●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799386080

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
R 69You save R 96
Vyf jaar ná die aanval op Kris, wat byna haar lewe gekos en haar met 'n letsel op die gesig gelaat het, is sy weer op koers. Wel, as mens nou die nagmerries wat haar soms ry, uitskakel. Haar aanvallers is agter tralies, haar verbreekte
verlowing is iets van die verlede. Wanneer sy die kans kry in haar fisioterapiepraktyk, breek sy ook weg om kursusse aan te bied in bewustelikheid - oftewel mindfulness: Sy help mense ontdek hulle kan maar net wees, hulle
hoef nie heeltyd te doen nie. Dit is wat haar met heelwording gehelp het. Dit is tydens so 'n kursus dat haar en Luca se paaie kruis, 'n ultra-atleet in wie se wêreld daar nie plek is vir enigiets anders nie, laat staan 'n vrou, veral nie een met “issues” nie. Daarvan het hy genoeg gehad. Maar dit is nogal 'n moeilike situasie as jy in dieselfde huis saam met een woon. Haar nagmerries help ook nie juis nie. En hy moet fokus vir sy volgende wedren in Amerika om sy borge tevrede te hou. Hy moet wen, anders het hy verloor, dis sy leuse.
Publication date: 2017-11-07
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799390353

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Liefde kom nie altyd in die pakkie wat jy bestel het nie
Miranda, 'n skrywer, se adrenalien-verslaafde verloofde Lukas sterf net voor hul troue in 'n motorfietsongeluk. Sy ontmoet Lukas se ewebeeld, 'n wildvanger en wildplaaseienaar, Markus op die Kaapstadse lughawe net ná albei uitgevind het dat hul maats ontrou was.
Later ontmoet hulle weer in die Kruger Wildltuin, en die vonk tussen hulle is ooglopend, maar beide is so bang vir seerkry dat hulle nie sien wat reg voor hulle is nie. Liefde kom nie altyd in die pakkie wat jy bestel het nie, en hul paadjies skei. Albei moet deur hul eie vrese werk om te besef dat dit erger is om sonder daardie persoon te wees as om jou vrese in die oë te kyk.
Welmenende familielede, asook Markus se geliefde hond, Max veroorsaak interessante kinkels in die verhaal.
Publication date: 2018-09-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799387377

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
Diamant uit Afrika - Jacolet van den Berg
Matilda het die ekspedisie na Angola se diamantmyne haarfyn uitgewerk. Niks sou verkeerd gaan nie. Totdat rebelle hulle ontvoer en die enigmatiese Roald Young nog boonop haar hart én lewe omverwerp.

Teken van sy liefde - Ida Bester
In die woestyn verloor Ezanne vir die eerste keer haar hart op 'n man saam met wie sy navorsing doen. Maar terwyl hy ylend van koors is, se hy 'n ander vrou se naam ...

Op mekaar aangewese - Elsa Drotsky
Kirsten se erflating is nie sonder 'n prys nie: 'n Aangetroude familielid moet toesig hou oor haar sake. En sy verstaan nie hoekom sy al hoe meer uitsien na sy ongewenste besoeke nie.
Publication date: 2019-02-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624085737

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 30You save R 70
Alana De Koker dink nie twee keer daaroor om as trauma-chirurg in Johannesburg te spesialiseer nie. Om voortdurend aan die gang te bly sal juis help om die duiwels uit haar kop te hou. Dan hoor sy egter 'n bekende stem by ongevalle, Daar lê die laaste persoon op aarde wat sy ooit weer wou sien. Na vyf jaar moet sy haarself steeds herinner om kalm te bly as Braam Smit net na haar kyk. Maar die sexy paramedikus en reddingsinstrukteur maak steeds haar knieë en ander vroue s'n lam.
Dis 'n ander Alana wat nou voor Braam staan. En sy sal als in haar vermoë doen om seker te maak hy sien nie dat haar wonde steeds rou is nie. Sy mag nie weer in haar eksman se arms beland nie.
Publication date: 2018-08-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639600130

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Hy lyk soos 'n Keltiese kryger en aanvaar nie “nee” vir 'n antwoord nie
Brian O'Connor is 'n man wat weet wat hy wil hê én hoe om dit te kry. Hy draai elke vrou om sy pinkie, maar het niemand nog toegelaat om sy hart in te palm nie - todat hy die beeldskone Misha Malan ontmoet. Misha staal haar teen die betowerende uitwerking wat hierdie charismatiese Ier op haar het. Maar dis moeilik, want hulle moet ʼn huis op Mauritius saam met ses ander deelnemers aan ʼn realiteitsprogram deel. Die prysgeld is 'n halfmiljoen dollar en agt weke is lank ...
Hierdie is 'n spesiale heruitgawe van Romanza se eerste titels om ons vyftiende bestaansjaar te vier. Die teks is deur die skrywer opgedateer en 'n nuwe omslag is ontwerp. Dit bevat ook 'n huldeblyk aan Cecilia Britz, die stigter van Romanza, wat in 2019 oorlede is.
Publication date: 2020-06-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605210

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Maak jou oë toe en luister ... Hannah du Toit besluit om haarself op Tijgerpoort te vestig in die huis wat eers haar en haar oorlede man se vakansiehuis was. Sy is opgewonde oor 'n nuwe toekoms - veral nadat sy kennis maak met 'n man wat feitlik onmiddelik haar hartsnare roer. Iemand uit Hannah se verlede duik egter onverwags op en sy moet sekere gebeure in haar verlede opnuut konfronteer. 'n Jarelange vriend en vaderfiguur staan haar by om 'n belangrike besluit te neem en sy kom agter dat die nuwe man in haar lewe ook bagasie uit sy verlede saamdra. Maar 'n groot veldbrand lei tot byna noodlottige gevolge ... Verskeie kwessies word aangespreek ind ie boek - die heldin is 'n slagoffer van seksuele misdaad en weduwee. Aanneming is ook 'n belangrike tema in die verhaal.
Publication date: 2020-08-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624086642

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Anelia le Roux wil nes haar oorlede pa 'n joernalis wees. Haar nuwe werk by Nuus-Direk bied egter uitdaging op uitdaging.
Sy waai op 'n winderige dag teen die navorser Leon de Hanie vas. Daar is onmiddellik 'n wilde aantrekkingskrag tussen die twee en Anelia raak gou halsoorkop verlief. Maar hoe voel hý oor háár?
Intussen het Anelia 'n nare ondervinding met een van haar kollegas. Leon se geheimsinnige optrede laat haar ook wonder of hy nie iets vir haar wegsteek nie.
Mettertyd ontdek Leon nuwe inligting oor Anelia se pa se sogenaamde selfdood. Dan vertel iemand haar dat Leon doelbewus die inligting aan die media verkoop het om sy eie loopbaan te bevorder. Gaan sy vir Leon 'n kans gee om sy optrede te verduidelik?
Publication date: 2018-12-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624085492

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
R 30You save R 70
Zoetstroom is 'n klein dorpie en dis presies wat kunstenaar Dia Malan wil hê: 'n stil plekkie om rus vir haar siel te vind.
Sy besef egter gou dat die plaas Droomkrans waarskynlik nie die oase gaan wees waarop sy gehoop het nie. Dia het immers nie nét 'n plaas geërf nie: Daar is ook twee koddige huismaats én 'n geheimsinnige huurder in die kothuis. Boonop is die huurder, Han Gericke, 'n soort befoeterd wat mens nou nie aldag agter élke bos uitskop nie. 'n Verbode ondersoek by dié aantreklike man se woning lewer ook meer vrae as antwoorde op.
Dia en Han sukkel aanvanklik om mekaar se geite en giere te verstaan en albei se hardkoppigheid vergemaklik nie juis die situasie nie. Net toe dinge mooi in mekaar begin pas, arriveer twee stadsjapies. Nou moet Dia besluit: Gaan sy haar geheime onthul of moet sy wéér elders oorbegin?
Publication date: 2018-03-16
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639600277

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Hannah of Anna? Wie is nou wie? Hannah is by 'n onverwagse werksonderhoud terwyl sy veronderstel is om gereed te maak vir 'n geleentheid saam met haar kêrel. 'n Onderhoud waarvan hy nie weet nie. Hy sal verstaan, praat sy haarself moed in wanneer sy agterkom sy gaan dit nie maak nie. Wat sy nie verwag nie, is dat haar tweelingsuster, Anna, besluit om haar plek in te neem omdat sy nie self kaartjies vir die vertoning kon bekom nie. Hierdie ondeurdagte besluit van Anna dompel hulle in 'n situasie waar Hannah haar suster vir die week in Derick se geselskap los. Dit lei egter tot 'n skokkende gebeurtenis. Hulle raak verloof. Derick is nie verloof aan sy wat Hannah is nie. O nee, sy was nie die een wat “ja” gesê het nie. Dit was Anna. Maar Derick weet dit nie en sy kan nie waag om hom te sê sonder om sy hart te breek nie. Hoe keer sy hierdie weghol-trein? En dan is daar Derick se vriend, Tony. Met sy swart hare, donker oë en die glimlag wat alewig om sy mond huiwer, maak hy iets onverwags in haar binneste wakker. Iets wat haar bang maak en hoe meer hy raaksien, hoe meer wil sy van hom af wegkom. Hy skrik haar af, maar terselfdertyd lok hy haar soos 'n by na nektar. Dit maak ook nie saak hoe gereeld sy hom probeer vermy nie; hy bly op haar spoor. Hy probeer immers net sy vriend beskerm, maar sy staan die gevaar om haar hart op die verkeerde man te verloor. 'n Man wat haar sal verag as hy ooit uitvind wat werklik aangaan. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin romanses. Dubbel die moeilikheid is Ciska Olivier se jongste romanse in haar nuwe Kruis jou vingers-reeks. Haar vorige romanses in haar Hartebrekers-reeks het die volgende titels ingesluit: Krummelpap in Parys (September 2018), Vir 'n oomblik, vir altyd (Oktober 2018), Blomme vir Melissa (Februarie 2019), Ek vertrou jou (Mei 2019), en Haar hartsbegeerte en meer (Julie 2019).
Publication date: 2020-07-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605340

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 135
Duiwel in 'n snyerspak
Brandt Faber is hard, onwrikbaar, onstuitbaar. Hy draai nie doekies om nie, Leana moet hom betaal - met haar vriendskap, geselskap, haar lyf. Om wraak te neem, het sy hom nodig. Maar hý lê die reëls neer.

Mooiste man
Hy's 'n mooi man. Te mooi. En mooi mans maak seer, vernietig. Nou is daar weer so 'n man in Zenlee se lewe, te mooi om waar te wees. Sal sy ooit aanvaar dat Bismarck Nel eerbaar kan wees?

Romanza Nostalgie is 'n terugblik na die eerste titels van ons gewildste Romanza-skrywers - daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het. Daar verskyn ses titels in die Romanza Nostalgie-reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholser, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens.
Publication date: 2020-07-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607450

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Moenie werk en plesier meng nie.
Wanneer Alana haar kar op 'n dag afskryf kom die aantreklike Markus de Wet tot haar redding. Beide is egter salig onbewus dat hy haar nuwe werknemer is by die argiteksfirma waar sy as kubersekuriteitspesialis
aangestel is. Sy is nie lank aan diens nie voor haar eer lelik gekrenk word. Hoe durf hy insinueer sy is nie bevoeg vir haar amp nie? Hoe durf hy aanvra dat sy vervang word? Sy is so woedend dat sy regmaak om hom en sy firma vir ewig agter te laat. Dan word dit duidelik dat sy die enigste een is wat 'n ernstige kuberkraker kan stopsit. Maar wanner die kuberkriminele agter die rekenaars uitkom en in die regte wêreld 'n lewensgevaarlike bedreiging raak, sal Alana en Markus vinnig moet versoen en saamwerk om 'n stappie vooruit te bly.
Hierdie is ideaal vir mense wat hou van kantoorverhoudings. Verwag baie spanning tussen dié twee kollegas. Die twee wêrelde van plaas en stad word interessant geinkorporeer in hierdie heerlike bonus Romanza.
Publication date: 2021-06-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605906

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Wat in Vegas gebeur ... What happens in Vegas, stays in Vegas. Wanneer Miela Karoo toe trek om haar tante by te staan, kom sy gou agter dié ou gesegde geld nie noodwendig hier nie. Haar impulsiewe besluit spook by haar in die vorm van Johannes, haar tante se nuwe buurman en Miela se destydse bruidegom. Johannes beweer dat hulle huwelik geldig is en dat hy nie wil skei nie. As binnehuisversierder kry Miela die geleentheid om haar droom te bewaarheid en haar eie besigheid te begin, maar hoe kan sy permanent in die Karoo bly as sy daagliks herinner word dat sy net een woestyn vir die ander verruil het, en steeds vlinders in haar maag kry wanneer Johannes in die omtrek is? Eintlik alles is die eerste Romanza wat deur twee outeurs geskryf is: Marilé Cloete het die manuskrip voltooi nadat Ronelle Uys in 2019 oorlede is. Die boek is 'n huldeblyk aan Ronelle Uys, wat in 2015 met Sy liefdesplan gedebuteer het. Eintlik alles is 'n tradisionele plaasromanse én 'n moderne liefdesverhaal.
Publication date: 2021-01-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624084839

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
R 79You save R 206
Drie van Elsa Winckler se gewildste sexy en moderne Satyn-liefdesverhale
Van altyd af
Te eenders, te anders
Tydlose liefde

Van altyd af
Cilla is 'n hoërskoolonderwyseres op die Overbergse dorp Caledon. Haar groot liefde is diere - perde in die besonder - en sy kan van kleins af met hulle kommunikeer.
Toe Reynecke Retief se hings probleme gee, vra sy plaasbestuurder haar om te help uitvind wat die perd pla, maar dis gou vir haar duidelik dat Reynecke haar nie vertrou nie. Trouens, hy beskuldig haar daarvan dat sy sy perd wil toor, en haar intuïtiewe benadering staan hom geensins aan nie. Maar sy diepblou oë en swart krulhare is vir haar vreeslik bekend. Het sy hom nie al iewers ontmoet nie?
Langbeen Cilla krap terselfdertyd al Reynecke se vooropgestelde idees oor verhoudings en die lewe om. Daar is soveel hartseer in sy verlede . . . sal hy ooit teenoor homself kan erken dat Cilla van altyd af vir hom bedoel is?

Te eenders, te anders
Aileen het lank oorsee rondgerits, maar nou is sy terug op Stellenbosch en sy weet wat sy wil hê: haar eie pâtisserie. Sy't reeds die perfekte perseel gevind, maar die eienaar van die gebou is absoluut, heeltemal onmoontlik! Allen is alles wat Aileen verfoei: eiewys, humeurig, vinnig om kwaad te word - 'n rooikop, nes sy self, maar sowaar, sý ken darem maniere! Wanneer sy saam met 'n vriendin 'n lesing oor persoonlikheidstipes bywoon, weet sy dit seker: Sy en Allen sal nooit om dieselfde vuur kan sit nie.
En tog . . . Sy's al baie gesoen, onder meer deur 'n Fransman, en niemand se soene is naastenby so opwindend soos wanneer Allen selfs net naby haar kom nie . . .

Tydlose liefde
Kalinda het Suid-Afrika en haar eksman agtergelaat vir 'n nuwe lewe in Kanada, maar noudat sy terug is om navorsing te doen oor Kanadese soldate in die Anglo-Boereoorlog, onthou sy Neil se dreigende laaste woorde aan haar. Maar eers het sy ander probleme. Soos die spook wat in haar kar geklim het op pad na Paardeberg - én haar kantsakdoekie agtergelaat het.
Op die plaas aangekom, het Kalinda te kampe met die wildewragtag van 'n Zach met sy onredelike drang na ekstreme sport - én met die onverklaarbare drif wat dadelik tussen hulle posvat.
Terwyl Kalinda die geskiedenis en haar spook se spore volg, kies sake tussen haar en Zach alte vinnig koers - maar daar's sy arrogante drie-date-reël, en boonop is Neil tóg nie iets van die verlede nie . . .
Publication date: 2018-05-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624087380

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Die wêreld is nie vir sissies nie. Dít weet Fransi Fouché alte goed. Sy moet immers daagliks haar man staan terwyl sy allerhande rekwisiete vir filmstelle bou.
Fransi het nie tyd vir tydmors of enige ander nonsens nie. En in haar kop is dit presies wat verhoudings is - nonsens.
Sal die bekende Hollywood-hartebreker Matt Delmayer haar van plan laat verander? Matt laat haar egter vanuit die staanspoor goed verstaan: Hy sien nie kans vir 'n ernstige verhouding nie. Aanvanklik dink Fransi ook dis 'n uitstekende reëling - pret en plesier sonder enige verwagtinge. Die man doen immers allerlei lekker dinge aan haar lyf.
Daar bestaan egter voortdurend die gevaar dat iemand se hart kan breek. Fransi wonder ook heeltyd: Hoekom tree Matt so geheimsinnig op?
Publication date: 2019-01-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799388046

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
R 83You save R 82
'n Donkie is 'n wonderlike ding!

Malaika bestuur 'n donkierehabilitasiesentrum op die plaas Salem in die Beaufort Wes-distrik. Sy huur die plaas van oom Michiel Steyn, wie se dogter, Heloise, saam met haar op skool was.
By 'n vriendin se troue ontmoet sy weer vir Baron op wie sy tien jaar gelede verlief was. Intussen word Heloise die eienares van Salem en sy begin haar neus indruk in Malaika se rehabilitasiesentrum. Baron besoek Malaika gereeld op die plaas - hy neem selfs een van die verwaarloosde donkies, Psalm, aan, en haar gevoelens vir hom groei. Dit lyk egter vir haar asof Baron en Heloise hulle verhouding van skooldae hervat het. Heloise raak jaloers en besluit om die plaas aan Baron te verkoop vir die ontwikkeling van 'n gasteplaas.
Malaika se vriend, Wayne vra haar om te trou, maar dan sal sy Kaap toe moet verhuis en haar rehabilitasiesentrum asook haar donkies moet prysgee. Nou moet sy kies of sy kans sien om heeltyd in Baron en Heloise vas te kyk om by haar donkies te kan bly, en of sy met Wayne gaan trou en weggaan?
Publication date: 2018-05-29

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.