AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798173520

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 155
R 140Jy spaar R 15
"Fie-faai-fou-fam. Ek ruik die bloed van 'n jongman!" Stoot, trek en skuif die tonele en gee lewe aan die klassieke verhaal van Jan en die boontjierank.
Hierdie eerste sprokies is perfek vir 1+ jariges en 'n prettige inleiding tot klassieke verhale.
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798177238

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 160
R 144Jy spaar R 16
Sleuteltjie, sleuteljie, op sag satyn, laat tog 'n storie uit die boek verskyn! Kom luister saam na vyf van die wêreld se mooiste en gewildste sprokies: Die drie varkies, Jan en die boontjierank, Hansie en Grietjie, Die lelike eendjie en Repelsteeltjie. Dié klassieke verhale uit Bennie Boekwurm se groot sprokiesboek is ideaal vir voorlees met slaaptyd.
Publikasiedatum: 2018-07-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179522

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 165
R 149Jy spaar R 16
Hierdie unieke vouboek bevat verskeie dieretonele met allerhande goed om te soek en vind. Dit moedig kinders terselfdertyd aan om van 1 tot 10 te tel en stel hulle bekend aan verskillende soorte diere.
Publikasiedatum: 2019-07-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179577

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 165
R 149Jy spaar R 16
Hierdie unieke vouboek bevat verskeie historiese tonele met allerhande goed om te soek en vind. Dit moedig kinders terselfdertyd aan om van 1 tot 10 te tel en stel hulle bekend aan verskillende historiese tydperke!
Publikasiedatum: 2019-07-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

8

9780798178921

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Kleuters
R 165
R 132Jy spaar R 33
Sleuteltjie, sleuteljie, op sag satyn, laat tog 'n storie uit die boek verskyn! Kom luister saam na nog vyf van die wêreld se mooiste en gewildste sprokies: Rooikappie, Die skoenmaker kabouters, Die dieremusikante van Bremen, Duimelina en Sneeuwitjie. Die tweede boek in die gewilde reeks met nog klassieke verhale uit Bennie Boekwurm se groot sprokiesboek is ideaal vir voorlees met slaaptyd.
Publikasiedatum: 2019-07-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

13

9780798179690

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 194
R 155Jy spaar R 39
Met die 10de verjaarsdaguitgawe van hierdie topverkoper potjieboek met flappies kan kinders 'n positiewe les leer oor potjiedissipline.

Muisie is 'n nuuskierige agie wat oral wil inloer. Hy wil selfs in al sy maatjies se doeke loer! Maar wanneer sy maats in sy doek loer, kry hulle 'n groot verrassing. Die grappige vertaling deur Philip de Vos sal kinders van 2 tot 4 jaar hope plesier verskaf!
Publikasiedatum: 2019-08-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485308126

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 195
R 176Jy spaar R 19
Hierdie is die tweede drie-in-een boek van Hanli die hasie! (Die vlieënde hasie; Die Ysprinses & Die Kersfeeswens)
Hanli die hasie is die Afrikaanse vertaling van die gewilde Engelse boek Lettice - waarvan daar al oor 'n miljoen boeke verkoop is.
Hanli is 'n vrolike hasie wat saam met haar gesin hoog teen die kruin van 'n heuwel woon. Knibbel, knibbel, hop, hop, elke dag is presies dieselfde behalwe wanneer sy verras word!
Op 'n dag sien Hanli 'n pragtige pienk vliegtuig in die lug. Daar en dan besluit sy dat sy ook wil vlieg. Sy flap haar arms, haar ore, selfs haar snorbaarde en stert, maar niks werk nie. Sy plof moedeloos op die gras neer. Sal 'n gewone hasie soos sy dan nooit kan vlieg nie?
'n Ander keer hoor Hanli hoe kinders oor Kersfees praat. Sy wou nog altyd geweet het wat Kersfees is en besluit om die kinders te volg en self ondersoek in te stel …
Die wonderlikste verrassing van almal is toe Hanli op 'n yskoue wintersoggend genooi word om saam met kinders op die bevrore meer te ysskaats. Net toe sy dink dié dag kan nie meer betowerend word nie, kry sy die kans om voor die Ysprinses te dans - heeltemal op haar eie.
Hanli die hasie sal reguit in klein dogtertjies se harte in hop!
Publikasiedatum: 2018-05-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485305675

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 195
R 176Jy spaar R 19
Hanli is 'n vrolike hasie wat saam met haar gesin hoog teen die kruin van 'n heuwel woon, Knibbel,knibbel,hop,hop,elke dag is presies dieselfde behalwe wanneer sy verras word!
Op 'n dag sien Hanli 'n prentjie van 'n ballerina en daar en dan besluit sy dat sy 'n dansende ster wil word, Sy sluit by 'n balletskool aan en oefen elke dag pligsgetrou.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389357

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Karen Ahlschlager
Kinders  -  Kleuters
R 200
R 180Jy spaar R 20
Maak gereed vir hope kleuterpret in hierdie pragboek met 'n CD by!
Wat kry jy wanneer drie van die land se talentvolste kunstenaars kragte saamspan en 'n kleuterboek die lig laat sien? Hope pret, natuurlik!
In Rondomtalie verskyn 'n prettige keur uit die gewilde en bekroonde kinderrympie-koning Jaco Jacobs se kleuterversies, pragtig deur die talentvolle kunstenaar Karen Ahlschläger geïllustreer. En om als te kroon bevat die boek ook 'n CD waarop die veelbekroonde toonsetter en sangeres Anna Davel haar fantastiese toonsettings van al 30 versies sing!
Kom ry saam op die Teddiebeerbus, ontmoet vir Bambino die reus van Bitterbos, galop op die rug van 'n wilde perd, soek goggas in die tuin of hou 'n kussinggeveg! Die boek bevat altesaam 30 rympies en 30 liedjies.
Hierdie pragpublikasie beloof ure se vermaak vir kleuters - en is 'n trotse toevoeging tot enige kleuter se boekrak en musiekversameling!
Inhoud/Speellys
1. Kielie-kabouter
2. Bambino, die reus van Bitterbos
3. Grootmeneer
4. 'n Dag by die dieretuin
5. Voëltjies hou van sing
6. Spat in die bad
7. Dinosouruspret
8. Slaap, Sibongile
9. Skoppelmaai
10. Padda op 'n klip
11. Klop, klop, klop
12. Tande borsel
13. Teddie se wiegelied
14. Tien pikkewyne
15. Wilde perd
16. Spring
17. Winkel toe
18. Hande klap
19. Kattermaai
20. Trapsoetjies
21. Die Teddiebeerbus
22. Blokkies
23. My klere het gekrimp
24. Blou ballon
25. Wolke
26. Goggas
27. As jy mooi vra
28. Voor die spieël
29. Daar's 'n beer in my bed
30. Kussinggeveg
Publikasiedatum: 2018-10-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485307419

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 200
R 180Jy spaar R 20
“Pappa!” roep Johannes. “Pappa, kyk net!”
“Stil!” roep meneer Blom. “Ek kry nie gewerk nie!”
“Maar jy móét kyk, Pappa,” sê Nella Della. Sy hou haar hand 'n bietjie stywer om die mannetjie sodat hy nie kan ontsnap nie.
Meneer Blom kyk. “Wat is dit?” vra hy effens knorrig, asof hy vies is dat hulle hom oor so 'n kleinigheid pla. “Is dit 'n kabouter? Kabouters bestaan nie. Dit is dus onmoontlik. Los my nou dat ek kan werk.”

'n Kabouter is dit nie, maar 'n wiplala met die naam Wiplala. En Wiplala kan toor, of soos hy dit noem 'tinkel'. Die enigste probleem is dat Wiplala dit sóms regkry om te tinkel en sóms nie. Wanneer hy die Blom-gesin net so klein maak soos hy, is dit die begin van 'n opwindende avontuur. Die Bloms wonder egter of hulle ooit weer normale mense sal word!
Publikasiedatum: 2018-07-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179539

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 235
R 212Jy spaar R 23
In hierdie fassinerende klankboek kan kinders verskillende wilde diere in verskillende omgewings leer ken. Die realistiese klanke en interessante feite op elke bladsy sal enige kind lank vermaak.
Publikasiedatum: 2019-08-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

9

9780798179584

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 235
R 188Jy spaar R 47
In hierdie fassinerende klankboek kan kinders verskillende plaasdiere leer ken. Die realistiese klanke en interessante feite op elke bladsy sal enige kind lank vermaak.
Publikasiedatum: 2019-08-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176378

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 245
R 221Jy spaar R 24
In hierdie fassinerende klankboek kan kinders leer van getalle, kleure, vorms en teenoorgesteldes, terwyl hulle verskillende diere in verskillende omgewings leer ken. Die realistiese klanke en interessante feite sal enige kind lank vermaak.
Publikasiedatum: 2017-12-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798167819

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 245
R 221Jy spaar R 24
In hierdie slim lees- en luisterboek is daar 45 pragtige prentjies wat praat. Vind uit watter diere woon op die plaas, in die woud of in die bosveld. Daar is ook interessante seediere en oulike troeteldiere om te leer ken. Druk op elke prentjie en luister na die dier se naam en die geluide wat hy maak!
Publikasiedatum: 2017-12-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176682

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 800
R 720Jy spaar R 80
Hier wag ure van lees- en luisterpret vir voorskoolse kinders, terwyl hulle leer oor syfers, letters, kleure, vorms en baie meer. Al ses boeke in die Storiemuis-reeks word hier saamgevoeg, teen 'n baie spesiale prys. Dit is propvol stories, liedjies, rympies en dinge om te leer, terwyl die ses oudio-CD's met vrolike voorlesings elke kleurvolle bladsy vergesel en ekstra pret verskaf met musiek, geluide, saamsing-liedjies en saamluister-stories.
Publikasiedatum: 2017-10-17

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.