●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING - BINNE RSA GRENSE - OP ALLE BESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799387834

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 225
R 99Jy spaar R 126
Bod op 'n biljoenêr.
Kylie se keuse
Verborge obsessie.

Bod op 'n biljoenêr:
Die gelukkige tye saam met Nico was geleende tyd, dit het Eva destyds al besef. Sy het nie in sy rykmanswêreld ingepas nie. En al het sy geweet hulle verskil doodeenvoudig te veel, was sy platgeslaan toe hy agtien maande gelede uit haar lewe verdwyn.
Sy het intussen op haar eie sukses behaal, en sodra die egskeiding afgehandel is, gaan sy finaal van hom vergeet en aangaan met haar lewe. Maar toe Nico skielik weer sy opwagting maak en sak en pak in hulle woonstel terugtrek, is Eva glad nie meer so seker dat sy wil skei nie.
Want Nico is nog net so onweerstaanbaar en hy noem haar steeds 'my Eva' ...

Kylie se keuse:
Hy sit op haar stoel, agter haar pa se lessenaar, in haar pa se pos … die pos waarvoor sý grootgemaak is. Met sy irriterende kuiltjie en oorrompelende glimlag.
Alex du Preez is heel tuis as baas van haar pa se maatskappy. Dit waarvoor Kylie ná jare in die buiteland - en die hoeveelste verbreekte verlowing - teruggekom het. Sy verpes hom, maar werk tog saam met hom. Die ongerymdhede en vraagtekens oor die maatskappy se finansies moet sy uitpluis.
As hy die sondaar is, sal sy hom aan die kaak stel. Sy moet net verby daardie glimlag, die heuningmond, die tintelende afwagting in sy teenwoordigheid kyk. Hy bly die vyand.

Verborge obsessie:
Sy't geglo sy het sy verraad en haar vernedering ontgroei. Maar toe hy ná jare weer sy opwagting maak, pluk die herinneringe Sonika onderstebo. En kyk Michael Meskin deur haar asof sy nie bestaan nie.
Asof sý die skuld dra vir die pyn van destyds. Vir sy swakheid toe hy die omkoopgeld aanvaar het, die pad gevat het. Landuit.
Skielik is doktor Michael Meskin, wêreldbekende sakeman, haar prokureursfirma se kliënt.
Hy bly haar straf, verneder, om die bos lei. En al skemer die Michael wat sy destyds liefgehad het nou en dan deur, worstel sy om tussen die bedrog, die web van leuens by die waarheid uit te kom.
Publikasiedatum: 2018-04-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393712

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 165
R 69Jy spaar R 96
Hy speel in sy eie liga ...
Annabeth woon in 'n klein huisie, ry 'n klein oranje karretjie en leer graadeentjies lees en skryf. Sy is egter, na haar mening, so groot soos 'n huis. En haar hart is seer, want haar pa verwyt haar, haar broer baklei met haar, haar ma wil haar gedurig op 'n dieet sit. En geen man vra haar ooit uit nie.
Haar skoolhoof, Markus Wienand, het darem 'n sagte plekkie vir haar en help haar graag. En dan is daar die onderhoof in haar moeder-van-die-bruid pakkies wie se hart ook op die spel is.
En toe stap die aantreklike Sybrand met sy Adonis-lyf vol spiere in haar lewe in en hy kondig aan dat hy haar wil help om maer te word. Die arme Annabeth. Soveel manlike prag, maar vir haar is hy nie beskore nie.
Annabeth het 'n reis om te voltooi, 'n reis wat haar lewe stroop van appeltert en fudge en konfyttertjies. Wat haar laat oefen tot sy bewe. Wat haar die waarde van aanhou en moedhou leer ken. 'n Reis wat van haar vra om te vergewe en haar bring by die man wat in sy eie liga speel.

Ligaman is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks.
Publikasiedatum: 2019-02-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390858

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 165
R 75Jy spaar R 90
Skoonheid kan ook in gebrokenheid bestaan
Emmerentia het borskanker oorwin maar is nog baie broos en vind veral haar emosionele herstel moeilik. Sy voel skuldig omdat sy herstel het van borskanker terwyl haar ma daaraan gesterf het toe Emmerentia nog jonk was. Sy en haar pa het 'n baie spesiale band, en hy nooi haar saam op 'n maandlange reis deur Australië waar hy en 'n kollega kongresse gaan bywoon en deur die land toer. Sy is eers teensinnig en stem langtand in want sy is veral nie lus vir die vreemdeling wat saam gaan reis nie.
Brent is 'n bekwame jong wetenskaplike wat baie opkyk na Emmerentia se pa, en hom as sy mentor beskou. Maar Brent het as jong seun 'n gesinstragedie beleef wat hom sku maak vir mense en het hom in sy eie wêreld “toegesluit”.
Emmerentia en Brent sukkel om by mekaar aanklank te vind, maar deur haar pa se toedoen word hulle male sonder tal saamgegooi en leer hulle mekaar algaande beter ken. En vorm wedersydse begrip.

Logika van die liefde is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks. Marilé Cloete se boek vergelyk goed met Dina Botha, Marijke Greeff, Elsa Winckler en Madelie Human se skryfwerk.
Publikasiedatum: 2018-10-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389876

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 225
R 105Jy spaar R 120
Bets Smith is een van Afrikaans se gevestigde skrywers. Behalwe vir romanses, skryf sy ook spanningsverhale.
Hierdie omnibus is 'n samestelling van drie van Bets se vorige Romanzas, Die towerformule, Liefste Valentyn en Engel sonder vlerke.
Bets Smith se karakterisering en sin vir humor kom na vore in hierdie verhale. Sy het fyn uitgewerkte storielyne, met die fokus op die emosionele belewenis van die leser. Al drie verhale het 'n hospitaal - of mediese agtergrond.

Die towerformule:
Esti se nuwe huisbaas op die Noord-Kaapse dorpie verwar haar. Is Bernhard Ehmke die beer, wat hom oor vroue ontferm, of die wolf, wat harte verorber? Maar beer of wolf, dié dokter sal haar nie ook meesleur nie.
Liefste Valentyn:
Elvira vermoed lankal Marius gebruik haar. Die hospitaalgange dreun oor hom en die baas se dogter. Reuel, die nuwe chirurg, wil Marius jaloers maak, en Elvira wonder - is sy verpletter? Of dalk verlig?
Engel sonder vlerke:
Minette se laaste studiejaar ontaard in 'n nagmerrie toe sy self moet sorg vir elke sent wat sy benodig. Sy waardeer beslis nie die enigmatiese dokter Hugo Storm se ongevraagde inmenging in haar lewe - of haar hart - nie.
Publikasiedatum: 2018-06-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485903505

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 300
R 89Jy spaar R 211
'Misverstand' vertel die verhaal van Willem Prins, 'n middeljarige Suid-Afrikaanse skrywer wat na jare sonder veel sukses in Suid-Afrika in Parys is om 'n boekie erotika, wat hy tot sy skaamte onder 'n skuilnaam geskryf het, bekend te stel. Hier ontmoet hy vir Jackie, 'n jong Suid-Afrikaner wat as au pair werk. Dit is Jackie wat saam met hom is dié Vrydagaand die dertiende toe terreur in Parys losbars.
Van der Vyver se roman is nuuswaardig en aangrypend, maar ook humoristies en teer. 'Misverstand' wys waarom dié skrywer sedert die verskyning van 'Griet skryf 'n sprokie' een van die gewildste skrywers in Afrikaans is.
Publikasiedatum: 2017-03-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415210109

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 300
R 89Jy spaar R 211
Dit was die arbeiderskind Louisa van die buurplaas wat sy lewe red toe hy ná daardie verskriklike nag deurmekaar in die kloof kom skuil het. Hier, by die waterval, doop sy hom Noorman.
Louisa en die ander mense van die distrik raak onlosmaaklik deel van sy lewe. Op die buurplaas bloos die boervrou Maria oor die eerste keer toe sy van dié fors rooikopman bewus raak, al het sy haar oog op die stuk grond waar hy woon.

'n Gekorswel oor water in dié droë streek dryf Noorman se verhouding met sy bure op die spits, 'n geveg waartydens die Joodse winkelier Abram Levinson en sy dogter Sara sy enigste vriende blyk te wees.

Maar wie kon ooit die stortvloed van verandering ná die verkiesing van '48 vir die mense om die waterval voorspel? SD Fourie blaas met Noorman lewe in die ryk geskiedenis van die Strandveld.
Publikasiedatum: 2019-08-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390124

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 225
R 105Jy spaar R 120
Die weddenskap
Toekomsbelofte
Net 'n stukkie papier

Die weddenskap:
Sy's uit die staanspoor teë op Bret de Koning. Hy's ryk, báie ryk. En Sam kén rykes. Sy't haar stel met hulle deeglik afgetrap. Teen haar sin doen sy die smeeysterwerk vir die restourasie van Koningskop. Sy't die geld dringend nodig, maar nie Bret se onuitstaanbare inmenging nie. Toe hy met die belaglike weddenskap vorendag kom, laat sy haar intrek. Uit pure hardkoppigheid. As hy haar wil oortuig van die voordele van geld, sal hy moet mooi dink. 'n Besoek aan 'n eksotiese eiland sal haar nie oortuig nie.
Maar hoe kan sy hóm oortuig? En wat het haar besiel om haar eie sukkelende smeeysterbesigheid op die spel te plaas?

Toekomsbelofte:
Katja hoef nie daarvan oortuig te word dat sy die vurige maar jonger Isao liefhet nie. Wat sy nie weet nie, is of die vyf jaar ouderdomsverskil tussen hulle 'n gesamentlike toekoms onmoontlik maak. Ja, en hoe gemaak met die groenoogmonster op haar skouer? Sy weet immers wat 'n mooi jong meisie aan haar eksman gedoen het. Vir eers moet Katja in elk geval konsentreer op die nuwe klerereeks wat sy op die mark bring. Gelukkig is sukses iets wat soet op die tong lê. Maar o, daardie man wat sê hoe lief hy haar het … Of is kennis en vertroue - en veral opregte liefde - groter as vyf jaar?

Net 'n stukkie papier:
Pippa kan nie glo sy het uiteindelik 'n vaste werk as spabestuurder by 'n luukse oord nie. Uiteindelik kan sy as alleenma vir haar seuntjie sorg. Maar haar droom eindig toe sy besef die oord se eienaar is die man wat vyf jaar gelede soos 'n groot speld verdwyn het met haar casinogeld in sy rekening en haar hart in sy hande. Nee, sy wil hom beslis nie terughê nie. Sy wil net haar geld terughê en haar werk behou. Maar hoekom verafsku sy hom nie? Hy is immers 'n deurtrapte skelm. Eienaardig dat hy haar met soveel afsku bejeën - sy was immers nie die een wat verdwyn het nie?
Publikasiedatum: 2018-07-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391442

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 230
R 89Jy spaar R 141
Kristel Loots is bekend vir haar fyn humorsin en besondere vermoë om haar karakters uit te beeld.
Hierdie omnibus is 'n samestelling van drie van Kristel se vorige liefdesverhale, Liefde op Vergeetbaai, Kiki se kroonprins en Sieraad uit as.
Liefde op Vergeetbaai:
Irmariana koop die kothuis langs Zak de Beer, wat sy privaatheid beskerm en 'n muur tussen hulle wil oprig. Vergeetbaai is afgesonder en hulle loop mekaar (noodwendig) raak. Irmariana het Vergeetbaai toe gekom om weer heel te word en om te werk aan haar jongste kinderboek. Sy durf nie toelaat dat 'n man haar aandag aftrek nie. Selfs al is hy uiters aantreklik en betowerend.
Kiki se kroonprins:
Kiki moet 'n onderhoud voer met 'n skatryk hubare sakeman wat die erfgenaam van Kroukamp Internasionaal is, Olaf Kroukamp. Hulle voer klere en skoonheidsmiddele uit. Hy het ook 'n boek geskryf wat mense aan die praat het en verkoop selfs die filmregte daarvoor. Kiki lê hom voor toe hy met sy honde gaan stap. Later pas sy sy herehuis en honde op. Olaf wen 'n literêre prys en vra Kiki om hom te vergesel. Haar ekskêrel, Roger sien die insetsel op televisie en spoor haar op. Hy doen alles in sy vermoë om Kiki en Olaf se verhouding te laat sneuwel.
Sieraad uit as:
Janette gaan woon 'n week lank in afsondering as proefkonyn vir navorsing oor die rookgewoonte. Kameras volg inwoners se verslawing. Sy sukkel om haar gevoelens vir die ghoeroe, Marnitz Marais te onderdruk. Janette is ook die troostante vir die tydskrif waarvoor sy as joernalis werk. 'n Super Girl sorg vir heelwat intrige en doen alles in haar vermoë om Marnitz en Janette se ontluikende verhouding te saboteer...
Publikasiedatum: 2018-12-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869190965

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 150
R 29Jy spaar R 121
Barend J. Toerien (1921- ) se eerste bundel gedigte het in 1960 verskyn. Sy werk het van vroeg af 'anders' geklink as dié van sy tydgenote, waarskynlik omdat hy reeds in 1947 op 26-jarige ouderdom die land verlaat het. Hy het dus die indoktrinasie van die Nasionale Party wat in 1948 aan bewind gekom het, vrygespring.
Publikasiedatum: 2006-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869191276

Fiksie: Uitverkoping

Illustreerder: Jan Vermeiren
Fiksie  -  Uitverkoping
R 200
R 80Jy spaar R 120
n hierdie bundel word agt Kersverhale van een van die groot meesters van die kortverhaalkuns saam uitgegee, met waterverftekeninge deur Jan Vermeiren. Vier van die verhale het reeds vroeër in ander bundels verskyn, terwyl vier vir die eerste keer hier gepubliseer word.
Publikasiedatum: 2006-01-10
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388077

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 225
R 99Jy spaar R 126
Sy rooikopbaas
Liefste Willemientjie
Liefdeskrale

Sy rooikopbaas:
Voor Sandra haar oë uitvee, sit sy met 'n manlike “sekretaresse” - Ryk Willemse. Maar haar firma word skielik bedreig, Oumsie soek verbete vir haar 'n man, en sy begin wonder: Is sy 'n verstokte oujongnooi, mannetjiesagtig, 'n rooikopheks?

Liefste Willemientjie:
Wilmien het lankal vergeet om aan haarself te dink. Ná haar ouers se dood moet sý sorg, voog van haar vyf broers en suster wees, boer - al maak Rhys du Randt weer die vrou in haar wakker.

Liefdeskrale:
Platsak moet rykmansdogter Esté oorleef, haarself bewys. Sonder haar ontwerpersklere, -skoene, sportmotor. Schalk Brink word haar baas, 'n man wat vroue vir brekfis opeet. En Esté moet net keer. Sy vlam mag haar nie ook skroei nie.
Publikasiedatum: 2018-05-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389005

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 225
R 99Jy spaar R 126
Dans in die reën
Sprokiesprinses
Fasade van die hart.

Dans in die reën:
Nick du Toit was nog altyd sexy. Gevaarlik sexy.
Kleintyd het haar maats se leepoë oor hom haar geamuseer. Totdat Lillie se mond ook begin droog word het. Skielik was hy meer as net haar aangetroude neef, haar mentor, die ou wat haar beskerm. Hy was die man wat sy liefhet.
Maar Nick is nege jaar ouer as sy. Wêreldwys. 'n Rokjagter.
Ná vier jaar op universiteit kuier sy weer by haar tante-hulle op die plaas. En Nick is daar. Sterk. Onweerstaanbaar. Onvoorspelbaar. Hy verwar Lillie, maak haar woedend … én haar bene lam. En sy weet sy moet liewer padgee, ás sy haar stukkende hart wil laat heel word.

Sprokiesprinses:
'n Maand voor haar troue word Zoë in die steek gelaat. Haar selfvertroue is daarmee heen. Sy twyfel aan haar vroulikheid, en haar selfbeeld is aan skerwe. Die stappery in die Outeniqua moet help om haar kop skoon te kry, haar help heel word. Maar 'n groter probleem wag daar - Kian Richards. Om amper met 'n gay man te trou, was erg, maar om die bewerasie te kry naby 'n man wat vroumense so geniet dat hy hom nie laat bind nie, is onhanteerbaar. Miskien moet sy 'n bietjie flirt, haar vroulikheid toets. Maar sy is nie opgewasse teen die intensiteit van haar gevoelens nie. Koelkop kan sy Kian nie hanteer nie.

Fasade van die hart:
Sy verfoei hom, kan dit nie eens verduur om naby hom te staan nie, wat nog te sê langs hom sit en wild uit die helikopter met dwelmpyltjies skiet.
Beate weet van Derrick de Winter se voete van klei. Kleintyd was hy haar beste maat, haar held, totdat hy met Lucy begin uitgaan het ... en geweier het om die verantwoordelikheid van hul kind te dra. Sy weet hy gryp onbetrokke na vroue soos stukkies dryfhout wat verbykom, en los hulle ewe vinnig.
Sy sal haar nie laat meesleur nie.
Maar die aand van die verpestelike rooi rok speel sy roekeloos saam, met gevolge wat selfs sy nie kon voorsien nie.
Publikasiedatum: 2018-04-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391657

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 230
R 89Jy spaar R 141
Nog 'n Marijke Greeff-omnibus ...
Onweerstaanbare passie is 'n samestelling van drie van Marijke Greeff se vorige Romanzas, 'n Ongewone meisie, Soleil en die sakeman en Formuleliefde. Die leser kan onweerstaanbare helde, sterk heldinne, interessante kinkels in die storielyne en vurige liefdestonele verwag!
'n Ongewone meisie:
Alhoewel hy Juli se teenwoordigheid verpes, begeer hy haar ook. Toe Juli Baxter se biologiese pa haar as lyfwag vir Zack huur, beskou sy dit as bloot 'n opdrag. Sy kom egter gou agter sy het haar lelik misgis …
Wie haat Zack genoeg om hom te wil vermoor? En wat is die betekenis van die wit angeliere wat telkens voor 'n aanslag op sy lewe by Zack afgelewer word? Juli oortree elke reël van professionaliteit wanneer sy voor sy sjarme swig.
Die spanning - ook tussen Zack en Juli - bereik 'n hoogtepunt toe Zack die moordenaar uitlok, maar byna self in sy eie strik trap …
Soleil en die sakeman:
Soleil het van kleins af 'n heldeverering vir Jason gekoester, sedert haar ma as huishoudster in sy pa se diens getree het. Sy is skaars agtien toe sy die passie in hulle verhouding ontdek. Kort daarna verdwyn Jason - waarheen, weet nugter alleen.
Nou, twaalf jaar later, het sy haar mediese studie voltooi en Jason is terug. En Soleil kan nie eens teenoor haarself erken met hoeveel drif sy hierdie man liefhet nie.
Maar 'n ander kant van Jason word ook nou duidelik: dié van 'n berekende sakeman. Van haar droom om 'n kliniek te heropen vir minderbevoorregtes, wil hy niks weet nie. Is sy aandrang op 'n skynverlowing ook deel van sy sakemansvernuf?
Formuleliefde:
Jarod Hunter speel nie met sy mededingers én vyande nie. Hy word nie verniet Die Jagter genoem nie
Dié formule-een-wêreldkampioen verpes die media, en Catherine is juis 'n joernalis - met die opdrag om sy verlede oop te krap en sappige brokkies aan haar lesers op te dis.
Jarod weet nie sy is 'n verslaggewer nie en laat haar onder valse voorwendsels naby hom toe.
Ná sy vrou se geheimsinnige motorongeluk steur hy hom nie aan vroue nie, maar Cat kan hy nie weerstaan nie. Totdat hy agterkom dat sy 'n lid van die media is en sy intiemste besonderhede op haar koerant se voorblad lees …
Publikasiedatum: 2019-01-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798148740

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 280
R 49Jy spaar R 231
Dit is die bittersoet verhaal oor die ervaringe van 'n groep Suid-Afrikaners wat tydelik in Taiwan werk. Dit is 'n eksotiese verhaal, nie net as gevolg van die ruimte waarin dit afspeel nie, maar ook op grond van die ekstreme van uitbundige sentiment en die donker ondertone daarvan — dit is 'n oorvloedige ruiker van kleur en intrige. Die verteller, Louis, kom in Taiwan aan om vir laerskoolleerlinge Engels te gee. Sy enigste kontak in hierdie wildvreemde land is 'n internet-vriend wat hom bekend gestel het aan die moontlikheid om in Taiwan Engels te gee. Deur hierdie kontak kom hy in aanraking mat 'n klomp jong Suid-Afrikaners en hul Chinese vriende, en dit is hoe hy bekend gestel word aan 'n absoluut vreemde kultuur en gewoontes wat vir hom die raarste gewoontes is wat hy nog teëgekom het.
Publikasiedatum: 2007-05-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798174329

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 360
R 59Jy spaar R 301
'n Nuwe roman deur die bekroonde skrywer John Miles. Dieselfde temas geld as in sy vroeëre werk: 'n besinning oor die vervlietendheid van die menslike bestaan & die onontkombaarheid van die dood, deurgaans gekenmerk deur 'n amper moedswillige humor.  Die verhaal begin in 'n tuinwoonstelletjie waar 'n oud-onderwyser een aand sit en musiek luister, min wetende dat daar 'n lewensveranderende insident met 'n hond op hom wag. 'n Meesleurende roman, met 'n merkwaardige insig in die mens se lot.
Publikasiedatum: 2016-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.