●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Nie-fiksie / Non-fiction
Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Results 406 to 420 of 437
Sorted by:  Title
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415208939

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 1500
R 1350You save R 150
Op 29 April 1963 stuur die 29-jarige digter Ingrid Jonker 'n telegram aan André P. Brink. Sy bedank die 27-jarige skrywer vir blomme en 'n brief wat hy aan haar besorg het. In die meer as tweehonderd skrywes wat hierna tussen die twee volg, ontvou sekerlik die bekendste liefdesverhouding in die Afrikaanse literêre geskiedenis. Jonker se finale brief aan Brink is gedateer 18 April 1965 - drie maande voordat sy die see in loop by Drieankerbaai. Daar word slegs 1000 van die spesiale genommerde uitgawe in Afrikaans gedruk.

Dié weergawe word in 'n boekkoker met bykomende visuele materiaal uitgegee, met 'n kunswerk van Hanneke Benadé op die omslag.
Die boek sluit onbekende foto's uit André P. Brink se private versameling in, met 'n ekstra fotoseksie wat nie in die standaarduitgawe verskyn nie, onder meer onbekende persoonlike foto's van Ingrid Jonker.
Dit bevat 'n replika van 'n volledige brief van Ingrid Jonker in 'n koevert as insetsel.
Die briewe verskaf nuwe insigte in die skryfwerk en liefdesverhouding van twee van die bekendste skrywers in Suid-Afrika.
Publication date: 2015-11-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869190750

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 160
R 144You save R 16
Voetspore in die Kalahari is 'n ware Afrikaverhaal, gewortel in die harde werklikheid van die Kalahari: weergaloos mooi maar ook meedoënloos wreed. Die skrywer gaan terug na sy eerste herinneringe, meer as vyftig jaar gelede, en sy moeder se dood weens malaria. Daarna sy skooljare, met onwillige rydonkies, befoeterde onderwysers en 'n streng pa wat verwag dat dinge ook op die plaas moet regloop, veral met die skaap-oppas.
Publication date: 2007-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869195052

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 215
R 194You save R 21
Dit is die 1970's. Diskoteke, rytjies wit poeier, suède-sjoebroekies, seksuele vryheid en Italiaanse playboys is deel van die Europese modewêreld. Nelle Dreyer het dit beleef.
Van kleins af het Nelle gedroom van 'n glansryke lewe, soos die mense in die Peter Stuyvesant-advertensies. Sy wou graag deel wees van so 'n opwindende lewe in eksotiese plekke.
Publication date: 2011-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781919825427

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 250
R 225You save R 25
Aan die hand van eietydse dokumentasie het Karel Schoeman in hierdie boek die lewe herkonstrueer van sy Suid Afrikaanse stamvader, die Duitser Hendrik Schoeman uit Sleeswyk Holstein, wat in 1724 as matroos in diens van die VOC die Kaap bereik het, 'n prekere bestaan gemaak het as veeboer in die binneland van Suid Afrika, en in 1765 in armoede in die huidige Klein Karoo oorlede is. Soos Schoeman opmerk, is hierdie man in verskeie opsigte geskik om as tipiese stamvader uit die Kompanjiestyd beskou te word.
Publication date: 2013-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799368291

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 240
R 216You save R 24
Twaalf ongelooflike vroue wat 'n verskil maak tussen die bendes, die werkloosheid en die koeëls. Atlantis is steeds die verlore stad, maar hierdie twaalf vroue se verhale inspireer. Hulle het besluit om nie moed op te gee nie. Hulle stories is dié van moed, optimisme en inspirasie. Dit is 'n moetlees vir almal wat glo dat liefde en geloof 'n verskil kán maak. Atlantis aan die Weskus was die breinkind van 'n vorige regering se “desentralisasiebeleid” - maar is tans die toonvenster van ontheemding. Uit hierdie wanhoop, brand dié twaalf vroue se stories soos fakkelligte in 'n lang, donker nag. Hulle is: Francis Brown, Mary-Ann Cedras, Chrissie Cloete, Mandy Jonker, Christine Lewis, Sylvia Losper, Lenie Maya, Carol Muller, Sillene Oppel, Olivia Pharo, Mary Tenggren en Rachael Watson.

Die verhale strek van gemeenskapdiens aan gestremde persone, bejaardes en kankerlyers, rehabilitasie van dwelmafhanklikes, MIV/Vigs-voorkoming en
-destigmatisering tot inspirerende vroue wat staan in die onderwys, verpleegdiens, uitsaaiwese, asook 'n sangeres, 'n atleet en 'n tuinier.

Die opbrengs van dié boek sal deur die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Wes-Kaapland (UWK) aangewend word as studentebeurse.
Publication date: 2017-11-09
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620683340

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 240
R 135You save R 105
Monique Strydom is bekend as een van die 21 gyselaars wat in 2000 in die oerwoud op die Filippynse eiland Jolo deur die Abu Sayyaf-rebelle gyselaar gehou is.
Hul groep was in die hande van moorddadige terroriste, onder voortdurende aanval deur die weermag, moes deur hul onherbergsame grondgebied vir hul lewens hardloop, baie min kos en water gehad het en baie ander gevare ondervind. Die feit dat nie een van die gyselaars vermoor is nie, word gesien as 'n wonderwerk.

Vir Monique was haar ervaring op Jolo 'n buitengewone, lewensveranderende een. Sy het besluit om positief te bly en lesse uit haar teenspoed te trek. Op haar terugkeer het Monique besluit om haar lewe aan die mense van Suid-Afrika te wy, om Suid-Afrikaners te bedank vir hul ondersteuning en liefde en as manier om hierdie vriendelikheid terug te keer.

VRYGEKOOP is Monique se persoonlike ervaring van die moeilike tyd in die hande van die Abu Sayyaf. Dit is 'n getuienis van die vele wonderwerke wat die gyselaars gesien het en die krag wat daaruit voortgekom het. In die boek het Monique belangrike lesse geleer - hoe om vrees te oorwin, hoe om te vergewe, hoe om weer te lewe, hoe om God se roeping vir jou lewe te vind.
Publication date: 2017-09-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869192976

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 195
R 176You save R 19
Op tagtig, verklaar Dot Serfontein, neem mens kennis van die ouderdom se bedryfsrisiko's - en neem dan vir lief daarmee dat selfs die Bybel stilbly oor wat ná tagtig met mens gaan gebeur. Jy vertel van dinge waaroor jy vroeër geswyg het en jy swyg oor dinge waarvan jy vroeër vertel het want as jy dié mylpaal oorgesteek het, het jy die vrypas om te maak soos jy wil, sonder dat dit teen jou aangeteken staan.
Publication date: 2009-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928283591

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 250
R 200You save R 50
'n Boek met ʼn versameling bydraes van familie, vriende en kollegas van NP van Wyk Louw, toegespits op hoe wyd sy invloed strek - op die gebied van skryf- en digwerk, teater, musiek, kuns, ballet, ensovoorts. Bydraes sluit in dié van Louw se seun en dogter, Peter en Reinet, sy skoonseuns, en ook bekende persoonlikhede soos JM Coetzee, Antjie Krog, Joan Hambidge, Karel Schoeman, Max du Preez, PG du Plessis, Katinka Heyns, Marlene Dumas en vele meer.
Die bydraes van die samestellers handel onder andere oor Louw se voorouers en sy jeugjare.
Publication date: 2020-10-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869193584

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 160
R 144You save R 16
Anderkant die Gariep, in die harde, wye wêreld van die Noord-Kaap, het sedert die vroeg 1900's pioniersmense gewoon wat g'n stof of droogte, g'n lamsiekte of beespes kon onderkry nie. Dit was 'n tyd voor selfone en kitsoplossings, toe 'n man se woord nog sy woord was, en 'n afspraak 'n afspraak; 'n tyd toe jagtogte, Boeredanse en familietroues mense saamgesnoer het en swaarkry en verlies bloot 'n deel van die natuurwette was.
Publication date: 2010-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928426127

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 220
R 198You save R 22
Elsabe Steenberg was die suster van André P. Brink en self 'n gewilde en bekroonde Afrikaanse skrywer, veral bekend vir haar kinder- en jeugliteratuur. Sy het egter
ook, onder andere, kortverhale en dramas geskryf. Sy is met veelvuldige sklerose gediagnoseer, maar het ten spyte daarvan aangehou skryf.
Sy sou hierdie jaar haar 80ste verjaarsdag gevier het. Hierdie is 'n herdenkingsbundel.

Vir die uitsonderlike wyse waarop sy kinder- en jeugliteratuur in Suid-Afrika bevorder kry sy verskeie spesiale toekennings:
Die Potchefstroomse Stadsraad vereer haar in 1990 met 'n Gratia-toekenning,
Die Potchefstroomse Universiteit vir CHO gee in 1993 'n erkentlikheid-oorkonde aan haar
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer haar met 'n besondere erepenning in 1993.

Hierdie is 'n versameling briewe wat Elsabe geskryf het aan Elizabeth Venter, die samesteller se vrou. Dit vertel die verhaal van die Steenberg-gesin oor meer as 30 jaar,
Elsabe se skryfwerk, haar werk as dosent in Potchefstroom- en haar uitmergelende siekte.

Die gevierde en bekroonde skryfster is in 1996 aan veelvuldige sklerose oorlede. Haar laaste brief aan Elizabeth is 'n maand vroeër geskryf.
Publication date: 2018-04-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928257776

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 320
R 288You save R 32
Silence sides with abuse. Every harrowing story needs to be told.

On a hot summer evening in 1967, seven-year-old Claudine Brown watched from the back seat of a car stalled on a railway track in the suburbs of Cape Town, as a fast-moving train hurtled towards them. Her mother sat frozen with fear in the driver's seat.
The events leading up to this moment were unremarkable, giving no clue to their catastrophic timing. The aftermath was brutal and childhood wrecking, leaving Claudine and her younger sister Lisa world-weary before they had even got started.
When her mother, unravelled by post-traumatic shock, abandoned the family, and her father reached for the nearest comfort to ease his pain - a new wife - Claudine had only one defence against the years of exploitation and physical, emotional and sexual abuse that followed: hope.
She remembered what normal life was, and plotted her course back there.

“The best view of your future is often the one looking back.”
Publication date: 2020-02-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9780241003381

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 810
R 729You save R 81
The definitive biography of one of the most famous and influential artists the world has ever seen A GUARDIAN, OBSERVER, AND DAZED MAGAZINE 'BOOK TO LOOK FORWARD TO' IN 2020 'Superb...Gopnik persuasively assembles his case over the course of this mesmerising book, which is as much art history and philosophy as it is biography' Kathryn Hughes, The Guardian When critics attacked Andy Warhol's Marilyn paintings as shallow, the Pop artist was happy to present himself as shallower still: He claimed that he silkscreened to avoid the hard work of painting, although he was actually a meticulous workaholic; in interviews he presented himself as a silly naif when in private he was the canniest of sophisticates. Blake Gopnik's definitive biography digs deep into the contradictions and radical genius that led Andy Warhol to revolutionise our cultural world. Based on years of archival research and on interviews with hundreds of Warhol's surviving friends, lovers and enemies, Warhol traces the artist's path from his origins as the impoverished son of Eastern European immigrants in 1930s Pittsburgh, through his early success as a commercial illustrator and his groundbreaking pivot into fine art, to the society portraiture and popular celebrity of the '70s and '80s, as he reflected and responded to the changing dynamics of commerce and culture. Warhol sought out all the most glamorous figures of his times - Susan Sontag, Mick Jagger, the Barons de Rothschild - despite being burdened with an almost crippling shyness. Behind the public glitter of the artist's Factory, with its superstars, drag queens and socialites, there was a man who lived with his mother for much of his life and guarded the privacy of his home. He overcame the vicious homophobia of his youth to become a symbol of gay achievement, while always seeking the pleasures of traditional romance and coupledom. (Warhol explodes the myth of his asexuality.) Filled with new insights into the artist's work and personality, Warhol asks: Was he a joke or a genius, a radical or a social climber? As Warhol himself would have answered: Yes.
Publication date: 2020-03-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770229716

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 240
R 216You save R 24
n Wydlopende herinneringsreis, deurspek met staaltjies, deur een van ons land se fynkospioniers...

Met erfeniskos wat deesdae internasionaal hoogmode is, staan een kok uit: Peter Veldsman. As enigste kind op 'n plaas in die Klein-Karoo het Peter 'n fyn waarnemingsvermoë en goddelose sin vir humor ontwikkel. Die resultaat is eindeloos vermaaklike stories oor die kos en mense in sy lewe, van sy dae as kosredakteur van die tydskrif Sarie, waar Peter twee generasies Afrikaanse vroue voor die stoof touwys gemaak het, toe as kosskrywer van Rapport en, uiteindelik, as 'Mister V', eienaar van Emily's, waar hy hom amper 20 jaar lank beywer het om van streekskos fynkos te maak en só 'n formidabele restaurant-nalatenskap gevestig het.

Baie van die stories is snaaks. Ander is soet-nostalgies. Sommige kyk eerlik na kwessies ná aan sy hart, soos gay-wees en die kerk. En tog, al het hy al vir bekendes en selfs beroemdes gekook en die wêreld deurkruis op soek na nuwe smake, is dit sy tante Julia en haar 'koskys' wat hy steeds die helderste voor die oog roep, sy Skotse ouma, en die dag toe hy as 'n vierjarige op sy oupa se plaas in die Klein-Karoo die eerste keer 'n doukomkommer tussen sy tande geknars het ...

Nostalgies, humoristies en hartroerend - 'n boek wat jou terugvat na Ouma se kombuis, maar dan ook die drumpel oor, na die wye wêreld daarbuite.
Publication date: 2016-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781474610049

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 335
R 302You save R 33
Starting with her own story of displacement as an Internally Displaced Person, Malala will introduce readers to what it means to lose your home, your community, and the only world you've ever known. She will share the personal stories of some of the incredible girls she has met on her various journeys to refugee camps and the cities where refugee girls and their families have settled. The anecdotes will focus on different parts of each girl's story - from what it was like the day she left her home to what daily life is like in a refugee camp. In a time of immigration crises, war, and border conflicts…
Publication date: 2019-02-28
Click to enlarge
Click to enlarge
9780241385814

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 340
R 306You save R 34
For the first time, Andrew Ridgeley - one half of one of the most famous bands in the world - tells the inside story of Wham!, his life-long friendship with George Michael and the formation of a band that changed the shape of the music scene in the early eighties.
In 1975 Andrew took a shy new boy at school under his wing. They instantly hit it off and their boyhood escapades at Bushy Meads School built a bond that was never broken. The duo found themselves riding an astonishing rollercoaster of success, taking them all over the world. They made and broke iconic records, they were treated like gods, but they stayed true to their friendship and ultimately to themselves. It was a party that seemed as if it would never end. And then it did, in front of tens of thousands of tearful fans at Wembley Stadium in 1986.

Andrew's memoir covers in wonderful detail those years, up until that last iconic concert: the scrapes, the laughs, the relationships, the good and the bad. It's a unique and one-and-only time to remember that era, that band and those boys.
Publication date: 2019-10-28

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.