●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181860

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Alistair Ackermann
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 59Jy spaar R 101
Die Dreadnought is reg vir aksie, ouma Hester se harnaspakke is gelaai met plofbare verrassings en haar yskas kreun onder die smulgoed! Maar wat gaan sy in Kanada maak en nogals by PESBEHEER, PILLE & PREPARATE van alle plekke? Sal Mamma vir Tian en Lisa laat saamgaan? En wat vang die bose dokter Lewendkerwen alles in haar onderwaterse laboratorium aan? Gelukkig laat ouma Hester en Graatjie nie met hulle mors nie!
Publikasiedatum: 2021-04-22
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624090793

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Elizabeth Pulles
Kinders  -  Uitverkoping
R 205
R 69Jy spaar R 136
Ster bly by haar broer en sy vrou op 'n plaas. Een nag word sy wakker en 'n erdvark staan langs haar bed, sy snoet op die lakens.'Kom verken die wêreld saam met my,' nooi hy. En so neem die erdvark vir Ster op 'n nag van snuffel en ontdek. Hulle gaan op ander nagtelike ontdekkingstogte daarna, want die erdvark wil vir Ster die ander skaam diere wys, die skugter vyf: die erdvark, oewerkonyn, Kaapse luiperd, ietermagog, en wit leeu.
Publikasiedatum: 2020-10-05
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358069

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Opregte liefde is onbreekbaar
Lunaise vestig haar op Kosiebaai na 'n liefdesteleurstelling. Hier aan die ooskus van Afrika vind sy vrede en genesing in die tropiese water van die warm Mosambiekstroom. Totdat Rolf Pfeiffer een aand onverwags by haar voordeur opdaag en deur al haar skanse breek sonder om 'n vinger verroer. Skielik bevind sy haar tussen meer beeldskone vroue om Rolf se hart te wen. As befaamde fisioterapeut stort sy haar hart en siel daarin om Rolf se peetkind, Ingrid, te behandel na 'n ernstige vliegtuigongeluk waarin sy die gedeeltelike gebruik van haar een ledemaat verloor het. Lunaise se hart word 'n oseaan waarvan die getye haar dwing om soms asemloos tussen hoogwater en laagwater te oorleef. Maar 'n man met die getye in sy oë trek haar veilig onder sy skouer in en wys haar hoe die toekoms wel kan lyk. Kan hierdie twee mense die aanslae van die lewe deurstaan sodat hulle liefde vir mekaar kan seëvier?
Publikasiedatum: 2022-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776356867

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Liefde kan jou siel genees
Zadelle, die nuwe dokter op Groeneweide, dra 'n donker geheim en stel geensins belang in enige verhouding nie. Totdat sy vir Jacques Greyling, 'n aantreklike beesboer ontmoet. Jacques verloor sy hart op Zadelle en is vasberade om haar vir homself te wen, maar vind gou uit dis nie so maklik nie. Jacques is egter 'n Greyling en deins nie terug vir enige uitdaging nie. Zadelle oorweeg 'n verhouding met Jacques, maar eers moet sy vir berading by die plaaslike dominee gaan om haar te help om haar verlede te verwerk. Sal Jacques haar verwerp as hy die waarheid oor haar verlede uitvind? Kan sy haar probleem oorkom? Jacques vind wel die waarheid uit, maar dit maak 'n sterker beskermingsdrang binne hom wakker. Hy werp alles in die stryd om haar te help en saam moet talle struikelblokke oorkom voordat hulle geluk kan vind.

Nog 'n inspirasieverhaal met baie hart wat op die dorp Groeneweide afspeel.
Publikasiedatum: 2022-06-03
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799395730

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Yolandi Prins
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 59Jy spaar R 101
Selfs monsters se tande water vir pizza …
Zia se pa het die beste werk op aarde. Hy lewer pizza af!
Vanaand gaan Zia vir die heel eerste keer saam met hom op sy bromponie ry. Hulle gaan drie REUSAGTIGE monsterpizzas aflewer …
Maar as 'n mens pizza aflewer, kan jy vreemde mense ontmoet … en baie vreemde dinge kan gebeur!

Hierdie is 'n humoristiese, toeganklike boek geskik vir beginner- en intermediêre lesers. Daar is min boeke vir lesers in hierdie ouderdomsgroep. Trefwoorde: humor, ouers, geheimsinnge gebeure, avontuur.
Publikasiedatum: 2019-08-26
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781775620419

Christelik / Christian: Uitverkoping / Sale

Christelik / Christian  -  Uitverkoping / Sale
R 250
R 79Jy spaar R 171
God se raadsplan vir sy skepping strek van voor die grondlegging van die wêreld af tot in die nuwe hemel en die nuwe aarde. God laat alles volgens sy raadsbesluit gebeur, ooreenkomstig sy ewige voorneme wat Hy in Christus Jesus uitvoer. Die plan van God het talle fasette, waaronder die verlossing van mense in Christus, die kerk se rol en plek, Israel en die nasie asook baie profetiese aspekte wat in die eindtyd in vervulling sal gaan. God se raadsplan bereik sy hoogtepunt in die koninkryk van God wat op aarde opgerig sal word, met Christus as koning. Die manier waarop God sy raadsplan tot verwesenliking gaan bring, word in die onvoorwaardelike Bybelse verbonde en profesieë uitgespel.
Publikasiedatum: 2019-08-23
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920593094

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 100
R 49Jy spaar R 51
Hierdie pragtig geillustreerde boek geskryf deur Ewald van Rensburg, is propvol inspirerende stories met kleurvolle karakters. Een hiervan is dapper Bomani, 'n baie spesiale meerkat wat jong kinders sal aanmoedig om anders te lewe terwyl hulle deur sy wonderlike avonture vermaak word. Die ideale boek vir ouers en versorgers van jong kinders. Daar is 3 verskillende stories. Na elke storie is daar 'n toepassing, 'n verwysing na 'n Bybelteks, 'n gebed asook 'n prentjie-aktiwiteit.
Publikasiedatum: 2018-11-10
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388817

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Dale Blankenaar
Kinders  -  Uitverkoping
R 220
R 89Jy spaar R 131
'n Skreeusnaakse versameling skaterlagstories!
Kom eet by die Swakste Restaurant in die Heelal.
Vind uit wat gebeur as jy met supergom aan die mooiste meisie in die skool vasgeplak word.
Ontmoet die seun wat Arnold Schwarzenegger se springmielies geëet het.
Gee vir tannie Breggie 'n ou soentjie - as jy dapper genoeg is!
Vind uit hoe 'n mens toonkonfyt maak.
En ontdek hoe 'n bol kougom die wêreld kan red ...
GIGGEL, GIL, BRUL, PROES, SNORK en SKATER van die lag met hierdie versameling skreeusnaakse stories uit die pen van die gewilde Jaco Jacobs. Hierdie bundel kortverhale bevat tien stories wat gewaarborg is om jong lesers se lagspiere oortyd te laat werk.
Inhoud
- Iets in die water
- Dis amper onmoontlik om saggies op 'n elektriese kitaar te speel
- Haai! Jy's mos Brandon Skye!
- Kom gee my 'n ou soentjie ...
- Die dag toe Karlo Karelse se kougom die wêreld gered het
- Toonkonfyt
- Stadsjapies
- Die Swakste Restaurant in die Heelal
- Die seun wat Arnold Schwarzenegger se springmielies geëet het
- Supergom
Publikasiedatum: 2018-08-10
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431626588

Christelik - Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Steve Brown
Christelik - Kinders  -  Uitverkoping
R 35
Kom leer jou kleinding van Paasfees met Klein Beertjie, wat graag Bybel lees en daarvan hou om van God te leer. In Klein Beertjie leer van Paasfees vertel Pappa en Mamma Beer vir Klein Beertjie van die opwindende verrassing daardie eerste Paasfees toe Jesus opgestaan het uit die dood. Hierdie pragtige volkleur-boekie vertel kinders tussen 3 en 6 van Jesus se opstanding en die ware betekenis van Paasfees. Die vrae agter in die boekie wat aansluit by die tema sal kinders help om die waarheid hul eie te maak.
Publikasiedatum: 2023-05-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358045

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
'n Ware liefdesverhaal het geen einde nie
Vlak vyf van grendeltyd vang Améli de Klerk onkant. Ingeperk in 'n dakwoonstel in die middestad met kunsvoorraad wat boomskraap is en vinnig krimp. Alleen met haar kat, beklem die verlate stadstrate haar totdat sy 'n
onverwagse ontsnappingsroete ontdek na 'n ander wêreld waar sy haar droomheld ontmoet. Gideon Barnard is 'n sakeman en mede-eienaar van 'n familiebesigheid, 'n helikoptervlieënier en fotograaf. Hy is dinamies, intelligent en 'n man wat weet wat hy uit die lewe wil hê. Vir Améli is hy die man van haar hart en herontdek sy haar skeppingsvermoë saam met hom. Maar kan die droomman die werklikheid oorleef?

Hierdie boek is 'n heerlike liefdesverhaal wat tussen die middeleeuse en moderne tyd wissel. Interessante geskiedkundige gebeurtenisse en inligting soos die Swart Dood en middeleeuse kruiemedisyne word in die verhaal aangehaal.
Publikasiedatum: 2022-08-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352579

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Kan liefde alle struikelblokke oorkom?
Anika was maar al te bly toe Ivan, haar vriend, so vinnig vir hul albei werk gekry het by die magtige eiendomsmagnaat, EVS. Dinge het aanvanklik goed begin, totdat die ontwikkelaar, Hugo, Anika se voete onder haar uitslaan. Anika sukkel om ʼn balans te vind tussen haar nuwe werk en haar gevoelens vir Hugo. Wat sy nie besef nie, is dat daar veel meer in die familiebesigheid skuil. Hugo is nie wie hy sê hy is nie, en Ivan is nie die vriend wat sy gedink het sy ken nie. Boonop is daar ʼn ondersoek na bedrog geloods en Anika is die hoofverdagte. Hoe sal die nuutgevonde liefde die stryd wen tussen al die misverstande, leuens en korrupsie?
Die verhaal speel af in 'n korporatiewe omgewing en het witboordjiemisdaad en geskende vertroue tussen geliefdes as onderliggende temas.
Publikasiedatum: 2022-08-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352050

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Tyd kan nie liefde beperk nie.
Marcelle ontmoet vir Sebastian by ʼn partytjie. Nog nooit het sy so ʼn vreemde, aantreklike en onbeskryfbare arrogante mansmens ontmoet nie. Voordat Sebastian nog haar naam weet, maak hy alreeds ʼn afspraak met haar. Nie eens die feit dat sy skynbaar getroud is skrik hom af nie. Hy maak dit duidelik dat hy in haar belangstel en vasberade is om haar te besit - maar net vir ʼn seisoen of twee.
Marcelle is nie heeltemal blind vir sy aantreklikheid of bestand teen sy sjarme nie, maar ingee gaan sy beslis nie. Wanneer ʼn ramp haar sakeonderneming tref, leer sy ʼn ander kant van Sebastian Rigter ken. Sy ontmoet die ware man. Die een wat Sebastian self nog moet ontdek. Haar opinie oor hom verander teen haar eie beterwete en sy verloor haar hart. Al is sy en Sebastian net tydelik. 'n Seisoen of twee is beter as niks.
Publikasiedatum: 2022-05-06
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776356829

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Sy moet werk, hy kom speel, nou moet hulle 'n grensdraad deel.

Katryn soek nie 'n nuwe man nie. Sy is gelukkig om vir ewig Paul se weduwee te wees, al het hy haar hart gebreek. Die man wat langs haar plaas, Kleine Paradys, intrek, is egter nie net enige man nie. Nee, hy's 'n sexy dokter wat niks van boer af weet nie en sy word gereeld na sy plaas ontbied om te kom help met 'n krisis. Axel weet sy beeldskone buurvrou het geheime, maar dit gaan hom nie afskrik nie. Hy het immers Soete Waters gekoop sonder om enigiets van boerdery te weet. Hy sal haar net moet oortuig dat hulle nie só verskillend is nie. En dat sy eerder vir hom moet kies as haar ander buurman. Dié mag dalk alles van die plaas weet, maar hy weet niks van vroue nie.

Santi is self 'n weduwee en sy het Katryn se verlies met merkwaardige sensitiwiteit hanteer.
Publikasiedatum: 2022-03-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928407515

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 55
R 20Jy spaar R 35
Publikasiedatum: 2022-01-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928431220

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 55
R 29Jy spaar R 26
Publikasiedatum: 2022-01-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.