AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350

Kinders
Prenteboeke

Results 136 to 150 of 353
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798173568

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 90
R 81Jy spaar R 9
Het jy al ooit jou gunsteling-speelding verloor? Was jy hartseer toe jou troeteldier iets oorgekom het? Hoe het jy gevoel? Was jou oë vol trane? Lees van Zinzi en Omar, en wat hulle gedoen het toe hulle hartseer was. Die reeks Almal voe...help kinders om hulle gevoelens te verstaan en wys vir hulle hoe om nuwe emosies en ervarings positief te hanteer.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798173575

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 90
R 81Jy spaar R 9
Was jy bang op jou eerste dag by die skool? Was jy al senuweeagtig om voor die klas te praat? Hoe het jy gevoel? Het jou hart baie vinnig geklop? Lees van Omar en Zinzi, en wat hulle gedoen het toe hulle bang was. Die reeks Almal voel...help kinders om hulle gevoelens te verstaan en wys vir hulle hoe om nuwe emosies en ervarings positief te hanteer.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798173315

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Vian Oelofsen
Kinders  -  Prenteboeke
R 145
R 131Jy spaar R 14
Liewe Heksie is 55 jaar oud in 2016! Met eenvoudige teks en pragtige illustrasies sal hierdie prenteboek 2- tot 4-jariges gaande hê oor een van Liewe Heksie se gewildste avonture.
Heksie en Blommie Kabouter pas Blommeland se kosbare Silwerroos op. Maar wat gaan gebeur as Blommie aan die slaap raak en die Gifappeltjies kom om die Roos te steel?
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799358827

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Prenteboeke
R 90
R 81Jy spaar R 9
Klein Leeutjie is baie skaam. Hy kan nie brul nie. Al wat uitkom wanneer hy probeer, is: 'Piep!' Sy boeties en sussies lag vir hom. 'Jy moet nie PIEP nie, jy moet BRUL!' Maar dan ontmoet klein Leeutjie vir Muis. Sal Muis hom kan help om soos die ander leeus te leer brul?
- `n Storie oor selfvertroue.
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432306625

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 70
R 63Jy spaar R 7
Kwaai Uil gaan oor 'n uil wat omgekrap op 'n tak sit en kyk hoe 'n groot storm opbou. Hy word vasgevang in die middel van die reën, wind, donderweer, sneeu, hael, en selfs 'n tornado. Wanneer die storm uiteindelik bedaar, is hy aangenaam verras deur die allermooiste kleure wat in die vorm van 'n reënboog deur die wolke uitstraal. Toe die wolke die volgende keer begin saampak, was hy nie so kwaad nie, omdat hy geweet het die grootste storms kan soms die wonderlikste eindes hê.

Also available in English as Angry Owl
Publikasiedatum: 2016-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199715

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Piet Grobler
Kinders  -  Prenteboeke
R 175
R 158Jy spaar R 17
Nadat Moessorgski na 'n uitstalling van skilderye van sy gestorwe vriend Viktor Hartmann gegaan het, het hy in 1874 'n klavierwerk geskryf wat in 1922 deur Ravel georkestreer is en as gevolg van die orkesweergawe beroemd geword het. Philip de Vos het met sy verse die werk gemoderniseer om dit meer toegangklik vir moderne lesers te maak, terwyl dit steeds die gevoel van hierdie klassieke meesterwerk behou. Die prettige en slim Prente by 'n uitstalling beeld die besoeker uit soos hy van die een skildery na die volgende beweeg.
Publikasiedatum: 2016-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798173452

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 170
R 153Jy spaar R 17
Op 'n dag gaan stap Bella met haar hond oor die bladsy toe iets BAIE VREEMDS skielik gebeur. Die boek sluk haar hond in! Ben kom help. Maar verdwyn ook. Nog hulp verskyn . . . en verdwyn, en uiteindelik word tot Bella opgeslurp. 'n Baie gawe leser moet die boek omdraai en skud om almal weer te red! 'n Heerlike humoristiese prenteboek met 'n onverwagse kinkel. Perfek vir saamlees en voorlees.
Publikasiedatum: 2016-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798173339

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 160
R 144Jy spaar R 16
Die beer se hoed is weg en hy soek dit terug. Geduldig en hoflik vra hy al die diere wat hy teekom of hulle dit gesien het. En nes hy moed verloor, besef hy dat hy tog sy hoed gesien het . . . Hierdie eksentrieke en skreeusnaakse prenteboek sal beide grootmense en kinders se tone laat krul van lekkerte.
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485301783

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Kaatje Vermeire
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Soos elke jaar klim al die diere en skepsels teen die heuwel op vir 'n vergadering. Hierdie jaar het olifant 'n vraag, 'n moeilike vraag: Hoe weet mens dat jy iemand liefhet? Die verhaal begin met 'n groot prent van 'n treurige olifant met 'n klein stoeltjie op sy kop en 'n blom in sy mond. Die vergadering wat olifant se vraag moet bespreek, word gelei deur Mier, wat die woord gee aan Muis, Sneeuwitjie, 'n klip, 'n swerwer, 'n ysbeer en nog vele ander skepsels. As hulle saam by klomp filosofiese antwoorde oor die liefde gekom het, word die vergadering gesluit en gaan elkeen tevrede huis toe. Net Mier, wat oor die liefde skepties is, weet nie waarom sy skielik so alleen voel nie. Olifant se vraag is 'n ontroerende verhaal oor die vele fasette van die liefde. Leen van der Berg bied die jong leser veel om verder oor te droom en te filosofeer. Kaatje Vermeire se illustrasies, 'n kombinasie tussen grafiek en illustrasies, is 'n pragtige versmelting van realisme en fantasie. Die boek vorm sowel vir die oogstrelende fantasieryke prente, as vir die boeiende teks, stof tot nadenke en bepeinsing.
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798171489

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 170
R 153Jy spaar R 17
Die Goorgomgaaitjie, geskep deur een van die suksesvolste prenteboekspanne ooit, is 'n ware moderne treffer. Hierdie tweede avontuur in die diep donker woud is net so briljant soos die eerste. Sedert sy noue ontkoming met die Nare Muis, glo die Goorgomgaai dat geen goorgomgaai ooit die donker woud moet ingaan nie. Natuurlik luister die kleingoed selde na hulle ouers en een nag besluit die Goorgomgaaitjie om die woud te gaan verken, want die Nare Muis kan tog nie regtig bestaan nie!
Publikasiedatum: 2016-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799378962

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Garry Parsons
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
R 80Jy spaar R 80
Die dino's hou 'n partytjie met allerlei prettige speletjies. Daar is 'n stegosourus op die springkasteel, daar is 'n spitbraai in die tuin, en daar is wonderlike eetgoed. Maar die dinosourusse beplan om 'n spesiale lekkerny by die partytjie voor te sit ...
Publikasiedatum: 2016-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302247

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Frieda Van Raevels
Kinders  -  Prenteboeke
R 195
R 176Jy spaar R 19
Robbie Ramkat is die nuwe suksesreeks van die uiters gewilde jeugskrywer Marc de Bel. Die Robbie Ramkat-reeks (Roesty Spetter in Nederlands) was vanaf hierdie eerste boek 'n groot sukses in Nederland en Vlaandere. Met die vertaling in Afrikaans gaan die effens vet maar dapper kat - op sy dag die 'Kampioenkat van die Jaar' - nou ook die harte van jong Suid-Afrikaanse lesers verower.

In die eerste boek in die reeks - Katskenades onder die volmaan! - ontmoet die jong leser die lekkerbek Robbie Ramkat, sy mooi vriendinnetjie Kieta, die gevaarlike labrador Bamboes en die brandmaer rot, Vaalwillem.

Ten spyte van die ekstra gewig wat hierdie eks-kampioenkat opgetel het, wink avontuur nog steeds om elke draai. Kort voor lank is hy weer kaatjie van die baan. Veral as sy vriendinnetjie Kieta op die toneel verskyn! Dan is geen muur te hoog, geen spruit te breed, geen see te diep, geen plek te ver, geen rondloperhond te groot, geen braaiwors te warm nie...

Marc de Bel was jarelank 'n onderwyser wat aan sy leerders fantasievolle verhale vertel het wat hy ook dikwels self illustreer het. Sy eerste boek Het ei van oom Trotter is bekroon met die Kinder- en Jeugdjury voor het Boek in Vlaandere. In 'n kort tyd word hy een van die mees populêre skrywers in Vlaandere. Marc de Bel is besonder lief vir kinders en kies in sy boeke graag die kant van die kinders en hulle kreatiewe moontlikhede, talente en fantasie.

Frieda Van Raevels gradueer met 'n meestersgraad in Animasie van RITS in Brussel, België. Sy werk as 'n vryskut illustreerder wat fokus op kinderboeke met diere as hoofkarakters.
Publikasiedatum: 2016-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620681759

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Marisa du Toit
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Pieter Kokkewieter is 'n ongewone seuntjie wat met sy hart op sy mou loop. Letterlik. Maatjies vind dit vreemd om dag na dag die vriendelike rooi hart op Pieter Kokkewieter se hempsmou te sien, maar is tog ook dankbaar dat hulle nie hoef te raai hoe Pieter voel nie.
Pieter hou van sy hart waar hy is. Sy ouers waarsku hom teen moontlike gevare en dat hy baie blootgestel is, maar hy hou voet by stuk. Sy hart hoort op sy mou.
Dis egter waneer Boelie Schmoelie Pieter se hart breek, dat Pieter begin wonder of hy nie tog maar soos almal sy hart veilig in sy bors moet bêre nie.
Dis eers waneer Pieter opmerk dat Boelie Schmoelie se hart in sy skoen afgesak het, dat Pieter finaal besluit waar hy sy eie hart wil hou. Stewig op sy mou.

Hierdie prenteboek is die eerste boek in 'n reeks oor idiome en bied vir ouers en kinders die geleentheid om die idioom 'jou hart is op jou mou' te ontgin en te bespreek.
Publikasiedatum: 2016-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485302230

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Frieda Van Raevels
Kinders  -  Prenteboeke
R 195
R 176Jy spaar R 19
Robbie Ramkat is die nuwe suksesreeks van die uiters gewilde jeugskrywer Marc de Bel. Die Robbie Ramkat-reeks (Roesty Spetter in Nederlands) was vanaf hierdie eerste boek 'n groot sukses in Nederland en Vlaandere. Met die vertaling in Afrikaans gaan die effens vet maar dapper kat - op sy dag die 'Kampioenkat van die Jaar' - nou ook die harte van jong Suid-Afrikaanse lesers verower.

Die bal van Bil Jart is die tweede boek in die geïllustreerde reeks van Marc de Bel. Kieta, Robbie se vriendinnetjie, gaan trek. Haar eienaar moet die huurhuis verlaat omdat hy nie geld het om dit te koop nie. 'n Groot jammerte, want dit hoef glad nie 'n probleem te gewees het nie. Die man besit iets baie waardevols: die bal van Bil Jart, 'n unieke tennisbal met 'n handtekening daarop. Hierdie kosbare bal is egter gesteel. Kieta is raadop... en Robbie is reg vir aksie.

Marc de Bel was jarelank 'n onderwyser wat aan sy leerders fantasievolle verhale vertel het wat hy ook dikwels self illustreer het. Sy eerste boek Het ei van oom Trotter is bekroon met die Kinder- en Jeugdjury voor het Boek in Vlaandere. In 'n kort tyd word hy een van die mees populêre skrywers in Vlaandere. Marc de Bel is besonder lief vir kinders en kies in sy boeke graag die kant van die kinders en hulle kreatiewe moontlikhede, talente en fantasie.

Frieda Van Raevels gradueer met 'n meestersgraad in Animasie van RITS in Brussel, België. Sy werk as 'n vryskut illustreerder wat fokus op kinderboeke met diere as hoofkarakters.
Publikasiedatum: 2016-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307198

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135Jy spaar R 15
Ons wil almal graag gewild wees. Maar Clemens die kat wil regtig hê ALMAL moet van hom hou en daarom is dit vir die ander diere op die werf kinderspeletjies om hom met flikflooiery en komplimente 'n gat in die kop te praat. Clemens doen alles om hulle guns te wen... Maar teen watter prys?
Publikasiedatum: 2016-02-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.