●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 6 - 9

Results 256 to 270 of 309
Sorted by:  Author
Click to enlarge
Click to enlarge
9781775785781

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
'n Unieke, nuwe reeks wat jy en jou kind saam kan lees. Op die linkerkantste bladsye is die volledige storie vir jou om voor te lees. Op die regterkanste bladsye is eenvoudige, kort sinne wat jou kind maklik kan baasraak.
Publication date: 2012-11-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9781775785767

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
'n Unieke nuwe reeks wat jy en jou kind saam kan lees. Op die linkerkanste bladsye is die volledige storie vir jou om voor te lees. Op die regterkanste bladsye is eenvoudige kort sinne wat jou kind maklik kan baasraak.
Publication date: 2012-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781775785750

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
'n Unieke, nuwe reeks wat jy en jou kind saam kan lees. Op die linkerkantste bladsye is die volledige storie vir jou om voor te lees. Op die regterkanste bladsye is eenvoudige, kort sinne wat jou kind maklik kan baasraak.
Publication date: 2012-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781775785774

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 60
'n Unieke, nuwe reeks wat jy en jou kind saam kan lees. Op die linkerkantste bladsye is die volledige storie vir jou om voor te lees. Op die regterkanste bladsye is eenvoudige, kort sinne wat jou kind maklik kan baasraak.
Publication date: 2012-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485301967

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Daniel Hugo
Illustrator: Philip Hopman
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Vir Kix het alles verander toe daar eendag 'n pragtige wit berghond by hulle aankom. Hy maak vriende met dié geheimsinnige hond, wat hy Tom noem. Tom hou daarvan om heeltyd by Kix te wees en dit is vir hom lekker om gedurig gestreel te word. Maar Kix is bekommerd, want sê nou net die eienaar wil Tom terughê? Tydens 'n spanningsvolle nag moet Kix bewys hoe lief hy vir sy hond is.
Hierdie boek is gebaseer op 'n ware verhaal. Toe Edward van de Vendel by familie in Kanada was, het daar 'n groot, wit hond by hulle aangekom....Die avontuur wat hulle met dié hond beleef het, staan nou in hierdie boek.
'Hierdie hartverwarmende verhaal is een van Edward van de Vendel se beste boeke.' - Trouw

Edward van de Vendel (1964) het in Beesd grootgeword, 'n dorpie in Betuwe. Hy het in Culemborg skoolgegaan, waarna hy aan die Pedagogische Academie studeer en saam met ander stigterslede 'n skool in Heemstede opgerig het. Hy publiseer in 1996 sy eerste kinderboek en skryf sedert 2001 voltyds. Sy oeuvre sluit in: poësie, jeugromans, dramas en nie-fiksie. Hy hou hom ook besig met lied- en prenteboektekste en publiseer hoofsaaklik by Querido in Amsterdam en die Belgiese uitgewer De Eenhoorn. Sy werk is onder andere in Duits, Spaans, Frans, Italiaans, Noors, Deens, Chinees en Portugees vertaal. n 2013 verskyn die prenteboek Een miljoen vlinders (met illustrasies deur Carll Cneut) in Afrikaans by Protea Boekhuis, en in 2015 verskyn Toen kwam Sam (met illustrasies deur Philip Hopman) as En toe kom Tom.

Daniel Hugo was 'n spesialisomroeper by Radiosondergrense en verantwoordelik vir die literêre program 'Leeskring'. Hy is 'n gerekende digter met 13 poësiebundels op sy kerfstok. As vertaler het hy reeds die werke van o.a. Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck, Harry Mulisch, Herman van Veen en Cecily Mary Barker in Afrikaans vertaal.
Publication date: 2015-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798166676

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 145
Wanneer die astrante klein Beck-is-ek daarop aandring dat ou oom Beyers sy groen ham en eiers eet, word dit 'n geval van aanhouer wen. Die les is dat ons nie kan sê waarvan ons hou of wat ons verpes, voor ons dit probeer het nie. Dr. Seuss se Groen ham en eiers, propvol rollende ritme en onweerstaanbare rymherhalings, is die ideale boek vir elke vroeë leser, asook 'n heerlike boek om hardop voor te lees.
Publication date: 2014-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928446101

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Martina Matos
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 100
Klein Grillie Spinnekop is baie opgewonde, want hy gaan ver reis. Saam met Ouma Erna gaan jy vakansie hou by die see! Wat gaan hulle alles daar ontdek?
Leer saam met Grillie van die getye, seediere, hoë sandduine vorm en nog baie meer.
Publication date: 2019-03-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928446118

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustrator: Martina Matos
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 100
Klein Grillie Spinnekop gaan binnekort skool toe en hy borrel oor van opgewondenheid. Wat leer jy nou eintlik in 'n skool? Is dit lekker om te leer? En sal daar dan nog tyd vir speel ook wees?
'n Meevoerende prenteboekavontuur wat opgewondenheid oor die vooruitsig van skool toe gaan aanwakker.
Publication date: 2019-03-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485311829

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 220
Klara Klein het alles wat sy moontlik kan begeer. Maar alles is nie genoeg nie. Sy wil nog en nog en nóg goed hê! Op 'n dag besluit Klara sy wil 'n DINGETH hê, maar daar is net een probleem. Wat is 'n DINGETH?

Mnr. en mev. Klein sal enigiets doen om hul dierbare doggie gelukkig te hou, selfs al beteken dit hulle moet by die kelder onder die biblioteek ingaan om 'n antwoord in die geheimsinnige Monsterklopedie te kry. Hul desperate soektog lei na die donker dieptes van die oerwoudagtigste oerwoud waar die vreemdste vreemde dierasies lewe.

Maar gaan hulle ooit 'n DINGETH kry?
Publication date: 2021-06-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310365

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 295
Net toe jy dink dis veilig om terug na jou boekrak te gaan … TIEN NÓG AARDIGER KINDERS! Van die 10-jaar oue Pieter en die eindelose poetse waaraan hy sy arme familie onderwerp tot by Vicky en haar geweldige vloermoere: Hierdie splinternuwe versameling stories oor die aardigste kinders is die perfekte aankoop naas Die aardigste kinders 1 en 2, en 'n ideale geskenk vir die aardigste kinders in jou lewe!
Publication date: 2021-03-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485311140

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 295
Het jy al die aardigste kinders op aarde ontmoet? Maak jou reg vir iets baie, baie ergers …
DIE AARDIGSTE ONNIES OP AARDE!

“Walliams word net beter en beter.”
Telegraph

“Die nuwe Roald Dahl.”
Evening Standard
Publication date: 2021-03-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310341

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 295
Ontmoet vyf stuitige seuns en vyf mislike meisies!

Soos Ruda - 'n meisie wat so baie op die rusbank sit en TV kyk dat sy aan die bank vasgroei! Of Dries Drup-drup - 'n seun wie se kwyl hom op 'n skooluitstappie in allerhande moeilikheid laat beland! En moenie vergeet van Sanet Skreenet nie - 'n monsteragtige ouer suster wat liederlike leuens vertel!

Laat die blitsverkoper David Walliams jou vermaak met tien heerlik ondeunde stories oor die aardigste kinders op aarde, met vrolike volkleurillustrasies deur Tony Ross.
Publication date: 2019-08-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310358

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 295
IS JY DAPPER GENOEG OM DIE WÊRELD SE STOUTERSTE STOUTGATTE TE ONTMOET?

Wees gewaarsku! In hierdie boek is daar tien splinternuwe stories oor die vyf mislikste meisies en die vyf stuitigste seuns ooit.

Jy sal onder andere kennis maak met Hompie die honger baba, wat sy ouers se huis van hoek tot kant leeg eet en hulle dan boonop ook verslind. En Grillerige Griselda gaan jou die horries gee met die poetse wat sy almal in haar skool (selfs die arme hoof ook) met haar grillerige goggas bak.

Laat die blitsverkoper David Walliams jou vermaak met tien heerlik ondeunde stories oor die aardigste kinders op aarde, met vrolike volkleurillustrasies deur Tony Ross.
Publication date: 2019-08-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310105

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Translator: Kobus Geldenhuys
Illustrator: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 185
Jy kry allerhande soorte pa's. Daar is vettes en maeres, langes en kortes. Daar is lawwe pa's en ernstige pa's, pa's wat bulder en pa's wat sag praat.

Daar is natuurlik goeie pa's.
En daar is slegte pa's …

“Ek is absoluut dol oor David Walliams se boeke... Hulle gaan klassieke werke word.”
Sue Townsend, Guardian

“Uiteindelik 'n waardige opvolger vir Dahl.”
Telegraph
Publication date: 2019-06-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798178792

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 170
Rico is 'n danser. Hy is so maer soos spaghetti en so lig soos 'n muggie, maar sy droom is om rugby te speel! Hy skraap moed bymekaar en vra die afrigter of hy ook mag speel. Eers raak hy nie aan die bal nie en dan duik hulle hom plat, maar sodra die ruk-en-rol-musiek oor die luidspreker begin speel, word 'n rugbyster gebore. 'n Prenteboek gemik teen stereotipering en 'n storie wat die leser sal inspireer om sy of haar drome te volg!
Publication date: 2019-04-04

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.