●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 10 - 12

Results 106 to 120 of 371
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178839

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Lua Verwey is eintlik allergies vir seuns, maar sy is tog die enigste meisie wat saam met die krieketspan Kaap toe gaan toer. Mits sy voor die einde van die kwartaal genoeg name op haar borgvorm het om geld in te samel vir 'n vakansie langs die strand. En 'n vakansie het sy beslis nodig; want h aar ma verwag 'n tweeling, haar boeties neem die huis op horings, haar oupa-hulle gaan by hulle kom intrek en haar beste vriendin is skielik superaaklig met haar.
Publikasiedatum: 2019-05-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776250387

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 200
Of jy nou glo in die noodlot of blote geluk of liefde met die eerste oogopslag, alle liefdesverhoudings moet iewers begin. Dié bundel bevat verhale oor eerste ontmoetings deur gevestigde skrywers soos Jaco Jacobs, Zelda Bezuidenhout, Refiloe Moahloli en Sally Partridge en nuwe stemme soos Cliffordene Norton en Mercy Kannemeyer. Die verhale is soms romanties, soms snaaks, soms alledaags, soms buitengewoon ... en die eindes meestal gelukkig. Die bundel is ryk aan diversiteit en bied 'n verskeidenheid wat betref identiteit, karakters en agtergronde.
Publikasiedatum: 2021-08-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391138

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
'n Aangrypende, fantastiese avontuur buite en onder die water … Stella is nog altyd die eenkantkind in die familie gewees. Sy loop in haar slaap en sy is bang vir die water alhoewel sy geboei is daardeur. Die grootste raaisel vir Stella is haar ma, wat oorlede is toe Stella agt jaar oud was. Wie was haar ma? Hoekom het sy vir Stella 'n hangertjie gegee wat “die belofte van die see” genoem word? Niemand kan vir Stella antwoorde gee nie omdat haar pa te hartseer is en haar ouma se geheue versleg. Dit is net deur die see te trotseer, dat Stella regtig die antwoord op haar grootste vraag kan uitvind: Was haar ma 'n meermin? 'n Aangrypende verhaal oor familie, verlies, vriendskap en ontdekking. Tania Unsworth meng fantasie en realiteit in 'n boeiende, poëtiese wyse wat steeds 'n vinnige pas het vir jong lesers. Hierdie is 'n boek wat enige leser sal meesleur met dieselfde magiese, emotiewe krag van die oseaan. Die boek bevat pragtige, liriese prosa wat fantasie en realiteit meng in 'n poëtiese avontuur. Met temas soos verlies, hartseer, rou, vriendskap en ontdekking is hierdie boek 'n moet-lees. Dit is die eerste van sy soort in Afrikaans. Ander boeke deur Tania Unsworth sluit in: The Secret Life of Daisy Fitzjohn en The One Safe Place.
Publikasiedatum: 2019-06-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485308782

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Tony Ross
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 230
Toe 'n krieketbal Tom se kop tref, moet hy Lord Funt-hospitaal toe gaan, waar hy ontvang word deur 'n man met die skrikwekkendste voorkoms wat hy nog ooit gesien het. En net toe hy dink dat dinge nie erger kan word nie, ontmoet hy die bose matrone wat in beheer is van die kinderafdeling …

Die Middernagbende is David Walliams se negende kinderroman.
Publikasiedatum: 2018-09-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193591

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Gits! Dis 'n spul vriendelik mense! Die een wil jou laat vuis ruik en die ander wil op jou koekblik spring. Die Otters besluit dis 'n tyd in hulle lewe dat hulle moet saamstaan, want 'n koshuiskind het nou maar eenmaal sy plesier en ellendes. Buks gaan toe mos en sê vir ou Biltong sy vingers ruik na sigarette - wat 'n ellende! Buks, Kassie en Litte sit buitendien in 'n verskriklike verknorsing. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle die koshuisspens besteel het. 'n Mens kan jou nie indink dat die Otters sal steel nie, opsetlik sal wil inbreek nie ... dis wat die kinders sê.
Publikasiedatum: 2010-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194031

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Buks, Kassie en Litte - oftewel die Otters - hou vakansie, maar sal dit sorgeloos verloop met son, see, roomys en visvang elke dag? Wanneer drie boelies sorg dat een van die Otters in die see beland, begin misterieuse dinge gebeur ... Het die boelies enigiets te doen met die geheimsinnige huis op die krans? Wat sal gebeur as een van die Otters ontvoer word? Sal die Otterfluit hulle kan help om mekaar weer op te spoor?
Publikasiedatum: 2010-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194192

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Die Otters gaan saam met hulle pa's op 'n kampeervakansie na Moremi, 'n wildreservaat in die oostelike gedeelte van die Okavango-delta. Een pa nooi 'n studentevriend van hom en dié se seun Berrie ook saam. Sommer gou besef die Otters dat Berrie deel is van die Uil-bende, en dat hulle op hom kan staatmaak.
Die pad na Moremi loop lang draaie deur vreemde plekke. Wanneer die viertal seuns op Maun ontvoer word, moet hulle die waterkanale by Matlapaneng in 'n mokoro aandurf en die woestynstreek, waar net die Boesmans woon, trotseer. Sal die seuns op mopaniewurms oorleef? En sal hulle ooit by Moremi uitkom?
Publikasiedatum: 2011-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193812

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Nie net is dit vakansie nie, maar die Otters kuier op Kassie hulle se plaas in die Bosveld. En soos ons nou al weet, is daar eenmaal nie vrede waar hierdie knape hul bevind nie. Sommer met die intrapslag loop dinge skeef: Daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter en bykans al die kuikens is weg. Litte is juis 'n man wat sentimenteel raak wanneer 'n paar vinkies uitgeroei moet word. Maar hoe verdink 'n Otter dan 'n mede-Otter?Arende, bobbejane en luiperds is vir die stadjapies nie 'n alldaagse verskynsel nie en as hulle nie probeer om 'n luiperd uit 'n slagyster te red nie, raak hulle slaags met 'n enorme bobbejaan. Maar wie is die geheimsinnige man wat die Otters teister en hulle klere steel? As hulle skoolpelle, Helene en Magriet een middag verdwyn, lei alle spore na die wilde man in die bos. Sal die Otters betyds die twee vriendinne kan red.
Publikasiedatum: 2010-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194161

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Buks, Kassie en Litte - oftewel die Otters - skryf briewe aan hul ouers sodat hulle fietse vir 'n fietstoer kan bekom. Na heelwat beplanning, vertrek die seuns met 'n gesonde voorraad blikkieskos en water in groot rugsakke na die Tuliblok langs die Limpoporivier.
Publikasiedatum: 2011-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193805

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Buks, Kassie en Litte - oftewel die Otters - is nou heeltemal tuis in graadgagt en in die koshuis van Hoërskool Volkstroom. Dit is nie net die Otters se aartsvyande, die Vuis, nie maar ook die onderwysers en die dorpsmense wat gou besef dat die Otters 'n groep is om mee rekening te hou. As hulle nie 'n foefieslaaid uit die koshuis bou nie, dan moker Buks vir hom 'n plek in die eerstekrieketspan oop.
Buks is die een wat 'n slag het met die meisies, maar dit is Litte wat soos 'n wafferse held die skone Helene red van verdrinking. Toe die skool se fietse op grootskaal begin wegraak, is dit die Otters wat hulle lewens waag om die diewe te probeer vastrek. Die probleem is net: Dit is 'n geharde bende wat nie sal skroom om te kry wat hulle wil hê nie. Kan die Otters regtig hierdie hardebaard-boewe aanvat?
Publikasiedatum: 2010-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194185

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Die Otters gaan veldskool toe. Hier leer hulle "n paar dinge oor die natuur en oor hulself, en versterk die vriendskapsbande terwyl die seuns snags om "n kampvuurtjie sit en die veldskoollied sing. Bedags moet hulle deur hindernisbane sukkel en hul weg met 'n kompas oor berge en deur dale terug na die kamp vind.
Publikasiedatum: 2011-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194178

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Die drie vriende wat bekend staan as die Otters, gaan saam met Buks se ouers na die Seychelles. Hulle hou lekker vakansie en vergaap hulle aan die koraalriwwe wat soos slange langs die kus van Mahé af kronkel. Hulle sien interessante en gevaarlike visse en eet vreemde kosse. Die Otters se aandag dwaal egter af van hierdie nuwighede wanneer Kassie per ongeluk hoor hoe twee mans praat van 'n kaart wat hulle na seerowerskatte kan lei. Ongelukkig kom die mans agter dat die seuns ook in die buit wil deel ...
Publikasiedatum: 2011-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485314219

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 1160
R 960Jy spaar R 200
Die Otters 1: Gits! Dis 'n spul vriendelik mense! Die een wil jou laat vuis ruik en die ander wil op jou koekblik spring. Die Otters besluit dis 'n tyd in hulle lewe dat hulle moet saamstaan, want 'n koshuiskind het nou maar eenmaal sy plesier en ellendes. Buks gaan toe mos en sê vir ou Biltong sy vingers ruik na sigarette - wat 'n ellende! Buks, Kassie en Litte sit buitendien in 'n verskriklike verknorsing.
Die Otters se Koshuisstreke 02: Buks, Kassie en Litte - oftewel die Otters - is nou heeltemal tuis in graadgagt en in die koshuis van Hoërskool Volkstroom. Dit is nie net die Otters se aartsvyande, die Vuis, nie maar ook die onderwysers en die dorpsmense wat gou besef dat die Otters 'n groep is om mee rekening te hou. As hulle nie 'n foefieslaaid uit die koshuis bou nie, dan moker Buks vir hom 'n plek in die eerstekrieketspan oop.
Die Otters op die Bosveldplaas 03: Nie net is dit vakansie nie, maar die Otters kuier op Kassie hulle se plaas in die Bosveld. En soos ons nou al weet, is daar eenmaal nie vrede waar hierdie knape hul bevind nie. Sommer met die intrapslag loop dinge skeef: Daar is oornag by die kuikenhokke gepeuter en bykans al die kuikens is weg.
Die Otters en die huis op die krans 04: Buks, Kassie en Litte - oftewel die Otters - hou vakansie, maar sal dit sorgeloos verloop met son, see, roomys en visvang elke dag? Wanneer drie boelies sorg dat een van die Otters in die see beland, begin misterieuse dinge gebeur ... Het die boelies enigiets te doen met die geheimsinnige huis op die krans? Wat sal gebeur as een van die Otters ontvoer word? Sal die Otterfluit hulle kan help om mekaar weer op te spoor?
Die Otters se fietstoer 05: Buks, Kassie en Litte - oftewel die Otters - skryf briewe aan hul ouers sodat hulle fietse vir 'n fietstoer kan bekom. Na heelwat beplanning, vertrek die seuns met 'n gesonde voorraad blikkieskos en water in groot rugsakke na die Tuliblok langs die Limpoporivier.
Die Otters Skateiland van die Seychelles 06: Die drie vriende wat bekend staan as die Otters, gaan saam met Buks se ouers na die Seychelles. Hulle hou lekker vakansie en vergaap hulle aan die koraalriwwe wat soos slange langs die kus van Mahé af kronkel. Hulle sien interessante en gevaarlike visse en eet vreemde kosse.
Die Otters se veldskoolavonture 07: Die Otters gaan veldskool toe. Hier leer hulle 'n paar dinge oor die natuur en oor hulself, en versterk die vriendskapsbande terwyl die seuns snags om 'n kampvuurtjie sit en die veldskoollied sing. Bedags moet hulle deur hindernisbane sukkel en hul weg met 'n kompas oor berge en deur dale terug na die kamp vind.
Die Otters in die Okavango-moeras 08: Die Otters gaan saam met hulle pa's op 'n kampeervakansie na Moremi, 'n wildreservaat in die oostelike gedeelte van die Okavango-delta. Een pa nooi 'n studentevriend van hom en dié se seun Berrie ook saam. Sommer gou besef die Otters dat Berrie deel is van die Uil-bende, en dat hulle op hom kan staatmaak.
Publikasiedatum: 2022-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485305606

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Quentin Blake
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Dennis bly in 'n vervelige huis in 'n vervelige straat in 'n vervelige dorp. Maar hy gaan uitvind die lewe is allesbehalwe vervelig wanneer jy jou kop oopmaak! Jy sal lag, jy sal huil, en as jy Dennis eers ontmoet het, sal jy hom nooit vergeet nie ...

''n Wonderlike en komiese verhaal'
Evening Standard

Verrassend, skerp en snaaks - die eerste roman vir kinders deur die skrywer van topverkopers soos Ouma is 'n kroek! en Rotburger.

'Sjarmant, snaaks'
THE TIMES

''n Heerlike Dahl-aanslag'
TIME OUT

'Goed geskryf, snaaks, roerend'
OBSERVER
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485312666

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Sara Ogilvie
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 220
Wanneer Tomas ’n draakvrugboom in sy oupa se tuin ontdek en ’n klein drakie uit een van die vrugte bars, ontdek hy dat drake baie meer moeite is as komkommers! Daar is ontploffende draakbolle oral â€' selfs eenkeer in Oupa se ontbytgraan â€' die huiskat word gedurig rondgejaag en Tomas se tandeborsel (en ander persoonlike items) word gereeld brandgesteek. Maar dis darem nie net chaos en ontploffende draakbolle nie! Die eerste keer toe Flikker sy stert om Tomas se nek krul en hom met sy groot diamant-oë kyk, kom Tomas agter dat daar heelwat meer as net towerkrag in drake steek. Maar as jy ’n draak het moet jy dit geheim hou, want wie wil nie hulle eie draak hê nie?
Publikasiedatum: 2021-09-09

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.