●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R500 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776358083

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Liefde maak twee harte een
Christeline Samuels is pas terug ná sy haar doktorsgraad in Noorweë verwerf het. Haar prioriteite vir die toekoms is eenvoudig: 'n suksesvolle akademiese loopbaan, en om die vervreemding van haar ouers te verwerk. Maar Chrissie se vriendin, Beth, en die res van die vriendegroep het egter ander planne. Rodney Philander mag op die oog af net die mede-eienaar van 'n tuindiens wees en daarby 'n oppervlakkige grapjas, maar dié wat hom ken, weet dat daar meer in hom steek as wat hy voorgee. Op 'n lentebesoek aan Namakwaland doen die groep vriende hulle bes om Kupido te speel. Chrissie en Rodney wil egter nie ingee teenoor mekaar nie en probeer om die aantrekkingskrag tussen hulle te ignoreer. Die mag van 'n blom moet egter nie onderskat word nie.
Hierdie boek is die vierde deel van 'n reeks deur Marilé Cloete. Beide karakters verskyn in Romanse in Rock, Man met 'n hart en Projek ware liefde.
Publikasiedatum: 2022-08-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352432

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Liefde is altyd die moeite werd om voor te veg
Ná 'n verhoudingsdroogte van twee jaar, raadpleeg arbeidsterapeut Lulu du Randt 'n man wat hom uitgee vir 'n verhoudingsraadgewer. Onbewustelik skop sy Kobus Botha, alias Romeo Montague, se voete heeltemal onder hom uit met hul eerste ontmoeting. Hy trap tydens die sessie só klei dat Lulu eerder op die rak sal bly sit as in sy kamtige spreekkamer. Dit neem nie lank nie voordat sy besef dat die einste Kobus baie beter vaar in die liefde se praktiese sy as met die teorie. Kobus se vriende maak die lewe ook nie vir hom makliker wanneer dit kom by sy verhouding met Lulu nie. Sy word Kobus se grootste uitdaging en hy werp alles in die stryd tot geluk. Maar is dit genoeg om Lulu se hart te wen?
Publikasiedatum: 2022-07-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351879

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Die hart soek wat die hart soek.
Elizma Victor werk baie hard om vir haar jong seun, Luka, ʼn goeie ma te wees en om hom te beskerm. Hulle huisie by die see behoort hom veilig te hou van die lelik in die wêreld wat haar al vir jare teister. Sy sal seker maak hy word nie blootgestel aan hartseer of swaarkry nie. En Luka gaan nooit, ooit sy pa ontmoet nie.
ʼn Werksgeleentheid lok Elizma Hermanus toe. Die misterieuse skrywer, Zander Adlam, wil hê sy moet drie van sy boeke vertaal, maar sy weet niks van die man af nie. Hy is ʼn hermiet en lyk haweloos, maar sy kon haar nie voorberei op hoe bekend sy oë is nie. Alexander Adendorff, Luka se pa en haar jeugliefde, het haar weer gevind en dis asof die jare se seer verdwyn soos seeskuim. Hierdie keer sal sy egter nie vir sy sjarme val nie. Sy moet haar hart verhard, hom op ʼn afstand hou en fokus op haar werk. Sy moet ook haar kind van hom weghou. Maar die hart soek wat hy soek ...

Hier is René weer op haar beste; snaaks en diepsinnig, met karakters wat jou bybly lank na die laaste blad. Die boek ondersoek die tema van tienerswangerskap met deurnis en sensitiwiteit.
Publikasiedatum: 2022-02-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799345186

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Uitverkoping
R 220
R 79Jy spaar R 141
Is jy gereed vir 'n middernagfees? Vampiere, weerwolwe, 'n zombie-poedel, besoekers uit die buitenste ruim, 'n monstertoilet ... Dit is net 'n paar van die vreemde en vreeslike goed op die spyskaart in hierdie heerlike bibberboek!
Publikasiedatum: 2013-10-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620504621

Nie-fiksie / Non-fiction: Uitverkoping / Sale

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Uitverkoping / Sale
R 199
R 49Jy spaar R 150
66 pages (complete) with CD. In English and Afrikaans.
Publikasiedatum: 2011-01-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351619

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Liefde kan soms 'n onverwagse wending neem
Fea Furstenburg besluit impulsief om te bedank by die gewilde Wiehahn Dierekliniek. Ongelukkig lei dit daartoe dat haar verhouding met die skatryk Marius Wiehahn skipbreuk ly. Voordat sy die kliniek se stof finaal van haar
voete afskud, ontmoet sy 'n vreemdeling met blou oë en 'n weerlose mond in 'n perdestal wat 'n vreemde emosie in haar wakker maak. Fea begin 'n nuwe lewe as veearts in 'n rehabilitasiesentrum op 'n wildsplaas vol verrassings en uitdagende ervarings. Tot haar verbasing herken sy die aantreklike plaaseienaar, Steph, as die vreemdeling in die perdestal. Net toe hul verhouding begin ontwikkel, daag Marius skielik uit die bloute op en bied
sy onvoorwaardelike liefde aan haar. Na 'n vreesaanjaende nag tussen wilde diere en die bedrywighede van 'n sindikaat wat vir Fea aan smokkelhandel verbind, kry sy sekerheid oor die liefde en aan wie haar hart behoort.
Publikasiedatum: 2022-09-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352456

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Liefde kom onverwags
Anabel Verhage is die enigste dogter van welgestelde ouers en het pas klaar studeer. Sy gaan kuier by haar tante Jinni op die Seychelle terwyl sy werk soek op die internet, min wetende dat sy meer as net werk op die eiland gaan ontdek. Dokter Jerome D`Espeville is geskei en het ʼn vyfjarige dogtertjie. Hy woon saam met sy geliefde stiefma, Jinni, in ʼn groot plantasiehuis op die eiland. Hy is nie haastig om weer te trou nie, al het sy teatersuster haar oog op hom. Anabel se teenwoordigheid in die huis kom krap Jerome se kop heeltemal deurmekaar. Saam met haar ontdek hy weer die ligter sy van die lewe en begin hy weer in liefde hoop. Maar sal Anabel sy verlede en kind aanvaar en 'n kans op geluk waag?
Publikasiedatum: 2022-08-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352036

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Liefde is tydloos
Juliette het altyd gedink haar oupa se stories oor sy silwer sakhorlosie wat oor magiese kragte beskik was sommer versinsels. En toe beland sy in die een en twintigste eeu nadat sy en Juli, haar nasaat van driehonderd jaar later, plekke geruil het. Luan Beukes het sy hande vol met die vrou wat sy aangenome suster se plek kom inneem. Hy ontdek dat hy dit geniet om haar touwys te maak oor die ingewikkeldhede van die hede, want hierdie vrou maak iets in hom wakker wat hy nooit te wagte was nie. Juliette ontdek op haar beurt weer 'n innerlike krag en begin stadig maar seker aanpas in die moderne wêreld. Boonop begin sy vir Luan leer ken en dis nie
lank voor hy haar hart behoorlik by haar vreemde nuwe klere wil laat uitspring nie. Dalk was die omruiling toe nie so ontydig nie…
Ontydig is die derde verhaal in Madelie Human se tydreis-reeks. Dit speel af in twee tydsones in Stellenbosch en volg op Tydloos en Jaargety. Hierdie is 'n stomende verhaal met 'n paar unieke liefdestonele.
Publikasiedatum: 2022-08-30
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352098

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Is liefde genoeg om werklik te kan vergewe?
Amelia besef haar besluit om te gaan kyk waar haar wortels tussen die Rooiberge in die Noord-Oos-Vrystaat begrawe lê, is onverstaanbaar vir haar aangenome familie. Sy wil egter antwoorde gaan soek. Wie was haar biologiese ma regtig en waarom het geen familie haar probeer opspoor na haar ma se skielike dood toe sy nog 'n baba was nie? Tussen die stofstrate van Clarens vind sy egter meer as waarop sy gereken het en verloor haar hart onverwags in die proses. Dirk word daardie iemand êrens wat sy so heldhaftig in haar dagboek aangeteken het, maar nooit gedink het sy eendag gaan ontmoet nie. Net jammer sy is nie seker waar “klitsgras Christie” in sy lewe pas nie.
Publikasiedatum: 2022-07-01
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352333

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Kan liefde die vrees vir verwerping oorkom?
Geneviève van Vuuren, oftewel Jenny, se sprokieshuwelik word onverwags deur haar verloofde afgestel. Kwaad, hartseer en teleurgesteld besluit sy impulsief om saam met haar suster en swaer met ʼn kampeerwa deur Italië te gaan reis. Alles verloop goed, totdat die losbol wêreldreisiger, Reinhard Prinz, hulle op die laaste nippertjie vergesel. Al wat Geneviève met Reinhard in gemeen het, is die feit dat hulle albei as kinders deur ʼn ouer verlaat is. Nie een van hulle vertrou die teenoorgestelde geslag nie en is ook nie van plan om van mening te verander nie. Al probleem is die aantrekkingskrag wat vinnig duidelik raak.
Geneviève en Reinard is nie blind vir hul gevoelens nie, maar ook nie gereed om dit met mekaar te deel nie. Is die vrees vir verwerping sterk genoeg om in die pad van hul geluk te staan?

Hier neem Rene lesers op reis na Italië, wat ʼn heerlike agtergrond tot die ontknopende romanse bied. Die verhaal hanteer temas soos hartbreek en verwerping, maar wys hoe liefde selfs die swaarste gemoed kan lig.
Publikasiedatum: 2022-05-06
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776352319

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 110
R 50Jy spaar R 60
Om werk met plesier te meng vra na moeilikheid.
Janneke Lombard werk vir die aantreklike joernalis, skrywer en avonturier, DeWet Combrink. Sy hou van haar werk en is gewoond daaraan om hom te vergesel waar hy ook al gaan werk. Maar om saam te gaan vakansie hou? Daarvoor is sy nie aangestel nie. Ook nie om sy suster se drie kinders op te pas nie. Hoe meer tyd Janneke egter saam met DeWet en die kinders deurbring, hoe meer raak sy bewus van haar gevoelens vir die man. Gevoelens wat beslis nie tussen ʼn werknemer en haar baas hoort nie.
Sy het lankal besluit dat sy nie weer wil seerkry nie - liefde en seerkry gaan immers hand-aan-hand. De Wet mag dalk belangstel in haar lyf, maar is dit genoeg? Boonop is die verhouding tussen hom en sy eksvrou duidelik nie heeltemal verby nie. Vir hom is Janneke dalk net nóg ʼn avontuur. Daarom besluit sy om haar afstand te hou. Maar met die liefde het sy haar deeglik misgis, want nie haar hart of haar liggaam kan van hom af wegbly nie.

Corné van Rooyen word geken vir die manier hoe sy lesers aan die raai kan hou oor die liefde se kanse om te seëvier. Hier ondersoek sy die verskeie rolle wat ʼn vrou kan speel, van werknemer tot beminde tot ma. Sy weet hoe om die spanning tussen haar karakters te bou en behou om te sorg vir ʼn passievolle romanse.
Publikasiedatum: 2022-05-06
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351978

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Om harte te wen is soms moeiliker as om lewens te red.

Doktor Bianca Dempsey is 'n vrou wat antwoorde soek. Sy ontdek dat iets in die water die mense in haar gemeenskap siek maak en is vasbeslote om agter die kap van die byl te kom. Sy ontmoet 'n aantreklike vreemdeling tydens 'n verkenningsekspedisie wat aanbied om haar te help. Haar kop sê nee, maar haar hart weier om te luister. Dié man lyk darem nie of hy geheime het nie. Ryno is nie wie hy sê hy is nie, maar sy beskermingsdrang neem oor wanneer hy die beeldskone Bianca ontmoet. Dié soektog van haar is gevaarlik en sy gaan iemand nodig hê om haar by te staan as sy die waarheid van die watersiekte wil ontbloot.

Beste Bianca is die opvolg van Mooiste Eliza wat in 2021 verskyn het. Bianca is Eliza se jonger suster. Hierdie verhaal het 'n sterk spanningslyn wat enige leser sal boei. Die skrywer het duidelik baie navorsing oor watersiektes en biologie gedoen, en vind interessante maniere om haar kennis in te span vir geloofwaardigheid.
Publikasiedatum: 2022-03-29
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351893

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Moenie met vuur speel nie...
Olga is die bestuurder van Boskloof gasteplaas en sy sal die veld vir niks agterlaat nie. Nie eens vir haar verloofde, Stefan, nie. Al wie haar liefde vir die dorre bos deel, is die een man wat sy nie kan verdra nie: Lukas, die wildbewaarder. Die man wat haar haat. Die man met die mooi oë. Grotman. Rof en onbeskof, nes sy hond wat haar geliefde papegaai wil opvreet. Sy loop liefs wye draaie om hom om enige konfrontasie te vermy.
Tog is daar oomblikke wat iets anders as afsku deur haar are vloei. Veral wanneer sy glimpe van sensitiwiteit in sy goudbruin oë sien as hy met die diere werk. Maar vir só ʼn man sien sy nie kans. Stefan is nie noodwendig opwindend nie, maar hy is veilig. Hy is ʼn enkele kers en nie, soos Lukas, ʼn vonk nie. En sy sal die vlammetjie van begeerte wat deur haar vloei wanneer Lukas na haar kyk gou moet blus voordat dit in ʼn veldbrand ontaard ...

Ciska Olivier se Romanzas speel gewoonlik af in die natuur en sy beskryf die milieus meesterlik. Wildbewaring en die belang van bedreigde spesies word bespreek in die verhaal sonder om prekerig te wees.
Publikasiedatum: 2022-03-03
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351954

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Die man langsaan wil by haar intrek ...
June verkoop droomhuise aan jong families, maar sy weet self geluk kan nie tussen vier mure vasgevang word nie. Sy sukkel sedert haar man se dood om vir haar en haar tienerdogter, Keira, ʼn tuiste te skep en het haar eie geluk opsy geskuif. Totdat sy vir sexy Scott Hunter, die bekende televisieaanbieder, in ʼn kroeg ontmoet. Sy reisprogram is nie verniet so ʼn sukses nie. Daai hartlikheid en sjarme voor die kamera is nie aangeplak nie. Om nie van sy oorredingsvermoë te praat nie. Voor sy kan keer, trek sy na die perfekte huis vir haar en Keira én die verleidelike Scott is haar buurman ...

Cecilia Nortjé is bekend vir die diepte in haar romanses en die eg menslike verhoudings tussen die karakters. Nommerpasdeksel se karakters en hul stories sal die leser lank bybly. Haar karakters is ook dikwels ouer as die
normale held en heldin.
Publikasiedatum: 2022-03-03
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776351831

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 110
R 50Jy spaar R 60
Liefde is vir altyd.
Jeanie McMillan land op Kaapstad twee jaar nadat sy weggehardloop het op haar troudag. Op die lughawe loop sy in Gerard de Lange vas, die rede hoekom sy toe nie getroud is nie. Vir haar sal hy altyd dié een wees, maar hulle het hulle beurt gehad, sy het die leuens oor hom geglo en dis tyd om aan te beweeg. Maar die rooi nommertjie wat Gerard uit sy tas haal, is nie syne nie. Dis Jeanie s'n. Hul tasse is omgeruil op die lughawe. Hy sal weet, hy was die een wat ewe opgewonde twee jaar gelede vir hulle identiese tasse gekoop het vir die wittebrood wat nooit gebeur het nie. Hy is nie troumateriaal nie, kinders wil hy beslis nie hê nie. Maar hy wil, nee, hy moet by Jeanie wees en stel voor sy trek by hom in. Sy voorstel is veronderstel om net 'n tydelike reëling te wees, maar hy besef amper te laat dat liefde nie tydelik is nie, liefde is vir altyd.

Hierdie verhaal vorm nie deel van Elsa se geliefde Greyton-reeks nie. En tog is hierdie alleenstaande romanse tipies Elsa Winckler: snaaks, modieus en stomend. Die boek bespreek die rol van toeval en tweede kanse vir moderne paartjies.
Publikasiedatum: 2022-03-03
Laai in mandjie
In voorraad - VERSENDING tussen 1 en 3 werksdae.

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.