AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Kinders
Prenteboeke

Results 91 to 105 of 352
Gesorteer volgens:  Prys
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920660567

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Klein Grillie Spinnekop is baie opgewonde - dit is sy verjaardag. Hy het sy web met blommetjies versier en almal kom vier saam: Oom Langbeen, Tant Fiena en al die maats. Ook Tante Tarantula, pas terug van 'n safari af, sorg vir 'n klomp verrassings ...
'n Meevoerende verjaardagstorie waarin kinders saam met Grillie die wonders van Afrika ontdek.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920660574

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Klein Grillie Spinnekop kry binnekort 'n babasussie. Hy weet glad nie wat om te verwag nie. Hoe sal dit wees met nog 'n ekstra lyfie in die huis ...?
Saam met sy maats gaan soek hy die antwoorde by die dierebabas in die bos. Hy leer ook dat die koms van sy sussie niks verander aan sy ouers se liefde vir hom nie.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920660239

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Martina Matos
Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Klein Grillie Spinnekop spring op 'n dag weg om te gaan uitvind waarom mense bang vir hom is. Op sy reis vra hy by sy maats en familie raad. Maar elkeen het 'n ander antwoord ... 'n Meevoerende storie waarin kinders leer om ander te aanvaar net soos hulle is.
Publikasiedatum: 2015-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920660246

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Klein Grillie Spinnekop gaan hou vakansie op die plaas. Hy pak sy rubbersteweltjies in en sien baie uit na al die diere wat hy gaan leer ken. Wie weet, dalkies loop hy daar 'n hond-kat-koei raak? 'n Heerlike plaasavontuur vir die hele gesin!
Publikasiedatum: 2015-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920475987

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Laura kan weer nie aan die slaap raak nie. Sy kyk by die venster uit en sien 'n sterretjie reg voor haar huis op die sypaadjie val. Laura gaan haal die sterretjie en vat dit na haar kamer toe. Maar die volgende oggend is die sterretjie skoonveld ... Hoe Laura haar wedervaringe met die sterretjie ervaar en hoe jy dikwels van dinge waavoor jy lief is, moet afskeid neem, word met deernis en begrip in hierdie verhaal van Laura en haar ster vertel.
Publikasiedatum: 2014-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920475994

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Elkeen het sy eie ster, daarvan is Laura seker. Maar hoe staan sake met haar boetie Tommie se Pas-My-Op-Hondjie? Het 'n speelgoedhondjie ook sy eie ster? Om dit uit te vind, bou Laura en Tommie hulle eie ruimtetuig om na die sterre toe te vlieg. Of hulle die ster vind, en die tweetjies se wedervaringe op hule sterrereis, word liefdevol in hierdie verhaal vertel.
Publikasiedatum: 2014-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920475673

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Stinkie Muishond het alles gepluk en wil met niemand deel nie. Die maats is treurig en teleurgesteld. Maar daar's tog 'n lekker feeshappie vir almal - versoet met 'vriendskappoeier' en die besef dat dit lekker is om te deel.
Publikasiedatum: 2013-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920134983

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Bella Beer en Pappa kyk na die sterretjies. Kyk net al die liggies in die donker. Toe slalpenstyd kom, wil Bella nie slaap nie. Bella is bang vir die donker. Pappa sê vir Bella dat die sterretjies heelnag skyn. Maar Bella kan nie die sterretjies van haar bed af sien nie. Ha! Wag so 'n bietjie, Pappa maak 'n plan!
Publikasiedatum: 2013-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920134976

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Klein Bella Beer wil graag vir Mamma iets maak ... 'n grooooooot hart! Hoe nou gemaak? Gebruik 'n mens groen verf of geel? Of is 'n hartjie dalk blou?

Bella Beer spring aan die werk, maar dis nie hoe sy dit wou hê nie! Gelukkig het Mamma raad ...
Publikasiedatum: 2013-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920475680

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Onder 'n madeliefie tel Ollie'n blou klippie op en dra dit met hom saam. Almal sê vir hom om dit weg te gooi, maar Ollie is seker daarvan dat hy dit eendag nodig gaan kry.
Toe hy 'n huilende dogtertjie raak loop, weet hy dat dit reg was om sy gevoel te vertrou.
Publikasiedatum: 2012-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195083

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
In hierdie boekie beeld Piet Grobler die alfabet op 'n baie oorspronklike manier uit. By elke letter laat hy die voëltjie iets sê en doen; een drink 'n glas leeg en breek 'n wind op (Burp!), 'n ander sit rustig op 'n tak tot 'n appel op sy kop val (Doink!), en ander voëltjies eet wurms (Njam!) of lê eiers (Plop!). Elke letter beslaan twee bladsye. Daar word telkens hoof- en kleinletters verskaf. Die interaksie tussen teks en illustrasie is baie snaaks: So breek 'n houtkapper 'n 'T' met sy snawel middeldeur (Tok-tok-tok ...) en maak 'n ander voël sy nes bo in die 'Y'. Die voëltjies se ABC is 'n bekoorlike boekie wat vir ieder en elk plesier sal verskaf!
Publikasiedatum: 2011-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920134754

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Die tweede boek met die avonture van Feliks Vos.
Publikasiedatum: 2010-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192143

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Die avontuurlustige bootjie trotseer verskeie gevare op die see. Hy seil deur storms, oor branders, verby seemonsters en om bedrieglike rotse op soek na sy maats. Daar word heerlik gespeel met sy maats en tot aan die einde van die aarde geseil.
Bekoorlike kleurillustrasies vul elke bladsy. Dié publikasie het reeds met groot sukses in Spaans en Engels verskyn in Spanje en Engeland en is ook op die kortlys vir die Kate Greenaway Medal.
Publikasiedatum: 2009-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192150

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Ek gaan strand toe. Ek het my duikbril en my snorkel, my emmertjie en grafie, my paddavoete, my swemklere en my groot, geel tjoep ...
Kom saam op die verbeeldingsreis van 'n seuntjie wat 'n vliegtuig, 'n seilboot, 'n lorrie en 'n kameel benodig vir sy uitstappie na die see. Vir sy terugtog benodig hy natuurlik 'n tenkskip, 'n helikopter, 'n fiets en 'n trekker!
Bekoorlike kleurillustrasies vul elke bladsy.
Publikasiedatum: 2009-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920134433

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: John Alfred Rowe
Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Die vreeslose seerower, Kaptein Skarminkel, se geliefde Teddie val tydens 'n woeste seegeveg oorboord. Kaptein Skarminkel moet die hulp van dapper kabouters en feetjies inspan om sy beertjie te gaan red. Is hulle mans genoeg vir die wrede Mensvreter wat alle verlore beertjies gevange hou ...?
Publikasiedatum: 2009-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.