AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS

Kinders
Prenteboeke

Results 91 to 105 of 355
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175869

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 120
R 108Jy spaar R 12
Rooikappie gaan by haar ouma kuier en haar ma waarsku haar om nie met vreemdelinge te praat nie. Maar hoe moet sy weet wie's sleg en wies's goed?
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175197

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Vian Oelofsen
Kinders  -  Prenteboeke
R 145
R 131Jy spaar R 14
Liewe Heksie veroorsaak per ongeluk dat een van haar dak se sinkplate afwaai, en is baie bekommerd oor die groot gat in die dak bokant haar kombuis. Maar wanneer sy die aand 'n geheimsinnige besoeker kry, kry sy sommer ook 'n groot verrassing.
Een van die gewildste Liewe Heksie-stories nou in prenteboekformaat vir 2 tot 4 jariges.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432307202

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 80
R 72Jy spaar R 8
Songolôlo is 'n gulsige wurmpie wat gelukkig is in sy tuin maar weier om dit met enigiemand te deel. Om die waarheid te sê, hy is trots daarop dat hy geen vriende het nie. Dan, op 'n rampspoedige dag, besluit 'n honger arend hy sal 'n smaaklike happie uitmaak! Sal die ander tuinwesens Songolôlo na al sy gemeenheid wil red?

Jong lesers sal ingetrek word in die drama van hierdie verhaal van selfsug, goedhartigheid en deernis, aangevul deur verbeeldingryke en kleurryke illustrasies.

Also available in English as The Selfish Shongololo .
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307020

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Dit is nag. In die slaapkamer van 'n slapende dogtertjie, stry 'n wolf en 'n nagmerrie. Die wolf wil die dogtertjie wakker maak om haar die skrik op die lyf te jaag. Die nagmerrie wil haar aan die slaap hou sodat hy haar in haar drome kan verras. Wie kan haar die meeste bang maak? En wat gebeur as die wolf self 'n aaklige nagmerrie kry?
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307051

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Ernst is 'n aaklige kiem, 'n vreesaanjaende kiem. Die wetenskaplike wat hom ontdek het, Professor Pluk, is sy eerste slagoffer. Die dag toe die professor hom vir die eerste keer onder sy mikroskoop gewaar, spring hy op die professor en klim tot binne-in sy brein. Vandaar vermaak hy homself deur vreemde opdragte vir die professor te gee: hardloop die comrades-maraton met hoehakskoene, kam 'n kameelperd se kuif, nooi kannibale uit vir aandete, verf die marsmannetjies rooi '¦ en Pluk gehoorsaam elke keer. 'n Heerlike absurde kinderboek wat kinders en ouers met humor en helderkleurige illustrasies vermaak.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624082866

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Carol Thompson
Kinders  -  Prenteboeke
R 165
R 149Jy spaar R 16
My pappa is . . . 'n BERG van 'n beer, 'n stoute krokodil, 'n draaierige, swaaierige seekat en 'n lawwe aapstert! Maar eintlik is hy net my LIEFSTE PAPPA. Hierdie pragtige prenteboek oor pa's soos gesien deur die oë van hulle kinders bring hulde aan pa's van alle soorte, waar hulle ook mag wees!
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175081

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 165
R 149Jy spaar R 16
Almal weet krokodille hou baie van water. Maar nie hierdie krokodil nie. Hy GRIL vir water. Hy hou baie meer van boom klim! Maar dit raak vreeslik eensaam as 'n mens anders is as almal om jou en die krokodilletjie probeer sy bes om te verander. Maar nattigheid is nie vir almal nie  - en hy bibber en ril en 'n groot, warm nies begin kriewel in sy neus...Kan dit wees dat hierdie krokodil dalk glad nie 'n krokodil is nie?
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624081265

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 165
R 149Jy spaar R 16
Een snikwarm dag kom 'n olifant vaak-vaak uit die woud gedrentel en beland in 'n boer se skuur. Hy maak vir hom 'n bed en dommel weg droomland toe. Ses blinde muise sluip uit hulle gaatjie in die skuur om die gedierte van nader te beskou. Is 'n olifant soos 'n muur? Of 'n boom? 'n Spies? Dalk 'n waaier of 'n tou? Kom ervaar saam met ses blinde muise die wonder van dié merkwaardige dier in hierdie pragtig geïllustreerde fabel uit Indië.
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307204

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117Jy spaar R 13
In 'n klein, arm landjie woon daar 'n prinses met ongelooflike lang hare. Sy sou dit graag wou afknip, maar haar pa sê dat 'n dame se hare haar kosbaarste sieraad is . . .

'n Prettige boek vir meisies wat hou van prinsesse, lang hare en sterk mans
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175135

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Nick East
Kinders  -  Prenteboeke
R 165
R 149Jy spaar R 16
Dis vet pret as daar 'n dinosourus by jou voordeur opdaag, maar wanneer sy maats ook kom gesig wys - al 54 van hulle - raak alles effens te veel. Hierdie speelse telboek is vol chaos en lawwigheid - en tien verskillende soorte dinosourusse.
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624081241

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 165
R 149Jy spaar R 16
Eendag bring meneer Hartlief 'n verrassing huis toe - 'n oulike klein varkie met 'n pienk gesiggie en 'n krulstertjie. Meneer en mevrou Hartlief het hulle babavarkie baie lief - maar wat sal gebeur wanneer die varkie skool toe gaan? En kan hierdie storie dalk meer as een verrassing aan die einde hê? 'n Snaakse en verbeeldingryke storie wat wys 'n gesin is wat jy daarvan maak, en dat liefde die belangrikste van alles is.
Publikasiedatum: 2017-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175142

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 170
R 153Jy spaar R 17
Op 'n dag kom 'n jong beertjie op iets vreemds in die woud af. Wanneer hy aan die klawers raak, begin 'n reis wathom ver van sy huis af neem - na 'n nuwe en wonderlike plek waar pragtige klanke die lug vul en roem en rykdom op hom wag. Die stad is alles waarvan die beer nog altyd gedroom het, maar diep in sy binneste knaag iets aan sy hart . . .
Publikasiedatum: 2017-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307211

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Amelia de Vaal
Illustreerder: marla Frazee
Kinders  -  Prenteboeke
R 135
R 122Jy spaar R 13
Vanaf die oomblik toe die baba daar aankom, is dit duidelik hy is die baas. Hy rig sy kantoor in die middel van die huis in en Ma en Pa word onmiddellik op 'n vier-en-twintig-uur-werkprogram geplaas. Vergadering ná vergadering word belê - party in die middel van die nag. Baas Baba is veeleisend en puntenerig en niemand waag dit om hom teë te gaan nie. Tot op 'n dag. Hy roep 'n vergadering uit, maar sy personeel reageer nie. Hy bespied sy omgewing, staar na sy werkers en frons. Kan dit wees? Dis tyd om iets heeltemal anders te probeer ...
Baas Baba is 'n tong-in-die-kies-storie waaroor kinders EN ouers mal sal wees!
Publikasiedatum: 2016-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920475963

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 50
R 45Jy spaar R 5
Jakkals en Wolf is beste vriende. Wolf het 'n goeie hart en glo te gou. Jakkals, aan die ander kant, is vol streke ... Wolf leer vlieg; Wolf is Jakkals se ryperd
Publikasiedatum: 2016-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920475970

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 50
R 45Jy spaar R 5
Jakkals en Wolf is beste vriende. Wolf het 'n goeie hart en glo te gou. Jakkals, aan die ander kant, is vol streke ... Jakkals en Wolf bou huis; Leeu se kind is siek
Publikasiedatum: 2016-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.