●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799391626

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Familiegeheime dreig om hul geluk te verongeluk ...
Mona se huwelik eindig op 'n laagtepunt en haar eksman het goed daarin geslaag om haar minderwaardig te laat voel. Ná haar onverwagse erflating gee nie net die finansiële voordele haar nuwe selfvertroue nie maar veral die besef dat sy oor haar eie lewe en sukses beskik.
Só kom dit dat sy 'n gastehuis cum skrywershuis begin waar skrywers kan kom werk. Sy kry met skrywers van alle soorte te doen, sommige aspirerend, ander so bekend dat hulle werk in verskeie tale vertaal word. Tydens die Woordfees op Stellenbosch is daar veral een bekende skrywer wat die vroue op hol het en Mona allesbehalwe onaangeraak laat.
Of sy inderdaad spesiaal is vir hom en of sy haar verbeel, is 'n vraag wat sy maar self moet probeer beantwoord. Maar daar is 'n groter probleem. Mona weet dit is nie wys om jou hart te verloor op 'n man waaroor die vroue so swymel nie. Net gou het sy baie vyande gemaak want sy is nie die enigste wat oor hom droom nie en haar eksman gun haar nie geluk nie. Boonop word haar eienaarskap van die huis bevraagteken.

Hierdie is nie net 'n liefdesverhaal nie, maar het ook spanningselemente.
Publication date: 2019-01-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607191

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Almal dink hulle wil 'n huisie by die see hê totdat hulle die buurman ontmoet. Wanneer Lori Lategan uitvind sy erf haar oupa se huis op Skulpbaai, lei sy aan dubbele skok. Haar onderdrukkende pa het haar vertel haar grootouers is lankal dood. Hierdie geleentheid is 'n kans op 'n nuwe lewe, weg van haar pa se oorheersende hand. Skaars op Skulpbaai ontmoet sy haar lastige nuwe buurman, Zander Malan, wat haar opdraande gee oor sy nooit by haar oupa kom kuier het nie, en haar beskuldig van geldgierigheid. Die vent is amper erger as haar pa. Tot die dag wat Fred Potgieter, die dorp se Groot Kokkedoor, Lori se lewe 'n nagmerrie maak. Skielik is Zander daar om te help skerm en Lori se hart begin vermurwe. Maar dan daag Zander se suster op en dit raak duidelik dat hy nie is wie hy voorgee om te wees nie.
Publication date: 2021-05-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485311546

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 295
Om Amelie se tafel
Liefde in laslap
Liefde deur 'n lens

Om Amelie se tafel
Amelie doen nie groepwerk nie. Sy doen nie motorbestuur nie, en sy doen ook nie mans wat vir haar lelies of juweliersware aandra nie. Ja, sy't 'n bietjie bagasie - en wie het nogal nie? Maar wanneer spanbou-spesialis en bedryfsielkundige Chris op die prentjie verskyn, en boonop veroorsaak dat Amelie 'n ver ent pad moet ry om sowaar in simpel groepies te gaan rondfoeter, word haar wêreld omgekeer. Die man sukkel met haar en weet nét watter knoppies om te druk. Wanneer sy Chris leer ken en besef hy't 'n groot, luide familie - presies die soort wat sy so graag om 'n gesellige etenstafel in haar eie tuin sou wil sien, die soort waaroor sy droom sedert haar ouers se ontydige dood - is haar kop aan die draai. Dit verg allerlei ompaaie, en harde werk van Chris se kant, om deur Amelie se bagasieknope te sny. Sal sy haar dinge kan laat staan en die familie wen waarna sy so smag? En dít voor Chris besluit sy's net té veel moeite?

Liefde in laslap
Natalie Olivier het geen familie van haar eie nie, maar by haar vriendin Amelie se mense voel sy tuis. Totdat Amelie se swaer van Italië terugkeer. Neethling Meyer se sjokoladebruin oë onthuts Natalie heeltemal. En toe hy haar boonop soen, wil haar hart net nie meer normaal klop nie. Maar Neethling is 'n beroemde skrywer van rillerromans wat duidelik sy lewe as vrygesel geniet. Natalie weet mos hy is nie die tipe wat langtermynverhoudings aanknoop nie. Wat ook al tussen hulle is, sal nie hou nie. Jare ná haar kinderdae in die weeshuis vind Natalie uiteindelik meer oor haar verlore familie uit en begin sy om haar lewensverhaal in 'n laslapdeken uit te beeld. Maar Neethling se silhoeët duik telkens in haar uitbeeldings op. Is hul stories werklik bestem om te vervleg?

Liefde deur 'n lens
Wanneer Nicola Meyer agter haar kamera skuil, voel sy veilig en in beheer. Dit laat enige onstuimigheid in haar binneste bedaar. Selfs toe sy, in haar beroep as fotograaf, vlugtelinge oorsee afgeneem het, het sy al die hartseer in haar foto's gekanaliseer en dit só van haar afgeweer. Sy huil nooit nie. Maar toe sy na Suid-Afrika terugkeer, dreig haar onderdrukte emosies om uit te borrel - en dis alles Francois Olivier, haar skoonsus se baie aantreklike broer, se skuld. Hy soen haar onverwags, vat aan haar, en laat haar wêreld tol. Hy sien die hartseer raak wat sy diep wegsteek en daag haar uit om te erken hoe sy voel. Nicola probeer om met haar kamera afstand tussen hulle te skep. Maar as sy haar weer kom kry, fokus sy op sy sterk gelaatstrekke. En wat is die uitdrukking wat sy daar sien? Geen man het al ooit só na haar gekyk nie. Sal Nicola haar verskansing kan laat vaar?
Publication date: 2020-06-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799391565

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Liefde tussen swaarde ...
Chantilly Dubois bevind haar teen haar sin as Papillon op 'n seerowerskip. Hulle word egter deur 'n ander seerowerskip oorrompel en sy moet aanskou hoe haar liefdesdrome in bloed voor haar wegsypel. Maar Papillon neem 'n eed dat sy op El Capitàn sal wraak neem, hoe lank dit ook al duur, haar dag sal kom.
Maande lank, oor oseane en selfs aan die Kaap de Goede Hoop, te midde van groot gevare en ontbering, volg sy hierdie man wat haar geluk gesteel het. Sy verontagsaam selfs die Kaapse goewerneur se besluite oor wat verder in haar lewe moet gebeur.
El Capitàn, daarenteen, sit sy soektog voort na die Peregrina, 'n gesogte pêrel wat die toekomstige Spaanse koningin toekom as deel van haar bruidskat.
Toe hulle paaie weer kruis, moet Papillon teenoor haarself erken dat die wraak wat sy gekoester het stadig maar seker gemengde gevoelens geword het. Hoe anders, in die aangesig van 'n man wat so sterk en dapper sy posisie handhaaf te midde van 'n ruwe klomp seerowers? Is dit daaroor of bloot omdat sy nie langer teen sy manlike aantrekkingskrag kan veg nie? Haat sy hom of het sy hom liefgekry? Dit is die vraag wat Papillon nie beantwoord kry nie.
Publication date: 2018-12-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624086239

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 30You save R 70
Dokter Stella Swift is sedert haar tienerjare heimlik verlief op Arend Barnard, maar dit blyk dat hy so min moontlik met dié rykmanskind te doen wil hê. Jare later is Stella 'n gekwalifiseerde algemene praktisyn en Arend is die narkotiseur wat steeds oorloop van ambisie. Sy wil op haar eie voete staan en so gou moontlik onafhanklik van die Swift-miljoene funksioneer. Maar dan tref die een na die ander terugslag haar gesin. Boonop glo haar jarelange vriend Tiaan dat hy en Stella bymekaar hoort. Daar is ook 'n vasberade fisioterapeut wat haar oë én drome op Arend gevestig het. Het die noodlot net besluit dié twee dokters se lewenspaaie mag nooit kruis nie, of kan hulle te midde van al die chaos en teleurstelling steeds vrede en geluk in mekaar se arms vind?
Publication date: 2018-10-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605807

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Vir ewig in sy hart
Rouxlé is 'n onafhanklike vrou wat nie 'n man nodig het nie. Sy wil wel een hê. Meer spesifiek, sy wil vir Francois hê, al is hy jonger as sy. Sy sluk haar trots en stel haarself aan hom voor, maar hy maak dit duidelik dat haar bravade hom nie beïndruk nie. Haar brein skreeu vir haar dat sy wye draaie om hom moet loop, liefs van hom moet vergeet, maar haar hart het ander planne. Francois besef gou dat hy 'n fout gemaak het. Rouxlé het dadelik 'n indruk op hom gemaak en hy sal enigiets doen vir 'n tweede kans. Al is dit om sy eie trots in die sak te steek en aan homself te erken dat die vurige rooikop met die eksentrieke hare reeds in sy hart leef.
In sy hart is die laaste boek in Felicia Snyman se In sy-reeks. Aanlynafsprake is 'n belangrike tema in die verhaal.
Publication date: 2021-01-13
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639600291

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Sy is die perfekte simbool van vroulike skoonheid en sagmoedigheid, nes die magnolia Hai-Lin kuier met vakansie in Sjanghai, China by haar ma se vriende, Su Fen en Laum. Sy gebruik die tyd om Sjanghai te verken en geniet die unieke atmosfeer van die stad en sy mense. Sy het nog net een ernstige verhouding gehad toe sy 'n student was, maar haar sogenaamd beste vriendin het hom skaamteloos afgevry. Eintlik het sy haar 'n guns bewys. Sy onthou hoe die einste vriendin lang trane gehuil het toe die rokjagter haar ook verneuk het. Dit het Hai-Lin 'n ewige gly gegee in gladdebek mans wat met al wat 'n rok dra wil flankeer. 'n Man sal eers haar vertroue moet wen, voor sy hom in haar wantrouige hart sal toelaat. Su Fen se seun, Laum is 'n droom van 'n man, maar dit lyk of hy maklik sal flankeer. Juis daarom moet sy daarop konsentreer om hom op 'n afstand te hou. Gaan haar tyd in China haar egter anders laat dink oor die liefde, en wat is die simboliek van die ivoorblom? Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequinromanses. Ivoorblom vir Hai-Lin is die laaste boek in 'n trilogie waarvan die eerste twee romanses, Liefdespalm vir Simoné en Reënboogbruid reeds gepubliseer is. Liefdespalm vir Simoné in 2008 (in LAPA Uitgewers se hardebandreeks) en Reënboogbruid in 2016.
Publication date: 2020-07-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799387605

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
R 69You save R 96
Magriet Aggenbach kom lek haar wonde in die Kaap nadat haar vriend haar vir 'n ander vrou gelos het. Haar tannie Jacky se restaurant maak nie genoegsaam wins nie en Magriet moet kom help omdat sy pas haar graad in bemarking verwerf het. Gou raak sy deel van die Kaapse elite se vriendekring, en moet sy bontstaan om Xander Prinsloo se ongevraagde aandag vry te spring.
Sy wil nie weer seerkry nie, en doen haarself voor as 'n kelnerin in haar tannie se restaurant sodat sy kan toets of haar nuwe rykmansvriende haar aanvaar vir wie en wat sy is. Syself is 'n rykmanskind en is die dogter van Karel Aggenbach, 'n magnaat in Johannesburg. Sodra haar “vakansie” by haar tannie verby is, gaan sy in haar pa se besigheid werk.
Dis egter Xander se beste vriend Jean-Michael le Roux wat Magriet se aandag trek, alhoewel hy baie arrogant en inmengerig is. En hy kom ruggraatloos voor want sy ouers en sy vriendin Leandrè se ouers wil hom en haar in 'n huwelik indwing om sodoende die twee familieryke te verenig.
Gaan Jean-Michael die toets deurstaan om te bewys dat Magriet onvervangbaar vir hom is? En dat geld en status nie alles is nie?
Publication date: 2018-03-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394597

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 150
Geluk maak jou mooier … Agt novelles met sprokiesmooi-eindes om te help!

Roekelose harte - Marilinda Murray
Adele is op vakansie om van haar eks te vergeet, nie 'n plaasvervanger vir hom te kry nie. Maar een kyk in Lance se broeiende blou oë en haar hart vat vlam.

Toe-oë afspraak - Madelie Human
Die skrywer JJ Jooste se suster stel vir hom 'n assistent sonder sy medewete aan. Eers wil hy niks van dié afspraak weet nie, maar Martinet mag dalk net die vrou van sy drome wees.

Legkaart van die hart - Ildé Grové
Helene moet Lientjie Swart word vir haar eie veiligheid. Sy moet haar familie, werk en vriende verlaat - vir hul veiligheid. Gun die noodlot haar egter 'n beskermengel in die vorm van Theuns Krige?

'n Wye, wye horison - Madeleine Malherbe
Stella herstel by die gastehuis Paradys ná die ontnugtering van haar huwelik. Chris kom ondersoek daar naby 'n vliegtuigongeluk en leer haar weer vertrou. Maar dan daag haar eksman op …

Gelykbreek-liefde - Ernalize du Toit
Behati draai om en sien 'n man net binne die deur. Dit is onmoontlik om hom mis te kyk en die geur van sy naskeermiddel tref haar onmiddellik. Dit is asof die volle prentjie haar in 4D oorrompel. 'n Verraderlike rukbeweging ontsnap uit haar bors.

Bie op haar hart - Antoinette Venter
Met 'n ontwikkelende sangloopbaan en om haar beste vriendin se sopkombuis te ondersteun, het Mika min tyd vir iets anders. Beslis nie tyd vir die skilderydief, Jean-Pierre, wat met die sopkombuis wil help nie. Tog ignoreer haar hart haar prioriteite, maar 'n ander vrou besit reeds Jean-Pierre se hart.

'n Liefdeskeuse - Malene Breytenbach
Mona woon die skryfskool by om weer haar skryfvaardighede op te knap. Liefde is die laaste ding op haar prioriteitslys, maar die misdaadskrywer, Winston Webb, trek haar aan en stoot haar weer weg. Waarom voel dit asof haar held twee verskillende persone is?

Beter vir haar hart - Jessica Venter
Richard het jare gelede Melanie se hart gebreek. Maar selfs met 'n gebreekte hart, was sy steeds lief vir hom. Nou is hy terug en sy voel weer die vrees dat hy nie haar liefde sal beantwoord nie.
Publication date: 2019-06-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799387391

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
Kaalvoet ballerina - Jolene de Koningh
Biga het nou wel gestruikel en reg voor die man se voete neergeslaan, maar dit beteken nie sy gaan met hart en al in sy skoot val nie. Hy leef buitendien in 'n ander wêreld as sy.

Karoo-droom - Heila Theron
Terwyl Jana teen hidrobreking in die Karoo betoog, kruis haar paaie met Anton, wat glad nie beindruk is met haar plakkaatswaaiery nie. En hy is so onweerstaanbaar en die Karoo so romanties ...

Dokter in die Caprivi - Trudy Reinhardt
Andrea verstaan nie waarom die nuwe dokter wat by die boshospitaal begin werk het haar so kil behandel nie. Maar eintlik pas dit haar want sy maak nie vir 'n man aan haar sy voorsiening nie.
Publication date: 2019-02-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799387346

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
R 79You save R 206
Kaalvoetbruid - Madelie Human
Voor die kerk pluk Anel haar bruidskoene uit en hol. Tot in haar erfhuisie in Knysna. Kunskenner Gustav Kemp ontdek haar kunswerke en sy moet vasstaan - dis net 'n rookskerm om haar ouma se kunsskatte te bekom.

Alles vir jou - Salome Schutte
Pixie se liefde vir die blonde reus wat na jare weer haar lewe betree, is gedoem. 'n Vete wat jare gelede tussen hulle ouers ontstaan het, trek 'n streep deur 'n toekoms saam.

Kolkende emosies - Rika du Plessis
Walda brand steeds 'n kersie vir haar eksverloofde maar sy weet nie eens waar om hom op te spoor nie. Toe sy hom onverwags raakloop, herken hy haar nie. Vermakerigheid? Of herken hy haar werklik nie ...?
Publication date: 2019-02-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605432

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 135
Leer my liefhê Toe Diaan uiteindelik haar studieleier ontmoet, is hy allesbehalwe 'n verstokte ou man, hoe onverbiddelik hy ook al is. En hy weet van iets uit haar verlede wat haar drome oor hom fataal maak. Hoe om 'n hart te wen Janke was van altyd af verlief op haar grootwordmaatjie, Louw. Maar nou is Louw verloof en hy trou binnekort. Janke en Henry gaan voorgee dat hulle 'n paartjie is om Louw jaloers te maak en sy oë oop te maak, maar hulle hou nie rekening met Kupido se streke nie. Romanza Nostalgie is 'n terugblik na die eerste titels van ons die gewildste Romanza-skrywers - daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het. Daar verskyn ses titels in die Romanza Nostalgie-reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholser, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens.
Publication date: 2020-09-28
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624085768

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 30You save R 70
Willa le Roux kan uit die staanspoor nie vir Deon Joubert miskyk nie. G'n mens kan nie: die gemaklikheid met sy eie lyf, die selfvertroue wat hy uitstraal. Boonop is die man slim, sjarmant en gevaarlik aantreklik.
Hul paaie kruis - vir werk én plesier. Willa weet sy beweeg op gevaarlike terrein, maar sy moet darem genoeg stories bymekaarmaak om eendag haar kleindogter te vermaak.
Net toe dinge behoorlik tussen hulle vlamvat en Willa uiteindelik gereed is om Deon met haar hart én haar lyf te vertrou, besluit iemand uit haar verlede om weer sy opwagting te maak. Dinge ontspoor uiteraard op 'n dramatiese wyse.
Twee jaar later moet Willa en Deon mekaar weer in die oë kyk. Nou worstel albei met die vraag: Kan hulle die verlede agter hulle sit en saam 'n toekoms bou?
Publication date: 2018-07-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799389845

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Kan 'n saffier mens na jou herkoms lei?
Lesers het Louisa in Rose vir Roselle leer ken as die ongehude ma wat in sak en as onverwags op La Roseraie aankom, en dadelik deur almal as familie aanvaar word.
In Lelies vir Louisa worstel Louisa met die groot vraag oor haar herkoms. Sy is as baba op 'n kinderhuisstoep gelos met 'n saffier wat per ongeluk laat val is. Die saffier lei haar uiteindelik na die buurplaas La Montagne maar die antwoorde kom nie maklik nie.
Intussen floreer haar loopbaan as fotograaf en sy word 'n pos aangebied op Liberté waar haar en Liam se paaie kruis. Hy is aanvanklik nors en ongeskik, maar stelselmatig sien Louisa 'n ander kant van hom, veral as hy met haar dogtertjie Rose speel.
Lelies vir Louisa is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks, en volg op Rose vir Roselle. Die karakters uit Rose vir Roselle maak almal weer hul verskyning, en daar is 'n paar nuwes by.
Publication date: 2018-06-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607412

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
'n Voël in 'n kou sing steeds Ali Grey se lewe is aan skerwe. Haar skitterloopbaan as sangeres in New York is in die weegskaal, want na 'n ongeluk is haar spraak aangetas en sy het 'n lelike litteken aan haar wang. Hoe kan God dit aan haar doen? Maar dan verskyn haar jeugliefde, Jason Vermeulen, weer in haar lewe en hy oortuig haar om by hom in die stad te bly sodat sy behandeling vir haar beserings kan ontvang. Sy worstel om haar geloof te behou ten spyte van alles en wanneer sy begin herstel, kan sy nie besluit of sy wil teruggaan Amerika toe of nie. Wil Jason haar daar hê? Hy sê niks en die onsekerheid maak haar gek. Moet sy teruggaan New York toe of moet sy by hom bly? Kan sy die besluit op haar eie neem, of moet sy vertrou dat God 'n groter plan met haar lewe het? Lentemelodie is die vierde boek in die Soeteweide-reeks, en volg op Somerson, Herfswind en Winternag. Dit is 'n spirituele inspirasieverhaal wat die lewe vier sonder om te prekerig voor te kom. Die verhaal speel deels in New York af, en dis duidelik dat Human haar navorsing gedoen het om die milieu eg raak te vang.
Publication date: 2021-07-14

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.