AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Kinders
Prenteboeke

Results 106 to 120 of 352
Gesorteer volgens:  Prys
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920134204

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Grieta, die klein gansie, is dikwels ingedagte. Sy droom van ander dinge terwyl die ander eendjies met gemak leer om te vlieg en te swem. Arme Grieta kry dit net nie reg nie ...en sy hou nie eers van swem nie! Maar miskien het hierdie snaakse klein gansie 'n talent wat almal anders ook kan geniet ... Daar is 'n lessie te leer selfs van diegene wat waggel op die maat van hulle eie musiek.
Publikasiedatum: 2007-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920134259

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Paddavissie gaan deur 'n klomp groot veranderinge so vroeg in sy jong lewe. Hy is baie hartseer as hy hoor dat hy sy wonderlike stertjie gaan verloor en hy hou niks van sy snaakse nuwe beentjies nie.
Die ouer paddas maan hom om net geduldig te wees, maar dis baie moeilik as alles om jou besig is om te verander. Hierdie boek is bied 'n deernisvolle, snaakse blik op wat dit beteken om groot te word.
Publikasiedatum: 2007-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178938

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Vian Oelofsen
Kinders  -  Prenteboeke
R 110
R 88Jy spaar R 22
Tjoppie is 'n nuuskierige klein hondjie. Vandag ontdek hy iets eienaardigs in die tuin. Hy grawe en grawe. Fluit-Fluit waarsku hom om versigtig te wees, maar so byna krap Tjoppie Warrie Wurm se huisie heeltemal om! Gelukkig kan almal fluks help en Tjoppie kan sy nuwe skat saam met hom huis toe neem.
Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Publikasiedatum: 2019-10-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383904

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Linki Lutz
Kinders  -  Prenteboeke
R 115
R 104Jy spaar R 11
Saggies klap, saggies trap.
Een, twee, drie.
Rol die bal.
Vang die bal.
Een, twee, drie.
Mietsie en haar boetie, Maans, is twee katjies. Hulle hou daarvan om met hulle bal op die sagte gras te speel. Maar toe Mietsie aan die slaap raak, besluit Maans om oor die muur te spring en iemand te gaan soek wat met hom wil speel.
Mietsie word wakker en ontdek haar boetie is skoonveld! Toe sy hom gaan soek, kry sy vir Mors en Jors, die twee grys straatkatte wat hou van stry en baklei! Sal die twee straatkatte haar kan help om haar boetie te kry - en uit die pad van die gevaarlike straatbrakke te bly?
Hierdie pragtige, klankryke prenteboek met sy eenvoudige, maklik verstaanbare teks en oulike refrein is perfek vir hardop voorlees.
Publikasiedatum: 2018-01-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383775

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Prenteboeke
R 115
R 104Jy spaar R 11
Ek's 'n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis, en daar's niks waarvoor ek skrik nie. Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang, nee, daar's niks waarvoor ek skrik nie. En sê nou daar's 'n kat ...? Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met Betty Misheiker se prettige liedjies oor die dapper muis wat kamstig bang is vir niks; die lappop wat saam met die vrot pampoen en die stukkende skoen op die ashoop beland; en die eensame krokodil wat die luisteraar nooi om in die water te klim. Hierdie reeks bestaan uit drie oulike prenteboeke gebaseer op die lirieke van Misheiker se immergroen kinderliedjies 'Die lappop', 'Die eensame krokodil' en 'Die dapper muis'.
Publikasiedatum: 2017-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383782

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Prenteboeke
R 115
R 104Jy spaar R 11
Ooo … Ek is 'n eensame krokodil. Mense kyk vir my en gril. Ek soek maters hoog en laag, maar almal sê ek vreet te graag. Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met Betty Misheiker se liedjies oor die dapper muis wat kamstig bang is vir niks; die lappop wat saam met die vrot pampoen en die stukkende skoen op die ashoop beland; en die eensame krokodil wat die luisteraar nooi om in die water te klim. Hierdie reeks bestaan uit drie oulike prenteboeke gebaseer op die lirieke van Misheiker se immergroen kinderliedjies 'Die lappop', 'Die eensame krokodil' en 'Die dapper muis'.
Publikasiedatum: 2017-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383799

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Karen Ahlschlager
Kinders  -  Prenteboeke
R 115
R 104Jy spaar R 11
Iemand het 'n lappop op 'n ashoop weggegooi, sy was gedaan en stukkend, verbleek en nie meer mooi nie. Op die ashoop hoor sy stemme praat en dié verwelkom haar. Maar o, ellende, toe sy kyk, wat sien die lappop daar? Net 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen, 'n grammofoonplaat en 'n kous sonder maat, net 'n leë bottel bier, 'n verlepte angelier, 'n gelapte binneband en 'n ou koerant. Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met Betty Misheiker se liedjies oor die dapper muis wat kamstig bang is vir niks; die lappop wat saam met die vrot pampoen en die stukkende skoen op die ashoop beland; en die eensame krokodil wat die luisteraar nooi om in die water te klim. Hierdie reeks bestaan uit drie oulike prenteboeke gebaseer op die lirieke van Misheiker se immergroen kinderliedjies 'Die lappop', 'Die eensame krokodil' en 'Die dapper muis'.
Publikasiedatum: 2017-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799358094

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Jimothy Oliver
Kinders  -  Prenteboeke
R 115
R 104Jy spaar R 11
"'n Cowboy leer dat 'n mens selfs in die Wilde Weste gaaf kan wees in hierdie prettige rymende boek.
Hierdie reeks leer ouers en kinders dat goeie maniere pret kan wees ... en die lewe
vir almal 'n bietjie makliker maak!"
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799358070

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Jimothy Oliver
Kinders  -  Prenteboeke
R 115
R 104Jy spaar R 11
"'n Klein prinsessie leer om mededeelsaam te wees in hierdie prettige rymende boek.
Hierdie reeks leer ouers en kinders dat goeie maniere pret kan wees ... en die lewe
vir almal 'n bietjie makliker maak!"
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799358100

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Jimothy Oliver
Kinders  -  Prenteboeke
R 115
R 104Jy spaar R 11
'n Klein seuntjie met 'n groot verbeelding leer goeie maniere in hierdie prettige rymende boek.

Hierdie reeks leer ouers en kinders dat goeie maniere pret kan wees... en die lewe vir almal 'n bietjie makliker maak!
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920603120

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 119
R 107Jy spaar R 12
Vlak 1 Boek 1 - 360 Woorde. Vir voorlees
Die Rasmus reeks, wat nou vir die heel eerste keer in Afrikaans verskyn, is daarop gemik om kleuters jonk aan die lees te kry. Elke Rasmus-boek bevat 'n CD waarop die inhoud van die boek stadig en duidelik voorgelees word.

Ekstra bladsye vir inkleur en leer skryf.
Publikasiedatum: 2015-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620849906

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Alex van Houwelingen
Kinders  -  Prenteboeke
R 120
R 96Jy spaar R 24
Hierdie is die storie van 'n gesin wat in die Krugerwildtuin gaan vakansie hou. Tradisies en bekende wildtuin-bakens word uitstekend in die kleurvolle illustrasies vasgevang. Die storie bevat natuurbewaring boodskappe wat 'n liefde vir die natuur by jong lesers kan kweek. Ouers én kinders sal die boekie saam geniet en hul wildtuinherinneringe tuis kan herleef.
Publikasiedatum: 2019-10-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431426959

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 120
R 108Jy spaar R 12
Wanneer Storm haar klip vashou en sing, staan almal in die dorpie stil om daarna te luister. Maar toe sy in die versoeking kom om liedjies te sing wat die wind, die branders en die hele oseaan beheer, begin dinge skeef te loop. Met die dat haar broers en al die ander vissermanne verlore is in die see, sal sy die dinge wat sy gedoen het weer ongedaan kan maak?
Publikasiedatum: 2018-07-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175876

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 120
R 49Jy spaar R 71
Nog 'n opwindende titel in die gewilde reeks sprokies met lesse. Prinses Arabella is verveeld en vertel leuens om haar dae prettiger te maak. Maar dan bring al haar leuens haar in die moeilikheid, en wie gaan haar nou help? Gebruik hierdie verwerking van 'n bekende sprokie en leer kinders hoe belangrik dit is om die waarheid te vertel.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175869

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 120
R 49Jy spaar R 71
Rooikappie gaan by haar ouma kuier en haar ma waarsku haar om nie met vreemdelinge te praat nie. Maar hoe moet sy weet wie's sleg en wies's goed?
Publikasiedatum: 2017-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.