●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●

Christelik / Christian
Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Results 16 to 30 of 50
Sorted by:  Title
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431623136

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 199
Laat geliefde outeur Nina Smit se insig en raad jou deur 'n jaar begelei na die oase van ware lewe. Die 366 kort, verkwikkende oordenkings in Hoop vir vandag sal vroue aanmoedig om elke dag hulle geloof uit te leef sodat hulle die kruin van 'n wonderlike geloofservaring met God kan bereik.
Publication date: 2018-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431624843

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 199
In die skuilplek van die Allerhoogste moedig vroue met 366 oordenkings aan om vas te hou aan die beloftes van ons troue Vader. Die 366 oordenkings in hierdie tweekleur-dagboek fokus elk op 'n belofte uit God se Woord, van Genesis tot Openbaring, en bevestig die belofte met 'n aanvullende teksvers. In die skuilplek van die Allerhoogste bied vir vroue hoop en versekering in die wete dat God waarlik omgee en dat hulle altyd veilig is in die skuilplek van die Allerhoogste.
Publication date: 2018-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431624218

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 249
Maak jou hart voor God oop met die 365 gebede in In die stilte van die môre. Elke gebed handel oor 'n spesifieke onderwerp en word ondersteun deur 'n teksvers. 'n Handige onderwerpsindeks verskyn agter in die boek. Beleef die krag van gebed terwyl jy tyd deurbring in die teenwoordigheid van God.
Publication date: 2018-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776353897

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 250
In die teenwoordigheid van die Allerhoogste is geskryf vir mense wat op soek is na die rus wat die Here gee, al leef ons in 'n gejaagde wêreld. 'n Lewe van innerlike vrede is vandag nog moontlik. Daardie vrede wat jou elke dag soos 'n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. So 'n lewe kom nie vanself nie. Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus. Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na 'n meer gedissiplineerde lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur 'n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar. In die teenwoordigheid van die Allerhoogste uit die pen van die bekende en immergewilde Stephan Joubert is 'n gids wat Christene tot reg by die Vader se voete sal bring. Hier sal hulle sielsvrede kan vind en hul ware identiteit as kinders van die Allerhoogste in oorvloed kan uitleef. In hierdie boek roep Stephan Joubert mans en vrouens se harte terug na die teenwoordigheid van die Allerhoogste waar hul gewortel in geloof langs God kan leef en floreer, ten spyte van die gewoel in die wêreld.
Publication date: 2021-11-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431621033

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 249
Die 366 oordenkings van In die Teenwoordigheid van God bevestig aan elkeen wat dit lees dat God vandag nog net so kragtig teenwoordig is by sy kinders soos in Bybelse tye.
Die oordenkings in die eerste helfte van elke maand is gebaseer op die Ou Testament, en die tweede helfte van die maand op die Nuwe Testament. In die Teenwoordigheid van God, in pragtige bruin drukwerk, verseker ons opnuut van God se vertroostende Teenwoordigheid, ook in tye van angs en onsekerheid.
Publication date: 2018-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431623297

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 249
Wanneer jy tyd in God se teenwoordigheid deurbring en oor sy kragtige Woord mediteer, bou dit karakter, innerlike krag en 'n godvresende selfvertroue om enige lewensuitdaging te trotseer. In stilwees en vertroue is 366 oordenkings deur die bekende evangelis Angus Buchan. Elkeen van die daaglikse teksverse, inspirerende oordenkings en diepsinnige gebede sal jou toerus met die krag van die Heilige Gees om sterk te staan teen elke dag se uitdagings. Nou is die tyd om God te vertrou. Bring daarom tyd saam met Hom deur, want ons krag lê in stil wees en vertroue hê (Jes. 30:15).
Publication date: 2018-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431625482

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 249
Voel dit of die eise van die lewe jou wil oorweldig? Smag jy na 'n plek waar jy kan wegkom van daaglikse stres en spanning, en onsekerheid oor die toekoms?
Topverkoper-outeur Milanie Vosloo wéét dat die lewe soms elke druppel energie uit 'n vrou tap. Die 366 bemoedigende dagstukkies met 'n Skrifaanhaling, oordenking en kort gebed sal vroue opnuut verseker dat God die enigste Bron is wat hulle volkome kan versterk.
Krag vir elke dag moedig vroue aan om hul angs en onsekerheid te verruil vir God se ewige, onuitputbare krag.
Publication date: 2021-11-23
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321916

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 285
Vir die afgelope 49 jaar skryf ds Kobus van der Westhuysen al die Hart tot hart-rubriek vir Landbouweekblad. Dit is die rubriek wat die langste ononderbroke verskyn het in die geskiedenis van die Media24 stal. Ds Van der Westhuysen skryf in gewone taal vir gewone mense. Hy verstaan die hart van 'n boer en weet dat boere uitgelewer is aan die nukke en grille van die natuur waaroor hulle geen beheer het nie. Vir hierdie boek het ds van der Westhuysen self 366 paslike stukkies uitgesoek.
Publication date: 2019-07-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415340752

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 250
Ons lewe is gejaagd. Ons omstandighede - goed en sleg - stoot ons hiernatoe en daarnatoe. Ons voel asof gebeurtenisse buite ons beheer ons lewe bepaal. Ons smag na vrede, na 'n plek waar veiligheid en rus is. As antwoord op hierdie soeke na vrede herinner die geliefde predikant en skrywer Trevor Hudson lesers aan die beproefde wysheid in die alombekende Gebed om kalmte:

God, skenk my die gemoedskalmte, om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie,
die moed om die dinge te verander wat ek kan, en die wysheid om te weet wat die verskil is.

Hierdie 365 oordenkings verken elke aspek van hierdie gebed en hoe jy dit daagliks op jou lewe kan toepas. Namate jy die Gebed om kalmte gebruik as gids om elke dag in vriendskap met jou Here en Skepper te lewe, sal God se geskenk van vrede jou lewe vul en deur jou vloei waar jy jou ook al bevind.
Elke oordenking word afgesluit met 'n praktiese voorstel hoe jy hierdie gebed elke dag kan uitleef. Só sal jou lewe ál meer op God gefokus word, en sal jy die innerlike vrede ervaar waarna jou hart smag.
Publication date: 2019-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431623679

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 170
In Manne van die Bybel bied Jim George in 113 dagstukkies 'n Bybelse perspektief op 83 manne in die Bybel. Uit hulle lewens kan ons iets leer van God se liefde, genade en bemoeienis met mense. Hedendaagse mans sal bemoedig en versterk word deur manne soos:
• Daniël wat gekies het om elke dag te bid
• Nehemia wat ander kon inspireer
• Jesaja wat gewillig was om te dien
• Paulus wat ten spyte van baie teëspoed getrou gebly het
• Jesus wat die volmaakte voorbeeld van 'n dienaar is
Jim George wys in Manne van die Bybel dat ons selfs uit die lewens van manne wat gestruikel het of ontrou was, meer bewus kan word van God se vergifnis, getrouheid en heiligheid.
Publication date: 2018-09-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776370054

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 199
Are you struggling to find the silver lining to your situation's dark cloud? Or are you full of wonder about God's blessings and rejoicing in His love? Moments of Inspiration will help you find the right words in Scripture to guide you in your situation.
It contains questions people often ask about life's trials and joys and provides insightful answers from God's Word, as well as a short devotion. With topics like balance, relationships and victory, readers are sure to find their own moment of inspiration and realize that God loves them unconditionally.
Publication date: 2021-11-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432118860

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 299
Enrich your marriage and your relationship with God in this 366-day devotional especially for couples.
Enrich your mar­riage and your relationship with God with the exquisite Mr & Mrs Devotions for Couples.

In today's hustle and bustle, it is so important for couples to spend regular quiet moments with each other, and with God. This endearing 366-day couples' devotional will guide couples to achieve a level of intimacy with each other and with God that will take their marriage and faith to a whole new level of love, trust and hope.

Draw closer to your spouse and to God every day as you spend a few minutes of much needed quiet time together, reading and meditating on the inspirational de­votions and encouraging Scripture verses in this couples' devotional.
Publication date: 2017-09-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431625055

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 129
As jy op soek is na oordenkings wat lewenslank sal verryk en inspireer, is My Allerbeste vir Sy Hoogste ideaal. Dit is 'n klassieke topverkoper met 366 diepgaande oordenkings deur Oswald Chambers. Die wysheid en insig in élke oordenking is so ryk en kragtig dat dit 'n ewige impak het op enige leser.
Hierdie pragtige uitgawe is baie meer as 'n geskenk vir 'n spesiale geleentheid - dit is 'n uitnodiging om jou geloof te verdiep. Sedert die eerste verskyning van die Engelse uitgawe in 1934 is miljoene eksemplare wêreldwyd verkoop, en dit word gesien as een van die gewildste Christelike boeke wat ooit geskryf is. Prikkelende, lewensveranderende oordenkings wat nie lank neem om te lees nie, maar jou hart vul met die tydlose waarhede van die Woord.
Publication date: 1900-01-23
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431625307

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 199
As jy op soek is na oordenkings wat lewenslank sal verryk en inspireer, is My Allerbeste vir Sy Hoogste ideaal. Dit is 'n klassieke topverkoper met 366 diepgaande oordenkings deur Oswald Chambers. Die wysheid en insig in élke oordenking is so ryk en kragtig dat dit 'n ewige impak het op enige leser. Hierdie pragtige uitgawe is baie meer as 'n geskenk vir 'n spesiale geleentheid - dit is 'n uitnodiging om jou geloof te verdiep. Sedert die eerste verskyning van die Engelse uitgawe in 1934 is miljoene eksemplare wêreldwyd verkoop, en dit word gesien as een van die gewildste Christelike boeke wat ooit geskryf is. Prikkelende, lewensveranderende oordenkings wat nie lank neem om te lees nie, maar jou hart vul met die tydlose waarhede van die Woord.
Publication date: 2015-08-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431614103

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 230
Om saam met Jesus op pad te wees, is 'n wonderlike avontuur. God se kinders het die voorreg om elke dag van die jaar hulle Verlosser by hulle te hê. In 'n Jaar met Jesus maak Jan de Wet Jesus se teenwoordigheid vir jongmense werklik. Hy stap saam met hulle deur die Bybel, van Genesis tot Openbaring en stel hulle voor aan gewone mans en vroue met drome, oorwinnings en mislukkings. Hy gebruik Bybelkarakters soos Dawid, Petrus, Matteus en vele ander om prakties te wys hoe Jesus deur sy kinders werk. Maar die belangrikste is dat hy wys watter belangrike rol Jesus in dié karakters se lewens gespeel het. 'n Jaar met Jesus wys vir jongmense dat Jesus ons beste Voorbeeld is, want Hy is self die weg, die waarheid en die lewe. Voorheen uitgegee onder die titel Wandel met Jesus.
Publication date: 1900-01-23

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.