●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928201250

Nie-fiksie / Non-fiction: Uitverkoping / Sale

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Uitverkoping / Sale
R 250
R 99Jy spaar R 151
Slegs volwassenes ...Dis kostelik om te sien hoe iemand wat 'n happie neem van wat op die oog af soos 'n doodgewone kolwyntjie lyk en dan uitvind dat dit eintlik 'n kinkel in die vorm van 'n gewilde drankie bevat, se gesig ophelder. Die skrywer van Kolwyntjies met skop het baie jare in die buiteland deurgebring waar haar man gewerk het, en daar begin eksperimenteer met kolwyntjies wat alkohol in verskeie vorms bevat. Sy kon sommer gou skaars voorbly om in die vraag daarna te voorsien. Hierdie versameling resepte is deeglik getoets, verfyn en waar nodig aangepas om te verseker dat hulle feitlik flatervry is. Sommige kolwyntjies se versiering bevat likeur, by ander is daar wyn of bier in die beslag self, en by verskeie word jou hap na die middel toe beloon met 'n verleidelike, loperige binnekant van die gewildste skemerkelkies. Stap-vir-stap-aanwysings verduidelik presies hoe elke kolwyntjie gemaak word, en hoewel dit in hierdie boek nie gaan oor koekversiering as sodanig nie, sluit die skrywer fantastiese idees in om die kolwyntjies so op te dollie dat dit so 'n ietsie van die ongewone aard daarvan weerspieel.
Die lieflike volbladfoto's van elke baksel kolwyntjies sal selfs die traagste bakker aanspoor om die resepte op die proef te stel, en die nuttige wenke wat deurgaans verskyn, sal help om sukses te verseker. Daar is ook heelwat voorstelle vir alternatiewe en aanbevelings vir plaasvervangers as jy nie spesifieke drankies in die drankkabinet het nie. Met omskakeltabelle, basiese inligting oor kolwyntjies en feite oor alkohol en hoe dit in beslag en versiersuiker reageer, het jy toegang tot alles wat jy moet weet om jou eie kolwyntjies met skop te bak. Of jou gunstelingdrankie Pina Colada of blos-vonkelwyn, Mai Tai of chardonnay is, hierdie boek wil jy he - laatmiddagtee sal net nooit weer dieselfde wees nie!
Publikasiedatum: 2014-08-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781406347692

Children: Sale

Children  -  Sale
R 245
R 99Jy spaar R 146
A boy. A girl. A bump. Trouble. A smart, touching and funny contemporary young adult book from an extraordinary new talent

Hannah's smart and funny ... she's also fifteen and pregnant. Aaron is new at school and doesn't want to attract attention. So why does he offer to be the pretend dad to Hannah's unborn baby? Growing up can be trouble but that's how you find out what really matters.
Publikasiedatum: 2014-06-14
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300663

Nie-fiksie / Non-fiction: Uitverkoping / Sale

Illustreerder: Fred Mouton
Nie-fiksie / Non-fiction  -  Uitverkoping / Sale
R 180
R 79Jy spaar R 101
Verlang jy ook soms, soos ou Suidwesters, na vervloë dae se kerkbasaars, geselsies maak met sout-van-die-aarde-karakters of night caps in die Nord Hotel se kroeg? Dink jy ook met heimwee terug aan karavaanvakansies, Etosha se kilometers bos- en vlaktewêreld en ure se gesels om die braaivleisvuur?
Met Verdriet se moses neem Helm Jooste sy lesers op 'n nostalgiese reis na daardie Suidwes: 'n Plek waar vrinne mekaar help om verdriet af te skud, waar elke kuier eers met 'n laaste kleine Kleine afgerond moet word, en jeugdige joligheid 'n mens jare later nog kan laat skater. Lees hoe 'n misleidende ontmoeting met 'n loskop net die regte medisyne vir 'n ontspoorde wewenaar geword het, hoe 'n weerbarstige motortoeter byna tot moord gelei het en hoe vier gestrande manne maak as 'n hotel ontydig tjokkenblok vol is.
Verdriet se moses volg op Helm Jooste se eerste twee boeke: Daar doer in Duitswes (1989) en Dinge daar doer (1992), waarmee hy verwelkom is as 'bobaasverteller oor die ou dae in Namibië'.
Verskeie humoristiese vertellinge van Helm Jooste word in hierdie boekie saamgevat. Meeste van die vertellinge handel oor die ou Suidwes.
Publikasiedatum: 2014-06-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195274

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 65Jy spaar R 95
Mamma Lucinda.
Sy het 'n onpeilbare hart.
Haar oë is rooi, haar gedagtes is swart.
Mamma Lucinda.
Sy is nou eenmaal ongewoon.
'n Rare mamma uit 'n nare droom.
Sy het 'n bleek vel en kloue vir hande,
en vreeslike skerp oogtande.

Wat doen jy as jy agterkom jou mamma is nie soos ander mammas nie? As jy sien sy drink bloed in plaas van wyn en dat haar oogtande nogal skerp is? Mamma Lucinda is 'n verhaal oor 'n mamma wat anders is.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869196998

Kinders: Uitverkoping

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 50Jy spaar R 100
Rooikappie en die wolf, die ouma en die jagter. Die karakters van die beroemde fabel is aan almal bekend. Maar uit dié illustrasies kan 'n mens egter aanvoel hoe verskillend die karakters se eienskappe, die landskappe en die atmosfeer van die oorspronklike fabel kan wees. Miskien is selfs die afloop van hierdie weergawe anders. Hierdie boek is 'n uitnodiging om nie na die gelui van 'n enkele klok te luister nie; om altyd ander se motiewe te probeer verstaan. In hierdie boek doen die skrywer juis dít, en nooi hy die leser uit om na te dink.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199357

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Illustreerder: Piet Grobler
Kinders  -  Prenteboeke
R 170
R 65Jy spaar R 105
'n Humoristiese rymvertaling oor 'n onderwerp waarvan maklik weggeskram word. 'n Koning wat bang is om dood te gaan, beraam saam met sy geleerdes 'n plan om ontslae te raak van die Dood. Vir jare aaneen word nuwe babas gebore, maar geen siel gaan verlore nie. Wat sal gebeur as die diere uitgekuier is op aarde?
Publikasiedatum: 2013-11-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199708

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 49Jy spaar R 111
Lek gou aan 'n suurlemoen en kyk hoe lyk jy in die spieel. So suur soos wat jou gesig nou lyk, so lyk die broers Harry en Huibert Suur s'n altyd. En hulle hou boonop daarvan! Suig gou aan 'n suikerklontjie en lees wat gebeur wanneer Harry en Huibert op 'n dag 'n kaartjie in die pos kry wat hulle rustige lewe omkeer.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780545556293

Children: Sale

Children  -  Sale
R 220
R 89Jy spaar R 131
When you're with Geronimo Stilton, it's always a fabumouse adventure! Rancid rat hairs, the pirate cats are coming to town! They're planning on stealing New Mouse City's Statue of Liberty and taking it back to Cat Island. They think it's completely made of gold! My friends and I are determined to protect our city's precious symbol. But can we stop these fearsome felines?
Publikasiedatum: 2013-09-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199418

Fiksie: Uitverkoping

Vertaler: Daniel Hugo
Illustreerder: Klaas Verplancke
Fiksie  -  Uitverkoping
R 160
R 79Jy spaar R 81
Reinaard die vos is 'n unieke skelmroman wat miljoene lesers oor die hele wêreld al meer as 700 jaar boei. Dit is een van die beroemdste boeke uit die Middelnederlandse literatuur. Henri van Daele het hierdie klassieke werk herskryf.
Reinaard die vos is een van die boeiendste Middelnederlandse tekste wat behoue gebly het. Dit is in Vlaandere geskryf rondom 1260. In meer as een opsig is dit 'n merkwaardige boek.
Ons weet byvoorbeeld van die skrywer niks meer nie as dat hy Willem is 'wat Madoc gemaak het'. (Madoc moet 'n ander boek deur Willem wees, maar dit het verlore gegaan.) Merkwaardig is ook dat Reinaard die vos wegbreek van die tradisie van die ou fabels of diereverhale. Willem van Madoc se vosverhaal is 'n bytende satire op die destydse politieke, sosiale en godsdienstige (wan)toestande. Die dinge wat deur Willem aan die kaak gestel word, is inderwaarheid vandag nog deel van ons samelewing. In ongeveer 1375 verskyn uit die pen van 'n onbekende skrywer 'n vervolg op Willem se Reinaard as Reinaard se geskiedenis.
Henri van Daele het hierdie twee Middelnederlandse rymende eposse naatloos aanmekaargelas en dit in soepel prosa herskryf.
Publikasiedatum: 2013-08-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199487

Fiksie: Uitverkoping

Vertaler: Daniel Hugo
Fiksie  -  Uitverkoping
R 250
R 99Jy spaar R 151
Netnou gaan ek melk. Môreoggend gaan ek weer melk. En die res van die week natuurlik ook, én volgende week. Maar dit is nie meer genoeg nie. Ek dink nie ek kan meer my kop onder die koeie insteek om op dié manier die dinge hul gang te laat gaan nie. Soos 'n idioot.

Sy hele lewe lank doen Helmer iets wat iemand anders moes doen. Toe sy tweelingbroer Henk op neëntien sterf, moet Helmer sy literatuurstudie in Amsterdam staak en saam met sy pa die plaaswerk doen. Ná sewe-en-dertig jaar is Helmer se pa sterwend. Helmer dra hom na die boonste verdieping van die plaashuis waar hy sy siekbed moet deurbring. Noudat sy pa nie meer bevele kan blaf nie, is dit Helmer se kans om wraak te neem. Of om homself te leer ken en te doen wat sy hart hom voorskryf.
Bo is dit stil is pragtig geskryf, ingetoë en helder, met tallose besonderhede oor die daaglikse boerelewe op die koue, nat Nederlandse platteland.
Publikasiedatum: 2013-07-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199333

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 55
Dit is aand in Wemelstad. Mense en diere slaap rustig - oftewel, sommige. Ander is in die laat ure eers oppad êrens heen en hulle beleef opwindende dinge soos 'n Boekwurmaand in die biblioteek, 'n partytjie in die park of aanskou selfs hoe die polisie 'n dief vastrek. Rotraut Susanne Berner se boek vertel van vladderende vlêrmuise, maanligstappies en snoesige beddens. Van allerhande dinge wat op 'n luilekker somersaand in Wemelstad gebeur.
Publikasiedatum: 2013-06-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199388

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 65Jy spaar R 95
Martie is 'n ongeduldige, woelige kind.
Alles moet sommer dadelik gebeur. Nou! Dadelik!
Haar ouma is net soos sy en dié twee verstaan mekaar goed. Op 'n dag word Ouma siek en sy kan haar woorde nie meer vind nie. Die grootmense behandel die siek vrou asof sy 'n kind is, maar vir Martie is sy steeds die kragtige, pragtige ouma wat net sy verstaan.
'n Ontroerende storie en 'n wondermooi prenteboek vir jonk en oud.
Publikasiedatum: 2013-06-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197582

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 150
R 65Jy spaar R 85
In die middel van die nag sien Martiens dit vir die eerste keer: die vlinders. Hulle vlieg om sy kop rond, een miljoen van hulle. Martiens weet nie waar die vlinders vandaan kom nie, maar sy ouers verstaan. 'Dis tyd om te gaan,' sê hulle en gee vir hom alles wat hy op pad sal nodig kry.

Een miljoen vlinders is 'n verhaal oor grootword, weggaan, verlief word en weer huis toe kom.
Publikasiedatum: 2013-06-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197711

Kinders: Uitverkoping

Kinders  -  Uitverkoping
R 40
'n Oulike kykboek met illustrasies van Fimo-klei gemaak deur Ann de Bode.

Ons reis deur die tyd vanaf die Neanderdalmens tot nou, en sien hoe hulle woon, hulself warm hou, watter troeteldiere hulle aanhou en soveel meer!
Publikasiedatum: 2013-06-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780857892027

Fiction: Sale

Fiction  -  Sale
R 250
R 89Jy spaar R 161
In her garden, ensconced in the lush vegetation of the Western Cape, Clare Wald, world-renowned author, mother, critic, takes up her pen and confronts her life. Sam Leroux has returned to South Africa to embark upon a project that will establish his reputation - he is to write Clare's biography. But how honest is she prepared to be? Was she complicit in crimes lurking in South Africa's past; is she an accomplice or a victim? Are her crimes against her family real or imagined? In the stories she weaves and the truth just below the surface of her shimmering prose, lie Sam's own ghosts.
Publikasiedatum: 2013-04-04
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.