AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS

Kinders
Prenteboeke

Results 256 to 270 of 355
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197711

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117Jy spaar R 13
'n Oulike kykboek met illustrasies van Fimo-klei gemaak deur Ann de Bode.

Ons reis deur die tyd vanaf die Neanderdalmens tot nou, en sien hoe hulle woon, hulself warm hou, watter troeteldiere hulle aanhou en soveel meer!
Publikasiedatum: 2013-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869198480

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117Jy spaar R 13
Tommie is rasend honger en maak vir hom die grootste toebroodjie wat jy nog ooit gesien het.
Wil jy ook 'n happie hê?

Tommie maak sy ma se kombuiskaste leeg om vir hom die grootste toebroodjie ter wêreld te maak. Sal die toebroodjie met die sjokoladesmeer, mosterd, sjokoladevermicelli, rosyntjies, appelkooskonfyt, grondboontjiebotter, 'n lepel soet heuning en bykans die hele yskasinhoud genoeg wees om Tommie se groot honger te stil? Kom kyk bietjie hoe lyk 'n toringhoë toebroodjie!
Publikasiedatum: 2013-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920475079

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Benjamin Beertjie is mal oor lekkergoed. O, maar hy's nie die enigste een nie! Die tandjiemonsters hou partytjie tussen sy tandjies en smul heerlik saam. Dokter Reiko vertel al meer as 20 jaar vir haar pasientjies van Koning Kiem en sy bende. Kom kuier saam met Benjamin Beertjie by die tandarts en hou tande gesond en glimlaggies.
Publikasiedatum: 2013-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798159746

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Piet Grobler
Kinders  -  Prenteboeke
R 210
R 189Jy spaar R 21
"Die diere is so, so honger. Dan sien hulle 'n pragtig boom, oortrek met rooi, ryp vrugte wat ruik na die soetste veselperske, vet soos 'n spanspek, sappig soos 'n granaat . . . Maar styf opgekrul om die boom is die grootste luislang wat hulle nog ooit gesien het. En die luislang sal die diere net van die vrugte laat eet as hulle hom kan sê wat die naam van die boom is. Wat kan dit wees? Net die Koning van die Oerwoud weet, en hy is baie, baie ver weg . . .

Dis 'n storie vir kinders (en grootmense) wat hou van speelse name en rympies. Die herhalende element beklemtoon die idee dat 'n storie 'n reis is. Die skrywer sê dat wanneer sy die storie vertel, speel sy 'n Afrika-duimklavier (m'bira) en gebruik perkussie vir ekstra ritme. Die trefkrag van die verhaal lê in die skilpad wat vir die ander diere hoop gee. Aan die einde is daar 'n groot gevoel van triomf."
Publikasiedatum: 2013-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869198602

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Shane Kleyn
Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117Jy spaar R 13
Welkom in Pieter se park!

Dis 'n pragtige lentedag en die perfekte geleentheid vir Pieter die parkopsigter om die oorgroeide doolhof te snoei. Maar 'n doolhof is soms 'n ding wat jou kan laat kopkrap en toe Pieter se vriende besluit om hom 'n streep te trek, wag daar 'n verrassing op almal...

Met 'n oulike uitvoublad wat kleintjies ure lank kan besig hou!

Nick Butterworth se stories van Pieter (of Percy in Engels) en sy vriende het al meer as twee miljoen eksemplare verkoop en word deur kinders regoor die wêreld geniet.
Publikasiedatum: 2013-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869198596

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Shane Kleyn
Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117Jy spaar R 13
Welkom in Pieter se park!

Pieter die parkopsigter het die dag af. Dis die perfekte dag vir niksdoen. Maar Pieter se rustige piekniek word onderbreek toe 'n konyntjie onverwags in 'n waterput val.

Met 'n oulike uitvoublad!

Nick Butterworth se stories van Pieter (of Percy in Engels) en sy vriende het al meer as twee miljoen eksemplare verkoop en word deur kinders regoor die wêreld geniet.
Publikasiedatum: 2013-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869198589

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Shane Kleyn
Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117Jy spaar R 13
Welkom in Pieter se park!

Pieter die parkopsigter is altyd besig om die diere in sy park te voer. Maar een koue winternag ontdek Pieter dat sy vriendjies meer as net broodkrummels nodig het. Hy moet 'n manier kry om hulle te help!

Met 'n oulike uitvoublad!

Nick Butterworth se stories van Pieter (of Percy in Engels) en sy vriende het al meer as twee miljoen eksemplare verkoop en word deur kinders regoor die wêreld geniet.
Publikasiedatum: 2013-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869198961

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Shane Kleyn
Illustreerder: Mandy Sutcliffe
Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117Jy spaar R 13
Kom kuier by Bella en haar donsige vriendjie, Bollie. Iemand verjaar vandag - maar wie kan dit wees? Dis tyd om 'n kaartjie te maak, 'n koek te bak en partytjie te hou. Maar met Bella en Bollie is daar altyd 'n verrassing of twee!

Dit is Bella en Bollie se eerste boek. Besoek 'n bekoorlike wêreld vol kinderlike onskuld!

Geïllustreer deur die internasionaal bekende illustreerder Mandy Sutcliffe.
Publikasiedatum: 2013-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869198954

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Shane Kleyn
Illustreerder: Mandy Sutcliffe
Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117Jy spaar R 13
Dis amper slaaptyd vir Bella en Bollie; tyd om te bad, melk en koekies te geniet en 'n slaaptydstorie te lees.

Maar toe Bollie besluit om weg te kruip, mis hy amper die belangrikste deel van slaaptyd!

Dit is Bella en Bollie se tweede boek. Besoek 'n bekoorlike wêreld vol kinderlike onskuld!

Geïllustreer deur die internasionaal bekende illustreerder Mandy Sutcliffe.
Publikasiedatum: 2013-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869198657

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Shane Kleyn
Illustreerder: Jackie Morris
Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117Jy spaar R 13
Alles wat hy in die woud hoor, is vir klein Tier nuut en opwindend. Maar as hy sy mamma van die geluide vertel, antwoord sy: 'As jy hulle nie hoor nie, my seun, moet jy weet: Die Koning van die woud is hier!'
Tier verstaan dit nie en vra sy vriende (pronkende Pou, verstrooide Renoster en trompetterende Olifant) om te help besluit: Wie is die Koning van die woud?
Publikasiedatum: 2013-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799358735

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Katrin Coetzer
Kinders  -  Prenteboeke
R 135
R 68Jy spaar R 67
'Die lug is blou en die son skyn helder,' sê Ouma. ''n Heerlike dag vir die strand.' Graham en sy familie kan nie wag om Kalkbaai toe te gaan nie. Maar om daar te kom, moet hulle met die trein ry. En dis waar die groot pret begin!

Hierdie lieflike, eg Suid-Afrikaanse prenteboek vertel die storie van 'n opwindende dag in die lewe van 'n Kaapse familie. Dit is die dag ná Kersfees en Graham en sy familie gaan die dag op die strand deurbring. Op pad daarheen roep hy en sy boetie, sy sussie en sy nefie hardop die name uit van die stasies waarby die trein verbyry: 'Bonteheuwel! Langa! Pinelands! Ndabeni! Maitland!' Dit word die soort dag wat jy wens wil nooit, nooit, ooit eindig nie - 'n dag propvol sonskyn, sandkastele, liedjies van 'n Klopse-orkes... en met waatlemoen en roomys vir nagereg!
Publikasiedatum: 2012-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799358803

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Prenteboeke
R 90
R 81Jy spaar R 9
Sebra is baie hartseer en alleen toe sy beste maatjie, Kameelperd, wegtrek. Sebra se maats probeer verskillende dinge om hom op te beur. Sal hulle Sebra kan help om weer beter te voel?
- `n Storie oor hartseer wees.
Publikasiedatum: 2012-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869198060

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Dirk Schmidt
Kinders  -  Prenteboeke
R 130
R 117Jy spaar R 13
'n Olifant het gestruikel, geval en groot geskrik, en sy slurp is krom en skeef geknik.
Hoe kry hy sy slurp weer glad? Drie slim raadgewers kruis sy pad.

Hy trek, hy buig en stryk dit glad,
maar dis steeds krom, al doen hy wát.
Pleks van 'tarraaa' soos 'n trompet
fluit dit nou 'fuuuuffff' soos 'n klarinet.
Publikasiedatum: 2012-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197551

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Kathrin Schärer
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
'Soek my!'
Emma, die klein verkleurmannetjie wil met haar ouma wegkruipertjie speel.
Eers kruip Emma weg.
Dan kruip Ouma weg.
In hierdie verhaal is 'n liefdevolle verhouding tussen drie generasies verweef.
Publikasiedatum: 2012-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195595

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Daniel Hugo
Kinders  -  Prenteboeke
R 145
R 131Jy spaar R 14
Pettson vul 'n blokkiesraaisel in. Sy kat, Fielies, sit op sy skoot. 'Vertel my van die keer toe ek weggeraak het,' sê Fielies. 'Jy het nie weggeraak nie,' sê Pettson. 'Jy sit dan hier by my.' 'Ja, maar toe ek klein was.' 'O, toe. Maar jy ken mos die storie. Ek het dit al so baie vertel.' 'Vertel asseblief weer!' Pettson skuif sy blokkiesraaisel opsy. 'Wil jy die hele storie hoor, of net die deel waar jy wegraak?' 'Die hele storie,' sê die kat terwyl hy homself gemaklik maak. 'Goed dan,' sê die ou man ...
Publikasiedatum: 2012-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.