●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607641

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 170
R 136You save R 34
Hoe dans jy as die lied in jou hart stil geraak het? Bekende musiekster, Zander Breedt, se muses het hom verlaat. Die helder ligte van die verhoog het hul glans verloor, en dit klink asof die suiwer melodieë in sy kop vervang is met 'n droewige klaaglied. Boonop is daar sy nuwe skoonsus, Anine Vos, 'n joernalis, 'n spesie waarvoor hy nie baie ooghare het nie. Hy moet haar gedoog, al maak sy dit duidelik dat sy nie tyd het vir 'n popster soos hy nie. Tog, om een of ander rede begin die note weer helder deur Zander se gedagtes klink wanneer sy naby is. Anine kan nie verstaan hoekom juis sý die opdrag moes kry om 'n in diepteartikel oor Zander te skryf nie. Sy het mos niks verloor by hierdie mislike musikant nie. Om deur sy lewe te krap is die laaste ding wat sy wil doen terwyl haar eie hart nog gebreek is. As spesiale toevoeging, word 'n QR-kode in die boek gedruk en die skakel neem lesers na 'n spesiale liedjie wat deur Heinz Winckler geskryf is. Hierdie is die derde boek in 'n reeks en volg op Ware noord en Om weer te droom.
Publication date: 2021-07-14
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639602516

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Sy sal baie moet waag om sy hart te wen Jani Kleinhans is 'n bleeksiel en almal weet dit. Daar is dus geen rede vir haar om opgewonde te wees oor 'n wegbreek saam met kollegas na Botswana toe nie. Daar is ook geen rede om te dink dat die mooie toergids Ruan regtig in haar belangstel nie, en sy kan beslis nie kompeteer met ervare Tersia nie. Maar Ruan krap haar emosies lelik deurmekaar met sy alewige komplimente, sy donker oë en die rillings wat deur haar lyf gaan wanneer hy aan haar vat. En hy vat gereeld aan haar! Moet sy jag maak op die aantreklike toergids? Sy sal baie moet waag om sy hart te wen.
Publication date: 2021-02-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394252

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Serena Steyn se eerste omnibus bederf jou met 'n hertog in 'n magspel, 'n moeilik Fransman en 'n mooi maar onuitstaanbare doktor
Liefde is vuur is 'n samestelling van drie van Serena Steyn se vorige Romanzas: Kameliabruid, Die Fransman en Moetie vir 'n mooi man.
Kameliabruid:
Wanneer dit by sy land kom, praat hertog Maximillian von Flade se verstand. Maar by Adelka lei sy hart hom. Om 'n hawe vir sy hertogdom te bekom wil Max met prinses Elena, troonopvolger van Kamburg, trou. Adelka weet egter haar ou kamermaat het Jozef Rombi lief. En sý vir Max. Adelka bly by haar vriendin terwyl die onderhandelings tussen die twee lande aan die gang is. In die proses trap sy op 'n paar tone en die situasie raak gevaarlik. Boonop raak Max se toenaderings meer intens. Sy moet wegkom. Van die politiek, intriges, rugstekery. En van Max. Hy speel 'n magspel. En haar én Elena se gevoelens word misken.
Die Fransman:
Leiandra het nie nóg 'n Fransman in haar lewe nodig nie. Chaney het haar hart gebreek en sy maak sy seun alleen groot, dankie. Trouens, die Beaurains weet nie van Hugo nie en mag ook nie. Maar toe Jean-Philippe Beaurain met 'n vreemde tyding sy opwagting maak, slaan haar lewe 'n nuwe rigting in. Nie net herken hy Hugo as 'n Beaurain nie, maar hulle moet opsluit saam Frankryk toe. Juis na waar Canon is, die man wat haar huwelik verwoes het. Sy is een keer deur die Beaurain-familie benadeel, maar nie weer nie. Durf sy haar kind van sy familie ontneem? En wat van haar erflating? En haar hart?
Moetie vir 'n mooi man:
Ilse het bloot die Du Buisson-landgoed besoek om 'n kruietuin te beplan en word toe soos 'n misdadiger gevange gehou. In die mooi maar ondraaglike doktor Gerhard du Buisson se woonstel langs sy laboratorium word sy ingeperk, waar sy per ongeluk beland het. Al wat Ilse raakgesien het, was 'n botteltjie rooi naellak op die lessenaar, en hy glo vas sy het kom spioeneer. Hoe moes sy weet hy's besig met hoogs geheime navorsing? En word boonop deur die polisie én die regering beskerm? Mettertyd besef sy haar treiterende emosies - van magtelose woede en teësinnige respek tot bewondering - is deel van 'n liefdespakket. Een wat sy asseblief tog nie wil hê nie ...
Publication date: 2019-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607290

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Hy is nie van plan om sy hart te verloor nie. Estelle dra steeds swaar aan die een groot fout wat sy in die verlede gemaak het. Daarby is sy 'n ekstrovert wat bitter swaar kry tydens inperking, terwyl sy ook nie haar beroep as skoonheidsdeskundige mag beoefen nie. Bernard kan van die huis af werk, maar die alleenheid van sy woonstel kry hom onder. Toe hy die kans kry, woon hy die braai by Estelle se suster-hulle by, hoewel hy goed weet dis onverantwoordelik. Wanneer hy siek word, gebruik hy die kans om by Estelle te gaan aansterk, aangesien sy by dieselfde partytjie was. Daar span hulle saam; haar sangtalent en sy tegnologiese kennis help om haar wanhopige finansies te beredder. Maar hy is nie van plan om sy hart op die vurige donkerkop te verloor nie.
Publication date: 2021-07-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799387131

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
R 69You save R 96
In die ou Kaap de Goede Hoop stap 'n jongmeisie aan wal ná die vervolging van Protestante in Frankryk. Omdat Royale op die seereis haar ouers verloor het, is sy nou 'n weeskind in 'n land wat sy nog nooit gesien het nie. Die goewerneur wys Aragon as haar voog aan, ook 'n Hugenoot wat vroeër aan die Kaap 'n nuwe begin kom maak het.
Aragon is gekant teen Royale se liefde vir balletdans - dié ydele vermaak wat aan Louis die Veertiende se hof so modieus is - en wil haar nie toelaat om kontak met jongmans te hê nie. Dit is egter nie al wat Royale hinder nie want sy weet nie waarheen met haar romantiese gevoelens vir haar voog nie. Boonop hang die swaard van 'n huwelik met sy neef oor haar kop.
Dit is ook nie net Royale wat besef wat 'n onweerstaanbaar aantreklike man Aragon is nie en die ander vrou, Amalia het 'n dodelike wapen: Die plaas Petit Paris, waarop Aragon boer, behoort aan haar ...
Publication date: 2018-01-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605357

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Moet sy vir hom veg of moet sy vlug?
Esti de Beer se nuwe buurman is steeds onmoontlik aantreklik, maar Omar is nie meer die verliefde tienerseun van destyds wat in die vervalle huis langs hare woon nie. Hy is nou 'n kosmopolitaanse prokureur wat nie uit haar sake kan bly nie. Omar met sy ongevraagde besorgdheid herinner haar aan ʼn tyd toe sy werklik gelukkig was, maar ook aan ʼn aand wat sy eerder wil vergeet. Omar de Vries onthou vir Esti goed … Inteendeel, hy kon nie die snobistiese buurmeisie wat hom om haar pinkie gedraai het uit sy gedagtes kry nie. Die noodlot het haar terug gebring na Jagersville, maar hoe gaan hy haar dié keer laat bly?

Liefde van haar lewe is Dina Botha se 70ste Romanza. Die heldin is ʼn kunstenaar, sterk en baie onafhanklik. Dina Botha spreek belangrike temas soos fisiese mishandeling en die emosionele impak van intimiteit aan.
Publication date: 2020-09-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605173

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Petri is 'n bofbalspeler in New York en Katryn is 'n plaasmeisie wat haar stiefpa se besigheid aan die ander kant van die wêreld bestuur. Hulle het wel een ding in gemeen: Hulle albei moet in Pretoria wees vir die lees van Petrus Theron se testament. Petri erf aandele in Petrus se besigheid en Katryn is woedend oor haar stiefpa se halsoorkop besluit. Hy is boonop onmoontlik sexy, hardkoppig en so ryk soos Midas. Katryn, wat moes hard werk vir alles wat sy het, gaan nie toelaat dat enigiemand haar droom kom steel nie. Al soen hy hóé lekker! Petri moet vir drie maande by die besigheid betrokke wees voor Katryn sy aandele kan koop, maar sy besef gou dat sy hom heeltemal verkeerd opgesom het, en dat sy nie haar droom hoef prys te gee om plek te maak vir 'n nuwe een nie … Hierdie boek vorm deel van die suksesvolle Parker-reeks.
Publication date: 2020-08-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799387834

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 225
R 113You save R 112
Bod op 'n biljoenêr.
Kylie se keuse
Verborge obsessie.

Bod op 'n biljoenêr:
Die gelukkige tye saam met Nico was geleende tyd, dit het Eva destyds al besef. Sy het nie in sy rykmanswêreld ingepas nie. En al het sy geweet hulle verskil doodeenvoudig te veel, was sy platgeslaan toe hy agtien maande gelede uit haar lewe verdwyn.
Sy het intussen op haar eie sukses behaal, en sodra die egskeiding afgehandel is, gaan sy finaal van hom vergeet en aangaan met haar lewe. Maar toe Nico skielik weer sy opwagting maak en sak en pak in hulle woonstel terugtrek, is Eva glad nie meer so seker dat sy wil skei nie.
Want Nico is nog net so onweerstaanbaar en hy noem haar steeds 'my Eva' ...

Kylie se keuse:
Hy sit op haar stoel, agter haar pa se lessenaar, in haar pa se pos … die pos waarvoor sý grootgemaak is. Met sy irriterende kuiltjie en oorrompelende glimlag.
Alex du Preez is heel tuis as baas van haar pa se maatskappy. Dit waarvoor Kylie ná jare in die buiteland - en die hoeveelste verbreekte verlowing - teruggekom het. Sy verpes hom, maar werk tog saam met hom. Die ongerymdhede en vraagtekens oor die maatskappy se finansies moet sy uitpluis.
As hy die sondaar is, sal sy hom aan die kaak stel. Sy moet net verby daardie glimlag, die heuningmond, die tintelende afwagting in sy teenwoordigheid kyk. Hy bly die vyand.

Verborge obsessie:
Sy't geglo sy het sy verraad en haar vernedering ontgroei. Maar toe hy ná jare weer sy opwagting maak, pluk die herinneringe Sonika onderstebo. En kyk Michael Meskin deur haar asof sy nie bestaan nie.
Asof sý die skuld dra vir die pyn van destyds. Vir sy swakheid toe hy die omkoopgeld aanvaar het, die pad gevat het. Landuit.
Skielik is doktor Michael Meskin, wêreldbekende sakeman, haar prokureursfirma se kliënt.
Hy bly haar straf, verneder, om die bos lei. En al skemer die Michael wat sy destyds liefgehad het nou en dan deur, worstel sy om tussen die bedrog, die web van leuens by die waarheid uit te kom.
Publication date: 2018-04-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605579

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Kan hulle mekaar vertrou ten spyte van alles wat gebeur het? Eldri Immelman se skatryk ouers word deur joernalis Dewald ontmasker as bedrieërs wat jare lank hulle beleggers se geld steel. Hulle vlug en Eldri moet vir hulle keuses boet. Teen Dewald se sin gaan Eldri saam na sy wildsplaas om sy ma te versorg en besef hy dat sy baie meer kompleks is as wat hy aanvanklik gedink het. Hy besef ook dat hy halsoorkop verlief op dié wispelturige rooikop is, maar hierdie ding met haar ouers bly tussen hulle. Daar is net een oplossing: Hulle sal moet leer om mekaar te vertrou vir 'n kans op vir altyd. In Liefste rooikop word witboordjiemisdaad en geskende vertroue tussen geliefdes ondersoek.
Publication date: 2020-10-22
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639606040

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Sy is nie te koop nie, al is dit vir 'n halfmiljoen rand! Stefanie de Villiers kry 'n onverwagse aanbod van haar kliënt, Madeleine Ebersöhn, af: Sy moet met renjaer Emille Ebersöhn trou. In ruil kry sy 'n groot som geld, Emille en sy ma verloor nie hul miljoene nie, en almal kry 'n gelukkige einde. Stefanie lag dit af. Sy is nie te koop nie, al is dit vir 'n halfmiljoen rand en net vir 'n tydperk van ses maande. Boonop stel sy ook nie in 'n man belang wat met sy lewe speel nie. Hulle is wild en dink hulle is onsterflik en onaantasbaar. Emile het egter ander planne vir Stefanie wanneer grendeltyd aangekondig word en hulle 'n huis moet deel.
Publication date: 2021-02-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799393712

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Hy speel in sy eie liga ...
Annabeth woon in 'n klein huisie, ry 'n klein oranje karretjie en leer graadeentjies lees en skryf. Sy is egter, na haar mening, so groot soos 'n huis. En haar hart is seer, want haar pa verwyt haar, haar broer baklei met haar, haar ma wil haar gedurig op 'n dieet sit. En geen man vra haar ooit uit nie.
Haar skoolhoof, Markus Wienand, het darem 'n sagte plekkie vir haar en help haar graag. En dan is daar die onderhoof in haar moeder-van-die-bruid pakkies wie se hart ook op die spel is.
En toe stap die aantreklike Sybrand met sy Adonis-lyf vol spiere in haar lewe in en hy kondig aan dat hy haar wil help om maer te word. Die arme Annabeth. Soveel manlike prag, maar vir haar is hy nie beskore nie.
Annabeth het 'n reis om te voltooi, 'n reis wat haar lewe stroop van appeltert en fudge en konfyttertjies. Wat haar laat oefen tot sy bewe. Wat haar die waarde van aanhou en moedhou leer ken. 'n Reis wat van haar vra om te vergewe en haar bring by die man wat in sy eie liga speel.

Ligaman is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks.
Publication date: 2019-02-28
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799390858

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Skoonheid kan ook in gebrokenheid bestaan
Emmerentia het borskanker oorwin maar is nog baie broos en vind veral haar emosionele herstel moeilik. Sy voel skuldig omdat sy herstel het van borskanker terwyl haar ma daaraan gesterf het toe Emmerentia nog jonk was. Sy en haar pa het 'n baie spesiale band, en hy nooi haar saam op 'n maandlange reis deur Australië waar hy en 'n kollega kongresse gaan bywoon en deur die land toer. Sy is eers teensinnig en stem langtand in want sy is veral nie lus vir die vreemdeling wat saam gaan reis nie.
Brent is 'n bekwame jong wetenskaplike wat baie opkyk na Emmerentia se pa, en hom as sy mentor beskou. Maar Brent het as jong seun 'n gesinstragedie beleef wat hom sku maak vir mense en het hom in sy eie wêreld “toegesluit”.
Emmerentia en Brent sukkel om by mekaar aanklank te vind, maar deur haar pa se toedoen word hulle male sonder tal saamgegooi en leer hulle mekaar algaande beter ken. En vorm wedersydse begrip.

Logika van die liefde is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks. Marilé Cloete se boek vergelyk goed met Dina Botha, Marijke Greeff, Elsa Winckler en Madelie Human se skryfwerk.
Publication date: 2018-10-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624084792

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
Ploeg die wolke
Sirkelbaan
Die stille roep

Brenda begewe haar op 'n pad van persoonlike intrige wanneer sy haar pas geskeide suster moet ondersteun in ​Ploeg die wolke. 

Ansje word haar gewese skoonsuster se vertroueling in Sirkelbaan. Hoe gemaak wanneer 'n man en vrou elkeen op hul beurt gebroke op Ansje se drumpel staan? 

Regina se drie kinders - wat elk met hul eie liefdeslewe worstel - is gekant teen hul ma se nuwe vriend in ​Die stille roep.
Publication date: 2018-07-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799387360

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
R 89You save R 196
Luca se obsessie - Alma Carstens
Miranda weier om net nog 'n merkie te word op die kerfstok van 'n lenige Italianer wat op 'n dag haar bloemiste binnestap. Liefde is nie vir haar onderhandelbaar nie. Vir hom blykbaar ook nie.

Bestem vir liefde - Cheryl Rogers
Op skool was Christelle nes al die ander meisies dolverlief op Daniel Malan. Nou is hy nog aantrekliker as wat sy kan onthou, maar sy durf nie haar geluk op iemand anders se ongeluk bou nie.

Ek wiljou hê - Frenette van Wyk
Sugar is nou wel 'n mechanic en garage-eienaar maar sy is ook vrou. En onverwags bevind sy haar alleen saam met 'n aantreklike man op 'n 4x4-roete in 'n nag vol Bosveldsterre.
Publication date: 2019-02-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799389876

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 225
Bets Smith is een van Afrikaans se gevestigde skrywers. Behalwe vir romanses, skryf sy ook spanningsverhale.
Hierdie omnibus is 'n samestelling van drie van Bets se vorige Romanzas, Die towerformule, Liefste Valentyn en Engel sonder vlerke.
Bets Smith se karakterisering en sin vir humor kom na vore in hierdie verhale. Sy het fyn uitgewerkte storielyne, met die fokus op die emosionele belewenis van die leser. Al drie verhale het 'n hospitaal - of mediese agtergrond.

Die towerformule:
Esti se nuwe huisbaas op die Noord-Kaapse dorpie verwar haar. Is Bernhard Ehmke die beer, wat hom oor vroue ontferm, of die wolf, wat harte verorber? Maar beer of wolf, dié dokter sal haar nie ook meesleur nie.
Liefste Valentyn:
Elvira vermoed lankal Marius gebruik haar. Die hospitaalgange dreun oor hom en die baas se dogter. Reuel, die nuwe chirurg, wil Marius jaloers maak, en Elvira wonder - is sy verpletter? Of dalk verlig?
Engel sonder vlerke:
Minette se laaste studiejaar ontaard in 'n nagmerrie toe sy self moet sorg vir elke sent wat sy benodig. Sy waardeer beslis nie die enigmatiese dokter Hugo Storm se ongevraagde inmenging in haar lewe - of haar hart - nie.
Publication date: 2018-06-26

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.