●●● R50 delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 6 - 9

Results 76 to 90 of 301
Sorted by:  Title
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869196196

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
Een agtermiddag begin dit uit 'n groot los wolk reën. Die son skyn waar dit reën en toe kom daar 'n pragtige reënboog. Jakkals begin plesierig sing: "Die reën die val, die son die skyn en Jakkals gaan met Boer se dogter trou."

Reier hoor hom en vra: "Wie wil so 'n bakoor en spitssnuit vir 'n man hê?"

Reier is net jaloers! besluit Jakkals. Boer het belowe dat hy wat Jakkals is met sy dogter onder die reënboog kan trou. Maar Jakkals praat te gou. Reier gaan keer dat hy bruilof hou!
Publication date: 2012-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869199159

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
Die vierde boek in G.R. von Wielligh se klassieke versameling eg-Suid-Afrikaanse dierestories. In Dierestories 4 vang Jakkals en Wolf saam vis en hulle bou saam 'n huis. Ons leer Jakkals en Wolf se seuns ken. Jakkals moet Leeu se siek kind dokter en ons hoor van die kaskenades van Bobbejaan en Erdvark.
Publication date: 2013-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485311829

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 220
Klara Klein het alles wat sy moontlik kan begeer. Maar alles is nie genoeg nie. Sy wil nog en nog en nóg goed hê! Op 'n dag besluit Klara sy wil 'n DINGETH hê, maar daar is net een probleem. Wat is 'n DINGETH?

Mnr. en mev. Klein sal enigiets doen om hul dierbare doggie gelukkig te hou, selfs al beteken dit hulle moet by die kelder onder die biblioteek ingaan om 'n antwoord in die geheimsinnige Monsterklopedie te kry. Hul desperate soektog lei na die donker dieptes van die oerwoudagtigste oerwoud waar die vreemdste vreemde dierasies lewe.

Maar gaan hulle ooit 'n DINGETH kry?
Publication date: 2021-06-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799399066

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Hugo van Look
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 165
Hierdie hoogsgewilde Nederlandse reeks oor 'n jong seuntjie wat op sy sewende verjaarsdag 'n weerwolf word, is vir die eerste keer in Afrikaans vertaal! Kinders sal mal wees oor Dolfie en sy vriende se humoristiese avonture. 'n Opwindende reeks wat hope pret waarborg! Toe Dolfie wakkerword is dit nog pikdonker. Die maan skyn deur die venster. Dis 'n spesiale nag. Sewe, dink Dolfie. Uiteindelik is ek sewe jaar oud! Dan skrik hy. Skielik het hy hare regoor sy lyf! Sy hande en voete is nou pote. En hy het sowaar 'n stert! Hy is … 'n weerwolf! Toe sy vriend Timmie opdaag, kla Dolfie “Ek wil nie 'n weerwolf wees nie!” “Dalk gaan dit vanself weg,” stel Timmie voor. “Ja, jy kan maklik praat,” grom Dolfie. “En wat as dit nie weggaan nie? Wat dan? Die tweede boek in die Dolfie reeks is ook reeds beskikbaar: Volmaan.
Publication date: 2020-07-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799399745

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Hugo van Look
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 165
Hierdie hoogsgewilde Nederlandse reeks oor 'n jong seuntjie wat op sy sewende verjaarsdag 'n weerwolf word, is vir die eerste keer in Afrikaans vertaal! Kinders sal mal wees oor Dolfie en sy vriende se humoristiese avonture. 'n Opwindende reeks wat hope pret waarborg! Dolfie is saam met sy klasmaats op 'n skoolkamp. Hope pret en kattekwaad wag net om die draai … Een aand sit al die kinders om die kampvuur. Dis volmaan, en die onderwyser vertel 'n storie. Skielik begin Dolfie kriewel. Hy is weer besig om wolf te word! Hy hardloop geskok in die bos in. Niemand mag weet wat hy is nie! Maar Noura kom agter iets is fout en besluit om vir Dolfie te agtervolg. Die eerste titel in die Dolfie-reeks is reeds beskikbaar: Dolfie Weerwolfie
Publication date: 2020-07-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9781775785781

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
'n Unieke, nuwe reeks wat jy en jou kind saam kan lees. Op die linkerkantste bladsye is die volledige storie vir jou om voor te lees. Op die regterkanste bladsye is eenvoudige, kort sinne wat jou kind maklik kan baasraak.
Publication date: 2012-11-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394122

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Linki Brand
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
Is jy gereed vir 'n skubberige avontuur?
Darius se pa kan deur 'n rivier vol krokodille swem.
Sy ma red ou tannies uit brandende geboue.
Selfs sy kleinsussie skrik vir niks …
En Darius?
Hy is nie eens dapper genoeg om van die skool se duikplank af te spring nie.
Maar alles verander toe hy op 'n dag 'n BAIE VREEMDE present by sy oupa kry …
Jaco Jacobs se splinternuwe avontuurverhaal gaan oor bang wees en dapper wees - en dat daar 'n draak binne elkeen van ons is wat ons kan help om ons vrese te oorkom. Dit is 'n beginnerleesboek vir kinders met 'n sterk fokus op humor; met eenvoudige, maklik leesbare teks.
Publication date: 2019-04-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799345292

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 80
Denver het nie altyd gehakkel nie. Voordat oom Jaap by hulle kom bly het, glip die woorde soos gladde seepbelle oor sy lippe. Almal se sy ma is gelukkig om 'n man soos oom Jaap te kry. Denver is die enigste een wat nie van oom Jaap hou nie. Hy wens hy kon vir sy ma of vir sy sangjuffrou vertel wie oom Jaap regtig is ...
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799372861

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 200
Lank-lank gelede was die Diepgrawers 'n groot erdfamilie, maar nou is daar net ses van hulle oor - Ouma Smakkie, Pa Vasgryp, Ma Uilverskrik en die drieling, Droomoog, Witstert en Snoetie. Die ander erdfamilies maak al hoe meer snuffelpraatjies oor die Diepgrawers, nie net omdat hulle so min is nie, maar ook omdat hulle allerhande on-erdse dinge aanvang. Die jong Diepgrawers klouter dan selfs in bome rond! Wanneer Droomoog een nag iets doen wat geen opregte erd ooit mag doen nie, is dit die laaste strooi. Die Diepgrawers moet gestraf word - hulle moet veld-uit! Sal Droomoog kan regmaak wat hy verbrou het? En sal hy kan ontsnap van die woeste vuur en die verskriklike Vreet se kloue? Gelukkig is Droomoog 'n ware Diepgrawer, 'n erd wat nie opgee nie, 'n erd met 'n plan.
Publication date: 2013-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928426684

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 120
Na meer as twee dekades as musikant en kulturele opstoker het Koos Kombuis die afgelope paar jaar 'n nuwe nis vir homself begin uitkerf; dié van kinderboek-skrywer.
En nou, sy eerste self-geïllustreerde kinderboek vir alle ouderdomme van agt tot agt-en-tagtig: Eben die Ellendige Eenhoring!
Eben die Ellendige Eenhoring is 'n prettige moderne variasie op die ou tema van die lelike eendjie. Dit verskyn ook gelyktydig in Engels as Hubert the Useless Unicorn.
Publication date: 2019-04-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928446095

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
Die dieretuin gee goue ster-pryse vir die diere. Kallie die kameelperd het net die regte plekkie teen sy heining vir 'n ster. Maar gaan Kallie 'n goue ster wen?
Leesvlak ORANJE
Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.
Pienk, Rooi, Geel, Blou, Groen,Oranje - Einde van Graad R
Turkoois, Pers, Goud - Einde van Graad 1
Wit, Lemmetjie - Einde van Graad 2
Publication date: 2018-08-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928446200

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
Leesvlak: Pienk

Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.

Pienk, Rooi, Geel, Blou, Groen,Oranje - Einde van Graad R
Turkoois, Pers, Goud - Einde van Graad 1
Wit, Lemmetjie - Einde van Graad 2
Publication date: 2019-10-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660260

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
Dit is dag en Hond is wakker. Hond wil met Jakkals speel, maar Jakkals is aan die slaap. Sal Jakkals opstaan om te speel?
Leesvlak GEEL
Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.
Pienk, Rooi, Geel, Blou, Groen,Oranje - Einde van Graad R
Turkoois, Pers, Goud - Einde van Graad 1
Wit, Lemmetjie - Einde van Graad 2
Publication date: 2018-06-22
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928446088

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
Stinkie is 'n perdjie wat baie sleg ruik. Hy wens hy was 'n eenhoring sodat almal van hom kon hou. Uil besluit om vir Stinkie te help en sy wens te laat waar word.
Leesvlak GROEN
Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.
Pienk, Rooi, Geel, Blou, Groen,Oranje - Einde van Graad R
Turkoois, Pers, Goud - Einde van Graad 1
Wit, Lemmetjie - Einde van Graad 2
Publication date: 2018-08-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928446170

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
Leesvlak: Pienk

Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.

Pienk, Rooi, Geel, Blou, Groen,Oranje - Einde van Graad R
Turkoois, Pers, Goud - Einde van Graad 1
Wit, Lemmetjie - Einde van Graad 2
Publication date: 2019-10-10

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.