●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●

Search results: Stephan Joubert

Results 16 to 28 of 28
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431617968

Christelik / Christian: Bibles / Bybels

Christelik / Christian  -  Bibles / Bybels
R 399
Die Boodskap is 'n Bybel wat in moderne Afrikaans geskryf is met 'n enig-in-sy-soort-fokus.
Uitstaande kenmerke van Die Boodskap :
• Dit kommunikeer die onveranderlike Woord van God in 'n taal en idioom wat elke Afrikaanssprekende kan verstaan.
• Beide die Ou en Nuwe Testament is vanuit die oorspronklike Grieks en Hebreeus vertaal.
• Dit bevat versnommers vir maklike naslaandoeleindes en memorisering.
• Dit bied 'n nuwe perspektief op die Waarheid van God soos dit deur die eeue behoue gebly het.
Publication date: 2017-06-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431624454

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 199
Bekroonde outeur Stephan Joubert help lesers in 'n Veilige vesting om opnuut te besef hoe groot God se sorg en liefde vir sy kinders is. Te midde van 'n wêreld wat lyk of dit enige oomblik uitmekaar gaan val, staan een ding vas en seker: Ons dien 'n magtige en getroue God. Die 365 oordenkings lei lesers om weg te kyk van hulle eie swaarkry en krisisse deur slegs op God te fokus en hul geloof prakties uit te leef. Daar ís hoop, daar ís 'n toekoms. Vind die troos en leiding wat slegs 'n liefdevolle hemelse Vader vir sy kinders kan gee.
Publication date: 2017-03-15
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431615469

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 250
366 oordenkings vir 'n lewe in God se genade.

Begin 'n Christus-gedrewe jaar! Dít is waartoe Stephan Joubert jou aanspoor in die 366 dagstukke van Op God se genadepad.

Dié kort en kragtige dagstukke sal jou bemoedig met praktiese raad, Christus-gedrewe voornemens, oomblikÂ-ke vol genade en emmers vol hoop vir elke nuwe dag. Dit sal jou daaraan herinner dat God nie net in elke situasie is nie, Hy is ook in jóú; daarom moet jy so leef dat ander Hom ook in jou lewe kan sien. Hy is die Lig in jou lewe en jy is sy lig in ander se lewens.

Hierdie dagstukke - wat ook in die dagblad Beeld verÂ-skyn het - sal jou laat stilstaan om God se teenÂ-woordigÂ-heid te geniet in 'n wêreld wat Hom soms vergeet te midde van die dolle gejaag.
Publication date: 2016-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431615742

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 150
In die Tuin van Getsemane het Jesus die ondenkbare gedoen: Hy het JA gesê om aan 'n kruis te sterf om jóú te red. En Hy het dit nie blindelings gedoen nie - Hy het geweet waarvoor Hy Hom inlaat ...
In Die dag toe Jesus JA gesê het stel Stephan Joubert jou voor aan die apostel Markus en sy vertelling van die gebeure rondom Jesus se dood en opstanding. Met Markus as jou toergids sal jy toenemend nader aan Jesus voel wanneer jy die las van die kruis op jou eie skouers begin voel.
Jesus het ja gesê om vir ons sondes te sterf. Daarom is dit vandag ons beurt om ook vir Hom ja te sê. Ons doen dit deur Hom te volg en die Goeie Nuus te verkondig waar ons ook al gaan.
In Getsemane het Jesus JA gesê vir 'n pad van lyding wat aan die kruis geëindig het. Maar omdat Hy op die derde dag opgestaan het uit die dood, het gelowiges saam met Hom opgestaan in 'n splinternuwe lewe en ewige oorwinning oor die dood.
Publication date: 2016-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431604258

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 299
Die gesag van die Bybel word vandag al meer bevraagteken; daarom was dit nog nooit so belangrik om die Bybel te bestudeer nie.
Ontsluit die Nuwe Testament is 'n omvattende Bybelreis deur bekroonde skrywer Stephan Joubert. Dit bied 95 studies oor die Nuwe Testament verdeel in 2 dele.
Deel 1 gaan oor: “Hoe verstaan en gebruik ons die Bybel reg?” Daarna volg die studies oor die 27 Bybelboeke in die Nuwe Testament wat telkens die volgende bespreek:
• Die ontstaansituasie.
• Die opbou of verhaal.
• Uitbeelding van die hooffigure en/of die hooftemas.
• 'n Reis deur die boek.
Ontsluit die Nuwe Testament begelei die leser om self dieper te delf ten einde die onderskeie Bybelboeke se teologie, opbou, inhoud, doel, verhaalgang en styl te verstaan.
Publication date: 2016-05-15
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431615315

Christelik / Christian: Devotionals Men / Dagstukke - Mans

Christelik / Christian  -  Devotionals Men / Dagstukke - Mans
R 300
Die hersiene uitgawe van Die Stiltetydbybel vir mans spog nou met Bybelteks uit die Nuwe Lewende Vertaling en 'n splinternuwe baadjie. Dié praktiese Bybel is ideaal vir enige man se stiltetyd. Dit is geskryf vir die man wat hom graag in God se Woord wil verdiep om troos, moed en onderskraging daarin te vind. Dit bevat die hele Nuwe Testament van die Nuwe Lewende Vertaling verdeel in 365 dae met 'n inspirerende oordenking en kern-gedagte vir elke dag. Hierin laat Stephan Joubert die lig van God se Woord val op die man in sy daaglikse lewe: sy beroep, huwelik, gesin, manwees, en vele meer. Die Stiltetydbybel vir mans sal mans wat graag God se leiding in hulle daaglikse lewe wil ervaar tot nuwe hoogtes inspireer.
Publication date: 2016-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431614370

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 149
Spreuke 4:23 sê: "Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen." Stephan Joubert wys in Verander jou kop, verander jou lewe dat hierdie woorde nie verniet in die Bybel staan nie. Jou brein het die vermoë om jou lewe te verander wanneer jy jou denke in 'n nuwe rigting stuur. Stephan wys in hierdie boek vir lesers hoe uniek en spesiaal God ons gemaak het. Hy wys leser hoe hulle hulle geloof kan verdiep en mekaar beter kan verstaan deur kennis van hoe die brein werk. Hy gaan kyk na interessante dinge rondom die brein en sy werking, soos: - Jou brein het die potensiaal om lewenslank te groei en te ontwikkel. - Negatiewe taal beskadig nie net ander se lewens nie, dit beskadig ook jou brein. - Die struktuur van mans en vroue se brein verskil, en daarom doen ons dinge verskillend. - Omdat plastisiteit van die brein afneem in ouerwordende persone, kan dit tot hardkoppigheid of social rigidity aanleiding gee. In hierdie boek sal lesers die skakel ontdek tussen hulle brein, hulle elkedagse lewe en hulle geloof. Want die Bybel sê ons moet God liefhê met ons hele hart en al ons denke en Verander jou kop, verander jou lewe sal lesers help om ook met hulle brein tot bekering te kom.
Publication date: 2016-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431604555

Christelik / Christian: Prayer / Gebed

Christelik / Christian  -  Prayer / Gebed
R 80
Stephan Joubert bekyk in Die wederkoms hierÂ-die onderwerp vanÂ-uit 'n Bybelse perspektief. Hy beÂ-Â-spreek in hierÂ-die boek veelbesproke temas soos: 'Is 21 DesemÂ-ber 2012 die einde?' 'Kan jy die tekens van die tyd regtig reg lees?' 'Die antichris' en 'Lees God se Woord reg, dan verstaan jy die eindtyd reg'.

Te midde van die onsekerhede en vrae los Stephan Joubert die leser in Die wederkoms met die boodÂ-skap dat die Bybel met goeie nuus eindig. God wen! Hy bring uiteindelik 'n splinternuwe wêreld eens en vir altyd tot stand. Daaroor hoef niemand te twyfel nie.
Publication date: 2015-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780796319142

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 140
Geloof in die drie-enige God kom nie aldag maklik nie. Dit bestaan nie maar net uit 'n paar maklike stappe wat jy moet volg as kortpad na geluk nie. Geloof is dikwels 'n opdraande stryd. Dit vra moed om in Christus te glo in 'n wêreld wat nie elke dag sin maak nie - veral wanneer die lewe jou 'n slag hard bygekom het. Dan moet jy die hart van die evangelie goed ken om by al die kitsoplossings wat soos 'n wortel voor jou neus gehou word, verby te stap .
Hierdie boek wil vir jou op die ander kant van die evangelie wys: op 'n boodskap wat ook rekening hou met al die swaarkry, onsekerheid, vrees, skuldgevoelens en pyn.
Stephan Joubert wys in hierdie heruitgawe van sy klassieke boek dat daar ook plek vir twyfelaars en worstelaars by God is.
Publication date: 2015-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431610006

Christelik / Christian: Women's Interest / Vroue

Christelik / Christian  -  Women's Interest / Vroue
R 120
Ons het deesdae maar min tyd vir stil word. Dit beteken ook dat ons min tyd het om te besef hoe buitengewoon ons in God se oe is en hoe waardevol ons vir Hom kan wees - met ons issues en al.
Van futloos tot fantasties! - uit die pen van gewilde outeurs Stephan Joubert en Johan Smith - bied 20 hoofstukke oor onderwerpe wat tot die hart van elke vrou spreek, soos die waarde wat een persoon kan hê, wie ons naaste is, die krag van vreugde, hemelse genade en diensbaarheid.
Van futloos tot fantasties! bied 'n verrykende perspektief op ons lewe hier en nou, en beklemtoon dat al wat nodig is vir 'n waarlik vreugdevolle en fantastiese lewe soms net 'n wyer kyk op die wêreld en sy dinge is.
Publication date: 2015-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431608799

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 130
Jy kan 'n verskil maak in hierdie wêreld - ja, JY! Stephan Joubert kyk in Jy kan 'n verskil maak na die dinge wat jou terughou terwyl dit eintlik binne jou vermoe is om 'n verskil te maak in ander se lewens. Bekendes soos Lindie Strydom en Tom Smith deel ook hulle getuienisse oor hoe ingrypend hulle perspektief op dissipelskap verruim is en hoe hulle sonder geestelike manipulasie vir die Here leef.
Publication date: 2014-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770008427

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 149
In Jesus - 'n radikale sprong nooi Stephan Joubert lesers uit om radikaal ánders oor Jesus te dink; dan sal daar ook nuut oor die kerk gedink kan word. Hy sluit Afrikaanse lesers se koppe oop met 'n vernuwende benadering en slaag daarin om buite die boks, nuut en vars oor Jesus én die kerk te dink en te skryf.
Joubert help lesers met sy verruimende perspektief om raak te sien dat Christene so baie van 'n kerklike kultuur gemaak het en die evangelie so aangepas het dat Christus op die agtergrond geskuif is. Jesus - 'n radikale sprong is 'n dwingende uitnodiging om anders oor die Messias te dink en op die “hakke te stap van Jesus soos wat jy Hom bes moontlik nog nie vantevore ontmoet het nie”.
Publication date: 2009-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781868298884

Christelik / Christian: Bibles / Bybels

Christelik / Christian  -  Bibles / Bybels
R 400
Hardeband. 165 x 240mm. 1684 Bladsye.
Publication date: 2006-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.