●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●

Search results: Elsa Winckler

Results 46 to 55 of 55
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780624079880

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 245
Ridderspoor en rose - Elsa Winckler
Alfaman in Armani - Amelia Strydom


In Ridderspoor en rose sê Alan dat Corinne nie sy tipe is nie; hy soek 'n 'stemmige' vrou wat kliënte beïndruk. Sy sal hom wys presies hoe ónstemmig sy kan wees, sodat hy nooit weer met 'n ander vrou tevrede sal wees nie.

In Alfaman in Armani sit erotikaskrywer Lenka du Plessis se libido regop toe sy vir misdaadfiksie-outeur Adam Ludick ontmoet. Maar sy kan sien Adam is 'n alfaman wat nie in gelukkige eindes glo nie . . .
Publication date: 2016-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780624076018

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Wanneer fotograaf Nicola Meyer agter haar kamera skuil, voel sy veilig en in beheer van haar emosies. Tot Francois Olivier haar soen en haar wêreld laat tol. Hy sien die hartseer raak wat sy wegsteek . . . Nicola probeer om met haar kamera afstand tussen hulle te skep. Maar telkens fokus sy op sy groen oë . . . Geen man het al ooit só na haar gekyk nie. Sal Nicola haar verskansing kan laat vaar? En is dit liefde wat sy deur die lens sien?
Publication date: 2016-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799378047

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Vyf jaar ná 'n vurige soen tussen hulle by haar vriendin se troue, is Eva oortuig dat Henno uiteindelik uit haar sisteem is. Maar hy staan nou lewensgroot voor haar en haar hart tamboer sy naam.
Publication date: 2016-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799378467

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 240
Tussen jazz en rock
Anderkant liefhê
Sonder bagasie.

Tussen jazz en rock: Hy laat haar sweet, swaar asemhaal. En dit oor sy kaal bolyf, sy blouselblou oë, sy bitter sexy boudjies... Sanet is juis voos vir mans. Maar Jak de Beer maak haar mal. Sy ken haarself sowaar nie.
Publication date: 2016-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799376920

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Regard van Niekerk het lankal besluit om nie ernstig oor vroumense te raak nie. Tot hy op 'n doodgewone Maandag amper een raakry wat met 'n skilpad in haar hande in die middel van die pad staan!
Publication date: 2015-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780624072287

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Kinderboekillustreerder Natalie Olivier het geen familie van haar eie nie, maar by haar vriendin Amelie se gulhartige mense voel sy tuis. Totdat Amelie se swaer van Italië terugkeer en saam begin kuier. Die aantreklike Neethling Meyer se sjokoladebruin oë wat heeltyd op haar rus, onthuts Natalie heeltemal. En toe hy haar boonop uit die bloute soen, wil haar hart net nie meer normaal klop nie.
Maar Neethling is 'n beroemde skrywer van rillerromans wat duidelik sy lewe as vrygesel geniet. Het hy dan nie gereeld 'n nuwe pop aan die arm nie? Natalie weet mos hy is nie die tipe wat langtermynverhoudings aanknoop nie. Wat ook al tussen hulle is, sal nie hou nie.
Jare ná haar kinderdae in die weeshuis vind Natalie uiteindelik meer oor haar verlore familie uit en begin sy om haar lewensverhaal in 'n laslapdeken uit te beeld. Maar Neethling se silhoeët duik telkens in haar uitbeelding op. Is hul lewensstories werklik bestem om te vervleg?
Liefde in laslap is 'n liefdesverhaal van twee karakters wat lesers uit Om Amelie se tafel sal onthou.
Publication date: 2015-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780624072188

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 235
Reels van die spel: Twee jaar gelede was Lukas die onweerstaanbare dosent wat Leila se hart gebreek het. Vandag is sy 'n sterker, wyser vrou, en van Lukas het sy al amper vergeet, baie dankie. Tot sy in haar nuwe werkplek instap en sien die meneer Strauss wat haar nuwe baas moet word, is niemand anders nie as einste Lukas, die man wat haar hart onder sy hak vermorsel het. Gou is Leila weer besig om 'n sensuele spel van lus en passie te speel - maar sal haar hart hierdie keer as oorwinnaar uit die stryd kan tree? Sophie en Sophia: Op sewe-en-twintig moet Sophie dit maar erken: sy benodig sekslesse. Sy't dan nog nooit die groot O gevoel nie! Dan gebeur drie dinge tegelyk: Sophie kom in kontak met 'n skrywer van witwarm hygromans, raak lus om te begin blog soos in Julie & Julia, en trek in 'n nuwe woonstel in - langs haar broers se pel Derek. Derek weet veel meer van sensuele sake, en saam-saam beproef hulle allerlei resepte wat hy reeds vervolmaak het. Teen die muur. . . In 'n restaurant . . . In 'n bewegende motor . . .Sophie kan nie uitgeproe raak nie.
Publication date: 2015-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780624070184

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 100
Amelie doen nie groepwerk nie. Sy doen nie motorbestuur nie, en sy doen ook nie mans wat vir haar lelies of juweliersware aandra nie. Ja, sy't 'n bietjie bagasie - en wie het nogal nie?

Maar wanneer spanbou-spesialis en bedryfsielkundige Chris op die prentjie verskyn, en boonop veroorsaak dat Amelie 'n ver ent pad moet ry om sowaar in simpel groepies te gaan rondfoeter, word haar wêreld op sy kop gedraai. Die man sukkel met haar en weet nét watter knoppies om te druk.

Wanneer sy Chris leer ken en besef hy't 'n groot, luide familie - presies die soort wat sy so graag om 'n gesellige etenstafel in haar eie tuin sou sien, die soort waaroor sy droom sedert haar ouers se ontydige dood - is haar kop aan die draai. Dit verg allerlei ompaaie, en harde werk van Chris se kant, om deur Amelie se bagasieknope te sny. Sal sy haar dinge kan laat staan en die familie wen waarna sy so smag? En dít voor Chris besluit sy's net té veel moeite?
Publication date: 2014-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799358476

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 75
Cara en haar vriendin Lana se broer Henry kon mekaar nog nooit verdra nie. Of is dit maar hoe mense optree wat eintlik van die begin af te veel van mekaar gehou het? Hulle storie het al in Waar liefde lê en Want daar's skoenlappers begin ...
Publication date: 2012-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799355260

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 75
Lana sien regtig nie kans vir die passievolle omgewingskundige wat 'n Kilimandjaro-ekspedisie reël nie. Sy vrees berge. En sy vrees die uitwerking wat hierdie dinamiese en hartstogtelike man op haar het.
Publication date: 2012-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.