●●● R50 delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 6 - 9

Results 166 to 180 of 301
Sorted by:  Title
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798177993

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 145
Dis 'n opwindende dag vir Klapper die drakie en sy maats: Hulle gaan almal op 'n skattejag om na 'n berugte seerowerkaptein se gelukbringer te soek. Barry Bakboord is die bangste in die groep. Maar wanneer sy maats in groot gevaar beland, wys hy vir almal hoe dapper hy is!
Publication date: 2018-04-16
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928446118

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Martina Matos
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 100
Klein Grillie Spinnekop gaan binnekort skool toe en hy borrel oor van opgewondenheid. Wat leer jy nou eintlik in 'n skool? Is dit lekker om te leer? En sal daar dan nog tyd vir speel ook wees?
'n Meevoerende prenteboekavontuur wat opgewondenheid oor die vooruitsig van skool toe gaan aanwakker.
Publication date: 2019-03-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928446101

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Martina Matos
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 100
Klein Grillie Spinnekop is baie opgewonde, want hy gaan ver reis. Saam met Ouma Erna gaan jy vakansie hou by die see! Wat gaan hulle alles daar ontdek?
Leer saam met Grillie van die getye, seediere, hoë sandduine vorm en nog baie meer.
Publication date: 2019-03-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485302322

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 195
Die klein heksie wil bitter graag deelneem aan die jaarlikse Heksenag en soos die ander groot hekse met haar besem op Bloksberg dans. Daar is net een probleem: Sy is maar nog net honderd-sewe-en-twintig jaar oud en dus nog te jonk om deel te neem. Nou ja toe, as sy dan nou nie oud genoeg is nie, wil sy ten minste goed genoeg wees! Die hoofheks bied aan dat as sy binne die volgende jaar s'n goeie heks is, sy aan die volgende fees kan deelneem. Maar het sy dalk die instruksie verkeerd verstaan?
Publication date: 2016-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869193133

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
Kootjie Totjie is een van Langenhoven se gesogte kinderverhale en bekoor vandag nog kinders - en grootmense. Kootjie Totjie is 'n wit varkie wat heerlik op die plaas woon - totdat Gert Wolf die dag besluit dis vreeslik onregverdig dat net boere varkies vir die slag mag aanhou en hy Kootjie summier ontvoer.
Publication date: 2009-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776250349

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Nadia du Plessis
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Ontmoet vir Krok en Dil. Dil hou van grappies vertel … maar hy hou nie van pizza met pynappel nie. Krok hou van kosmaak … maar hy hou nie daarvan as iemand vir hom lag nie. Dil hou van Krok. En Krok hou van Dil. Krok en Dil is beste maats … en hulle sal jou laat skater van die lag!
Die boek bevat drie skreeusnaakse strokies wat perfek is vir beginnerlesers: Krok die kok, Vandag gaan ek nie lag nie; en Krok in 'n rok.
Publication date: 2021-02-27
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432309169

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 80
Kwaai Uil se lewe is uitstekend - so wonderlik dat hy besluit om by die pragtige voëlgesang aan te sluit wat hy elke dag uit die boom langsaan hoor. Hy gryp 'n kitaar en is vol selfvertroue dat hy die beste musikant nog sal wees. Tot sy groot teleurstelling vlieg die ander voëls weg van die verskriklike geraas wat hy maak. Kwaai Uil wil graag 'n stokperdjie hê en hy probeer rugby speel, kook, brei, skilder en dans. Maar elkeen eindig in mislukking. Na 'n gesprek met Duif besef hy dat om goed te wees, hy moet oefen en oefen. En so keer Kwaai Uil terug na sy kitaar en oefen tot hy goed kan speel.

Kwaai Uil kry 'n stokperdjie sal jong kinders vermaak deur die snaakse situasies waarin die uil hom tydens sy soektog na die perfekte stokperdjie bevind. Soos gewoonlik is Kerryn Ponter se illustrasies genotvol en snaaks. Dit is die vierde titel in haar Kwaai Uil-reeks.
Publication date: 2019-03-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485307587

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 295
Tiertjie en Beertjie is beste vriende. Hulle beleef allerhande wonderlike avonture saam. En hulle is vir niks bang nie, want saam is hulle sterker as enigiets op aarde. “As mens 'n vriend het, hoef mens vir niks op aarde bang te wees nie!”
Beer en Tier woon gelukkig en tevrede in 'n snoesige, klein huisie aan die rivier. Maar wanneer daar eendag 'n krat uit die rivier spoel, met PANAMA op geskryf, gaan die twee op reis na die land van hul drome. Saam pak hulle allerhande avonture aan: hulle gaan op 'n skattejag, vind die posdiens uit, hou groot partytjies en arme Tier beland selfs in die dierehospitaal. Hierdie bundel bevat ses van die welbekende Duitse skrywer se tydlose Ben en Tiertjie-stories.
Publication date: 2017-12-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799384291

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Elsbeth Eksteen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
R 49You save R 101
Lulu droom daarvan om eendag 'n modeontwerper te word. Niks is vir haar lekkerder as om pragtige ontwerpe in haar rooi tekenboek te skets nie.
Die skool beplan 'n spesiale verjaardagfees. 'n Groot fees met lekker kos, 'n pretpark en speletjies. Daarom vra die skoolhoof vir Lulu om nuwe uniforms vir die trompoppies te ontwerp. Iets asemrowends! Iets la-di-da waarmee hulle by die fees gaan optree.
Maar ongelukkig is daar 'n vreeslike misverstand - en Lulu verbrou haar enigste kans om die uniforms te ontwerp.
Lulu is stomgeslaan. Een van die ander kinders in die skool gaan die klere ontwerp en maak. Maar wie?
Publication date: 2017-10-27
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799366228

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 145
R 49You save R 96
Lana wou nog altyd 'n hondjie hê - 'n liefdevolle hondjie wat saans by die voetenent van haar bed kan opkrul. Daarom is Lana baie opgewonde toe haar gesin 'n pragtige Jack Russell aanneem. Lana noem die hondjie Rakker - nog voordat sy weet hoe woelig en stout hy is. Oral waar hy kom, beland Rakker in die moeilikheid. Hy tjank snags, kou Lana se teddiebeer stukkend en veroorsaak 'n konsternasie by die veearts. Sal Lana dit regkry om hom uit die moeilikheid te hou? 'n Huis vir Rakker is die eerste boek in 'n splinternuwe reeks van agt boeke. Jong diereliefhebbers sal versot wees op Lana en die ondeunde Rakker se avonture. 'n Humoristiese lekkerlees-reeks met prettige illustrasies.
Publication date: 2017-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799366235

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 145
R 49You save R 96
Rakker is verskriklik stout. Hy kou Lana se boetie se sokkerbal stukkend, grawe die plante uit die tuin, en kou selfs sy eie leiband flenters! Lana se gesin is raadop. Toe Oupa dus voorstel dat Lana hom na die hondeskool neem, dink Lana dit is 'n briljante idee. Nou kan Rakker maniere leer - en dalk nog 'n paar toertjies ook! Maar dinge verloop nie volgens plan nie ... Die hondeskool is die tweede boek in 'n splinternuwe reeks van agt boeke. Jong diereliefhebbers sal versot wees op Lana en die ondeunde Rakker se avonture. 'n Humoristiese lekkerlees-reeks met prettige illustrasies.
Publication date: 2017-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799366242

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 145
R 49You save R 96
Die skool se sportdag is om die draai en Lana is bekommerd sy gaan heel laaste in elke enkele item kom. Maar dan kry sy 'n briljante idee: Sy kan saam met die woelige Rakker begin oefen om lekker fiks te word! Sal Rakker tot haar redding kan kom? Speeltyd vir Rakker is die derde boek in 'n splinternuwe reeks van agt boeke. Jong diereliefhebbers sal versot wees op Lana en die ondeunde Rakker se avonture. 'n Humoristiese lekkerlees-reeks met prettige illustrasies.
Publication date: 2017-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799366259

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 145
R 49You save R 96
Dit is amper Lana se verjaardag, en sy beplan 'n pajamapartytjie. Maar sy is 'n bietjie bekommerd. Wat as niemand na haar partytjie wil kom nie? Dan erken Lana se nuwe maat, Imke, dat sy bang is vir honde. En in Lana-hulle se huis is daar geen wegkomkans van die spelerige Rakker nie. Kan Lana en Rakker dit die beste verjaardag-pajamapartytjie ooit maak? Die pajamapartytjie is die vierde boek in 'n splinternuwe reeks van agt boeke. Jong diereliefhebbers sal versot wees op Lana en die ondeunde Rakker se avonture. 'n Humoristiese lekkerlees-reeks met prettige illustrasies.
Publication date: 2017-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799366266

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 145
R 49You save R 96
Lana en haar gesin gaan die vakansie by haar ouma-hulle kuier. Dit is by die see en Ouma beplan hope prettige dinge vir die vakansie. Sy is egter baie gesteld daarop dat haar huis netjies moet wees - en dit gaan nogal moeilik wees met Rakker in die omtrek! Kan Rakker dit regkry om Ouma se hart te steel, voor sy so vies word dat sy hom terug huis toe stuur?
Vakansie by die see is die vyfde boek in 'n splinternuwe reeks van agt boeke. Jong diereliefhebbers sal versot wees op Lana en die ondeunde Rakker se avonture. 'n Humoristiese lekkerlees-reeks met prettige illustrasies.
Publication date: 2017-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799366273

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 145
R 49You save R 96
Die diereskuiling Vierpotige Vriende vier Kersfees in Julie om geld in te samel. Daar gaan stalletjies wees met heerlike eetgoed, oulike geskenke - en selfs speelgoed vir honde! Lana voel jammer vir die honde wat nie huise het nie en beplan om saam met Rakker te gaan Kersliedjies sing. Met sy oulike Kersvader-hoed gaan hy beslis hope harte steel en baie geld vir liefdadigheid insamel. Maar ongelukkig verloop dinge nie volgens plan nie ... Rakker se prettige Kersfees is die sesde boek in 'n splinternuwe reeks van agt boeke. Jong diereliefhebbers sal versot wees op Lana en die ondeunde Rakker se avonture. 'n Humoristiese lekkerlees-reeks met prettige illustrasies. Eerste vyf titels in die reeks 1. 'n Huis vir Rakker (9780799366228) 2. Die hondeskool (9780799366235) 3. Speeltyd vir Rakker (9780799366242) 4. Die pajamapartytjie (9780799366259) 5. Vakansie by die see (9780799366266)
Publication date: 2017-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.