AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Kinders
Prenteboeke

Results 226 to 240 of 353
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920475925

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 50
R 45Jy spaar R 5
Hendrik Hoenderhaan en Bessie Ronde-Eier ontdek 'n pienk ding wat soos 'n skulp lyk ... Dié pienk ding het dan pitte, maar dit lyk nie of dit in húl veld hoort nie! Hoppie Haas werp lig op die onderwerp: 'Dis menstande daai, julle veldgoggas!'
Publikasiedatum: 2014-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920475918

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 50
R 45Jy spaar R 5
Hoed soek 'n kop, want as elke pot 'n deksel het, moet 'n hoed 'n kop hê! As Buks die brak dan nie sy kop is nie - wie is?
Publikasiedatum: 2014-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920475895

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 50
R 45Jy spaar R 5
Jakkals en Wolf is beste vriende. Wolf het 'n goeie hart en glo te gou. Jakkals, aan die ander kant, is vol streke ... Jakkals en wolf vang vis; Jakkals, Wolf en die watergat.
Publikasiedatum: 2014-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920475901

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 50
R 45Jy spaar R 5
Jakkals en Wolf is beste vriende. Wolf het 'n goeie hart en glo te gou. Jakkals, aan die ander kant, is vol streke ... Wolf is skaapwagter; Jakkals, Wolf en die bottervat
Publikasiedatum: 2014-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199616

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Andries Anders is 'n skaap. Hy voel eensaam omdat hy anders as die ander skape is. Maar diep in sy hart glo hy daar moet êrens 'n plek wees waar dit normaal is om anders te wees. Gedryf deur hierdie verlange gaan hy op 'n soektog ...


OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER
Miriam Koch (gebore 1980) het visuele kommunikasie, met illustrasie as hoofvak, in Trier gestudeer. Sy is die outeur en illustreerder van verskeie kinderboeke, insluitende Fiete Anders (Andries Anders, Protea 2013) en Keentied (Halsoorkop, Protea 2013). Dit is spesifiek haar liefde vir die Noordsee wat Andries Anders geïnspireer het. Koch woon tans in Bremen.
Publikasiedatum: 2014-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300144

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Amelia de Vaal
Kinders  -  Prenteboeke
R 175
R 158Jy spaar R 17
Die gevreesde rower Hotsenplots het weer toegeslaan! En hierdie keer op Kasper en Stoffel se ouma. Hy het haar geliefkoosde koffiemeultjie gesteel wat hulle vir haar verjaarsdag vir haar gegee het. Tot hier toe en nie verder nie! Kasper en Stoffel beraam 'n plan om die skurk vas te trek. Maar die een beland in die rowersnes en die ander in die kasteel van die grote, boosaardige towenaar Petrosilius Plagelman. Hoe nou gemaak?

OOR DIE OUTEUR
Otfried Preussler is 'n baie bekende kinderboekskrywer in Duitsland. Sy boeke is reeds in 55 tale vertaal en meer as 50 miljoen eksemplare is wêreldwyd verkoop. Hy is in 1972 bekroon met die Duitse Jugendliteraturpreis vir Krabat. Sy bekendste werke sluit in Krabat en Die rower Hotsenplots.
Publikasiedatum: 2014-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195274

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Mamma Lucinda.
Sy het 'n onpeilbare hart.
Haar oë is rooi, haar gedagtes is swart.
Mamma Lucinda.
Sy is nou eenmaal ongewoon.
'n Rare mamma uit 'n nare droom.
Sy het 'n bleek vel en kloue vir hande,
en vreeslike skerp oogtande.

Wat doen jy as jy agterkom jou mamma is nie soos ander mammas nie? As jy sien sy drink bloed in plaas van wyn en dat haar oogtande nogal skerp is? Mamma Lucinda is 'n verhaal oor 'n mamma wat anders is.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869196998

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Rooikappie en die wolf, die ouma en die jagter. Die karakters van die beroemde fabel is aan almal bekend. Maar uit dié illustrasies kan 'n mens egter aanvoel hoe verskillend die karakters se eienskappe, die landskappe en die atmosfeer van die oorspronklike fabel kan wees. Miskien is selfs die afloop van hierdie weergawe anders. Hierdie boek is 'n uitnodiging om nie na die gelui van 'n enkele klok te luister nie; om altyd ander se motiewe te probeer verstaan. In hierdie boek doen die skrywer juis dít, en nooi hy die leser uit om na te dink.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199739

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Klein dingetjies het groot gevolge! Wat kan alles gebeur as iemand 'n piesangskil onverskillig weggooi? Na 'n hele reeks gebeurtenisse is die hele Bronberg in rep en roer. Groot en klein geniet die mooiste deurmekaarspul - uiteindelik gebeur daar iets in die dorp!
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199401

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Illustreerder: Manuela Olten
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Jy moet jou tande borsel! Maar hoekom dan? Sal klein tandeborselmannetjies jou tande kom skoon skrop as jy dit nie doen nie? Natuurlik nie! Jou tande sal sleg word! Die slim kinders in hierdie boek weet dit - hulle weet dat daar altyd 'n goeie rede is vir elke reël. Maar dis lekkerder om snaakse, onsinnige redes uit te dink ...
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199395

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 140
R 126Jy spaar R 14
Op 'n dag stel meneer Venter vas dat hy stadig maar seker besig is om deurskynend te word! Geen dokter kan hom help nie en dit word elke dag erger! Sy hond Snorrie het geen probleem daarmee nie en mevrou Eloff, wat twee keer per week sy huis kom skoonmaak, nog minder. Want terwyl sy skoonmaak, gaan sit sy dikwels op 'n kombuisstoel. Net om 'n bietjie te rus. Maar dit kan ook gebeur dat meneer Venter reeds daar sit ...
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199623

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Halsoorkop is haastig, en alewig op pad. En hoewel hy altyd sy goue sakhorlosie by hom het, is hy laat vir sy belangrikste afspraak. Die ander voëls het sonder hom op die lang reis na hul broeiplekke vertrek ... 'n Storie oor die kuns om onverwags geluk te vind.
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199357

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
'n Humoristiese rymvertaling oor 'n onderwerp waarvan maklik weggeskram word. 'n Koning wat bang is om dood te gaan, beraam saam met sy geleerdes 'n plan om ontslae te raak van die Dood. Vir jare aaneen word nuwe babas gebore, maar geen siel gaan verlore nie. Wat sal gebeur as die diere uitgekuier is op aarde?
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199647

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Koning Kuttel het 'n bietjie bly vassteek in sy piepie- en poeffase. Elke jaar laat kom hy sy minister van Binnelandse Poefsake om die Groot Poefwedstryd te organiseer. Vanaf sy kasteel se balkon sien Koning Kuttel dan 'n optog van verruklike poefkunswerke voor hom verbykom. Wie se naam gaan hierdie keer deur die koninklike kneg uitgebeitel word in die gedenksteen met al die wenners van die Groot Poefwedstryd?
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199708

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 180
R 162Jy spaar R 18
Lek gou aan 'n suurlemoen en kyk hoe lyk jy in die spieel. So suur soos wat jou gesig nou lyk, so lyk die broers Harry en Huibert Suur s'n altyd. En hulle hou boonop daarvan! Suig gou aan 'n suikerklontjie en lees wat gebeur wanneer Harry en Huibert op 'n dag 'n kaartjie in die pos kry wat hulle rustige lewe omkeer.
Publikasiedatum: 2013-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.