●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R450 in RSA ●●●

Nie-fiksie / Non-fiction
Taal & Letterkunde / Language & Literature

Results 16 to 30 of 72
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776093076

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 200
R 180Jy spaar R 20
As jy mooi daaraan dink, maak idiome van elke Afrikaansspreker 'n digter. Die beeldspraak, vergelykings en metafore wat in idiomatiese uitdrukkings vervat is, verander ons alledaagse gesprekke en skryfwerk in iets ver bo die gewone.

Kobus Galloway se grappige volblad-illustrasies help jong taalgebruikers om die idiomeskat van Afrikaans vas te lê sodat dit met gemak en plesier gebruik kan word. Volwasse lesers verkneukel hulle nie net in die vernuf waarmee die skepper van Idees vol vrees woord en beeld teenoor mekaar afspeel nie; die genot om ou segswyses aan die vergetelheid te ontruk, steek vure van nostalgie vir toeka se tye opnuut aan die brand.

Soos in hierdie boek se voorganger, 'n Wolf in skaapsklere, word die idiome van kort betekenisverklarings voorsien, en die kleurvolle illustrasies word agterin deur 'n lys met nóg idiome en uiteensettings aangevul.

Wees gewaarsku: Lesers van alle ouderdomme sal Net die oortjies van die seekoei met moeite neersit.
Publikasiedatum: 2018-04-07
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309130

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 225
R 203Jy spaar R 22
2de Uitgawe
Maak 'n toespraak. Ontydig en dikwels sonder waarskuwing word mens gevra om “iets te sê”. Waar begin jy? Selfs ervare sprekers vrees soms openbare optrede, hetsy dit 'n leerling, onderwyser, predikant, advokaat, politikus of sakeman is; hetsy die geleentheid 'n huwelik, herdenking of voorlegging is. Iemand moet dit skryf en lewer. Hierdie boek is die ideale bron vir die skrywer en spreker. Dit bied antwoorde op vrae en raad vir enige geleentheid.
Publikasiedatum: 2018-03-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780627036095

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 535
R 482Jy spaar R 53
Norme vir Afrikaans (nou reeds in 'n sesde uitgawe) het sedert 1989 bewys gelewer dat dit 'n besonder effektiewe bron is vir gebruik in taalkundeklaskamers van tersiêre instellings en selfs in skole. Die boek is aan die een kant 'n praktiese naslaanbron wat as basis vir eie taalontwikkeling kan dien. Aan ander kant word in die aanpak prober om taalteorie en taalpraktyk te versoen. Dat die outeur hierin geslaag het, is bewys deur die gereelde bywerk van die boek en die wye gebruik daarvan.
In die besonder fokus die boek op die verskeidenheid “norme” wat 'n mens in gedagte moet hou by die praktiese gebruik van Afri-kaans, onder meer die beginsels onderliggend aan hierdie norme, en dan ook die identifisering van belangrike en nuttige bronne van taaladvies oor problematiese taalsake. Die doel van die boek is nie om streng “normatief” te probeer voorskryf nie, maar eerder om leiding te gee in die hantering van praktiese taalkwessies met as vertrekpunt gefundeerde taalteoretiese kennis oor die Afrikaanse taalkunde. Die boek is nou al deeglik gevestig as 'n omvattende en uiters bruikbare hulpmiddel vir sowel student as dosent en is die vrug van die outeur se jarelange ondervinding as taaldosent en navorser. Daar word ook rekening gehou met die geleidelike herstandaardisering van Afrikaans, vandaar die nuwe subtitel “Moderne Standaardafrikaans”, wat 'n aanduiding is dat Afrikaans in die proses is om te moderniseer vir 'n nuwe geslag gebruikers.
Die riglyne van die elfde uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) (2017) is volledig in hierdie uitgawe verreken.
Publikasiedatum: 2018-02-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780627036637

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 205
R 185Jy spaar R 20
Where are the dogs in southern African literature? The short answer is: everywhere if you keep looking. Few texts centralise them, but they appear everywhere in the corners of people's lives: pets walking alongside, strays in the alleys, accompanying policemen, at the dog shows, out hunting, guarding gates. There are also related canids- jackals, hyenas, wolves-making real and symbolic appearances. Dogs have always been with us, friends and foes in equal measure. This is the first collection of studies on dogs in southern African literature. The essays range across many dogs' roles: as guides and guards, as victims and threats. They appear in thrillers and short stories. Their complex relations with colonialism and indigeneity are explored, in novels and poetry, in English as well as Shona and Afrikaans. Comparative perspectives are opened up in articles treating French and Russian parallels. This volume aims to start a serious conversation about, and acknowledgement of, the important place dogs have in our society.
Publikasiedatum: 2018-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780627036071

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 180
R 162Jy spaar R 18
Agter hierdie boek le die verwondering oor ons vermoe om stip na letters op papier te kyk en dan te ervaar dat ons 'n ander wereld betree. Hoe kry ons dit reg om na aanleiding van die woorde wat ons lees, nie alleen inligting te bekom nie, maar 'n hele wereld tot stand te verbeel en daarheen te reis? Wat is die rol van die teks hierin? Wat is die rol van die leser? Waarom doen ons dit? Hoe help 'n begrip van ons reise na storiewerelde om ons 'leefwereld' beter te verstaan? 'n Fokus op die werelde van stories maak dit moontlik om tekste krities binne hulle kontekste te lees, sonder om die spesifiekheid van elke teks te verwaarloos of om die betowering van storiewerelde te verloor. Willie Burger is professor in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy is die outeur van talle navorsingsartikels in verskeie akademiese tydskrifte en was ook as redakteur by publikasies oor vooraanstaande Afrikaanse skrywers betrokke.
Publikasiedatum: 2018-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300380

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 450
R 405Jy spaar R 45
In hierdie boek- wat in twee dele gepubliseer word en gedeeltelik gebaseer is op E.H. Raidt se Afrikaans en sy Europese verlede - word opnuut gekyk na Afrikaans se veelkantige herkoms: die Europese geskiedenis van Afrikaans (grondig vernuwe en beduidend aangevul) én veral Afrikaans se Afrikaherkoms - oor die opbouproses sedert die 17de eeu om Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken te kry, Afrikaans se ontwikkeling as volwaardige standaardtaal in die 20ste eeu en veral die aanneem van die funksies wat hiermee gepaard gaan, Afrikaans se ongelukkige apartheidsverlede en die bevrydings- en versoeningsprosesse wat hierna nodig was. Die wit verlede van Afrikaans word aangevul met die bruin en swart verlede sodat ʼn gedeelde verlede van die sprekers van Afrikaans na vore kom.

Die storie van Afrikaans is die biografie van Afrikaans soos dit op drie kontinente ontwikkel het: in Europa (waar die ontwikkeling van Nederlands as die basisvorm van Afrikaans gedokumenteer en uitgebeeld word), in Afrika (waar die 17de-eeuse Hollandse dialek met verloop van tyd onder eiesoortige omstandighede en onder invloed van verskeie faktore uiteindelik volwaardig Afrikaans geword het) en in Asië (waar die impak van die taal van die slawe die wordende Afrikaans beïnvloed het tot die vorm wat dit wel geword het). Die outeurs gee aan die hand van talle illustrasies 'n nuwe, meer volledige en inklusiewe blik op Afrikaans se ingewikkelde verlede.

In Deel 1 word die Europese verlede van Afrikaans weergegee. In Deel 2 kom die Afrikaverlede van Afrikaans aan bod. Die boek verken paaie wat nog nie voorheen ontgin is nie, en dit sal ʼn besliste bydrae tot die debat oor Afrikaans se verlede wees.
Publikasiedatum: 2017-12-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485308638

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 200
R 180Jy spaar R 20
Met Adam Small se oorlye op 25 Junie 2016 het daar 'n einde gekom aan die lewe van 'n unieke mens en 'n unieke oeuvre: 'n digter, dramaturg en denker met besonderse insig in die aktualiteite van sy tyd. Hoewel die toekenning van die Hertzogprys aan Small in 2012 en die gepaardgaande publisiteit daarrondom die idee vir 'n huldigingsbundel by die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns laat ontstaan het, was dit Small se dood wat die deurslag gegee het om dié publikasie te verwesenlik: Wanneer 'n kunstenaar sterf en sy stem vir ewig verstom het, bied dit immers die geleentheid om oorkoepelend oor die geheel van sy kunstenaarskap te besin.

Die bydraes in hierdie bundel dra die ondertoon van 'n afsluiting, 'n terugblik op die mens en kunstenaar Adam Small, met temas soos die toekoms van Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde, die uitbreidende rol van Kaaps, en sosiale vraagstukke soos bendegeweld en armoede. Mense wat Small van naby geken het is hier aan die woord saam met literatore en kollegas uit die maatskaplikewerk-omgewing waarby Small lewenslank betrokke was. Adam Small: Denker, digter, dramaturg - 'n Huldiging hoef nie as afsluiting van die gesprek oor Small se lewe en werk beskou te word nie - inteendeel: Dit bied juis ook geleentheid om die oorkoepelende blik oor Small se kunstenaarskap as inleiding tot verdere ondersoek te benut.
Publikasiedatum: 2017-11-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920188535

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 399
R 359Jy spaar R 40
Hierdie lywige bundel van sowat 700 bladsye is deur Heilna du Plooy saamgestel uit briewe van Elize Botha en verskeie skrywers en ander bekendes. Skrywers en digters soos Audrey Blignault, Hennie Aucamp, NP van Wyk Louw, Elisabeth Eybers, Lina Spies en baie ander het met Botha gekorrespondeer. Party briewe is diep ontroerend, ander laat jou hardop lag en 'n klompie lees jy herhaaldelik om die besonderse insig daarin. Die briefskrywers skets die klein en groot gebeure in hulle lewens, deel hul menings oor boeke en mense en vertel van die dinge wat hul lewens moeilik of vreugdevol maak. Dit is 'n intieme teks wat by baie lesers byval sal vind.
Publikasiedatum: 2017-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928355144

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 325
R 293Jy spaar R 32
By Schoeman word individuasie nie 'n selfsugtige wegkeer van die realiteit nie - daarvoor is sy werk té betrokke by die situasies van die dag. Maar dit help om afstand te skep. Die onthegting van die omringende is nie 'n selfsugtige inkeer na binne nie, nie 'n verlammende onttrekking nie, maar 'n inwaartse reis wat stimuleer tot kreatiewe ondersoek van die onbewuste. Die romans neem die leser op daardie stille reis. Hulle bied ervarings van 'n ontmoeting met die stilte, met die self. Hierdie werk van Wepener slaag daarin om iets van hierdie proses en inwaartse reis te verduidelik, sonder om voorskriftelik of moraliserend te raak. Juis daarom gee Wepener uiteindelik op 'n praktiese manier leiding aan diegene wat met die dood gekonfronteer word.'
Vanuit die Voorwoord deur Willie Burger, Mei 2017
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776092154

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 180
R 162Jy spaar R 18
Hierdie boek is 'n versameling Afrikaanse idiome deur die skepper van Idees vol vrees, Kobus Galloway. Dit bevat 150 idiome, elk geïllustreer met 'n grappige volblad-spotprent, asook 'n kort verklaring van elke idioom se betekenis.

Verder is daar 'n lys met nóg honderde idiome en verklarings agter in die boek.
Publikasiedatum: 2017-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780627029875

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 366
R 329Jy spaar R 37
Hoe leer jy skryf? Hoe skryf mens oor jouself, oor ander, oor plekke en gebeure of oor idees en oortuigings? Hoe begin jy 'n treffende teks, hoe sluit jy dit af? Mens leer vinnig as jy langs 'n goeie ambagsman gaan staan en mooi loer wat hy doen en die tegnieke wat hy benut in jou eie werk begin toepas. Dit is die lekkerste en vinnigste manier. Hier is 'n boek in Afrikaans wat saamgestel is om jou daarmee te help. Om te skryf bevat vertalings van bekende Engelse prosa en oorspronklike Afrikaanse tekste, maar die boek gaan nie oor wat die skrywers se nie - belangrik soos dit mag wees - maar oor die hoe: die tegnieke waardeur hulle hul boodskap helder oordra. Na elke uittreksel, word daar vrae gestel wat die leser help om die woordmeesters se styl, tegniek en vaardighede aan te leer. Inhoud behels persoonlike skryfwerk, die karakterskets en beskrywing, asook meer abstrakte konsepte soos die uiteensetting van 'n agument en 'n poging om ander mense te oortuig. Later volg tegnieke om 'n stuk te begin en te eindig, skryfwerk oor kuns en media en ten slotte 'n afdeling oor die nuanses van individuele styl. Die boek bevat ook 'n woordelys met bondige definisies van terme wat in die oefenvrae in die boek gebruik word. Die eerste Afrikaanse boek van sy soort vir aspirant skrywers, joernaliste, en enigiemand wat lief is vir literatuur of daarin belangstel om sy skryfvaardighede te verbeter; bevat oor 'n honderd uittreksels uit werk van van die voorste skrywers in die geskiedenis (van Plato tot V.S. Naipaul), asook van die beste skryfwerk uit ons eie literere en joernalistieke erfenis (van Etienne Leroux tot Dana Snyman); opsigselfstaande afdelings bied lesers buigsaamheid om by enige afdeling te begin; oefeninge maak dit moontlik om toe te pas wat gelees is.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620740401

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 275
R 248Jy spaar R 27
Ons praat Afrikaans - diverse mense - een taal is meer as net nog 'n fotoboek: dit is die eindproduk van 'n projek wat sy ontstaan gevind het in een individu se liefde vir die Afrikaanse kultuur en taal, Douw Greeff. Die projek is geloods in 2016 toe fotograwe (amateur en ook professioneel) genader is om werke in te skryf wat hulle voel die Afrikaanse kultuur en taal raakvat. Verskeie inskrywings is ontvang en die top foto's het deurgegaan na 'n beoordelings-rondte, waar 'n paneel die beste foto's gekies het om in hierdie pragpublikasie te pronk.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316674

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 250
R 225Jy spaar R 25
Die gesprek oor Afrikaans en die bruin mense wat die skrywers in hierdie boek aanroer, is tydig in die opsig dat ná al die ambivalensie oor die Afrikaans van ons hart en die onverkwiklike manier waarop ons in hierdie taal verdruk en misken is, ons ons vry heid gekry het - wat
ook verantwoordelikheid meebring om minstens onder mekaar klaarheid te vind oor wat nou vorentoe met ons taal moet gebeur.

Dit is onomstootlik so dat ons as bruin mense die aard van die Khoisan en swart African met ons saamdra. Dit is net so waar dat ons ook Europees in die Anglosaksiese sin van die woord is. Ons is tewens ook trots bewus van ons Asiatiese herkoms. Afrikaans is ook die taal van ons slawevoorouers. Ons moet al hierdie tradisies vir onsself toe-eien.

Bydraes deur Fatima Allie, Herman Bailey, Jacques Beukes, Charles Beukes, Willa Boezak, Wannie Carstens, Johan Coetser, Gavin Davis, John Diergaardt, Cecyl Esau, Willem Fransman, Edwena Goff, Henry Jeffreys, Gaireyah Fredericks, Basil Kivedo, Nico Koopman, Michael le Cordeur, Marlene le Roux, Llwellyn MacMaster, Basil May, Patrick Mettler, Selwyn Milborrow, Reggie Nel, Elias Nel, Robert Pearce, Mary-Anne Plaatjies-Van Huffel, Rosalie Small, Conrad Sidego, Cornelius Thomas, Danny Titus, Christo van der Rheede, Raymond van Diemel, Danie van Wyk, Ronel van Oordt, Archie Vergotine
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780627036439

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 375
R 338Jy spaar R 37
Much has been written about children's literature as a genre, but very little material exists on how to use it in diverse South African classrooms where teachers prepare young learners in literacy skills. Introducing Children's Literature equips the prospective teacher with a strong theoretical introduction to the genre and details how children can be encouraged to become enthusiastic readers. This books also provides insight into - the developmental stages of a child - the history of South African literature, with particular reference to the oral tradition - the role of the adult in establishing a reading culture - practicalities of introducing stories and literature to children in different phases from diverse contexts - the use of illustrations and technology to enhance other literacies - techniques of storytelling and selecting appropriate texts - the influence of the hidden curriculum in terms of moral development, stereotyping, sanitising and representation. The authors collectively have decades of experience in teacher education, teaching at the chalkface and raising their own children to enjoy reading. Many practical suggestions for using children's literature in the classroom makes this book a necessity for teachers, student teachers and parents.
Publikasiedatum: 2017-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780627034374

Nie-fiksie / Non-fiction: Taal & Letterkunde / Language & Literature

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Taal & Letterkunde / Language & Literature
R 595
R 536Jy spaar R 59
In die afgelope bykans 30 jaar het 'n groot leemte ontstaan aan omvattende verwysingsbronne en handboeke in die Afrikaanse taalkunde wat op universiteitsvlak voorgeskryf kan word. In 2014 word hierdie leemte gevul deur Kontemporere Afrikaanse Taalkunde. Die feit dat 'n tweede, hersiene uitgawe slegs drie jaar later verskyn, beklemtoon weereens die groot behoefte aan so 'n bron. Die samestelling van hierdie boek bied 'n nuwe blik op die taalkunde en het wye gebruikspotensiaal omdat dit die kernvelde van die taalkunde, en in die besonder van die Afrikaanse taalkunde, dek. Sodoende gee dit nuwe lewe aan 'n belangrike komponent in die bestudering van die Afrikaanse taal: die taalkunde en alles wat daarmee saamhang. Inhoud en konsepte strek van die ontstaan en aard van die Afrikaanse taal, leksikografie en dokumentontwerp tot fonetiek, fonologie, morfologie, sintaksis, semantiek, pragmatiek, taalverwerwing en die normatiewe taalkunde. Al die bestaande hoofstukke is op datum gebring, en 'n ekstra hoofstuk oor sintaksis is bygevoeg om nuwer sieninge te weerspieel. Bydraes deur spesialiste in die onderskeie velde bied daarom die nuutste navorsing en 'n verskeidenheid teoretiese vertrekpunte met die Afrikaanse taalkunde as fokus. Nuwe en moontlik selfs omstrede standpunte sal akademiese gesprek stimuleer, terwyl elke hoofstuk nasionale en internasionale ontwikkelinge op die bepaalde gebied voorle aan 'n nuwe geslag studente, onderwysers, akademici en taalpraktisyns.
Publikasiedatum: 2017-01-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.