●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Nie-fiksie / Non-fiction
Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Results 91 to 105 of 437
Sorted by:  Title
Click to enlarge
Click to enlarge
9780994680556

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 320
R 256You save R 64
Joanne Hichens lost first her mother, then, in quick succession, her husband, her father and her mother-in-law - two deaths anticipated, two coming as the worst kind of shock. In this memoir of grief and recovery, she writes with honesty and humour of death, our 'constant companion', and the stumbling journey through the country of grief. By turns searing and sparkling, her account gives compelling insight into the losses that stalk us all, while also celebrating the mainstays of life - friendship, family, and the memories of those we love and lose.

“If you have loved, lost or grieved … then this book will resonate deeply. Searching for a new place in her changed world, Joanne Hichens reminds us that especially in our darkest moments we need to embrace our vulnerability in order to find strength. Tender, courageous, compelling.”
— Tracy Going, author of Brutal Legacy
Publication date: 2020-11-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624055853

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 470
R 423You save R 47
Hierdie biografie stel die leser bekend aan Malan die mens: die skaam, leesgierige jong seun, die afgetrokke intellektueel wat een keer by die huis uit is nog met sy pantoffels aan, die onseker vryer en die denker wat ure geneem het om toesprake vir kerkdienste en later politieke toesprake voor te berei. Hoe kon 'n man wat opreg daarna gestrewe het om sy volk te verenig en te beskerm ook bygedra het tot 'n politieke bestel waarvan ons vandag steeds die gevolge dra? Met sestig foto's.
Publication date: 2014-02-01
No cover available
9780241952443

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 210
Publication date: 2008-10-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869191887

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Translator: Lina Spies
Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 150
R 135You save R 15
Die agterhuis, oftewel die dagboek van Anne Frank, is een van die mees gelese boeke in die wêreld. Hierin vertel die tienderjarige Anne die aangrypende verhaal van die Joodse gesin Frank se lotgevalle toe hulle tydens die Tweede Wêreldoorlog in Amsterdam vir die Duitse besetters moes wegkruip. Anne het die dagboek op 12 Junie 1942, haar dertiende verjaardag, present gekry.
Publication date: 2008-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620561044

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 340
R 306You save R 34
'Daar is aha!-oomblikke wat die ganse geskiedenis van die wêreld geruk en vir altyd beinvloed het …
aha!-oomblikke wat leiers belig en geinspireer het in geskiedkundige oomblikke …
aha!-woorde wat mense se lewens belig en vol hoop gemaak het.
Lees hoe aha!- woorde van ons land se bekendste mense se lewens en loopbane belig het!
Lees hoe geweldig inspirerend en treffend so 'n woord, inspraak in mens se lewe maak.
Daar is niks op aarde só inspirerend as mense se aha-stories nie; kom lees en geniet saam. Dit is 'n boek vol verassings van mense wat ons almal 'ken' en nou beter sal verstaan.
En kom saam, kom ontdek en vier die aha!'s in jou eie lewe, want dit is oomblikke wat
gun mens mag mis nie! Want dit kom van 'n baie wonderlike plek af … aha!”

22 Bekendes van ons land deel met Louis Wilsenach hulle oomblikke van inspirasie, daai oomblikke waar hulle besef het wat hulle moet doen en wie hulle is. Saam met die elke bekende is 'n pragtige indiese ink skets uit Louis se pen, 'n fenominale kunstenaar en skrywer; sy werk is onmiddelik en meevoerend. Geniet gerus hierdie meestersuk en stal dit uit op jou koffie tafel.
Publication date: 2018-11-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928426400

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 175
R 158You save R 17
Hierdie boek bevat 'n reeks persoonlike vertellings van 'n oud-soldaat in die Suid-Afrikaanse Weermag. Die klem is eerder op humor en nostalgie as op die swaarkry, ontberings en opofferings van die gewone ou wat destyds moes aanmeld vir verpligte nasionale diensplig.
Elke oud-soldaat het sy eie storie, goed of sleg, gebaseer op hoe hy as indiwidu die lewe in die Weermag ervaar het. Hierdie boek sal dus aanklank vind by die diensplig generasie, maar ook by hulle wat meer wil weet oor soldaat-wees in 'n tydperk toe Suid-Afrika 'n gedugte en goed toegeruste Weermag gehad het.
Publication date: 2018-10-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781919825670

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 265
R 239You save R 26
Die verhaal van Pieter van der Smit, sy vrou Martha en hulle kinders is nie bedoel om vinnig te lees en gou te vergeet nie. Dit is 'n verhaal van merkwaardige mense in moeilike omstandighede; 'n verhaal oor die voortdurende stryd om oorlewing.

In 1898 verlaat die 'Rouw Ollandertjie' Pieter van der Smit Nederland om vir Boerekinders in Transvaal te gaan skoolhou. Toe die Anglo-Boereoorlog 'n jaar later uitbreek, sluit hy by die Boeremagte aan.
Publication date: 2006-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869191047

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 345
R 311You save R 34
Op die terrein van lewensbeskrywing het ons taal nog nie 'n werk van hierdie omvang, tegelyk in breedte en in diepte, opgelewer nie ... Dit is 'n mylpaal in ons literatuur.
Publication date: 2005-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485308034

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 225
R 203You save R 22
Die eerste uitgawe van Die keer toe ek my naam vergeet het verskyn in 1995, vyf jaar nadat die skrywer F.A. Venter 'n beroerte gekry het. In hierdie outobiografiese vertelling dokumenteer hy die pynlike en stadige proses van herstel: hy moet weer leer loop, leer praat, leer skryf. Dit is verder 'n verhaal oor die verhouding tussen Venter en sy geliefde vrou, Stella.
Publication date: 2018-05-07
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620606295

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 230
R 207You save R 23
Mense mag dalk hierdie boek ter hand neem in die verwagting om meegesleur te word deur 'n historiese verhaal vol intrige, spanning, konflik, hartseer ... Dit is alles daar - soms tussen die reëls. Daar is ook humor. Maar hierdie boek is anders.
Aan die woord is 'n man - 'n musikus - met 'n fyn ontwikkelde gees, 'n skerp waarnemingsvermoë, 'n analities-filosofiese instelling, en 'n langafstand-perspektief op ons land en ons geskiedenis hier aan die onderste punt van die Afrika-vasteland.
Alexander Kok en sy broers het in 1938 - net voor die Tweede Wêreldoorlog - saam met hul moeder na Engeland verhuis; die seuns se musiektalent en beurse van die Royal Academy for Music het hul lewens ingrypend verander. Alexander het later as tjellis lid geword van die London Philharmonia Orchestra. (Vandag woon hy as afgetrede al geruime tyd in Normandië, Frankryk.)
Een van die hooftemas van die boek is die geskiedenis van hierdie Afrikanerfamilie, wat strek van voor die Anglo-Boereoorlog tot in die laat 20ste eeu. In baie van die vertellings, en veral in die kommentaar op gebeure, hoor ons die skrywer se eie stem; maar dikwels stel hy sy moeder aan die woord, en dan hoor ons die narratief in haar stem en sien ons die gebeure deur haar oë. Ook haar oorlede moeder, sy Ouma, is dikwels 'n lewendige teenwoordigheid in die herinneringe.
Alexander se moeder woon in haar laaste jare by hom in; sy het ongeneeslike kanker. Hierdie boek kom grootliks tot stand uit hulle twee se gesprekke in daardie tyd in Oxford voor haar dood - hy wat haar versorg en by haar bed sit en gesels, vrae vra met 'n opregte begeerte om die verlede beter te verstaan, sy wat haar herinneringe met hom deel, en hulle albei se interpretasies ...
Die boek egter is veel meer as blote nostalgiese onthou-en-vertel. In hierdie hele proses skyn Kok ook 'n skerp lig op die geskiedenis van die twee Boererepublieke en op Brittanje wat die Boerevolk meedoënloos wou vernietig, sodat hulle hul hande op die Republieke se skitterende rykdom van goud en diamante kon lê. Bekende/berugte name uit die geskiedenis duik een na die ander op: Rhodes, Lord Shelburne, Roberts, Kitchener van scorched earth-faam ... die konsentrasiekampe (wat die moeder as klein dogtertjie oorleef het) ... die vernietigende wetgewing daarna wat van die Boere ontheemdes en vreemdelinge in hul eie land gemaak het ... Milner, en die verengelsing op alle fronte. Die fusillering van die Boere-krygsgevangenes as 'oorlogs-rebelle' - iets wat beslis ontbreek het in ons Geskiedenis-leerplanne. Die reuse-geldmag gesetel in De Beers Consolidated Mines en die Anglo-American Gold Mining Corporation ... Dis die ou bekende storie van die mag van die oorwinnaar, en die magteloosheid van die verloorder.
Maar een ding kon die Engelse nie vernietig of wegvat nie - die onblusbare gees (spirit) van die Afrikaner. In daardie onvernietigbare gees het die kiem van ons oorlewing geskuil: ons aanpasbaarheid, ons vindingrykheid, ons geloof, ons weiering om tou op te gooi. Die moeder se hele lewensverhaal word 'n versinnebeelding van hierdie onvernietigbare gees.
En - moontlik onbedoeld - lê juis hierin dalk ook 'n tydlose en duidelike boodskap vir ons eietydse Afrikaners in die tweede dekade van die 21ste eeu, hier in die nuwe Suid-Afrika.

- Anna-Mart Bonthuys
Publication date: 2015-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485309512

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 225
R 203You save R 22
Tweede uitgawe
Die laaste reis is Karel Schoeman se reisbriewe, mymeringe, gedagtes en herinneringe van sy laaste drie kort reise na Lesotho saam met Jemina Meko en Mamohau Lekula wat hom die afgelope nege jaar versorg het. Dit behels drie kort verslae oor sy besoeke in die maand voor sy dood en is in die vorm van e-posse aan 'n paar persoonlike korrespondente gestuur. Vanselfsprekend staan die tema van afskeid sentraal in die briewe.
Publication date: 2018-07-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415200926

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 260
R 234You save R 26
'n Angswekkende storie oor Suid-Afrika se oud-sekuriteitshoof en sy bewind van vrees tussen die jare sestig en tagtig.

Die mees gevreesde sekuriteitspolisieman in die laaste drie dekades van apartheid was ongetwyfeld generaal 'Lang Hendrik' van den Bergh, die hoof van die Buro van Staatsveiligheid.
Publication date: 2011-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415209431

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 270
R 243You save R 27
“Die lang man sonder skaduwee,” so het die oumense gepraat as hulle die grondpaaie beskryf het wat oor die rug van vlaktes loop soos linte wat plase en veeposte en dorpe aan mekaar bind. Dit was 'n raaisel wat hulle vir mekaar gevra het om 'n stram geselskap aan die gang te kry.

Met dié raaisel begin Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres, aktrise en radiopersoonlikheid, haar nuwe boek ná die verskyning van Kruidjie roer my, haar boek oor Karookruie wat sy plek as 'n klassieke werk in Afrikaans ingeneem het. Sy werk reeds vir jare in die Karoo saam met oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-medisyneman. Oom Johannes leer haar hoe om Karookruie te gebruik om mense se lywe en siele te genees en van heinde en ver kom besoekers om hier by hulle gesond te kom raak.

In Die lang man sonder skaduwee sit Antoinette haar roeping as geneser voort. Vol begrip en deernis word Karookruie ingespan om allerlei kwale te genees. Maar nou ondersoek sy ook die genesende krag wat in die ou stories, raaisels en rympies van die Griekwa-mense skuil, want dikwels het 'n fisieke probleem 'n emosionele oorsprong en is dit stories wat die hart kan genees. Die langman sonder skaduwee is volksbesit: waardevolle inheemse kennis liefdevol opgeteken vir lees en herlees.
Publication date: 2018-02-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928518136

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 220
R 198You save R 22
In die laat 1800's is die De Beer-gesin op reis toe hul ossewa breek en hulle onverwags moet oorbly op 'n plaas in die Oos-Vrystaat.

Dis winter, en soos die donker sneeuwolke oor die Drakensberge aanrol, word die familie deur tragedie getref.

Geïnspireer deur die verhaal wat van geslag tot geslag oorvertel word, is hierdie storie van swaarkry, opoffering en onbaatsugtige liefde 'n tydlose verhaal.
Publication date: 2019-10-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310464

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 265
R 239You save R 26
Die vyfde mevrou Brink is Karina M. Szczurek se memoir van haar lewe voor, tydens en ná haar huwelik met André P. Brink. Die Pools gebore Karina was sewe-en-twintig toe sy dié bekroonde skrywer, twee-en-veertig jaar ouer as sy, ontmoet het en hulle daarna 'n dekade lank bymekaar was. Sy skryf oor hulle verhouding: van die eerste ontmoeting in Wene, Oostenryk, haar verhuising oor vastelande heen om by hom te wees in Kaapstad, hoe sy standvastigheid in hulle huwelik gevind het, tot hoe sy uiteindelik die uitdagings van André se kwynende gesondheid in die laaste paar jare van sy lewe moes hanteer.

Hierdie openhartige vertelling is die verhaal van twee skrywersgeeste - 'n huldeblyk aan 'n huwelik wat tragies kortgeknip is, maar ook aan 'n liefde wat 'n leeftyd sal hou.
Publication date: 2020-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.