●●● R50 delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 6 - 9

Results 211 to 225 of 301
Sorted by:  Title
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869198206

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Amelia de Vaal
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 185
Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wêreld. Met totale wêreldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie! Dié selfleesboekies is gemik om agtjariges en ouer.

Lillie the witch has reigned over children's books all over the world for the last two decades. And keeping in mind that Lilli-books have sold over 20 million copies worldwide and have been translated into 40 languages, there is no doubt that Lilli will also steal the hearts of Afrikaans children. These books are aimed at 8-year-olds and older.
Publication date: 2013-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869198022

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Amelia de Vaal
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 185
Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wêreld. Met totale wêreldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie! Dié selfleesboekies is gemik om agtjariges en ouer.
Publication date: 2013-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869198220

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Amelia de Vaal
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 185
Vir twee dekades reeds swaai Lillie die heksie haar towerstaffie oor kinderboekrakke dwarsoor die wêreld. Met totale wêreldwye verkope van meer as 20 miljoen eksemplare en vertalings in 40 tale is geen towerformule nodig om te voorspel dat sy ook Afrikaanse harte gaan verower nie! Dié selfleesboekies is gemik om agtjariges en ouer.

Lillie the witch has reigned over children's books all over the world for the last two decades. And keeping in mind that Lilli-books have sold over 20 million copies worldwide and have been translated into 40 languages, there is no doubt that Lilli will also steal the hearts of Afrikaans children. These books are aimed at 8-year-olds and older.
Publication date: 2013-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432304164

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Serena Geddes
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 80
Lulu Bell is agt jaar oud. Sy geniet elke oomblik van haar lewe, maar is soms bietjie baasspelerig. Haar sussie, Vera, is ses en dra graag engelvlerke en skoene wat skitter. Haar driejarige boetie weier om enige iets anders as sy superhero-pak aan te trek - selfs in die bad!
Lulu se ma is 'n kunstenaar en haar pa 'n baie besige veearts. Hulle huis is reg langs die dierehospitaal. Lulu help haar pa graag met die diere wat seergekry het en wees agtergelaat is. Dis geen wonder dat die Bells hope troeteldiere het nie.
Op 'n warm dag gaan die Bell-gesin na die strand om af te koel. Lulu sien hoe 'n wegloperhond 'n waggelende klein pikkewyntjie jaag en vang. Lulu se pa moet kom help.
Maar daar is nog iets wat Lulu bekommer. Piekels, die kat, wat enige tyd moet kleintjies kry, is nêrens te vind nie.
Publication date: 2018-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799398113

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Linki Brand
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
ʼn Stadshoender wat geraas maak!
Nina kry ʼn spesiale geskenk vir haar verjaarsdag - ʼn hoender!
Nina en Magriet is dadelik beste maats.
Magriet gaan selfs elke dag ʼn eier lê.
Maar iewers is daar ʼn eierdief ...
In Magriet die stadshoender ontmoet lesers vir Nina en Magriet. Hierdie twee gaan saam op hope avonture.
In Magriet hou konsert voer Nina en Magriet ʼn konsert op, maar Magriet se kekkel is weg ...

Die Magriet-reeks is gebaseer op die ware avonture van die skrywer se dogter, Nin, en haar hoenders, Matilda en Siena.
Publication date: 2020-06-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799398908

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Linki Brand
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
ʼn Stadshoender wat geraas maak! Nina kry ʼn spesiale geskenk vir haar verjaarsdag - ʼn hoender! Nina en Magriet is dadelik beste maats. Magriet gaan selfs elke dag ʼn eier lê. Maar iewers is daar ʼn eierdief ... In Magriet die stadshoender ontmoet lesers vir Nina en Magriet. Hierdie twee gaan saam op hope avonture. In Magriet hou konsert voer Nina en Magriet ʼn konsert op, maar Magriet se kekkel is weg ... Die Magriet-reeks is gebaseer op die ware avonture van die skrywer se dogter, Nin, en haar hoenders, Matilda en Siena.
Publication date: 2020-06-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799395068

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Linki Lutz
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 280
Herleef ou gunstelinge uit die maroelaboom Elke aand teen skemer klim die trop bobbejane tot bo in die groot maroelaboom. Dit is hulle gunsteling slaapboom. Almal klim en klouter op soek na die gemaklikste slaapplek. Die klein bobbejaantjies wil eers gou nog gryp-en-knyp speel, maar die groot bobbejane raas kwaai. Die son sak vinnig en die nag is op pad ... Wil jy ook soos die klein bobbejaantjies weet waarom olifante nie in neste woon nie, waar koedoes aan hul gedraaide horings kom en hoe buffels hulle strepe verloor het? Dan is hierdie storiebundel met 15 diereverhale net vir jou! Hierdie heruitgawe van Leon de Villiers se oorsponklike diereverhale is deur die talentvolle kunstenaar Linki Lutz geïllustreer.
Publication date: 2020-03-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799384505

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 145
Ongelooflike ware dierestories wat jou asem sal wegslaan.
Ontmoet 'n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Vind uit hoe Max die dapper gorilla van die Johannesburgse Dieretuin dit reggekry het om 'n skurk vas te trek, reis meer as 1 600 kilometer ver saam met Huberta die seekoei wat besluit het om die land te verken, en ontmoet 'n oulike vlermuis wat deur 'n mens-mamma grootgemaak is! Hierdie boek bevat vyf wonderlike ware dierestories:
1. Max die gorilla vang 'n skelm
2. Huberta die seekoei stap suid
3. Noodle leer om 'n vlermuis te wees
4. Kees kry lus vir koek
5. Zhu, die sterk Chinese vark
Die stories word op 'n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!
Publication date: 2018-05-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799383973

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Samantha van Riet
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
R 49You save R 111
Mieke is mal oor meerminne.
Haar ma en haar ouma dink hulle bestaan net in sprokies.
Maar Mieke weet hulle bestaan regtig.
En danksy die meerminprinses Luna en haar betowerde skulpkammetjie, kan Mieke deesdae by die meerminne in hul ongelooflike onderwater-wêreld gaan kuier!
Mieke is baie opgewonde toe sy uitvind Luna se ma verjaar. Al die meermense gaan 'n spesiale verjaardagbal vir die meermin-koningin hou - en Mieke is ook uitgenooi!
Maar dan vind Mieke en Luna uit al die musiekinstrumente het verdwyn. Hoe op aarde gaan hulle betyds die orkes gereed kry vir koningin Morwenna se spesiale konsert?
Publication date: 2018-02-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799383980

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Samantha van Riet
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
R 49You save R 111
Mieke is mal oor meerminne.
Haar ma en haar ouma dink hulle bestaan net in sprokies.
Maar Mieke weet hulle bestaan regtig.
En danksy die meerminprinses Luna en haar betowerde skulpkammetjie, kan Mieke deesdae by die meerminne in hul ongelooflike onderwater-wêreld gaan kuier! Dit voel teen hierdie tyd al soos haar tweede tuiste.
Prinses Luna is baie opgewonde toe sy uit die bloute 'n brief van prins Kadan kry. Hy is die meermin-prins van die Koraalkoninkryk - en op haar ma se verjaardagbal het hulle heerlik gedans. Daar is net een probleem: Luna se pa en Kadan se pa is aartsvyande!
Toe Luna besluit om vir Kadan in die Koraalkoninkryk te gaan kuier, wéét Mieke daar is moeilikheid op pad.
Kort voor lank trotseer hulle die donker dieptes van die oseaan waar allerlei skrikwekkende avonture op hulle wag - 'n storm, 'n donker kelpwoud, seeslange, skeepswrakke … en twee baie kwaai meerminkonings!
Publication date: 2018-02-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776250080

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Tumi K. Steyn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 120
Minki het twee beste maats - Natalie en Lara. Natalie is mal oor ponies en gaan aan 'n perdrykompetisie deelneem waar die ruiters en hul ponies soos sprokieskarakters moet aantrek. Lara neem danslesse en eendag as sy groot is, wil sy 'n ballerina of 'n hiphop-danser word. Wanneer sy hoor van 'n danskompetisie by die winkelsentrum, skryf sy dadelik in.
Minki belowe albei haar maats dat sy hulle sal kom ondersteun, maar dis is net een probleem … die perdrykompetisie en die danskompetisie vind op presies dieselfde tyd plaas. Skielik voel Minki asof sy in die middel van 'n toutrekkompetisie tussen haar twee beste maats beland het. Hoe gaan sy ooit tussen Natalie en Lara kan kies?
Publication date: 2020-04-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776250493

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Tumi K Steyn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 120
Minki en haar maats sien al weke lank uit na die skool se avontuurkamp. Hulle gaan in die bos kampeer, swem, kampvuuraande hou en in tente slaap. Boonop is daar allerhande lekker uitdagings waaraan hulle kan deelneem. Dit klink na vet pret! Maar Danika is vasbeslote om weer dinge vir Minki-hulle so goor as moontlik te maak. Sy besluit dat haar span as die Kampkampioene gekroon gaan word en dat niks in haar pad gaan staan nie. Nie eens al beteken dit sy moet vuil speel nie …
Publication date: 2021-03-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776250103

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Tumi K Steyn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 120
Minki en haar twee beste maats, Natalie en Lara, kan nie wag vir hulle pajamapartytjie met 'n llama-tema nie. Hulle gaan llama-koekies bak en versier, hulle gaan hulle naels verf en llama-plakkers opplak en dan gaan hulle hulself trommeldik eet aan die lekkergoed in die llama-piñata wat Natalie self gemaak het.
Maar toe die aand van die pajamapartytjie uiteindelik aanbreek, loop die een ding na die ander skeef. Minki se tweeling-boeties byt die llama-koekies se koppe af, daar mors naellak op Natalie se splinternuwe nagklere en Lara is allergies vir die grondboontjies in die piñata-lekkers. Die pajamapartytjie waarna hulle so uitgesien het, is 'n reuse-flop! Gelukkig het Minki 'n slim plan om vir haar maats te wys dat hulle vriendskap enigiets kan oorleef …
Publication date: 2020-04-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776250479

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Tumi K Steyn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 120
Minki en haar maats is opgewonde oor die skoolkonsert wat voorlê. Hulle klas gaan Aspoestertjie opvoer, en dit gaan fantasties wees! Minki en Natalie is seker Lara gaan die hoofrol kry. Sy kan baie goed dans, en boonop is Aspoestertjie haar gunstelingsprokiesprinses. Hulle kan nie wag om te sien hoe sy in haar droomrok lyk nie! Maar by die oudisie loop dinge onverwags skeef … Gaan Minki dit regkry om soos 'n regte Goeie Fee haar towerstaffie te swaai en die konsert te red?
Publication date: 2021-03-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776250127

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Yoyo Prins
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 140
Mamma stuur vir Mila en Pappa winkel toe om melk te gaan koop. Wat gewoonlik 'n vervelige en voorspelbare uitstappie is, word 'n onvergeetlike avontuur. Hulle ry op 'n eenhoring, vlieg in 'n ruimtetuig, koop kos vir Mila se troeteldraak koop en kom soos wafferse superhelde tot die redding toe 'n reuse-toring blikkieskos amper omval. Daar is net een probleem - hulle het sowaar die melk vergeet!
Publication date: 2020-10-26

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.