AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●● GRATIS Pargo aflewering op bestellings bo R350
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391787

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Kleuters
R 140
R 126Jy spaar R 14
Neem groot treë met alledaagse dinge in hierdie prettige reeks vir kleuters!
Hierdie reeks boekies is ontwerp met die doel om ouers en hul kleuters te help om nuwe ervaringe en alledaagse dinge soos slaaptyd, kleuterskool, doktersbesoeke en goeie maniere op 'n lekker manier onder die knie te kry. Speel saam met al die flappies en meganismes!
Hierdie reeks bevat verskeie nuttige wenke vir ouers en versorgers wat saam met 'n vooraanstaande ontwikkelingsjare konsultant, Dr Amanda Gummer, ontwikkel is.
Daar is ses hoogs versamelbare titels in die reeks:
Ek wil nie slaap nie
Gaan saam met Ned deur sy slaaptydsroetine, al is hy glad nie slaperig nie. Hy en Mamma bêre saam sy speelgoed, bad, lees 'n storie en sing 'n liedjie!
Klaar met doeke
Hierdie twee kleuters is klaar met doeke! Beleef die proses saam met hulle.
Ek gaan kleuterskool toe
Bennie is baie hartseer toe Pappa hom by die kleuterskool aflaai - maar kort voor lank is hy besig om maatjies te maak en allerhande dinge te doen! Voor hy sy oë kan uitvee is Pappa al terug.
Ons kry 'n baba
Nancy kry 'n bababoetie! Oupa en Ouma kom bly by haar terwyl Mamma en Pappa hospitaal toe gaan. Verwelkom saam met Nancy die splinternuwe baba in die familie!
Ons gaan dokter toe
Billy en Nell is op pad dokter toe. Lees saam hoe hulle ondersoek word en elkeen 'n inspuiting kry!
Kan jy asseblief sê?
Tom en Nancy speel te lekker saam, en leer hoe om te deel en goeie maniere te hê.
Publikasiedatum: 2019-02-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389401

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Kleuters
R 140
R 126Jy spaar R 14
Vreemde dinge kan gebeur as jy 'n ertjie eet …
Ontmoet vir Ernst,
Ernst de Vos.
Hy eet so ampertjies
enige kos:
hamburgers, pizza,
herderspastei,
spaghetti, bobotie
(met geelrys daarby),
pampoenkoekies,
kerrievis,
blomkool en beet.
Maar Ernst WEIER om ertjies te eet.
Almal probeer vir Ernst oorreed om 'n ertjie te eet.
Sy ma vertel vir hom dat selfs BEROEMDE popsangers dit elke dag eet -
dalk moet hy dit ook probeer as hy beroemd wil word.
Sy pa bied aan om vir hom meer sakgeld te gee as hy ertjies sal eet - hy kan SKATRYK word.
Sy juffrou vertel vir hom dat ertjies amper 'n hele alfabet vol vitamiene bevat wat jou baie STERK maak.
Maar dit help nie. Ernst weier om ertjies te eet.
Op 'n dag, toe niemand kyk nie, eet hy egter een piepklein ertjie. En meteens begin die vreemdste dinge met Ernst gebeur!
Hy word so BEROEMD soos 'n rockster … hy word SKATRYK … hy word 'n STERK superheld wat die wêreld met sy ertjiegeweer red!
Maar beteken dit hy gaan van nou af ertjies eet?
Hierdie lawwe, rymende prenteboek met sy verrassende einde sal selfs die kieskeurigste kleuter 'n ruk lank van alle kosfiemies laat vergeet! Dalk kry jy selfs lus om aan 'n ertjie te proe …
Publikasiedatum: 2018-10-23
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391077

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Fiona Lumbers
Kinders  -  Kleuters
R 140
R 126Jy spaar R 14
Ontdek betowering tussen die rakke van die biblioteek.
Elke week sien Bianca uit na daardie een spesiale dag. Die dag wanneer sy wonderlike dinge tussen die biblioteek se rakke ontdek. Die dag wat sy tyd saam met Pappa kan deurbring.
Saam verken hulle die rakke op soek na betowering, geheime - en 'n manier om dinge tussen hulle twee reg te maak.
'n Inspirerende storie oor die betowering van boeke - en die krag van stories om moeilike persoonlike situasies te bowe te kom. Daar is ook 'n oulike “boek-binne-'n-boek” sodat jy die storie kan lees wat Bianca en haar pa saam geniet!
'n Snaakse en hartroerende prenteboek, geskryf deur een van Brittanje se voorste jong digters, wat die moeilike tema van egskeiding en enkelouers op 'n sensitiewe wyse aanraak.
Publikasiedatum: 2018-09-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388725

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Caroline Pedler
Kinders  -  Kleuters
R 140
R 126Jy spaar R 14
Ontmoet 'n dapper klein hasie … en 'n groot, bang beer!

In die diep, donker woud woon die HARIGE OU GROTE!
Met skerp tande in sy bek en skerp kloue aan sy pote.
Sy kwaai oë sal jou laat ril en laat gril
en dit klink net soos donderweer wanneer hy brul!

Klein Ben is 'n dapper hasie. Hy hou BAIE van pret en avontuur, maar hy hou GLAD nie van bed toe gaan nie. Toe sy ma hom een aand voor slaaptyd vertel van die Harige Ou Grote met sy skerp tande en skerp kloue wat in die woud woon, besluit Klein Ben om in die donker buitentoe te sluip en hom te gaan soek! Maar in plaas van 'n groot, harige monster ontdek Klein Ben 'n beer in die woud. 'n Baie bang beer. Sommer gou word klein Ben en die beer groot maats. Maar sal die beer dapper genoeg wees om na die monster te help soek?
'n Oulike, avontuurbelaaide storie oor vriendskap en hoe om jou vrese te oorkom.
Publikasiedatum: 2018-07-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388732

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Alison Edgson
Kinders  -  Kleuters
R 140
R 126Jy spaar R 14
Ek en my ouma
is reg vir die dag.
Daar is hope avonture
wat op ons wag!

Beertjie verken graag die wêreld saam met sy ouma. Hulle klim saam boom, plas in waterpoele rond en vang vis. Dit is soveel pret dat Beertjie wens die dag kan sommer vir ewig aanhou! Maar 'n lekker stywe slaaptyddrukkie van Ouma is die perfekte manier om die opwindende dag af te sluit.
Hierdie deernisvolle prenteboek wys hoe wonderlik en prettig dit is om 'n liefdevolle ouma in jou lewe te hê!
Publikasiedatum: 2018-07-12
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388718

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Ali Pye
Kinders  -  Kleuters
R 140
R 126Jy spaar R 14
Meisies is oral. Net waar jy kyk,
is meisies wat almal verskillend lyk.
Hulle verstom en verras ons.
Hulle maak 'n verskil.
En meisies kan enige iets
doen wat hul wil!

Meisies kan lang hare óf kort hare hê. Hulle kan aan enige soort sport deelneem. Hulle kan wiskunde en wetenskap doen, of hou van musiek en verf. Hulle kan lorries bestuur, by die polisie of die brandweer werk, slim dinge ontdek, en selfs die ruimte verken!
So, kom ons roep saam,
net so hard as ons wil:
“Ek's 'n MEISIE!
Ek's FANTASTIES!
Ek maak 'n verskil!”

Hierdie prettige, rymende prenteboek is die ideale manier om 'n spesiale meisie in jou lewe van kleins af te leer dat sy enige iets kan doen en die wêreld kan verander!
Publikasiedatum: 2018-07-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799383898

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 145
R 131Jy spaar R 14
Leer speel-speel woordeskat! Hierdie stewige kartonboek dek al die bekende dinge waarin kleingoed belang stel, van my liggaam en my kos, tot diere, rygoed en slapenstyd. Kristalhelder foto's wys die wonder van die regte wêreld, terwyl prettige illustrasies eenvoudige stories vertel wat leer aanmoedig, van pikkewyne wat in die sneeu en ys speel, tot 'n muis wat by 'n leer opklim om so hoog soos 'n baie lang kameelperd te wees! Woordetikette moedig wys, benoeming en praatvaardighede aan, terwyl dit woordeskat en taal ontwikkel. My eerste 100 woorde is ontwerp om in te lig en te vermaak, en is die begin van jou baba se leer-avontuur - die wêreld is ongelooflik, beeldskoon, interessant en prettig! Met 100 prente met byskrifte is hierdie prettige wys-en-sê-boek propvol dinge om oor te gesels, te leer en te glimlag. My eerste 100 woorde is saam met 'n voorste opvoedkundige konsultant ontwikkel om te verseker dat: - Die benoeming van prente taal ontwikkel en woordeskat bou. - Die tematiese blaaie kennis van die wêreld ontwikkel. - Duidelike byskrifte vroeë leesgereedheid bevorder.
Ook beskikbaar: My eerste 100 diere (9780799389784)
Publikasiedatum: 2017-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178204

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Anita Jeram
Kinders  -  Kleuters
R 150
R 135Jy spaar R 15
Dit is nie net hasie wat op pad is na die potjie nie, selfs ballerina olifant en kangaroe is deel van die groep! In hierdie potjie-boek wat rym word almal na die potjiepartytjie uitgenooi, insluitend die leser!
Publikasiedatum: 2018-11-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193355

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 150
R 135Jy spaar R 15
Hier is dit nou!
'n Heerlike, groot eerste konsepteboek wat meer as 700 woorde aan kinders bekendstel.

Die lieflike Scarry-karakters is terug om konsepte soos tel, kleure, die alfabet, goeie maniere en groottes vir die kleingoed te leer.

Die beste van alles is: Hierdie boek is pret!
Publikasiedatum: 2017-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192686

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 150
R 135Jy spaar R 15
In Richard Scarry se My eerste groot woordeboek maak ons kennis met Buks en Bettie Beer en hul vriende in Woelstad. Leer honderde nuwe woorde met behulp van Richard Scarry se wonderlike, klassieke tekeninge. Die woorde word gegroepeer volgens tema sodat die kind op 'n heerlike prettige wyse sy of haar kennis van die wêreld kan uitbrei. 'n Plesier vir oud en jonk!
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193348

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 150
R 135Jy spaar R 15
Kom val in die pad saam met Richard Scarry.
Met Scarry se gebruiklike humor en verbeeldingrykheid as gids reis ons jong lesers saam met die Oinkgesin na die strand.

Op pad maak hulle kennis met honderde rytuie - van ambulanse tot goggabusse!
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798173605

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 150
R 135Jy spaar R 15
Met hierdie boek ontwikkel kinders speel-speel hul fynmotoriese vaardighede deur ses figuurtjies met die vingerpaadjies se gleufies langs te laat gly. Die soekbladsye met kleurvolle prente sorg boonop vir baie ure se speel- en kykplesier.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798173612

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 150
R 135Jy spaar R 15
Met hierdie boek ontwikkel kinders speel-speel hul fynmotoriese vaardighede deur ses figuurtjies met die vingerpaadjies se gleufies langs te laat gly. Die soekbladsye met kleurvolle prente sorg boonop vir baie ure se speel- en kykplesier.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195410

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 150
R 135Jy spaar R 15
Voorskoolse kinders kan hulself lank besig hou met die samesmelting van vier Richard Scarry's Best Workbooks Ever! Met 128 bladsye vol prettige lees- en skryfoefeninge, nommer-aktiwiteite, doolweë en prentjies om in te kleur sal die kleintjies meer as genoeg hê om te doen!
Publikasiedatum: 2013-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798173506

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 155
R 140Jy spaar R 15
"Hoekom is Ouma se tande so groot?" Stoot, trek en skuif die tonele en gee lewe aan die klassieke verhaal van Rooikappie.
Hierdie eerste sprokies is perfek vir 1+ jariges en 'n prettige inleiding tot klassieke verhale.
Publikasiedatum: 2016-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.