●●● R50 delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 6 - 9

Results 61 to 75 of 301
Sorted by:  Title
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799392401

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 215
Vyf fantastiese Jaco Jacobs-boeke in een omnibus!
Vir die eerste keer word vyf van Jaco Jacobs se gewilde kinderverhale saam in een waarde-vir-geld omnibus aangebied! Geniet hierdie fantastiese verhale oor onbeskofte feetjies, 'n geheimsinnige meermin, 'n superheld-boetie, 'n baie stink poets en 'n klomp raserige dinosourusse!
Pasop vir die feetjies
Is daar regtig iets soos feetjies? Natuurlik nie! Wie glo nou in piepklein meisietjies wat kamma kan vlieg en heeldag blomme verf? Beslis nie die ondeunde tweeling Dieter en Pieter nie. Maar Lienke en Nonkwe glo in feetjies. Hulle glo daar bly feetjies in 'n ou boomstam in die biblioteek se tuin. Daarom besluit Dieter en Pieter om die meisies 'n poets te bak. Hulle maak superstink Feetjie-Vlug-Formule en gooi dit in die ou boomstam!
Kort voor lank kry die tweeling 'n nare verrassing - twee omgekrapte, ongemanierde besoekers ... 'n Prettige skaterlagstorie met 'n belangrike les - moenie met 'n feetjie skoorsoek nie!
Borrels
Ontmoet vir Borrels! Sy is die nuwe meisie in Christo en Nelson se klas. Dit is nie net haar naam wat vreemd is nie ... Borrels dra skulpe in haar hare. Sy bring haar goudvis saam skool toe. En sy het 'n GROOT geheim ... Ontdek hoeveel pret dit kan wees as die nuwe meisie in jou klas 'n meermin is! 'n Verbeeldingryke storie met 'n bewaringstema, ideaal vir beginnerlesers.
Superboetie
Ryno Rademan is moeg daarvoor om die oudste broer van 'n superheld te wees. Ja, jy het reg gelees. Sy bababoetie is 'n superheld. Die nag toe hy gebore is, het 'n meteoriet die dorp getref. Dit het hom spesiale kragte gegee. Hy red mense uit brandende geboue en roei misdaad uit - al maak hy nog gereeld sy doeke vuil. Maar op 'n dag besluit Ryno se ma om sy bababoetie vir 'n kompetisie in te skryf ... en hulle kom van aangesig tot aangesig met 'n baba-skurk! Kan Ryno sy boetie uit die kloue van die boosaardige baba red - voor dit te laat is?
Koebaai Gorilla
WAARSKUWING! Hierdie storie STINK! Hein beland gedurig in die moeilikheid omdat sy beste pel, Morné, hom uitdaag om simpel goed aan te vang. Simpel goed soos om 'n asblik op sy kop skool toe te dra. Hein neem hom voor dat hy klaar is met hierdie soort grappies. Maar teen sy sin aanvaar Hein wéér sy Morné se nuutste uitdaging ... Hy moet 'n hele week lank oorleef sonder 'n tandeborsel. Of vlos. Of pepermente. Of van daardie aaklige groen gorrelgoed. Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees? Maar kort voor lank ruk dinge hand-uit ... 'n Stink storie wat jou sal laat skaterlag ... terwyl jy jou neus toeknyp!
Die probleem met dinosourusse
As jou vriende 'n klomp REUSE, RASERIGE dinosourusse is, kan dinge nogal moeilik raak. Veral as hulle boonop saam skool toe gaan. Maar die probleem met dinosourusse … is dat jy nooit lank vir hulle kwaad kan bly nie!
Publication date: 2019-02-19
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485304487

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Daniel Hugo
Illustrator: Carl Hollander
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 300
Die Klein Kaptein is 'n kêreltjie wat met 'n skoorsteenpyp, 'n sinkbad, 'n stoelpoot en 'n fietsketting sy skip die 'Nooitlek' weer seevaardig maak. Wanneer die skroef, gemaak van gesmelte bronsmunte, ook klaar is, skep 'n groot brander die skip van die hoë duin af waar dit gestrand het. Die avontuurlike tog van die 'Nooitlek' met die Klein Kaptein en sy kamerade Dik Druif, Marinka en Bang Tonie kan nou begin. Hulle vaar oor die oseane, kom by vreemde lande aan en trotseer talle gevare.
Al drie dele van die Klein Kaptein se wêreldreis is hier in een band gebundel, met illustrasies in volkleur deur Carl Hollander.

OOR DIE OUTEUR
Paul Biegel (25 Maart 1925, Bussum - 21 Oktober 2006, Laren) was 'n beroemde Nederlandse kinderboekskrywer. Sy bekronings sluit in: die Nederlandse Staatsprys vir Kinder- en Jeugliteratuur (1973), die Woutertje Pieterse-prys (1991: Anderland en 2000: Laatste verhalen van de eeuw), die Nienke van Hichtum-prys (1973: De twaalf rovers), die Gouden Griffel (1965: Het sleutelkruid; 1972: De kleine kapitein en 1993: Nachtverhaal) en die Zilveren Griffel (1972: De twaalf rovers; 1974: Het olifantenfeest; 1982: Haas en 1988: De rode prinses). In 1996 is hy benoem vir die Hans Christian Andersen-prys en in 1999 is hy uitgeroep tot Ridder in die Orde van die Nederlandse Leeu. Die Rooi Prinses (Protea 2015), met illustrasies deur Fiel van der Veen, is ook in Afrikaans beskikbaar.
Publication date: 2016-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485301295

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Amelia de Vaal
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 195
Elke nag wanneer die raadhuishorlosie van Uilenburg twaalfuur slaan, word die klein spokie wakker. Hy speel en baljaar al om die kasteel en vergaap hom aan die stad in die silwer maanskyn. Een middernag uiter hy die wens aan sy vriend Oehoe-Sjoehoe dat hy tog so graag die stad in die daglig sou wou sien. Sy vriend waarsku hom daarteen, maar probeer om sy droom waar te laat word. Wanneer sy droom dan onverwags een dag waar word, is dit nie soos hy dit gewens het nie en allerhande snaakse dinge gebeur in die stad Uilenburg!
Te danke aan die sukses van hierdie verhaal, het die Duitse media in 2013 'n rolprent daarvan vervaardig wat in 2013 verskyn het as Das kleiner Gespenst.
Publication date: 2014-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799397994

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Jaco Jacobs
Illustrator: Verskeie
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 280
Feëverhale met 'n kinkel! Elkeen van hierdie verhale gee 'n klassieke verhaal 'n moderne, kontemporêre draai. Hierdie moderne sprokiesboek bevat 15 sprokies deur topskrywer Janneke Schotveld. Die verhale handel onder andere oor die kleine Oek, wat dapper genoeg is om die bos binne te gaan waar 'n gevaarlike reus woon. Oor die ridder wat besluit om die prins van haar drome uit die kasteel van sy ouers te bevry. Oor die heks, Hettie, wat 'n besem kry vir haar verjaardag, maar nie durf vlieg nie. Oor prinses Lupine wat haar bruidegom uit sewehonderd prinse moet kies, maar geen skoenlappers in haar maag voel met een van hulle nie. En oor die koning wat daarvan hou om paddaboudjies te eet - totdat hy self skielik in 'n padda
verander.
Die koning se paddaboudjies is 'n bundel geestige en roerende sprokies wat net effens van die tradisionele sprokiesresep afwyk. Met elke verhaal is daar pragtige tekeninge van 'n ander top-illustreerder, waaronder
Martijn van der Linden, Thé Tjong-Khing, Linde Faas, Milja Praagman en Annet Schaap.

Hierdie stories word met soveel humor en verbeelding vertel, met 'n goeie mengsel moderne taal en die klassieke frases uit feëverhale, dat hulle 'n plesier is om te lees - en om voor te lees.
Beide volwassenes en ouer tieners sal die satiriese styl en sosiale kommentaar van hierdie stories geniet, terwyl jonger kinders die stories as pure leesgenot sal ervaar
Publication date: 2020-06-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799389272

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
R 49You save R 91
Wonderlike ware dierestories vir beginnerleespret
Ontmoet 'n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Vind uit wat gebeur het nadat twee vriende 'n leeu in 'n afdelingswinkel gekoop het, ontmoet 'n dapper hond genaamd Salty, en vind meer uit oor die dapper reddingspoging om Humphrey die boggelrugwalvis te red nadat hy die pad byster geraak het. Hierdie boek bevat ses asemrowende ware dierestories:
1. Die leeu wat drukkies kon gee
2. Salty en die Twin Towers
3. Humphrey die walvis verdwaal
4. 'n Hond soos Knersus
5. 'n Perd met tekkies
6. O, die liewe Lulu
Die stories word op 'n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!

Ook beskikbaar in hierdie reeks:
Max die dapper gorilla en ander ware dierestories (9780799384505)
Publication date: 2018-07-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485311102

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Deborah Steinmair
Illustrator: Grahame Baker-Smith
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Isak speel in sy gunstelingpoel langs die berg. Toe dit begin reën, gooi hy die water in sy bottel in die poel en hardloop saam met die blink strome waar dit oor watervalle stort, in riviere kronkel en uitmond in die see. Waar gaan die water wat in my bottel was nou heen? wonder Izak.
Van die kleinste druppel tot die diepste oseaan, in hierdie pragboek word die verhaal van die watersiklus op aarde vertel.
Publication date: 2020-03-09
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798181136

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 155
AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Hier is 'n nuwe avontuurstorie oor seerowers vir beginnerlesers in Afrikaans!

Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Elke maand met volmaan verskyn daar 'n geheimsinnige skip aan die kus van Grootgaapbaai en dan kom plunder seerowers die dorp. Kan Matilda en Basjan die gesteelde buit terugkry en die bose seerowers uitoorlê, of gaan hulle gevangenes aan boord van die spookskip bly . . . Dalk vir ewig?
Publication date: 2020-07-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798182140

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
R 128You save R 32
Kom span die seile saam met Matilda, Basjan en die Van der Branders, en geniet hulle opwindende seeroweravonture. Matilda, Basjan en die Van der Branders is terug met nog 'n waaghalsige seeroweravontuur. 'n Betowerde grot vol goud hou Basjan en sy mense gevange en Matilda moet hulle red. Maar sy moet eers verby die seehekse kom …
Publication date: 2021-08-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624086802

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 165
Sara Sloot-Smit woon in 'n luukse huis in 'n welvarende buurt, gaan na 'n spogskool en het ouers wat baie belangrike werk doen. Maar hulle het min tyd vir Sara. Toe hulle 'n maand lank oorsee gaan, moet Sara by haar drie tannies in die stad gaan bly. Haar pa dink sy susters ken nie hul plek nie. Suzie giggel graag en maak grappies. Silvie is konstant met 'n nuwe kêrel of twee, en Sofia is wel suksesvol, maar sy's kwaai en gemeen en veels te luidrugtig. Sal Sara ooit die vakansie oorleef?
Publication date: 2019-02-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799391312

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Stephen Wallace
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 175
Drie van Janie Oosthuysen se immer gewilde kinderboeke kan nou geniet word in een opwindende omnibus.
- Die verlore eiland
Geen besoekers, geen telefoonoproepe en geen vakansies. Dis die reëls by madame Spina Webb se skool op die geheimsinnige Verlore Eiland. Nikkel en Pennie is dadelik agterdogtig toe hulle op die eiland kom. Watter vreemde dinge is by dié skool aan die gang? Hoekom tree madame Spina Webb so vreemd op? En wat is die geheimsinnige Ogopogo?
- Daar is vlooie in my bed
Rosie is moeg daarvoor om oom Flopper en tant Flousie se slaaf te wees. Oom Flopper ruik na ou voete en sy kulkunsies loop gedurig skeef. Tant Flousie kla heeldag en deel werk uit. Net voordat dinge heeltemal hand uit
ruk, ontmoet Rosie vir Stradivarius Vlooi en sy talentvolle maats wat in haar bed woon ...
- Die towerpotlood
Ronnie se senuwees is gedaan. Sy goor pleegouers, oom Mufter en tant Skimmel, gaan 'n muisvalletjie stel. Wat as hulle vir Paulus, Ronnie se hamster, daarin vang? Maar dan gebeur 'n vreemde ding op pad skool toe - Ronnie kry 'n towerpotlood present! Sal die towerpotlood hom en Paulus van die skoolboelies en sy nare pleegouers kan red?
Publication date: 2019-01-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798180283

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
Wynand hou niks van Natalie nie. Sy is die vinnigste meisie in hulle graad, en sy weet dit. Natalie wil hê hulle moet resies hardloop. En sy kom altyd eerste. Wynand wil so graag nuwe tekkies hê. Bloedrooies met wit veters. Die vinnigste tekkies in die hele wêreld! Met sulke skoene sal hy beslis vinniger as Natalie kan hardloop. Maar wat gaan gebeur as hy per ongeluk 'n paar superhero­tekkies aantrek en dan moet help om 'n spul gewetenlose kunsdiewe vas te trek?
Publication date: 2020-09-09
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869198046

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Shané Kleyn
Illustrator: Yke Reeder
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
Kaptein Willem van der Decken was 'n dapper seeman. Sommige mense noem hom selfs roekeloos. Die eietydse teks van Niels Rood en die pragtige illustrasies van Yke Reeder bring die klassieke verhaal van die vlieënde Hollander weer tot lewe.
Publication date: 2012-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485304814

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Ben McAllen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
Vir Tillie, die beste atleet in haar graad, is daar min dinge so frustrerend soos grootmense wat gedurig vreemde uitdrukkings gebruik. Wie wil nou hoor van husse met lang ore as jy doodgewoon gevra het wat daar vir ete is? Sy's darem al te oud vir sprokienonsens en simpel prekies! Maar dan begin Tillie se kat Krummel meteens praat ... en oortuig sy vir Tillie om saam met haar na die towerwêreld Tah te reis. In Tah, die land waar nuwe woorde deur die Woordenaar uitgedink en gemaak word, is 'n bose vloek besig om ou én nuwe woorde een vir een in die gisterkolk te laat verdwyn. Sal Tillie die Woordenaar se opdragte kan uitvoer om die vloek te verbreek - en só te keer dat Tah in 'n dorre woordwoestyn verander?

DIE OUTEUR
Johann van Zyl, 'n joernalis van beroep met B.Com. en 'n Honneurs in Kommunikasiekunde agter sy naam, het reeds nege kortverhale vir volwassenes gepubliseer. Die Woordenaar van Tah is sy eerste kinderboek en is opgedra aan sy twee kinders, by wie hy self 'n rits nuwe woorde geleer het, en aan sy pa, 'n ware woordenaar. Net soos Tillie is Johann mal oor hardloop (wanneer hy nie deur die hele alfabet van beserings geteister word nie). Hy woon in Centurion.

DIE ILLUSTREERDER
Ben McAllen is 'n veelsydige illustreerder en grafiese ontwerper met 'n uiteenlopende portefeulje wat projekte vir onder meer Oxford University Press, Musica, Cape Union Mart en Protea Boekhuis insluit. Die agt jaar wat hy as onder meer plaaswerker, matroos, kroegman, kelner en toergids op al vier uithoeke van die aarde deurgebring het vind beslis neerslag in sy kreatiewe en verbeeldingryke werk. Hy woon in Durban.
Publication date: 2015-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799389555

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Jaco Jacobs
Illustrator: John Steven Gurney
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 185
Drie stertswaai-lekker stories uit die dierehotel!
Goeie nuus vir jong diereliefhebbers: Die gewilde Dierehotel-reeks is nou vir die eerste keer in 'n omnibus beskikbaar. Troeteldiereliefhebbers is versot op die tweeling Liela en Dirkie se avonture in die Dierehotel. In elke boek maak 'n nuwe vierpotige of geveerde kuiergas sy opwagting in die hotel - en dit sorg vir hope opwinding! 'n Prettige, snaakse reeks vol oulike troeteldiere en lawwe avonture.
1: Alle diere welkom!
Die tweeling Liela en Dirkie kan nie glo hulle gaan in hulle tante se hotel bly nie. Die hotel lyk nou wel oud en afgeleef - maar daar wag sommer hope verrassings op hulle! Die hotel is vol ou kamers en daar is 'n daktuin en selfs 'n hysbak. Daar is ook een GROOT probleem - daar is geen gaste nie. Maar toe Liela en Dirkie aanbied om na hul nuwe buurman se hondjie te kyk, gee die woelige, wollerige bondeltjie hulle 'n fantastiese idee. Hulle gaan hul nuwe tuiste in 'n ongelooflike hotel verander ... spesiaal vir diere! En hulle kan nie wag om die eerste besoekers in die splinternuwe hotel te verwelkom nie.

2: 'n Groot verrassing
Die volgende kuiergas by die Dierehotel is 'n gestreepte grys kat genaamd Matilda. Maar Liela en Dirkie is bekommerd, want Matilda wil glad nie speel nie - sy wil net die heeltyd wegkruip en slaap! Wat op dees aarde is fout met haar? Intussen maak Elvis die kokketiel moeilikheid tydens sy kuiertjie. Hy gaps die heeltyd kos uit die kombuis, en hy wil Matilda nie met rus laat nie. Is hy net stout, of weet hy dalk iets wat Liela en Dirkie nie weet nie?

3: Snuf in die neus
Almal is verras om te sien hoe fluks die Dierehotel deesdae sake doen! Liela en Dirkie het hope troeteldiere om op te pas - katte, honde, konyne, marmotte en voëls. Maar toe 'n afgetrede polisiehond genaamd Watson kom inloer, snuffel hy allerlei moeilikheid uit. Kan Liela en Dirkie met sy hulp die Dierehotel se heel eerste geheimsinnige raaisel oplos?
Publication date: 2018-08-23
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869192815

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Dale Blankenaar
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
Dierestories 1 is die eerste in 'n reeks diereverhale versamel deur G.R. von Wielligh. Die diereverhale wat Von Wielligh versamel het van die Khoi-Khoi, is van die oudste diereverhale in Suid-Afrika. Met die nuutste uitgawe kry die verhale 'n nuwe baadjie met die pragtige illustrasies van Dale Blankenaar. Dierestories 1 bestaan uit 15 stories.
Publication date: 2010-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.