●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605630

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Haar liefde vir die verkeerde broer was slegs'n ompad na die regte een ... Karlien is sestien en dolverlief. Sy naam is André en soms dra hy haar tas. Maar hy het net oë vir haar mooi suster en die nagevolge van André en Alida se verhouding verander alles. Al wie simpatie vir die twee verliefdes het, is André se ouer broer, Louis. Verantwoordelike, slim Louis met sy bril wat altyd meer oor Karlien wou weet. Ses jaar later staan André weer voor haar - steeds die aantreklike buurseun, steeds onmoontlik sjarmant, maar Karlien kan nie vergeet wat hy aan haar suster gedoen het nie. Sy kan ook nie sy saggeaarde broer vergeet nie en dit blyk of die gevoel wedersyds vir Louis ook is, maar hoe kan sy hom oorreed dat sy op die verkeerde broer verlief was en dat André net 'n ompad was?
Publication date: 2020-10-22
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605722

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Was alles net ʼn droom? Chloé, 'n ballerina, gaan Frankryk toe om haar ma se glorie as kabaretster by die Moulin Rouge te herleef, maar sy het 'n verskuilde agenda. Sy wil wraak neem op mans omdat sy glo dat haar ontroue pa haar ma se dood veroorsaak het. Sy ontmoet die geheimsinnige Sacha, 'n balletdanser, wat haar droom om te dans aanvuur. Hy het ook 'n onweerstaanbare mag en invloed op haar, maar hy het sy eie donker verlede en 'n enorme geheim wat haar alles wat sy weet oor lewe, logika en liefde laat betwyfel. Om op hom verlief te wees lyk al hoe meer na 'n droom; 'n droom wat onmoontlik is om na te streef as sy nie alles opoffer nie. Onmoontlike droom is 'n fantasieverhaal.
Publication date: 2020-11-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799385458

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
R 69You save R 96
(2de uitgawe) Celestine de Péronne se susters verwyl hul tyd met borduurwerkies, mooimaaksessies en dagdrome oor toekomstige mans, maar sy droom van om eendag die eienares van Lavoisier, die familieplaas, te wees. Sy bestuur reeds haar pa se plaas, teel perde, plant wingerde aan en maak wyn.
Haar pa stel 'n aantreklike en sjarmante Fransman, Argonne de Lattre, as stalmeester aan, maar hy verkies meisies soos haar susters. Hy is die eerste man wat haar soen; haar kop laat duisel. Hy vra haar om te kies; dis of hy of Lavoisier, en dis die moeilikste besluit van haar lewe.
Die vierde in 'n vierluik met Stem in die Wind, Angelique en die Boekanier, Ontembare Bruid.
Publication date: 2017-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799388077

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 225
R 113You save R 112
Dina Botha se eerste omnibus!
Dina Botha is een van die suksesvolste skrywers in Afrikaans. Sedert Februarie 2013 was sy 192 keer op Nielsen Bookscan se Top100 vir fiksieverkope. Hierdie omnibus is 'n samestelling van drie van Dina Botha se vorige Romanzas, Sy rooikopbaas, Liefste Willemientjie en Liefdeskrale.

Sy rooikopbaas:
Voor Sandra haar oë uitvee, sit sy met 'n manlike “sekretaresse” - Ryk Willemse. Maar haar firma word skielik bedreig, Oumsie soek verbete vir haar 'n man, en sy begin wonder: Is sy 'n verstokte oujongnooi, mannetjiesagtig, 'n rooikopheks?

Liefste Willemientjie:
Wilmien het lankal vergeet om aan haarself te dink. Ná haar ouers se dood moet sý sorg, voog van haar vyf broers en suster wees, boer - al maak Rhys du Randt weer die vrou in haar wakker.

Liefdeskrale:
Platsak moet rykmansdogter Esté oorleef, haarself bewys. Sonder haar ontwerpersklere, -skoene, sportmotor. Schalk Brink word haar baas, 'n man wat vroue vir brekfis opeet. En Esté moet net keer. Sy vlam mag haar nie ook skroei nie.
Publication date: 2018-05-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624085669

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 30You save R 70
Die suksesvolle Kaapse sakeman Leonardo Anderson word onverwags as Suid-Afrika se hubaarste vrygesel aangewys. Hy besluit om eerder in die noorde te gaan wegkruip.

Amanda Toerien hou nie van aantreklike mans nie, want sy weet alte goed - 'n mooi man is almal s'n. Haar nuwe buurman is egter 'n regte bleeksiel en sy het 'n sterk behoefte om hom uit sy kluisenaarsbestaan te red.

Leonardo weet dat hy moet wegbly van die mooie Amanda af. Maar daar begin 'n pragtige vriendskap tussen die twee ontwikkel en mettertyd kan hulle nie hul oë of hande van mekaar afhou nie.

Hy leef egter 'n leuen en die waarheid kan dinge tussen hulle lelik beduiwel. Dalk kan hulle tog aan 'n ooreenkoms dink wat vir beide partye tot voordeel sal strek?
Publication date: 2018-06-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799389005

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 225
R 113You save R 112
Dans in die reën
Sprokiesprinses
Fasade van die hart.

Dans in die reën:
Nick du Toit was nog altyd sexy. Gevaarlik sexy.
Kleintyd het haar maats se leepoë oor hom haar geamuseer. Totdat Lillie se mond ook begin droog word het. Skielik was hy meer as net haar aangetroude neef, haar mentor, die ou wat haar beskerm. Hy was die man wat sy liefhet.
Maar Nick is nege jaar ouer as sy. Wêreldwys. 'n Rokjagter.
Ná vier jaar op universiteit kuier sy weer by haar tante-hulle op die plaas. En Nick is daar. Sterk. Onweerstaanbaar. Onvoorspelbaar. Hy verwar Lillie, maak haar woedend … én haar bene lam. En sy weet sy moet liewer padgee, ás sy haar stukkende hart wil laat heel word.

Sprokiesprinses:
'n Maand voor haar troue word Zoë in die steek gelaat. Haar selfvertroue is daarmee heen. Sy twyfel aan haar vroulikheid, en haar selfbeeld is aan skerwe. Die stappery in die Outeniqua moet help om haar kop skoon te kry, haar help heel word. Maar 'n groter probleem wag daar - Kian Richards. Om amper met 'n gay man te trou, was erg, maar om die bewerasie te kry naby 'n man wat vroumense so geniet dat hy hom nie laat bind nie, is onhanteerbaar. Miskien moet sy 'n bietjie flirt, haar vroulikheid toets. Maar sy is nie opgewasse teen die intensiteit van haar gevoelens nie. Koelkop kan sy Kian nie hanteer nie.

Fasade van die hart:
Sy verfoei hom, kan dit nie eens verduur om naby hom te staan nie, wat nog te sê langs hom sit en wild uit die helikopter met dwelmpyltjies skiet.
Beate weet van Derrick de Winter se voete van klei. Kleintyd was hy haar beste maat, haar held, totdat hy met Lucy begin uitgaan het ... en geweier het om die verantwoordelikheid van hul kind te dra. Sy weet hy gryp onbetrokke na vroue soos stukkies dryfhout wat verbykom, en los hulle ewe vinnig.
Sy sal haar nie laat meesleur nie.
Maar die aand van die verpestelike rooi rok speel sy roekeloos saam, met gevolge wat selfs sy nie kon voorsien nie.
Publication date: 2018-04-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799391657

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 225
Nog 'n Marijke Greeff-omnibus ...
Onweerstaanbare passie is 'n samestelling van drie van Marijke Greeff se vorige Romanzas, 'n Ongewone meisie, Soleil en die sakeman en Formuleliefde. Die leser kan onweerstaanbare helde, sterk heldinne, interessante kinkels in die storielyne en vurige liefdestonele verwag!
'n Ongewone meisie:
Alhoewel hy Juli se teenwoordigheid verpes, begeer hy haar ook. Toe Juli Baxter se biologiese pa haar as lyfwag vir Zack huur, beskou sy dit as bloot 'n opdrag. Sy kom egter gou agter sy het haar lelik misgis …
Wie haat Zack genoeg om hom te wil vermoor? En wat is die betekenis van die wit angeliere wat telkens voor 'n aanslag op sy lewe by Zack afgelewer word? Juli oortree elke reël van professionaliteit wanneer sy voor sy sjarme swig.
Die spanning - ook tussen Zack en Juli - bereik 'n hoogtepunt toe Zack die moordenaar uitlok, maar byna self in sy eie strik trap …
Soleil en die sakeman:
Soleil het van kleins af 'n heldeverering vir Jason gekoester, sedert haar ma as huishoudster in sy pa se diens getree het. Sy is skaars agtien toe sy die passie in hulle verhouding ontdek. Kort daarna verdwyn Jason - waarheen, weet nugter alleen.
Nou, twaalf jaar later, het sy haar mediese studie voltooi en Jason is terug. En Soleil kan nie eens teenoor haarself erken met hoeveel drif sy hierdie man liefhet nie.
Maar 'n ander kant van Jason word ook nou duidelik: dié van 'n berekende sakeman. Van haar droom om 'n kliniek te heropen vir minderbevoorregtes, wil hy niks weet nie. Is sy aandrang op 'n skynverlowing ook deel van sy sakemansvernuf?
Formuleliefde:
Jarod Hunter speel nie met sy mededingers én vyande nie. Hy word nie verniet Die Jagter genoem nie
Dié formule-een-wêreldkampioen verpes die media, en Catherine is juis 'n joernalis - met die opdrag om sy verlede oop te krap en sappige brokkies aan haar lesers op te dis.
Jarod weet nie sy is 'n verslaggewer nie en laat haar onder valse voorwendsels naby hom toe.
Ná sy vrou se geheimsinnige motorongeluk steur hy hom nie aan vroue nie, maar Cat kan hy nie weerstaan nie. Totdat hy agterkom dat sy 'n lid van die media is en sy intiemste besonderhede op haar koerant se voorblad lees …
Publication date: 2019-01-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639606224

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Ignoreer die vlinders ... Lienke se kêrel is nog nie gereed om te trou nie. Sy besluit om van die geleentheid gebruik te maak om alleen na Turkye en Griekeland te toer, soos wat bespreek was vir die verlowingsreis. Sy wil 'n gebedematjie vir haar aanstaande koop. Volgens legende gee 'n vrou glo die matjie aan 'n man om hom te oorreed om met haar te trou. Op die vlug ontmoet sy sexy Sebastian wat haar reis onmiddellik versuur met sy alewige geterg. Boonop is hulle heel toevallig in dieselfde toergroep. Sy gaan haar bes doen om hom en die vlinders in haar maag te ignoreer. Op 'n Turkse tapyt kombineer reis, liefde en legende met 'n goeie skoot humor. Die skrywer het duidelik ook goeie navorsing oor Turkye en Griekeland gedoen.
Publication date: 2021-03-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624087106

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Suzanne en Phil is nog nie lank in 'n verhouding nie, maar sy hoop hy sal haar binnekort vra om te trou. Sy sukkel egter al hoe meer om nie vergelykings met haar vriende se verhoudings te tref nie. Hoekom kan sy en Phil mekaar net op sekere dae op spesifieke plekke sien? Kan een mens régtig so hard werk? Dan besluit tannie Gertruida onverwags om by Suzanne in te trek en Phil is glad nie ingenome met die idee nie. Tannie Gertruida is beslis nie op haar mond geval nie en haar teenwoordigheid kompliseer die stand van Suzanne en Phil se verhouding - veral wanneer tannie Gertruida 'n hegte vriendskap bou met hul jong buurman Herman.
Suzanne sien en hoor nou al hoe meer van haar buurman wie se hart na sy familieplaas hunker, en wanneer sy iets uiters onaangenaam van Phil te wete kom, sukkel sy om nie ook met ander oë na Herman te kyk nie.
Publication date: 2019-02-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639600079

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Sy aanbod is aantreklik, maar kan sy bekostig om haar hart ook te verloor?
Kiara, 'n suksesvolle skrywer van liefdesromans, se bankbalans lyk beroerd, haar ryding is onbetroubaar, haar persiese kat, Skat, stel haar gedurig in die verleentheid, en sy kry nie 'n held vir haar vurige heldin geskryf nie. Haar geheimsinnige buurman lyk dalk soos 'n held, het die naam van 'n engel, maar vir Kiara is hy eerder 'n kruising tussen Attila die Hun en die duiwel self. Sy vermoed ook dat hy haar hipnotiseer. Hoekom anders sou sy sy werksaanbod aanvaar? Veral 'n aanbod wat heeltemal teen haar beginsels is …

Hierdie is 'n spesiale heruitgawe van Romanza se eerste titels om ons vyftiende bestaansjaar te vier. Die teks is deur die skrywer opgedateer en 'n nuwe omslag is ontwerp. Dit bevat ook 'n huldeblyk aan Cecilia Britz, die stigter van Romanza, wat in 2019 oorlede is.
Publication date: 2020-06-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605845

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Ongelukke kom in drie ë ...
Johlene Basson verkoop haar geërfde kunswinkel en het skielik genoeg geld om op 'n Sabbatsjaar te gaan. Sy wil haar ma se biologiese ouers gaan opspoor. Haar amper-verloofde ondersteun nie hierdie halsoorkop besluit nie, maar hy gee vir haar drie maande grasie. Dan wil hy trou. Op Koffiefontein is daar tydens die Tweede Wêreldoorlog 'n aantal Italiaanse soldate as krygsgevangenes aangehou. Johlene het 'n gevoel dat sy die antwoorde op haar vrae hier gaan kry, min wetend dat Koffiefontein haar hele lewe gaan verander. Gelukkig is sy nie alleen nie - daar is die eksentrieke Tant Hartjie, die mooie boer Leo met sy lelike Land Rover en die kerkhof se spook, Elisabet.
Publication date: 2021-01-13
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624085270

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Elmien se beste vriend en geesgenoot, Riekert, daag op 'n dag onverwags met groot nuus by haar voordeur op - hy het sy droomvrou gevind. Altans, hy het haar gesién, maar in plaas van 'n glasskoen het dié Aspoester haar inkopielys verloor.
Elmien besluit sy sal Riekert help om die droomvrou op te spoor met behulp van die inkopielys, al beteken dit sy gaan hom by iemand anders gelukkig moet sien. Sy hoor ook voortdurend haar oorlede ouma se stem in haar kop terwyl sy met haar gevoelens worstel. Boonop het Elmien se ma ook meer as een eiertjie te lê oor hoe dinge eintlik moet verloop.
Die twee vriende se planne neem links en regs allerlei vreemde en komiese wendings totdat albei onvermydelike besluite moet neem.
Publication date: 2019-03-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605272

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 135
Optelgoed is hougoed
Brink de Meyer se terugkoms Sitrusville toe het al wat hubare vroumens is op hol. Almal behalwe Tharien. Hy's van die bodorp en sy 'n motorwerktuigkundige. Maar Brink draai net om haar. Onthou hy nie hulle geskiedenis nie?

Jy is die een
De Wet Erasmus is skoon bombefoeterd oor sy nuwe huismaat. Daar's skielik net te veel goed, te veel vróú in sy huis. Roni versondig sy siel graag, nie bedag op wat in dié strak wetenskaplike skuil nie.

Romanza Nostalgie is 'n terugblik na die eerste titels van ons die gewildste Romanza-skrywers - daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het. Daar verskyn ses titels in die Romanza Nostalgie-reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholser, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens.
Publication date: 2020-07-22
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799385748

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
Perfekte formule - Elsa Winckler
Elena is pas aangestel as die laboratoriumanalis in 'n wynkelder. Ervaring het sy nie, maar sy moet gou leer want hier moet alles vinnig gebeur. Veral vir een man moet sy bontstaan: die onweerstaanbare, humeurige wynboer met die karamelbruin oe. Elena dans egter nie na sy pype nie en maak geen geheim daarvan dat sy nooit op 'n plaas sal aard nie. Buitendien sal dit nooit tussen hulle werk nie want hy verkies 'n meisie met ervaring, en Elena het nog nooit eens 'n vaste verhouding gehad nie. En tog, ervaring op die gebied van die liefde kan blykbaar verbasend maklik opgedoen word ...

Liefdesdroom - Mari Roberts
Tascha verloor tydens 'n werkvakansie op 'n idilliese Griekse eilandjie haar hart en besluit om by die man te bly. Hierdie Griek sal anders as ander mans wees, sy weet dit net ...

Droomseisoen - Alexa Steyn
Sandra herstel nog van haar egskeiding toe die onweerstaanbare skrywer met die wind in sy hare haar op Elsiesbaai se strand vind. Maar dis regtig te gou, te intens. En wat van daardie ander vrou?
Publication date: 2019-02-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639606200

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Die pad na haar hart is ongelyk Saranie de Wet en die padmaker, Maynard Crafford, bots oor sy nuwe bouprojek in die Roggeveld. Sy moet keer dat bedreigde plantspesies nie deur swaar masjinerie vernietig word nie; hý wil net sonder inmenging sy projek betyds voltooi. Hy hou buitendien nie van vroue soos sy nie. Al ry sy 'n Bronco. Met haar sterk onafhanklikheidsin probeer Saranie ongestoord haar werk doen. Dit irriteer haar grensloos dat die rooikop haar verskeie kere uit ongemaklike situasies moet red, onder andere 'n kitsvloed en 'n fratssneeuval. En hoekom krap dit aan haar dat die man verloof is? Reguit na my hart is 'n “groen” Romanza. Die skrywer spreek temas soos die impak van indringerplante, ontbossing en die belang van bedreigde spesies aan.
Publication date: 2021-03-31

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.