●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799385663

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
R 69You save R 96
Alles wat 'n meisie maar kan begeer, dit het Robyn. Skoonheid, kreatiwiteit, geld en 'n gesogte beroep. Boonop kan sy binnekort die vrou wees van 'n man wat self skatryk is en met dié huwelik sal haar gesin se sakebelange verder bevorder word. Dis nou te sê as hulle kan ooreenkom oor 'n troudatum, iets waartoe sy haar tot dusver nog nie kon bring nie omdat sy heimlik nie seker is of sy op hom verlief is nie. In hierdie kritieke stadium verskyn Connor asof uit die niet in haar kantoordeur. Hy wil hê sy moet 'n ontmoeting met haar pa vir hom reël. Eers toe Robyn nie daarin slaag nie, besef sy haar pa het al die jare 'n geheim in hom omgedra, iets wat reëlreg bots met die etiek wat hy Robyn en haar susters ingeprent het. Die gevoelens wat Robyn vir Connor begin ontwikkel het, is gewoon 'n onmoontlikheid want hy blyk haar pa se aartsvyand te wees en sy wil ook nie haar pa geruïneer sien nie. Toe gebeur die ondenkbare en haar lewe verander in 'n oogwink in die soort bestaan wat sy haar nooit eens sou kon voorstel nie. Nie dat sy ongelukkig is nie, maar só ...?
Publication date: 2017-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799397499

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Sy hoef nooit weer oor sy liefde te twyfel nie … Emmalynn James is ′n sorgvrye agtienjarige meisie in Londen 1822, en stel nog nie in die minste daarin belang om soos haar vriendinne te trou nie. Sy wil trou vir liefde en wil wag om verlief te raak voordat sy trou, maar dan daag Edmund Blackmore se moeder, Frances, een oggend by haar ouma se huis op en sê dat sy en Emmalynn se ouma, Josephine, besluit het dat haar seun die geskikte man vir haar is. Edmund is die laaste man met wie Emmalynn haar in ′n huwelik wil begewe. Hy is arrogant en laat haar baie ongemaklik voel. Hy wil met haar trou en het alle ander mans wat in haar belangestel het, verjaag. Een oggend toe sy saam gaan mark toe, kom ′n aantreklike, donkerkop vreemdeling tot haar redding en later kry sy hom weer te siene toe sy perd op loop gaan en hy op haar ouma se grond beland. Dis dan eers wanneer sy besef wie hy is. Benjamin Worthington die Markies van Hemmingford. Hy is seker die aantreklikste man wat sy nog ooit gesien het, maar ongelukkig vir haar is hy ver buite haar bereik, en het Edmund reeds besluit sy is sy aanstaande vrou. Robynprinses is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks.
Publication date: 2019-10-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639600048

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Laat staan die wewenaar! Is die roep van 'n naguiltjie Nurinke se beterwete wat haar probeer waarsku? Nurinke kan nie seker wees nie. Wat sy wel weet is dat haar impulsiewe geklouter op 'n spieëlkas om 'n reistas in die hande te kry vir 'n kuier by Frans (haar amperverloofde in Europa) asook die katastrofiese val daarna, meer as net 'n gebreekte enkel vir haar tot gevolg het: Behalwe 'n belowende loopbaan wat daarmee saam in die niet verdwyn het, is sy boonop genoop om by haar ouma op 'n Karooplaas te gaan herstel. Dis daar waar sy haar ouma se befoeterde wewenaar-buurman, Lood Verwey, met sy stom seuntjie ontmoet wat Nurinke se ewewig laat wankel. Hoekom ervaar sy opeens gevoelens waarmee sy nog nooit te doen gekry het nie, emosies wat dierbare Frans nog nooit in haar wakker gemaak het nie? Hoekom sê hierdie wewenaar vir haar dinge wat sy nie wil hoor nie, maar wat haar tot stilstand bring? Vuurwarm, hamer sy woorde in haar kop wanneer sy haar oë styf toe maak. Hoekom klink dit soos 'n vals noot in 'n andersins perfekte simfonie? Gaan impulsiewe Nurinke uiteindelik die regte besluit neem? Gaan sy haar ware emosies onderdruk of gaan sy toelaat dat haar hart vlerke kry? Die verhaal bevat ʼn element wat verwys na mensehandel en veral kinderontvoering - iets wat tans ʼn aktuele saak is in Suid-Afrika ná die ontvoering van Amy'Leigh de Jager gedurende September 2019. Dit fokus ook op die herstelproses van families ná die afsterwe van ʼn ouer en hoe die oorblywende ouer hul enkelouerstatus moet aanvaar en vrede daarmee maak (in hierdie verhaal speel die held se Christenskap ʼn rol om hierdie nuwe lewenswyse te aanvaar). Die onderdrukking van persoonlike eienskappe tot voordeel van die samelewing en tot nadeel van die individu is ook ʼn onderwerp in hierdie verhaal. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequinromanses. Roep van 'n naguil is Rina Cilliers se debuut Romanza.
Publication date: 2020-07-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799386950

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
R 69You save R 96
'n Ontroue verloofde en haglike finansies bring Roselle terug op die familieplaas wat hare sal word wanneer haar twee tantes die dag nie meer daar is nie. Haar eksverloofde se meesterlike vermoë om te manipuleer het egter gevolge wat haar nie toelaat om daardie deel van haar lewe as afgehandel te beskou nie. Terug hier op La Roseraie lyk dit ook nie asof die spogroosplaas so winsgewend is as wat haar tantes haar laat verstaan het nie, nie meer nie, in elk geval.
Droogte het sy tol geëis en mense haal nie meer so baie geld vir hierdie eksotiese blomme uit nie. Boonop het haar tantes 'n swerwer wat vir kos en verblyf werk, ingeneem. Roselle vertrou hom nie eens 'n bietjie nie. Wie is hy en waar kom hy vandaan? En veral, wat soek hy hier? Haar tantes weet nie en hy weier om haar te sê toe sy hom direk vra.
Om vorentoe te boer sal sy die swerwer se hulp nodig hê en sy dood voor sy hom vra. Sy sal self hier moet trou as sy van La Roseraie 'n venue wil maak, spot sy.
Publication date: 2017-12-21
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624084532

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 275
Wanneer 'n droom waar word - Ettie Bierman
Dokter Dierbaar - Anita du Preez
Geërfde liefde - Lizette Engelbrecht

In Wanneer 'n droom waar word het Carmia Basson geen ander keuse as om uit haar werk as junior verslaggewer by 'n Durbanse streekkoerant te bedank nie. Gelukkig word sy spoedig aangestel as assistent van die bejaarde skrywer Margo Vermeulen - 'n pos wat inwoning op Skamanga, die Vermeuleuns se spoglandgoed aan die Natalse Noordkus, insluit. Dit klink alles idillies, behalwe dat Deneys, Margot se kleinseun wat deur haar grootgemaak is, Carmia nie op die plaas wil hê nie. Die vonke spat behoorlik tussen hulle twee, maar teen haar sin vind Carmia die beduiwelde Deneys onweerstaanbaar. Hy is onbehoorlik aantreklik, en baie sjarmant as hy die dag lus het. Maar sy is nie die enigste een wat so dink nie - ook Tasha Alexander, die wulpse buurdogter en 'n bekende perderuiter, het 'n ogie op Deneys.

In Dokter Dierbaar het Vicky Serfontein 'n rampspoedige eerste ontmoeting met dokter Paul Venter, internasionaal bekende plastiese chirurg en hopeloos te aantreklik vir enige vrou se bloeddruk. Boonop skraap sy agterna sy luukse Lamborghini in die parkeergarage met haar oeroue Mazda. Toe hy haar uit die bloute werk aanbied, kan sy nie anders as om dit te aanvaar nie, want sy het geen ander manier om die skade aan sy motor te betaal nie. Kort voor lank begin sy ook vrees vir skade aan haar hart, maar Paul Venter is die lááste man by wie sy betrokke wil raak. Want as sy die koerante en tydskrifte se skinderkolomme moet glo, is hy 'n regte wolf . . . met hope vroue in sy lewe.

In Geërfde liefde besef Nikki Swart dat sy net een uitweg het - om te boer. Sy het tot dusver net die diamantkant van die lewe geken, maar sy word deur omstandighede gedwing om haar deel van haar oorlede oupa se plaas in die noorde van Zambië op te eis. Sy moet op Kapisya boer vir oorlewing, en rooskleurig is dit beslis nie. Want Jan, die mede-erfgenaam, maak die lewe vir haar onuithoudbaar. Hy is 'n geharde boer, en hy het net een doelwit voor oë: om so gou as moontlik van dié bedorwe stadsjapie ontslae te raak. Nikki is egter nie van plan om moed op te gee nie. Die dood, het sy reeds besluit, sal genadiger wees as nóg 'n mislukking . . .
Publication date: 2018-02-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624087038

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 275
Anderkant die volmaan - Ettie Bierman
Bambi en die boef - Anita du Preez
Victoriavalle van liefde - Lizet Engelbrecht

Anderkant die volmaan - Ettie Bierman
Na sewe wonderlike jare is Nikka en Ruan van der Hoven se huweliksbootjie skielik op 'n stormsee vasgekeer: daar het 'n ander vrou in Ruan se lewe gekom. Hy verduidelik min en Nikka kan aanvoel hy vertel nie die volle waarheid nie, maar pleit by haar sy moet hom nie afskryf nie en hom vertrou. Sy erken sy het haar man soms afgeskeep, maar dis immers iets wat reggemaak kan word. Sy wéét Ruan het haar steeds lief. Tog wil hy van haar skei . . .
'n Egskeiding is onaanvaarbaar. Maar toe stap haar ou vriend Thys Vorster met sy groot voete tot diep binne-in haar hart. Moet sy vir Ruan wag? En wat dan van die lojale Thys met 'n hart groter as Tafelberg?

Bambi en die boef - Anita du Preez
Bambi le Roux kan kies en keur onder die manne. Maar sy moes nooit saam met daardie vent afgeneem geword het by die Met nie - nou loop allerlei stories oor haar by die werk en haar boyfriend, Bertus, is ontstoke . . . dit kry sy nou van haar vriendin 'n guns probeer doen!
Maar sjoe, die Met-man is eenvoudig onweer-staanbaar. Bambi weet nie mooi watter kant toe nie: dié gladde Louis, oor wie 'n mens gedurig onsmaaklike dinge in die pers lees, of die betroubare, blonde, saaierige ortodontis Bertus - ander meisies sou hul skoene agterna gooi vir dié welvarende man!
Wanneer dinge saam met Bertus lelik skeefloop, is Louis die enigste persoon wat kan help. Maar kan Bambi só 'n gladde karakter enigsins vertrou?

Victoriavalle van liefde - Lizet Engelbrecht
Dokter Emesia, wat pas haar eie praktyk gekoop het, maak teensinnig 'n belofte aan haar sterwende vriendin om vir drie maande as verpleegster by die Rhodes-Inn in Livingstone, Zambië te gaan werk. Emesia het egter haar eie plan: sy wil die Fransman, Rex, wat op haar elfde verjaarsdag aan haar belowe is, ontmoet en hopelik terugbring Suid-Afrika toe.
Wanneer sy in Livingstone kom, is dit egter nie Rex wat haar hart laat vinniger klop nie, maar Deon, sy buite-egtelike broer. Dit wil net lyk asof Deon aangetrokke is tot haar. Maar dan begin die vonke spat, want Rex probeer alles in sy vermoë om die hotel te verkoop en Deon, wat weer sy erfenis ten alle koste wil behou, glo vas Emesia konkel saam met Rex . . .
Publication date: 2019-02-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624084754

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 265
Om joune te wees
​Maryna se liefdeslied

Om joune te wees
Kayla se studies is afgeloop en sy keer bly terug na haar geliefde tant Annelize en hul huishoudster, ta Trynie, by Huis Kanferfoelie. Sy's egter nie die enigste nuwe aankomeling nie: Hul nuwe bure is 'n spul hippies met ongelooflik raserige motorfietse, en onder hulle is daar een met taankleurige oë soos 'n arend . . . Kayla en haar motortjie maak abrup kennis met Briand en sy fiets, en sy ontdek dat hy, nes haar ouers op hul beesplaas, in Brasilië werk en eintlik net by die bure kuier. Kayla se hart werk dadelik oortyd, maar sal Briand se oog nie eerder val op haar sexy blonde vriendin Sunette nie?Dan is dit die een drama ná die ander: Tant Annelize verseg dat Briand ooit sy voete in haar huis mag sit, want sy “weet” kwansuis hy sal Kayla se lewe verwoes; die huis aan hul ander kant van die hippies word betrek deur 'n immer-repeterende band; en Kayla leer boonop dat Briand nooit ooit wil trou nie. Kayla begin weens al die oorverdowende geraas glo iemand wil haar en haar tantes uit die huis verdryf. Het Briand nie dalk iets daarmee te doen nie? En watter tragiese geheime skuil in haar tante se liefdeslewe?

Maryna se liefdeslied
Waar jong verpleegster Maryna langs die pad vasgeval het met 'n stukkende waaierband, is die orige motorfietsman wat wil kom help die laaste ding waarvoor sy lus het. Teen haar beterwete laat sy tog toe dat Christiaan haar op sy motorfiets laai en haar uit die reënstorm help. By sy tuiste Neckershoogte gekom, moet sy ontdek dat sy deur die stormwaters vasgekeer is op die opstal, alleen met Christiaan. Maryna ken haarself nie so nie, maar sy's dadelik bakvissie oor dié mooie, sjarmante man.Maar dis net 'n oornag-vertoef op Neckershoogte, en die volgende dag gaan Maryna op vakansie. Of dit was die plan, maar Maryna se ma breek aan haar die nuus dat sy dadelik Durban toe moet gaan om haar moontlik seniele oupa se kaskenades te gaan vasvat. Bitter onwillig vat sy die pad - maar niemand anders nie as Christiaan vind sy in Durban, besig om te veg vir sy erfreg. Haar oupa se sports met die slinkse weduwee is skynbaar hulle albei se probleem, en Maryna sién al hoe dit enige verhouding tussen hulle twee in die kiem kan smoor . . .
Publication date: 2018-06-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605760

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Waar gister se hartseer soos seeskuim verdwyn Maya vlug na Duinebaai wanneer haar huwelik op die rotse beland, en dit aan die hand van 'n jarelange vriendin. Sy weet nie of sy ooit weer die flenterstukke van haar lewe aanmekaargelap gaan kry nie, maar sy gaan haar bes probeer. Daar moet iewers vir haar 'n goue randjie wees op die plek waar die son altyd skyn. Sy ontmoet vir Alec met sy diep stem en oë vol beloftes, maar iets in sy verlede maak dat hy haar op 'n afstand hou en daarom kan sy hom nie vertrou nie. Duinebaai het egter 'n positiewe uitwerking op Alec se gemoed. Dit is 'n plek waar jy moontlik liefde kan vind en waar gister se hartseer soos seeskuim verdwyn.
Publication date: 2020-11-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799385908

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
R 69You save R 96
Een misstap jare gelede het beteken dat Nadia waarskynlik nooit haar enigste kind sal kan vashou en hoor hoe hy haar mamma noem nie. Só het sy gedink, tot sy 'n besigheid op Fynbos begin en haar seun op rolskaatse weer sy verskyning in haar lewe maak.Maar hierdie seun van haar het reeds 'n pa, al is hy sy aanneempa. Dat hy onlangs 'n wewenaar geword het, is nie regtig hoopvol nie. Wie sal hom kwalik kan neem as hy agterdogtig - selfs vyandig is - as hy moet uitvind hoe Nadia by hierdie oulike seuntjie van hom betrokke is? Toe die wind draai, twyfel sy nie. Dat sy die kans van haar lewe gaan aangryp om haar kind terug te kry is nie altemit nie. Net sodat 'n nuwe onsekerheid aan haar kan begin vreet. Hoe weet 'n vrou of 'n man in haar as vrou of net in haar as die ideale ma vir sy kind belang stel? Meer nog, is lyflike begeerte liefde? Want 'n vrou wil nou eenmaal die l-woord hoor voor die huweliksformulier gelees word.
Publication date: 2017-10-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799399950

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Sy is nie wat hy as 'n “dokter” sou bestempel nie ... Anika Stadler verhuis van Bloemfontein af om as ginekoloog en verloskundige by die Krynauw Kliniek te begin werk. Haar eerste ontmoeting met Rynard Krynauw is toe sy “wederregtelik” op die dokters se parkering by Krynauw Kliniek met haar motorfiets parkeer en in haar leeruitrusting vasloop in dié uiters aantreklike man. Hy is dadelik bevooroordeeld teenoor haar met haar voorkoms en motorfiets. Hy het kort gelede die pos as administrateur by sy broer oorgeneem en was nie dié nuwe dokter te wagte nie. Daar is dadelik 'n vonk tussen hulle, en hulle het noodgedwonge heelwat kontak met mekaar, veral toe Rynard aanbied dat Anika op hul landgoed kan kom bly. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequinromanses. Soen my, asseblief is Dina Botha se jongste romanse. Haar vorige romanses in die Romanza-reeks sluit die volgende in: - ʼn Storieboekromanse (Augustus 2018), - Elke dag, vir altyd (Maart 2019), - Soen ʼn vreemdeling (Julie 2019), en - Halsoorkop verlief (Oktober 2019).
Publication date: 2020-07-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799395099

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Sal liefde die sandkasteel van illusies en ontnugtering waarin Daniella haar bevind, wegwaai in die wind? En is vergifnis moontlik? Daniella het haar man verneuk en hy het van haar geskei, maar nou wil hy hul huwelik weer herstel. Sy gaan besoek 'n ou kasteel in Europa. Haar eksman betaal vir die duur wegbreek, sodat sy kan gaan dink en besluit of sy na hom toe terug wil gaan. Sy aanvaar die sprokiesvakansie omdat sy nog altyd ou kastele wou besoek en omdat sy 'n baie romantiese hart het. Sy besluit egter om eerder in 'n winterslaap daar in die sneeuomgewing te gaan, en eers oor Herman se versoek te besluit wanneer sy weer terug in Suid-Afrika is. Maar sy word telkens gekonfronteer deur haar verlede se geraamtes, veral toe sy Remi ontmoet en op hom verlief raak terwyl hulle die kasteel en al dié se geheime ontdek en begin ontrafel. Sy glo sy verdien nie meer liefde nie. Toe klink dit ook of Remi getroud is en sy besef hy is taboe vir haar. Sy hoor later hy is tog ook geskei, en hoewel sy haar wil oorgee aan die liefde wat groter tussen hulle groei, is sy bang om hom te vertel van die rede vir haar egskeiding. Sy vrou het hom immers ook bedrieg met 'n ander man. Hy sal haar tog nie kan oorsien weens dieselfde oortreding nie. Soene in 'n sandkasteel is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks.
Publication date: 2019-06-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394504

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Hul liefde hou soet beloftes in ...
Benjamin Streiger word onverwags voog vir sy oorlede broer se drie kinders. Kinders is nie deel van sy onmiddellike planne nie en hy sukkel om hom met sy veranderde omstandighede te versoen.
Lezanne Foster bevind haar as rykmansdogter ná die skielike afterwe van haar pa platsak en sonder heenkome. Sy vlug na die plattelandse dorpie, Vergesig om 'n nuwe lewe te begin. Met geen opleiding of ondervinding is werk baie skaars en sy beland noodgedwonge in die Steiger-huishouding waar sy as au pair vir die aantreklike Benjamin werk.
Saam is die twee nou verantwoordelik vir die versorging van die drie kinders. Omdat Lezanne verstaan wat dit beteken om 'n ouer te verloor tree sy uiters beskermend teenoor die kinders op - tot Benjamin se argwaan én heimlike vermaak.
Dit raak toenemend moeilik om elke dag in Benjamin se aantreklike gesig te kyk en nie tot hom aangetrokke te voel nie. Boonop ondergaan Benjamin sy eie persoonlikheidsverandering. Van nors en ontoeganklike man tot 'n man wat terg en uiters sjarmant kan wees.
Net toe Lezanne dink dat sy nooit weer haar verlede in die oë hoef te kyk nie daag haar eksverloofde, Pieter Cronjé, op. Hy lig haar in dat al haar finansiële probleme opgelos is. Sy kan terugkeer na haar lewe van gemak en rykdom.
Sy vertel Benjamin, maar hy wend geen poging aan om haar te keer nie. Al afleiding wat sy kan maak is dat sy nie belangrik genoeg is om voor te baklei nie.
Publication date: 2019-04-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605395

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Vergeet en vergewe Leane kan haar dalk nog met twee jaar se geheueverlies versoen, maar nie om aan die mooie boer Rudolf met sy kakieklere verloof te wees nie! Hy is allesbehalwe haar droomman en boonop trou hulle oor ses dae. Toe hy haar uitkomkans gee, wys sy dit egter van die hand. Is dit haar gewete of sy donker oë wat haar weerstand afbreek en terselfdertyd noop om voort te gaan met die troue? Om liggaam en siel aan hom te gee, is egter nie so eenvoudig nie. Daarby verskyn sy beste vriendin op die toneel - haar huwelik feitlik op die rotse en haar man galbitter omdat sy die grond aanbid waarop Rudolf loop. ʼn Belangrike tema in die verhaal is die impak van alkoholmisbruik op familielede en die krag van rehabilitasie.
Publication date: 2020-09-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605784

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Die son sal weer skyn
Sabrina loop die man raak wat sy nooit weer wou sien nie. Nie net een keer nie, sommer baie! Boonop lyk dit vir haar of Ruan die ontmoetings beplan. Sy weet egter dat hulle normaalweg nie in dieselfde sirkels beweeg nie - haar lewe is in die stad en syne is op die plaas. Hy kan sy bes probeer, maar haar tyd op Groeneweide is beperk. Totdat grendeltyd aangekondig word. Sabrina moet vinnig besluit of sy gaan vlug, of teen haar gevoelens vir die bruinoog cowboy veg. 'n Hoër hand maak die keuse vir haar makliker en Groeneweide word haar tydelike tuiste. Wanneer die pandemie Sabrina se besigheid bedreig, word albei se geloof beproef, maar liefde oorwin selfs die moeilikste van omstandighede.
Somerson is die laaste boek in Madelie Human se Groeneweide-reeks. Dit is 'n deernisvolle verhaal wat Christenskap en liefde op 'n gemaklike, eerlike wyse integreer.
Publication date: 2021-01-13
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605371

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Sy moet haar plekkie in die son kry Zea, ʼn talentvolle pottebakker, moet na haar pa se dood vir haar ʼn nuwe lewe skep - en ʼn kunsuitstalling in mooie Milaan bied haar juis daardie geleentheid. In Italië het sy nie tyd om te wonder oor die geheimsinnige mense wat langs haar intrek of die sexy vreemdeling wat sy vlugtig ontmoet nie. Totdat sy dié man weer in 'n katedraal sien. Sy glo nie aan toeval nie, maar wat van die noodlot? In Italië ontdek Zea 'n ander sy van haarself. 'n Sy wat onmoontlik aangetrokke tot Antonio Vinetti is. Met sy warm soene en die beeldskone Paola wat altyd by hom ingehaak is, het Zea egter genoeg rede om hom te wantrou. Sonroeper is ʼn heerlike ontvlugting in die Italiaanse kunswêreld.
Publication date: 2020-09-29

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.