AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS

Kinders
Prenteboeke

Results 271 to 285 of 355
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195588

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Daniel Hugo
Kinders  -  Prenteboeke
R 145
R 131Jy spaar R 14
Fielies die pratende kat bly saam met Pettson in 'n Sweedse plaashuisie. Eendag ontdek Fielies 'n tent, en hulle besluit om langs die rivier te gaan kamp. Maar dinge draai nie heeltemal so goed uit nie ...
Publikasiedatum: 2012-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194499

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 65
R 59Jy spaar R 6
By 'n verjaardag hoort koek en presente, maar in Verjaardag met koek loop alles skeef.
Hoekom flop die koek elke keer?
Wie het die halssnoer gesteel?
En waar is Konyn se jas wat hy op die partytjie wou dra?
Wat vind Padda en Varkie in die boom?
En wie kruip onder die lakens weg?
Publikasiedatum: 2012-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195267

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Tobias Krejtschi
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
'n Skaap met spits ore en skerp tande? 'n Wolf het tussen die skape ingesluip. Lina wil weet wat hy van plan is om te doen. Maar niemand hoef bang te wees vir 'n wolf wat 'n monster kan wegjaag nie.
Publikasiedatum: 2012-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197438

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Illustreerder: Dorothee de Monfreid
Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117Jy spaar R 13
Elke oggend bring Mamma Krokodil vir Kareltjie lekker piesangs vir ontbyt. En elke oggend sê sy verbaas: 'My seun, kyk hoe groot word jy, en mooi! Kyk net daardie tande!'

Maar een oggend wil Kareltjie niks eet nie. Mamma Krokodil is bekommerd en vra: 'Is jy seker? Wil jy nie een van hierdie heerlike, sagte piesangs hê nie?'

'Nee dankie, Mamma,' antwoord Kareltjie. 'Vandag wil ek liewer 'n kind opvreet.'
'Wat 'n gedagte, Kareltjie!' roep sy ma uit. 'Daar groei nie kinders aan piesangbome nie, net piesangs!'
Publikasiedatum: 2012-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195175

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Shane Kleyn
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Willie hou daarvan om te droom. Hy droom dat hy 'n filmster is; 'n skilder, 'n balletdanser ... Hy droom van vreeslike monsters en superhelde ... Willie se droomland is 'n galery van wonderlike en magiese prente. Maak die boek oop en kyk self!

In hierdie slim boekie oor die dromende sjimpansee Willie, gee Anthony Browne 'n speelse knik in die rigting van skilders soos Henri Rousseau en Salvador Dalí, wat se kunswerke 'n mens dikwels eerder aan drome as aan die werklikheid herinner.
Publikasiedatum: 2012-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197537

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Dit is herfs in die bos. Dirkie soek na kastaiings maar vind op die grond ook 'n eekhoring. Slaap hy? Is hy siek of het hy 'n pootjie gebreek? Dirkie gaan haal sy vriendinnetjie Annie en saam neem hulle die eekhoring na Dirkie se mamma. Sy sien dadelik wat fout is.

Met die hulp van Mamma en Pappa neem Dirkie afskeid van 'n eekhoring. 'n Ontroerende verhaal vir kinders vanaf 4 jaar.
Publikasiedatum: 2012-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197445

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Illustreerder: Gunther Jakobs
Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117Jy spaar R 13
Op 'n dag spoel die see hom uit op land - 'n duikhoendertjie! Hy mag op die rob se maag slaap. Die meeu gee vir hom kos. Die skaap sing vir hom liedjies en die krap pas hom goed op. Almal hou baie van die duikhoendertjie en wys hom hoe om sekere dinge te doen, maar hy leer baie stadig. Daarom vermoed niemand dat hy 'n regte wonderdier is nie ...

Vir almal wat weet: Elke kind is iets baie besonders!
Publikasiedatum: 2012-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197544

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Dirkie gaan elke aand na 'n oop plek in die bos. Daar speel hy met al sy vriendjies: wit en grys en bruin en swart konyntjies. Vreemd genoeg is Dirkie die enigste konyntjie wat met almal speel. Wanneer 'n nuwe konyntjie hom by hulle aansluit, is Dirkie altyd die eerste een wat hom uitnooi om saam te speel. Maar kan Dirkie almal kry om saam te speel?

'n Prenteboekverhaal oor vriendskap en nuwe vriendjies maak. Vir kinders vanaf 4 jaar.
Publikasiedatum: 2012-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195236

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Leonard hou van honde. Hy weet alles oor hulle. Hy ken al die soorte en weet of hulle spits ore of slap ore het. Wanneer Leonard sê: 'Dis nie 'n worshond nie!', dan is dit ook nie een nie. Natuurlik weet Leonard ook dat hulle almal skerp tande het. En dit is 'n probleem. Maar wat sal gebeur as Leonard op 'n dag wakker word en self 'n hond is?
Publikasiedatum: 2012-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197704

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Illustreerder: Susanne Smajic
Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117Jy spaar R 13
Dit kan tog nie wees nie! Kokkie die papegaai is seker dat hy al die diere in die oerwoud ken. En nou is daar iets ligpienk met 'n ronde magie wat self nie weet wat hy is nie. Die slim papegaai en die onbekende pokkel wil die geheim saam ontrafel - en hulle maak 'n verrassende ontdekking. 'n Boek wat kinders sal laat giggel en glimlag. Dit sal hulle aanmoedig om hulle dapperste drome uit te leef.
Publikasiedatum: 2012-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920475680

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90Jy spaar R 10
Onder 'n madeliefie tel Ollie'n blou klippie op en dra dit met hom saam. Almal sê vir hom om dit weg te gooi, maar Ollie is seker daarvan dat hy dit eendag nodig gaan kry.
Toe hy 'n huilende dogtertjie raak loop, weet hy dat dit reg was om sy gevoel te vertrou.
Publikasiedatum: 2012-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195199

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Shane Kleyn
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Hond is lief vir sy vriende. Hy dink hulle is fantasties. Maar hy dink ook hy is die beste, en hy hou nie op om hulle te vertel nie. So wat gebeur toe sy vriende besluit om hom 'n les te leer deur hom te wys waarin hulle die beste is?
Publikasiedatum: 2012-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195168

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Shane Kleyn
Kinders  -  Prenteboeke
R 120
R 108Jy spaar R 12
Van watter tipe boeke hou jy? Snaakse boeke? Bangmaak-boeke? Boeke oor monsters en seerowers? Boeke met sjimpansees?

Waarvan jy ookal hou, daar is iets in hierdie boek vir jou!
Publikasiedatum: 2012-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195113

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
'n Mens behoort tog net hande te was wanneer hulle regtig vuil is. En dit is maar selde!
Publikasiedatum: 2012-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195120

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Leeu kan nie skryf nie. Maar dit pla hom nie, want hy kan brul en sy tande wys.
En meer het hy nie nodig nie. Maar op 'n dag kom hy 'n leeuwyfie teë ...
Publikasiedatum: 2012-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.