●●● R50 delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 6 - 9

Results 46 to 60 of 301
Sorted by:  Title
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485900528

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 170
R 69You save R 101
Greg Heffley skryf alles neer wat met hom gebeur, en trek nou by dertien Dagboek van 'n Wimpy Kid-joernale. Maar dit het uiteindelik tyd geword dat lesers hoor wat Rowley in sy eie joernaal te sê het. In Dagboek van 'n Vreeslike Vriendelike Outjie skryf Greg se beste vriend, die vrolike Rowley Jefferson, oor sy wedervaringe en stem in om sy vriend se lewensverhaal neer te pen. (Greg gaan immers eendag ryk en beroemd wees, en dan gaan mense alles van hom wil weet). Maar dit wil lyk asof Rowley nie 'n goeie keuse vir die taak is nie, en sy “biografie” van Greg vertel meer van hom as van sy beste vriend. Dagboek van 'n Vreeslike Vriendelike Outjie: Rowley Jefferson se Joernaal laat lesers uit 'n ander hoek na die Wimpy Kid-wêreld kyk - een wat aanhangers nie sal wil misloop nie!
Publication date: 2019-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310341

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 295
Ontmoet vyf stuitige seuns en vyf mislike meisies!

Soos Ruda - 'n meisie wat so baie op die rusbank sit en TV kyk dat sy aan die bank vasgroei! Of Dries Drup-drup - 'n seun wie se kwyl hom op 'n skooluitstappie in allerhande moeilikheid laat beland! En moenie vergeet van Sanet Skreenet nie - 'n monsteragtige ouer suster wat liederlike leuens vertel!

Laat die blitsverkoper David Walliams jou vermaak met tien heerlik ondeunde stories oor die aardigste kinders op aarde, met vrolike volkleurillustrasies deur Tony Ross.
Publication date: 2019-08-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310358

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 295
IS JY DAPPER GENOEG OM DIE WÊRELD SE STOUTERSTE STOUTGATTE TE ONTMOET?

Wees gewaarsku! In hierdie boek is daar tien splinternuwe stories oor die vyf mislikste meisies en die vyf stuitigste seuns ooit.

Jy sal onder andere kennis maak met Hompie die honger baba, wat sy ouers se huis van hoek tot kant leeg eet en hulle dan boonop ook verslind. En Grillerige Griselda gaan jou die horries gee met die poetse wat sy almal in haar skool (selfs die arme hoof ook) met haar grillerige goggas bak.

Laat die blitsverkoper David Walliams jou vermaak met tien heerlik ondeunde stories oor die aardigste kinders op aarde, met vrolike volkleurillustrasies deur Tony Ross.
Publication date: 2019-08-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310365

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 295
Net toe jy dink dis veilig om terug na jou boekrak te gaan … TIEN NÓG AARDIGER KINDERS! Van die 10-jaar oue Pieter en die eindelose poetse waaraan hy sy arme familie onderwerp tot by Vicky en haar geweldige vloermoere: Hierdie splinternuwe versameling stories oor die aardigste kinders is die perfekte aankoop naas Die aardigste kinders 1 en 2, en 'n ideale geskenk vir die aardigste kinders in jou lewe!
Publication date: 2021-03-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485311140

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 295
Het jy al die aardigste kinders op aarde ontmoet? Maak jou reg vir iets baie, baie ergers …
DIE AARDIGSTE ONNIES OP AARDE!

“Walliams word net beter en beter.”
Telegraph

“Die nuwe Roald Dahl.”
Evening Standard
Publication date: 2021-03-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624081883

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
Buskruit, Brom en Breker Botha is boosaardige lummels - manlik, moeilik en moorddadig. En hulle is oortuig daar's iets fout met hulle jongste broer, Bulelani, want hy's glads te maer en skraal. Hy lees te veel boeke, en al waarmee hy ooit 'n dier sal skiet, is met 'n kamera. Bulelani is klein, maar as jy nie sterk is nie, moet jy slim wees. Veral as jy drie boosaardige broers 'n paar lewenslesse wil leer!
Publication date: 2017-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310525

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Ontmoet mnr. Wolf, mnr. Haai, mnr. Slang en mnr. Piranha. Hulle maak mens bang, hulle is gevaarlik en hulle is sommer net ... GOOR.
MAAR hierdie vier ouens wil graag helde wees. Hulle is moeg daarvoor om as slegte ouens gebrandmerk te wees. En hulle wil dit bewys, of jy nou daarvan hou of nie.
En hul eerste missie as GOEIE ouens besluit mnr. Wolf om honde uit 'n maksimum-sekuriteit-hondeskut te red. Maar sal die missie slaag met dié vier bullebakke saam?
Dié prettige boek is van bladsy 1 tot 144 vol snaakse illustrasies wat lui lesers sal geniet!
Publication date: 2019-08-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310532

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
10 000 hoenders is vasgevang in 'n hoë-tegnologie-hoenderplaas. Wie sal hulle kan red? Dit klink soos 'n missie vir die nuutgestigte Goor Gawies-klub.
Mnr. Wolf, mnr. Haai, mnr. Slang en mnr. Piranha is gereed vir die uitdaging. Maar daar is een klein probleem ... Een van hulle is baie lief vir hoendervleis. Maar toemaar, hulle is mos nou Goeie Ouens. Wat kan tog nou verkeerd gaan?
Dié prettige boek is van bladsy 1 tot 144 vol snaakse illustrasies wat lui lesers sal geniet!
Publication date: 2018-08-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485311751

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Die Bullebakke wil steeds helde wees, maar hierdie keer bevind hulle hulself in 'n penarie. Hulle het met die verkeerde marmotjie gemors! Hoe gaan hulle uit 'n REGTE BULLEBAK se kloue ontsnap? As hulle net kan saamwerk en ophou om mekaar te wil probeer eet! Boonop agtervolg 'n geheime ninja hulle ...

These bad guys still want to be seen as heroes, but they have run into a spot of trouble and are about to have a VERY BAD DAY! Die Bullebakke have messed with the wrong guinea pig, and the nasty furball wants revenge! Hopefully they will escape ... if they can only stop trying to eat each other!
And who is the misterious ninja following them around?
Publication date: 2020-08-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485311768

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Marmelade, die bose marmotjie, het die hele wêreld in gevaar gedompel met behulp van sy weermag van zombie-katjies! Die Bullebakke sien dit as nog 'n geleentheid om hulle heldhaftigheid te bewys. Gelukkig voer hulle nie alleen die stryd teen die wollerige miaau-monsters nie. Hulle nuutste lid is nie net mooi nie (ja, Meneer Wolf kan sy oë nie van haar afhou nie!) sy besit ook allerhande cool vegvaardighede!

The evil Marmelade has launched an army of zombie kittens upon the world and it is up to Die Bullebakke to save it from these cute but crazy little meowing Zittens! Fortunately for them, they now have a very skilled foxy agent to help them out.
Publication date: 2020-08-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798178679

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 120
Die boek takel die kwessie van kindermolestering en dien om kinders in te lig en te bemagtig. Die gevaartekens van molestering word uitgewys en riglyne gebied oor hoe om in so 'n situasie op te tree. Kyla is gek oor stories van dapper prinses Arabia wat selfs teen drake veg. Maar haar ouer sussie, Abby, glo nie meer in sprokies nie. Abby sê daar is 'n draak in hulle huis - een wat vir niks en niemand skrik nie. Maar wie kan dit wees? Gelukkig leer Kyla net wat om te doen om haarself te beskerm.
Publication date: 2019-02-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798178686

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 120
Die boek takel die kwessie van kindermolestering en dien om kinders in te lig en te bemagtig. Die gevaartekens van molestering word uitgewys en riglyne gebied oor hoe om in so 'n situasie op te tree. Kevin is gek oor stories van die dapper prins van Arabia wat teen drake veg. Maar sy ouer sussie, Abby, glo nie meer in sprokies nie. Abby sê daar is 'n draak in hulle huis - een wat vir niks en niemand skrik nie. Maar wie kan dit wees? Gelukkig leer Kevin net wat om te doen om homself te beskerm.
Publication date: 2019-02-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624062844

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Astrid Castle
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 175
Jannus en Kriek Knoets is min of meer agt jaar oud, en hulle is 'n tweeling. Die Knoets-gesin woon in Huis Deurmekruis, onder afrit 7 van die snelweg, naby die dokke in 'n groot stad. Hulle ouers is Knersius en Soetlief Knoets. Knersius is die speltoetser van 'n groot boekuitgewery. Soetlief is 'n gevaarlike spioen. Die tweeling se troeteldier is 'n meerkat met die naam van Meneer Snoek. Sy is 'n wyfiemeerkat, maar haar voornaam is Meneer en haar van is Snoek. Maar seker die belangrikste karakter in die verhaal, behalwe die tweeling natuurlik, is hulle oupa. Hy is 'n avonturier, 'n uitvinder en 'n baie onvoorspelbare ou man. As hy nie iewers anders is nie, bly hy onder Huis Deurmekruis in 'n soort kelderverdieping, waar hy allerhande interessante dinge doen en goeters uitvind in sy laboratorium. Sy brein is so groot en so besig dat dit vir hom moeilik is om aandag aan gewone dinge te gee. Miskien raak hy net bietjie deurmekaar van ouderdom, want hy noem alle ingewikkelde goed 'dinges'. Hierdie boek vertel hoe Jannus en Kriek hulle oupa beter leer ken, en die storie van hulle eerste avontuur saam.
Publication date: 2013-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485301806

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Shané Kleyn
Illustrator: M.P. Robertson
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
As 'n wintertowenaar probeer om al die draakeiers te steel, is daar net een mens wat 'n stokkie daarvoor kan steek: Gideon, natuurlik! Sal hy dit regkry om die laaste eier onder die towenaar se neus uit te steel?

M.P. Robertson is die skrywer en illustreerder van 'n hele paar bekroonde prenteboeke soos Hieronymus Betts and his Unusual Pets (Tobie Welgemoed en sy ongewone troetelgoed, Protea 2011), The Egg (Die eier, Protea 2011) en Food chain (Viskos, Protea 2011). Hy woon in Bradford-on-Avon, naby Bath, saam met sy lewensmaat Sophy Williams (ook 'n illustreerder) en hul twee seuns.
Publication date: 2015-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799374032

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 165
R 59You save R 106
Op 'n dag kry Petra Pienk 'n briljante plan ... sy gaan piesangbrood verkoop! Maar dis nie sommer gewone piesangbrood nie - Petra voeg 'n geheime bestanddeel by. Sommer gou is Petra se piesangbrood op almal se lippe. En iemand is desperaat om uit te vind wat die geheime bestanddeel is ...
Publication date: 2015-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.