●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605371

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Sy moet haar plekkie in die son kry Zea, ʼn talentvolle pottebakker, moet na haar pa se dood vir haar ʼn nuwe lewe skep - en ʼn kunsuitstalling in mooie Milaan bied haar juis daardie geleentheid. In Italië het sy nie tyd om te wonder oor die geheimsinnige mense wat langs haar intrek of die sexy vreemdeling wat sy vlugtig ontmoet nie. Totdat sy dié man weer in 'n katedraal sien. Sy glo nie aan toeval nie, maar wat van die noodlot? In Italië ontdek Zea 'n ander sy van haarself. 'n Sy wat onmoontlik aangetrokke tot Antonio Vinetti is. Met sy warm soene en die beeldskone Paola wat altyd by hom ingehaak is, het Zea egter genoeg rede om hom te wantrou. Sonroeper is ʼn heerlike ontvlugting in die Italiaanse kunswêreld.
Publication date: 2020-09-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799396768

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
“Kyk of jy vir my die son kan vang ...” Narissa is 'n volbloed hippie. Sy is optimisties oor die lewe en sy het 'n wil van haar eie. Sy glo daarin dat 'n mens die lewe moet geniet en oomblikke van blydskap vir jouself moet skep. Sy gaan vir haar die son se lag vang op Springbok. Haar grootste irritasie op twee bene is Franz Lamont, meneer volg-die-regte-pyltjies, baie aantreklik, baie bitter, en hy ry 'n vintage hippie kombi met daisies op die deure soos sy nog altyd wou hê. Hy stem nie saam met haar lewensopvatting nie. Pret en plesier is net vir 'n oomblik, en van min waarde. Werk, reëls nakom en dinge reg doen, is belangriker, en die swaar tye van die lewe weeg ook swaarder. Sonvanger is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks. Frenette van Wyk se boeke vergelyk goed met Cynthia Robertson en Leandra Naudé se skryfwerk. Sonvanger is haar derde SuperRomanza wat in 2019 gepubliseer is.In die sterre geskryf het in Januarie verskyn, en Soene in 'n sandkasteel in Junie.
Publication date: 2019-12-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639606972

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Wie weet in watter gewaad storieboekliefde sy verskyning gaan maak? Om bibliotekaresse te wees op 'n dorpie soos Trompieshoogte is vir Marijke die maklikste manier om te verseker dat haar lewe teen 'n slakkepas nêrens heen sal gaan nie. Wat nog gepraat van haar liefdeslewe. Maar dan gewaar sy 'n nuwe gesig op die dorp, al is daai gesig nou wel ongeskeer, die hare te lank, en die klere taamlik verslons. Maar wat maak die skatryk entrepreneur Jean-Pierre Immelman in hierdie verlate uithoek, en hoekom lyk hy so afgerem? Dalk meer belangrik, wat is hierdie hartkloppings wat Marijke naby hom ervaar, en wat is die ooreenkoms wat hy met haar wil tref voor hy terugkeer na sy eie glansryke wêreld toe?
Publication date: 2021-04-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624085621

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 30You save R 70
Sophia Joubert en haar skoonfamilie keer terug na die verwoeste familieplaas na afloop van die Anglo - Boere oorlog. Geoffrey Doubell help die Jouberts om weer op hul voete te kom. Die samaritaan is wel 'n halwe Engelsman, maar elke keer as Geoffrey na haar kyk, bruis Sophia se bloed.
Haar eerste liefde lê egter begrawe in die grond van Natal en Sophia is diep gekwes. Sy sien ook in Geoffrey se oë 'n treurigheid wat nie wyk nie. Die man ken ook verlies. Durf sy nou hoop op tweede liefde?
Publication date: 2018-05-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799391596

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 225
Alma Carstens se eerste omnibus ...
Splinters van liefde is 'n samestelling van drie van Alma Carstens se vorige Romanzas, Kaapse draai, Tyd sal leer en Luca se obsessie. Dit is Alma op haar beste: fyn uitgewerkte storielyne, diepgaande karakterisering en interessante plekke waar die verhale afspeel.
Kaapse draai:
Noudat Lani se vriendin haar oorreed het om te reageer op 'n man se advertensie dat hy na 'n vrou soek wat hy beter wil leer ken, is daar nie omdraai nie. Sy sal 'n maand lank op sy wynplaas moet deurbring. Min weet sy hy het nie die advertensie geplaas nie, sy skoonsuster het ...
Dit is egter nie die enigste haakplek nie. Lani kan nie bekostig dat hy haar beter leer ken nie want dan moet sy ook vertel van die hartseer geheim oor haar herkoms en dit kan sy nie met hom deel nie. Juis nie met hierdie spesiale man wat gou al haar gedagtes in beslag neem nie.
Tyd sal leer:
Siënna vlug na haar vriendin in Malawi om weg te kom van haar pa wat haar in 'n huwelik wil dwing. Sy vind gou uit die eiland Likoma is nie vir sissies met ontwerpersklere en hoëhakskoene nie - en dat sy ook nie die enigmatiese en uiters sexy Marco op sy bosklere moet takseer nie.
Gou val sy by die ritme van die eiland in en bewys telkens dat sy nie die bedorwe brokkie is waarvoor Marco haar aansien nie. Rikki stel voor Siënna en Marco trou om te verhoed dat haar pa sy sin kry. Sy stem in want sy weet die primitiewe eiland is presies waar sy en haar beminde Marco wil wees.
Luca se obsessie:
Die lenige Italianer met die helderblou oë wat Miranda se bloemiste op Valentynsdag instap, is beslis nie van plan om net so weer uit haar lewe te verdwyn nie. Maar sy belangstelling is ongelukkig nie van die soort wat 'n meisie laat huweliksklokke hoor nie.
Miranda baklei hard teen die vernedering en ja, die hartseer. Want iets omtrent hierdie man verhoed haar om hom net as “daardie soort” af te skryf, hoe hard sy ook al probeer. En hy voer sy eie stryd, al weet sy nie daarvan nie, om die blonde meisie wat 'n obsessie vir hom geword het, uit sy gedagtes te weer. Sowat van hardkoppigheid ...
Publication date: 2018-12-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605616

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Hy besit al die eienskappe wat Tharien nie in 'n man wil sien nie. Roekeloos. Geen ambisie. Vrygees. Dit is beslis nie eienskappe wat Tharien in 'n man wil hê nie. Wel, eintlik weet sy nie, want Rudolf was nie een van daai dinge nie en hy het haar verneuk. Sy is seker van een ding: Heinrich Vermeulen mag dalk soos 'n Noorse god lyk en soene steel, maar hy is nie die een vir haar nie. Hy is net te wild, bly in 'n woonwa en wanneer sy om hom is, voel sy nie soos haar stabiele en verantwoordelike self nie. Dit word gou duidelik dat dit nie maklik gaan wees om Heinrich te vermy nie, en sy moet kophou om nie haar gevoelens vir so ʼn onvanpaste man te laat handuit ruk nie. Maar hulle storie is blykbaar reeds in die sterre geskryf ...
Publication date: 2020-10-22
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605944

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 250
Die ware betekenis van la dolce vita ...
In 'n skoendoos vol papiere wat Lizette de Klerk by haar bejaarde ma kry, ontdek sy 'n brief van haar oupa. Dié versoek dat 'n bedrag geld aan die Italiaanse De Lucas-gesin betaal word. Haar oupa het gedurende die Tweede Wêreldoorlog in Italië geveg en is daar gewond. Presies wat tussen haar oupa en die De Lucas gesin gebeur het, is nie duidelik nie, maar dit stuur Lizette op 'n speurtog na Italië. Hier onthul die geskiedenis van oupa Isak se verbintenis met Isabella De Lucas sigself soos 'n skildery, laag-op-laag en ontroerend mooi. In Italië, aan huis van haar galante gasheer, die kunsprofessor en kunstenaar Alphonso Lombardi, leer Lizette die ware betekenis van la dolce vita ken.
'n Heerlike romantiese verhaal wat terselfdertyd 'n reis deur hedendaagse talië en dié van die Tweede Wêreldoorlog is. Dit is 'n ode aan Italië - die lewenswyse, die kos, die landskap, die kuns. Kuns, in al sy vertakkings, is 'n belangrike element in die verhaal. Lesers wat Marita van der Vyver se Grensgeval geniet het, sal van Stillewe hou.
Publication date: 2021-02-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799396485

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Nie net moet sy 'n storm van buite af trotseer nie, maar ook 'n innerlike een. 'n Werksaanbod in Zambië wat vir Lienke Nielsen moes help om te herstel van die nagmerries ná 'n doodservaring tydens 'n sikloon, ontaard in 'n erger storm wat haar van binne af verteer. Sy was nie voorbereid op die verwoestende effek wat die televisieaanbieder, Armand Martinez, op haar hart sou hê nie. Nie net moet sy voorgee dat sy haar ekstroverte tweelingsuster, Lika, is nie, maar sy moet haarself boonop beskerm teen die kragtige en sjarmante Orkaan Armand. Haar suster het immers die eerste opsie op hom. Lienke besef baie gou dat sy die een is wat met meer stormskade as vroeër gaan wegstap. Storm vol liefde is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks.
Publication date: 2019-08-27
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607351

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Gaan haar verlede haar inhaal? Met haar donker hare, vreemde rituele en Rooihuid-bloed, vlug Tala Robberts van vreeslike herinneringe en mense wat haar jongmenslewe gesteel het. Sy land met haar vyfjarige seuntjie op 'n stranddorpie, Strandloper, waar sy net alleen gelos wil word. Die jong predikant op die dorp is egter gefassineer deur haar vreemdheid en spiritualiteit, terwyl 'n regte wildewragtig-strandloper haar nuuskierigheid aanwakker en haar hart bokspronge laat maak. Voor sy haar kan keer, is sy stewig gewikkel in almal se wel en weë en haar emosies is 'n warboel. Watter keuse sal sy maak om vir haar en veral haar seun die regte toekoms te verseker? Gaan sy die foute van die verlede herhaal of gaan daardie verlede haar eendag inhaal? Die boek het 'n heerlike spanningslyn. Daarby word spiritualiteit en Christenskap op 'n oortuigend, nieprekerige wyse bespreek. Ander temas sluit mistisisme, tradisie, nie-tradisionele families en huishoudelike geweld in.
Publication date: 2021-07-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799393583

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 150
Vars, snaaks, speels - liefdesverhale vir alle generasies. Agt (8) lekkerlees-verhale wat Ma, Ouma, Tannie en Dogter kan deel - sonder om te bloos!
Hierdie omnibus is 'n samestelling van agt RomanzaLiefde-novelles: Soos hout en konfetti, Net in stories, Gelukkige nommer 13, Kersie bo-op, Net drie woorde, Kakie, stewels en liefde, Net ons twee en Om haar pinkie.
Soos hout en konfetti - Jacolet van den Berg
Max is banger vir vroue en trou as die duiwel vir 'n slypsteen. Maar sy hart werk oortyd as hy Sandra Sinclair sien. Sy maak hom ongemaklik, want hy weet: Sy mag dalk net sy ondergang beteken.
Net in stories - Rika Cloete
Altyd die strooimeisie, nooit die bruid nie. Di­t is Maddie Schoeman. Totdat sy een keer opkyk in 'n strooijonker, Wynand Raath, se mooi oë. Skielik is liefde nie net vir storieboeke bedoel nie, maar ook vir haar.
Gelukkige nommer 13 - Corné La Camera (debuutskrywer)
Hoeveel mislukte afsprake neem dit voor jy meneer perfek ontmoet? Na twaalf wou Renate 'n ferm streep trek, want die opsies van 'n spiertier tot 'n IT-nerd is maar yl. Maar dalk is dertien haar gelukkige nommer?
Kersie bo-op - Bernette Bergenthuin
Marcelle se lieflingtante skryf haar in om deel te neem aan die werklikheidsprogram Baas-van-die-plaas. Eers is sy woedend, maar nadat sy Basjan Rademan ontmoet het, moet sy erken dat haar tante dalk van beter weet.
Net drie woorde - Nadia de Bruin (debuutskrywer)
Janne wen rugbykaartjies oor die radio en gaan later die aand van die Springbokspelers in hul losie ontmoet. Haar hart maak wilde draaie toe Arend, een van haar ou skoolvriende onder die groep rugbyspelers is.
Kakie, stewels en liefde - Lizelle von Wielligh (debuutskrywer, het later 'n Romanza gepubliseer)
Craig hou nie van mooi vroue nie, Lauren vertrou nie mans wat van mooi vroue hou nie. Hulle behoort pasmaats te wees, maar onwelkome gevoelens hou hulle uitmekaar. Sal hulle ooit besef dis liefdesvonke, nie irritasie nie?
Net ons twee - Petronel Louw
Een kopverlooroomblik en Rozelle en Francois se verhouding verander vir ewig. Skielik is hy nie meer haar broer se beste vriend en haar 'ander ouboet' nie, maar die man wat die vlinders in haar maag energie gee om amok te maak.
Om haar pinkie - Didi Potgieter
Willem loop draaie om Melissa nadat hulle 'n soen gedeel het, want hy kan homself nie rondom haar vertrou nie. Wat is dit aan dié pragtige brunet wat so met hom toor? Waarom kan sy hom moeiteloos om haar pinkie draai?

Strooisuikerliefde is deel van die uitbreiding van die Romanza-handelsmerk. Die novelles het as e-boeke onder die RomanzaLiefde-vaandel verskyn en was nie voorheen gedruk nie.
Publication date: 2019-02-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799398649

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Daar is oral musiek, jy moet net luister …
Dit is die vroeë 1800's in die Kaapkolonie. 'n Boog beweeg oor vioolsnare en roer iets binne Annabelle. Watter slaaf speel die viool so mooi?
Sy herken dadelik Kaleb se kastaiingbruin hare en donker oë, maar hy gee voor dat hy haar nie ken nie. Kaleb, haar lewenslange vriend wat nie vir haar die harmonika mag gespeel het nie. Kaleb, die ambisieuse slaaf, vasgevang in sy omstandighede. Dit is ook nie die eerste keer dat sy musiek haar hartsnare raak nie.
Annabelle en Kaleb moet alles waag om saam te wees, al leef hulle in twee wêrelde ...
Publication date: 2020-02-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605333

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 135
Sy fosforvrou Lanie vrees sy verloor haar hart op dieselfde soort man as waarvan sy geskei het: nie 'n eenvrouman nie. En die gesprek wat sy ongevraagd moet aanhoor, bevestig dit. Maar haar hart protesteer ... Blou diamant vir 'n ysprinses Nadat Carla die soveelste paar buitensporige duur skoene gekoop het, het haar pa genoeg gehad. Hy verban haar vir een jaar na 'n plaas teen die Weskus waar sy haar brood op die harde manier moet verdien. En dit onder Adam se toesig … Romanza Nostalgie is 'n terugblik na die eerste titels van ons die gewildste Romanza-skrywers - daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het. Daar verskyn ses titels in die Romanza Nostalgie-reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholser, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens.
Publication date: 2020-09-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799391411

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Sy wens sy kon omdraai …
Anja kon haar geluk nie glo toe sy die vakature by die Hoë Prestasiesentrum in Pretoria in haar inboks sien nie. Dis so reg in haar kraal. Hulle soek ʼn fisioterapeut wat deel is van ʼn span medici en sportkundiges wat met belowende sportsterre werk. Nie alleen het sy die vereiste kwalifikasies nie, maar sy was in eie reg ʼn sportster. Vir jare was sy die junior nasionale vrouetenniskampioen in die land. Dis ook hoekom die Universiteit van Kalifornië haar ʼn sportbeurs aangebied het. Helaas het die opkikkerskandaal ʼn einde aan haar sportdrome gebring. Die saak is wel in haar guns geskik, maar teen ʼn duur prys. Haar dryfveer vir groot tennis is weg, en sy gaan lank aan die regskoste afbetaal. Hierdie is die geleentheid waarna sy soek, en sal haar in staat stel om weer in Suid-Afrika 'n nuwe begin te maak.
Maar toe gaan haar tannie Amelia dood, en sy moet terugkeer na haar geboortedorpie in KwaZulu-Natal, Glenville, om toe te sien dat die boedel afgehandel word. Sy ervaar baie konflik want haar eksverloofde, sy vrou en kind bly in die huis langs haar tannie. Anja het hom en die vrou in 'n vurige omhelsing betrap weke voor hulle sou trou, en is toe landuit. En nou gaan sy weer Henk se ouer broer, Riekert moet sien. Die man wat altyd met sy broeiende blik en donker oë regdeur haar kon sien ...
Publication date: 2018-12-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624086277

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 30You save R 70
Die SARR Kliniek het vyf jaar gelede Marina se toevlug geword toe haar lewe in duie stort. Dan sien sy Christiaan van Breda se naam op 'n lêer. Dié nuwe pasiënt kan tog nie dieselfde man wees wat haar siel geknak het nie? Dieselfde man wat die oorsaak is dat sy tot vandag toe nog nie enige ander man behoorlik kon vertrou nie. Hoe gaan sy hom na al die jare weer in die oë kyk om sy fisioterapeut te wees?
Dadelik klim die seer en vernedering wat sy só netjies vir die mense om haar - haar ouma, haar kollegas en haar seuntjie - kon wegsteek, terug in haar lewe. Nou voel sy selfs meer magteloos as daardie dag toe sy besluit het om haar rug op haar eksman en sy manewales te keer.

Nie alles in die verlede is egter sleg en onaangenaam nie. Daar is juis soveel mooi dinge wat tussen hulle gebeur het, en Marina sukkel om die warboel emosies onder beheer te kry. Sal sy dit regkry om Christiaan te help? Hoe gaan sy die groot geheim onthul wat sy al die jare so sorgvuldig bewaar het?
Publication date: 2018-11-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639600017

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Soms word diamante op die mees ongewone plekke gevind ... Tersia se ideale man is die filmster Ryan Gosling. Sy meet elke man wat sy ontmoet aan haar filmheld. Die woestynlandskap van Namibië is die teenoorgestelde van haar lowerryke tuiste in Durban en die teleurstelling toe haar pos by die koffieplek oorbodig word, strook glad nie met haar Hollywood-lewensuitkyk nie. Is die blonde Duitser saam met wie sy later gidswerk doen by die spookdorp Kolmanskop werklik, soos haar oupa en ouma vermoed, 'n diamantsmokkelaar? As dit waar is, draai haar ervarings in die Suid-Afrikaanse buurland al haar lewensverwagtinge op hul kop want die man kom nogal naby aan haar ideale beeld van 'n trouman. Maar Dieter is 'n man van vlees en bloed en al die tekens dui op 'n verhouding tussen hom en Tersia se hospita, Reinet. Wanneer Dieter egter tydens 'n safari na Sesriem en Sossusvlei van die radar af verdwyn, moet Tersia besluit of hy die moeite werd is om voor te veg. Die problematiese werkswêreld van vandag vir jongmense word voorgestel wanneer die heldin haar werk verloor kort nadat sy spesiaal na Namibië verhuis vir ʼn werk. Sy is vir ʼn kort rukkie werkloos daarna. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequinromanses. Tersia se Namibdiamant is Ida Bester se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in: - Kammabruid (Junie 2016), - Die paartjieknoper (Julie 2017), - ʼn Machoman leer liefdestaal (Augustus 2017), en - ʼn Geur vir elke vrou (Oktober 2018).
Publication date: 2020-07-02

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.