●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Kinders
Ouderdomsgroep 10 - 12

Results 151 to 165 of 371
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384512

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 195
Glo my, as jy op die ingewing van die oomblik 'n skaap by 'n kerkbasaar steel, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie ...
Luan se vakansieplanne is in hulle peetjie.
In plaas daarvan dat hy by die huis gaan rondsit, PlayStation speel en saam met sy pelle kuier, moet hy Karoo toe gaan. Op 'n road trip. Saam met sy eksentrieke fotograaf-ouma wat 'n fotoboek oor windpompe wil publiseer.
Dit is sy straf omdat hy en sy vriende een aand iets aangevang het wat hulle in groot moeilikheid laat beland het.
Op pad deur die Karoo ontmoet hy vir Lana, wie se pa al die pad van Bloemfontein na Kaapstad met sy fiets ry om geld vir kankernavorsing in te samel. Lana wat nie vleis eet nie, mal is oor boeke en hom (sonder dat sy dit weet) oortuig om 'n skaap te steel.
Luan leer ken vir die eerste keer werklik sy ouma - die hardekwas-predikantsvrou wat al die jare 'n geheim saam met haar ronddra.
En die belangrikste van als: Hy leer homself ken.
Kort voor lank verander 'n vervelige rit deur die Karoo in 'n onvergeetlike reis ...
Hierdie humoristiese, hartroerende tienerboek uit die pen van Jaco Jacobs sal jou anders laat kyk na die dinge wat die lewe die moeite werd maak.
Publikasiedatum: 2018-04-18
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624029762

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 130
Paul kan die ontydige dood van sy pa nie verwerk nie en bly droom van hom. Hy maak vriende met die ou skoonmaker by hulle woonstelgebou, maar konflik ontstaan wanneer hy Paul se pa se ou Buick, sy 'droomwa', wil koop.
Publikasiedatum: 1997-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394962

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 230
'n Hond uit 'n bos lees …
Lees verhale wat enige hondeliefhebber se hart sal smelt. In hierdie boek kan jy jou pote op die stories en geheime van sommige van die geskiedenis se heldhaftigste honde lê.
Hierdie is 'n boeiende versameling van meer as 30 verhale van werklike honde, insluitende filmsterre met pelse, honde wat graag help, wetenskap supersterre en oorlogshelde. Hierdie heldhaftige honde is die sterre van hulle eie stories. Lees ook oor honde wat rekords breek, honde in die letterkunde, baba honde wat roem op die internet gewerf het en nog meer …

Hierdie is 'n niefiksie titel wat werklik deur enige hondeliefhebber gelees kan word - nie slegs kinders nie. Die boek se pasmaat is 'n Kat se kans, deur dieselfde skrywer. Soortgelyke plaaslike titels: Kinders geniet stories wat op ware diereverhale gebaseer is, soos Wendy Maartens se boeke: Jock van die Bosveld en ander ware dierestories, Leeu wat drukkies gee en ander ware dierestories en Max die dapper gorilla en ander ware diere stories
Publikasiedatum: 2019-10-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798156660

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 189
Wie of wat is dit wat in die nag in die koshuis se gange rondsluip?

Toe Emma en Janine se kamermaats skielik siek word en in die siekeboeg opgeneem word, vermoed hulle dadelik onraad, veral toe hulle verbied word om hulle siek maats te besoek.

Toe hulle besluit om ondersoek in te stel, verdiep die raaisel van die kinders se verdwynings. Wat maak die hoof van die koshuis in die middel van die nag in die laboratorium. En wie is die man met die vreemde reuk en snaakse voete?

'n Lekker grillerige speurstorie vir jong lesers.
Publikasiedatum: 2012-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776353675

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: David Roberts
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
R 126Jy spaar R 14
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Lees in hierdie reeks van drie boeke oor al Engela se lawwe streke en hoe sy gereeld in die moeilikheid beland - al bedoel sy dit nie!
(1) Engela Goedhart
In hierdie boek is Engela oortuig daarvan dat die hoof 'n pruik dra en sy probeer bewys dat sy reg is; sy probeer ook haar vyand, Twané Witvoetjie, uitoorlê en sy is heeltemal uit haar diepte by 'n spa-naweek, maar sy's vasbeslote om haar merk te maak!
(2) Koninginby
(3) Superster

Hierdie boeke is perfek vir beginnerlesers - dit bevat lag-uit-jou-maag-uit-humor en prettige illustrasies. Elke boek in die reeks bevat drie stories - jy kry dus waarde vir geld en is gewaarborg vir ure se leespret!
Publikasiedatum: 2022-05-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776353682

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: David Roberts
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
R 126Jy spaar R 14
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Lees in hierdie reeks van drie boeke oor al Engela se lawwe streke en hoe sy gereeld in die moeilikheid beland - al bedoel sy dit nie!
(1) Engela Goedhart
(2) Koninginby
In die tweede boek in die reeks speel Engela bewimpelaar vir haar onderwysers; sy probeer om haar eie tuisgemaakte limonade te maak en sy kry met die Lelike Susters te doen ...
(3) Superster

Hierdie boeke is perfek vir beginnerlesers - dit bevat lag-uit-jou-maag-uit-humor en prettige illustrasies. Elke boek in die reeks bevat drie stories - jy kry dus waarde vir geld en is gewaarborg vir ure se leespret!
Publikasiedatum: 2022-05-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776353699

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: David Roberts
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 140
R 126Jy spaar R 14
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Lees in hierdie reeks van drie boeke oor al Engela se lawwe streke en hoe sy gereeld in die moeilikheid beland - al bedoel sy dit nie! (1) Engela Goedhart (2) Koninginby (3) Superster Engela staan uit wanneer sy 'n nuwe vaardigheid aanleer vir die skool se talentkompetisie; sy verdwaal op 'n natuuruitstappie en sy speel saam met 'n groep seuns op die sokkerveld! Hierdie boeke is perfek vir beginnerlesers - dit bevat lag-uit-jou-maag-uit-humor en prettige illustrasies. Elke boek in die reeks bevat drie stories - jy kry dus waarde vir geld en is gewaarborg vir ure se leespret!
Publikasiedatum: 2022-05-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798173667

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Mnr. Vos steel kos by die gemene boere Ben, Bart en Boon - een vet, een kort, een net vel en been. Hierdie drie skurke maak 'n plan om mnr. Vos by sy huis uit te grawe, maar hulle besef nie hoe fantasties mnr. Vos is en wat hy alles sal doen om sy gesin te red nie . . .
Hierdie klassieke verhaal is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar, met briljante vertaling deur Kobus Geldenhuys.
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798182164

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Timo wonder wie die geheimsinnige inwoner op die boonste verdieping van hulle woonstelblok is. Wanneer hy gaan ondersoek instel, verander sy vervelige skoolvakansie skielik in 'n groot avontuur! Hy maak kennis met Felina Kat, maar sy is geen gewone kat nie . . .  Sy is 'n GEHEIME AGENT. Speurder Skote Petoors het 'n probleem. 'n Kosbare blou diamantring is gesteel en daar is nog geen leidraad nie. Die Geheime Agent moet kom help. Sal Felina, Skote en Timo saam die skurke kan vastrek?
Publikasiedatum: 2022-03-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181778

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Theodore Key
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 155
NUWE UITGAWE
Stephan en sy vriend, Cobus, is in groot moeilikheid. Hulle het per ongeluk hulle onderwyser, juffrou Beneke, in 'n geraamte verander! Maar dit is net die begin van die storie . . . want dan moet hulle haar op die skoolbus smokkel sodat hulle op 'n Graadsewe-toer kan gaan. En dan is daar boonop 'n wildejaagtog op 'n spoedvarkie, 'n geveg met 'n seekat, gevaarlike rekspronge, wilde ape en wie weet wat nog alles! En wat gaan Stephan en Cobus omtrent juffrou Beneke doen?
Publikasiedatum: 2021-05-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799384482

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 170
Fantastiese nuus vir jong sportliefhebbers! Vir die eerste keer verskyn twee van Jaco Jacobs se supergewilde sportstories saam in een omnibus - met 'n klomp lekker rugby- en krieketfeite as bonus!
In Gevaarlike lopies kan Henk nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd ná die ander te speel! Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie 'n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek, en wat soek hulle? Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in 'n nagmerrie gaan ontaard ...
Werner en sy vriende in Duskant die doodlyn lééf vir rugby. Hierdie jaar is hulle vasbeslote om hul aartsvyande 'n ding of twee op die rugbyveld te wys. Maar iets is verkeerd. Wie is die geheimsinnige man wat snags by die skool rondsluip? En waarom gebeur daar skielik allerhande vreemde dinge met Werner-hulle se rugbyafrigter? Dit begin al hoe meer lyk of iemand nie volgens die reëls speel nie en Werner en die res van sy span beland in groot gevaar ...
Publikasiedatum: 2018-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176750

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Shân Fischer
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is hierdie kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: 'n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen 'n geheim met hulle saamdra. Kan dit wees dat al die kinders op Vreesbaai deur iets afgrysliks geterroriseer word?
Publikasiedatum: 2018-03-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176729

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Shan Fischer
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
Pippa kry nog altyd nagmerries oor haar grootste vrees: spinnekoppe. Net voordat sy hulle plaas, Moordkuil, in die karoo verlaat om 'n nuwe skooljaar in 'n koshuis in die Paarl te begin, word die gemummifiseerde liggaam van 'n meisie in 'n bergskeur op die plaas ontdek. Is dit die liggaam van haar pa se vermiste suster? Tot Pippa se skok, is haar nuwe kamermaat gaande oor spinnekoppe. En hoekom voel dit asof die mummie haar skool toe gevolg het?
Publikasiedatum: 2018-05-08
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176781

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Shan Fischer
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
Volgens Clayton se pa en sy nuwe verloofde is hy 'n probleemkind. Hy word na 'n eksklusiewe rehabilitasiekamp vir tieners gestuur, maar dis nie net die streng sekuriteit en geheimsinnige personeel wat aandui iets is nie pluis nie. Clayton is vreesbevange vir die digte bome wat die kamp omring en snags sluip vreemde gediertes in die woud rond. En dan begin van die tieners verdwyn. . .
Publikasiedatum: 2018-07-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178860

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Shan Fischer
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
Babette kom by die gawe tannie Theodora op Rustfontein bly - 'n geskiedkundige dorpie wat wemel van eienaardige stories. Gelukkig ontmoet sy die aantreklike Tiaan en vind uit sy kan haar sangtalent in 'n plaaslike musiekproduksie uitleef. Maar iets spook by haar. Wie is die bebloede meisie wat in haar kamer verskyn? En wat het dit te doen met die legende van onsterflikes wat zombies gebruik om kinders na die ou begraafplaas op die bult te jaag?
Publikasiedatum: 2019-06-07

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.