
Kinders  -  Prenteboeke
R 140
R 126You save R 14
'nTiaan se bababoetie hou daarvan om knoppies te druk.
'Moenie die knoppie druk nie!' skree Ma en Pa elke keer.
Maar dit is elke keer te laat.
Op 'n dag gaan doen Tiaan en sy gesin inkopies. Sy boetie beland in 'n REUSAGTIGE geel stootskraper en druk 'n knoppie ...
Die stootskraper begin dreun en GROMMM!
'Stop daardie stootskraper!' skree almal.
Maar Tiaan is die enigste een wat 'n plan het.

Lekker lawwe, lawaaierige, holderstebolder kleuterboek oor een van die onweerstaanbaarste dinge op aarde - 'n knoppie wat smeek om gedruk te word!

Jaco Jacobs is die skrywer van meer as 100 boeke vir tieners, kinders en kleuters. Sy bekroonde prenteboeke soos Liewe land, 'n olifant! en Waarvoor is seerowers bang? is gunstelinge op vele kinders se boekrakke. Meer as 650 000 kopieë van sy boeke is reeds verkoop en hy spog met talle bekronings, waaronder die Alba Bouwerprys, die C.P. Hoogenhoutmedalje en negentien ATKV-Kinderboektoeken-nings.
Chris Venter is tans een van die gewildste en talentvolste jong illusteerders in Suid-Afrika. Sy illustrasies pryk in talle Jaco Jacobs-boeke.
Publication date: 2015-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660048

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 40
R 36You save R 4
Daar is ses nuwe varkies op die plaas! Maar hoe groter hulle word, hoe stouter word hulle. Haan roep al die plaasdiere bymekaar om te kom help om die ses karnallies 'n paar lesse in goeie maniere te leer.
Publication date: 2015-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.