●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING - BINNE RSA GRENSE - OP ALLE BESTELLINGS ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620326

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 220
R 49Jy spaar R 171
Casey Cox se DNS is oral op die misdaadtoneel. Dit help nie sy praat met die polisie nie; hulle het haar al vantevore in die steek gelaat. Sy moet vlug voordat sy gearresteer word ... of nog erger. Die waarheid maak nie meer saak nie.

Maar wat ís die waarheid? Dié vraag spook by Dylan Roberts, die oorlogsmoeë veteraan-soldaat wat gehuur word om Casey te soek. Post-traumatiese stresversteursing maak hom ongeskik vir polisiewerk, maar as hy Casey terugbring, kan dit in sy guns tel. Alhoewel die misdaadtoneel oënskynlik die hele verhaal vertel, maak al die besonderhede nie mooi sin nie. Casey Cox lyk nie soos jou tipiese moordenaar nie. Maar as sy nie skuldig is nie, waarom het sy gevlug?

Om haar verlede en die verdoemende bewyse teen haar te ontrafel verg meer tyd as wat Dylan het. Maar namate hy haar leer ken, word hy gekonfronteer met twee keuses: Die meisie wat elke oomblik sy gedagtes vul, is 'n psigopatiese moordenaar ... of 'n selfopofferende heldin. En die waarheid kan dalk die dodelikste wapen nog wees.
Publikasiedatum: 2018-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799387544

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 280
R 119Jy spaar R 161
'n Donkerkopmeisie se liggaam word in 'n agteraf hotel in 'n Aspoester-uniform gevind. Haar linkervoet se tone is afgesny sodat die voet in die glasskoen kon pas. Haar oë is netjies verwyder. Daarna is haar nekaar gekloof sodat sy haar kon doodbloei.
“Hoe sal jy voel as ek dieselfde met jóú dogter doen? Haar naam is mos Franci?”
Dit is wat die elektronies vermomde stem vir doktor Olaf Demeyer, forensiese profileerder, vra terwyl hy die dossierfoto's van die moordtoneel bestudeer.
“Hoekom sou jy dieselfde met my dogter wou doen?”
'n Koggellaggie klink op. “Dit is wat jy moet uitvind, Doktor. Kom ons kyk of jy werklik so baie vir verontregde vroue omgee soos wat die media beweer. En kom ons kyk of jy my betyds met jou agtste sintuig kan uitoorlê.”
Die lyke van nog drie meisies word binne 'n paar dae gevind. Olaf besef hy sal baie diep in sy eie donker profiel moet delf na die waarheid as hy wil verhoed dat sy enigste dogter die vyfde slagoffer van die Aspoestermoordenaar word. Herinneringe aan sy traumatiese kinderjare, sy oordrewe skuldgevoelens en sy fobie vir lemme, maak nie sy taak vir hom ligter nie. Intussen voel hy hoe die uurglas baie vinnig vir Franci leeg loop.

Hierdie sielkundige riller delf in die lewenslange invloed wat gesinsgeweld, asook geweld in die algemeen, op die psige van 'n mens kan hê.
Dit ondersoek ook die invloed wat geweld teen vroue en kinders op die samelewing het.
Kwessies soos pedofilie, geestesversteuring en seksverslawing word aangespreek teen die agtergrond van 'n reeks bisarre misdade waarin jong meisies grusaam vermink word voordat hulle sterf.
Publikasiedatum: 2018-03-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799358339

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 280
R 120Jy spaar R 160
Thys Krige se dryfveer is die onopgeloste moord op sy pa. Die enigste leidraad wat hy het is iemand wat hy daardie aand vlugtig naby die toneel gesien het, en die woorde wat die man vir hom gesê het: 'Kyk dieper as die bloed.'
Publikasiedatum: 2012-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197612

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 180
R 79Jy spaar R 101
Eloise, 'n aangenome kind, word onsensitief deur haar biologiese grootouers verwerp. Die 17-jarige Ane se lewe verander dramaties wanneer sy 'n nasionale modelkompetisie wen en vinnig in 'n genadelose grootmenswereld moet aanpas. In Durban oorweeg kinderlose Petra die moontlikheid van aanneming. Die leser word gekonfronteer met aanneming, aangrypend uitgebeeld vanuit verskillende perspektiewe.
Publikasiedatum: 2012-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799369656

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 250
R 109Jy spaar R 141
'n Hoerskoolmeisie se liggaam word 'n ent buite Durbanville ontdek. Wanneer die patoloog sien dat die meisie gehang is, onthou sy 'n soortgelyke geval. Die laaste ding waarvoor die middeljarige inspekteur Jan Magson lus is, is 'n reeksmoorddossier...


Jeanette Ferreira, die teksredakteur, sê van Donker spoor: 'Briljant. Afskuwelik. Gebalanseerd. Dis nie elke debuut wat so daar uitsien nie. Hierdie skrywer verstaan boosheid en broosheid. Ek is werklik beindruk.'
Publikasiedatum: 2014-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389814

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 280
R 129Jy spaar R 151
Wanneer het lewe so goedkoop geword en genade so duur?
Masjiengeweervuur skeur deur die stilte van die nag in die distrik van Opathe in die Natalse bosveld. Dit verander die lewe van een boeregesin vir altyd, want twee geslagte word in 'n oogwink koelbloedig op hulle plaas deur gesiglose aanvallers uitgewis.
Aella O'Malley, die ondersoekbeampte, sukkel om sin te maak uit 'n reeks leidrade wat deur politiek, afguns, vrees, geloof en bygeloof tot 'n verwarrende mengelmoes van inligting deurmekaar geroer word. Om sake te kompliseer kry sy 'n boodskap: “Onthou die pad na Opathe,” wat in gewone omgangstaal 'n doodsdreigement is. Net daarna wórd sy inderdaad raakgeskiet.
Wat is die motief? Is dit net nog 'n sinlose plaasmoord, waarom wil iemand Aella uit die weg ruim, en sit daar iets meer agter hierdie slagting?
Haar eerste verdagte word wreed aangerand deur 'n gefrustreerde jong boer, en nou het die oorwerkte polisie hóm ook in hegtenis geneem.
Die roman bied 'n sonderlinge blik op die polisie se werkwyse. Breytenbach werk daagliks in ons strafregstelsel en sy beskryf die polisieprosedures in detail, maar só dat die leser voel jy stap saam in die aanklagkantoor in. Die lykskouings, die vorms, die klagteboeke, alles word deel van die storie. Hier is 'n kenner se hand aan die werk.

Wat meer is, die roman toon hoe sekere ondersoekbeamptes steeds probeer funksioneer in 'n disfunksionele stelsel en ondanks politieke inmenging in hulle werk.
Moord, verraad en hoop: Watter een van hierdie drie sal uiteindelik oorwin?
Eers teen die einde, wanneer Aella besef sy is bedrieg, verstaan sy dat die pad na Opathe 'n verraderlike pad is wat met groot omsigtigheid gestap moet word.
Dowe gode is die skrywer se vierde boek. Saliger, Vrediger en Heiliger was die eerste drie. Hierdie roman het 'n nuwe hoofkarakter, Aella, wat 'n kaptein in die polisie is.

Wat maak die boek anders?
-Die konflik onder die ou en nuwe lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens op grondvlak word ontgin;
-Dit word ook blatant gekoppel aan die persepsie van rasgeïnspireerde plaasaanvalle;
-Die polisiekultuur word lewensgetrou uitgebeeld;
-Die roman word geweef rondom 'n oënskynlike plaasaanval waarin die lot van die slagoffers sowel as die misdadigers aangespreek word;
-Breytenbach se romans in die algemeen word gekenmerk deur skreiende politieke en sosiale kommentaar.
-Breytenbach skryf uit haar agtergrond as strafreggeleerde, wat geloofwaardigheid en diepte aan haar romans verskaf.
Publikasiedatum: 2018-06-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781919825915

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 160
R 29Jy spaar R 131
Ronel Nel se debuutbundel staan in die teken van 'n opkomende geslag Afrikaanse digters. Belese én uitdagend, geskakeerd én met 'n eie stem. Wat daar staan en hoe dit daar staan, is voldoende.
Publikasiedatum: 2002-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415337004

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 200
R 79Jy spaar R 121
Dekades gelede was John en Elizabeth Baxter die hoofkarakters van 'n liefdesverhaal wat steeds 'n rol speel in die lewens van hul volwasse kinders en kleinkinders. Tog ken min van hulle die presiese details van daardie storie en die hartseer wat hulle bymekaar gebring het.
Nou reeds op hoërskool moet Cole, Ashley Baxter Blake se oudste seun, 'n erfenisprojek doen vir sy Engelse klas. Hy besluit om sy oupa, John Baxter, te ondervra oor daardie liefdesverhaal van soveel jare gelede.
John is aanvanklik huiwerig en onseker of hy die krag het vir die hartseer wat dit dalk kan meebring - veral aangesien hy intussen weer getroud is. Tog stem hy in en laat toe dat sy gedagtes na plekke gaan waar hy dit in dekades nie gewaag het nie.
Terselfdertyd verwerk die Baxters se familievriend Cody Coleman sy verbreekte verlowing met Andi Ellison. Hy is vasbeslote om aan te beweeg, maar 'n toevallige ontmoeting laat hom van plan verander. Kan Cody vir Andi oorreed om weer te probeer, of is dit tyd om finaal te groet?
Of jy die Baxters vir die eerste keer leer ken, of hulle opnuut ontmoet, Erfenis van liefde sal jou hartsnare roer en jou herinner aan die impak wat 'n erfenis van liefde op 'n familie het.
Publikasiedatum: 2017-11-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799379860

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 150
R 49Jy spaar R 101
Altesaam 12 Afrikaanse gedigte is deur 12 animasiekunstenaars, of groepe kunstenaars, geanimeer en daarna is dié 12 gedigte ook vertaal en die klankbane van die animasiefilms oorgeklank in Engels, Zoeloe en Sesotho. Diek Grobler is die kreatiewe regisseur en die uitvoerende vervaardiger vir die ATKV is Nita Cronjé.

Die 12 gedigte is:

Jeanne Goosen se My mamma is bossies, geanimeer deur Naomi van Niekerk;

Nathan Trantraal se Geel walvis, geanimeer deur Alida Bothma;

DJ Opperman se Stad in die mis, geanimeer deur Jac en Wessel Hamman;

Elisabeth Eybers se Busrit in die aand, geanimeer deur Arnaud van Vliet:

Andries Bezuidenhout se Perron, geanimeer Marinda du Toit en Tessa Louw;

Boerneef se Die berggans het 'n veer laat val, geanimeer deur Erentia Bedeker;

Heilna du Plooy se Afrikaan in Nederland, geanimeer deur Hanno, Dewald en Roger van der Merwe;

Martjie Bosman se Nagte in die tuine van Spanje, geanimeer deur Theresa Jo Wessels;

Joan Hambidge se Smoke gets in your eyes, geanimeer deur katty vandenberghe en Anni Snyman;

Marlise Joubert se Groet, geanimeer deur Charles Badenhorst;

Johann de Lange se Wisseling, geanimeer deur Michéle Nigrini;

Ronelda S Kamfer se Vir die voëls, geanimeer deur Diek Grobler.
Publikasiedatum: 2016-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485904120

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 290
R 89Jy spaar R 201
Nuwe plek, nuwe skool, nuwe mense. Ek het my eenkant gehou, net in die middae pinball gespeel by die Griek se kafee op die hoek. Pinball was my ding. My nuwe klasmaats het gesien hoe ek speel.

“Kyk hoe jive die cat daar agter die pinball,” lag die een. “Ek scheme dié Randfontein cat is nie te bad nie.”

Omdat ek 'n soort van pinball wizard was, het hulle my nie so geboelie soos vir my kleinboet Johnny nie.
Ná 'n lewe in die skadus neem 'n man stelling in, rewolwer in die hand, om sy allerlaaste misdaad te pleeg.
Terwyl hy in 'n donker sitkamer wag, loop sy herinneringe wye draaie: na harde grootwordjare in Randfontein en Germiston se strate, waar selfs jou eie familie jou kon bloedmond slaan. Hy onthou die Suid-Afrika waarin hy opgegroei het: die Castle Lager en Lucky Strikes agter skoolpawiljoene, die seuns met aanvalsgewere op die grens.
Vir 'n hierjy soos hy was sy pad reeds vroeg uitgemeet: hoëtroustelle steel, baie Klipdrift, verbeteringskool, daarná die army. En toe sluk Sunnyside se nagklubs en onderwêreld hom in.
Publikasiedatum: 2020-02-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388046

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 165
R 69Jy spaar R 96
'n Donkie is 'n wonderlike ding!

Malaika bestuur 'n donkierehabilitasiesentrum op die plaas Salem in die Beaufort Wes-distrik. Sy huur die plaas van oom Michiel Steyn, wie se dogter, Heloise, saam met haar op skool was.
By 'n vriendin se troue ontmoet sy weer vir Baron op wie sy tien jaar gelede verlief was. Intussen word Heloise die eienares van Salem en sy begin haar neus indruk in Malaika se rehabilitasiesentrum. Baron besoek Malaika gereeld op die plaas - hy neem selfs een van die verwaarloosde donkies, Psalm, aan, en haar gevoelens vir hom groei. Dit lyk egter vir haar asof Baron en Heloise hulle verhouding van skooldae hervat het. Heloise raak jaloers en besluit om die plaas aan Baron te verkoop vir die ontwikkeling van 'n gasteplaas.
Malaika se vriend, Wayne vra haar om te trou, maar dan sal sy Kaap toe moet verhuis en haar rehabilitasiesentrum asook haar donkies moet prysgee. Nou moet sy kies of sy kans sien om heeltyd in Baron en Heloise vas te kyk om by haar donkies te kan bly, en of sy met Wayne gaan trou en weggaan?
Publikasiedatum: 2018-05-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799386981

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 225
R 105Jy spaar R 120
Onwelkome geskenk
Handomkeer
Le Fleur se hartebreker.

Onwelkome geskenk:
Marile Cronjé se buitengewone verjaardaggeskenk is alles wat sy nié wou gehad het nie, want van haar oupa se gekonkel het sy net mooi genoeg gehad. Boonop moet sy die lewe se donker kant leer ken met die oog op 'n erflating wat sy nog minder wil hê.
Kan sy die aantreklike, enigmatiese Werner vertrou? Is hy nie net nóg een van die vele wat agter haar geld aan is nie? Sy kry die antwoord klinkklaar in oupa Jopie se brief, maar besef kort voor lank dat haar vooroordele haar insig verdof het. Eers toe sy werklik na haar hart luister, kan sy haar regmatige verjaardaggeskenk - én geluk - opeis.

Handomkeer:
Om uit Johannesburg se agterstrate te kom en jou pad oop te veg tot jy een van dié wynmakers in Suid-Afrika is, sit nie in enige meisie se klere nie. Maar dit is wat Bea regkry.
Dit is egter nie 'n baie goeie begin as mens jou nuwe werkgewer op straat byloop en so te sê aanrand nie. Maar dit was tog net 'n misverstand. Gaan hy nou vir altyd so stuurs wees en haar met so min dinge vertrou?
Maar haar baas is toe nie so befoeterd nie en die man word gaandeweg belangriker as haar afkoms. Hy verander in 'n handomkeer. Wel, tot hy haar in 'n verdagte situasie betrap.

Le Fleur se hartebreker:
Vir hierdie man moet sy ligloop, dit weet Janneli sommer in die eerste week wat sy as Le Fleur se gastehuisbestuurder begin werk. Sy reputasie as dié hartebreker in die Franschhoekvallei het hom immers vooruitgeloop. En hy weet dit nie, maar hierdie wynplaas is glad nie vir haar onbekende terrein nie.
Baie gou blyk dit dat sy nie verniet op haar hoede was nie. Trouens, hy gaan met haar 'n weddenskap aan dat sy voor die oestyd verby is, nog een van die vrouegesigte in sy berugte album sal wees!
Janneli aanvaar dit. En geen meisie gaan 'n weddenskap aan as sy nie 'n taamlik goeie kans staan om te wen nie.
Publikasiedatum: 2017-12-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799387162

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 225
R 95Jy spaar R 130
Terug na jou
Kolwyntjie
Altyd die strooimeisie.

Terug na jou:
Een naweek het Mercia, Le Fleur-wynlandgoed se eienares, 'n man ontmoet aan wie sy onmiddellik verknog geraak het. Maar dit was net 'n droom want hulle was albei getroud; sy vrou sieklik en Mercia se man 'n pierewaaier. Nie een kon skei sonder om ander se lewe te verwoes nie. Hulle het mekaar prysgegee.
Noudat hulle mekaar weer ontmoet het, is hulle albei vry. Maar nie vry van die verlede waaruit 'n geheim gebore is nie; iets wat nie eens hierdie man weet nie. En dit kan hulle opnuut uitmekaar dryf.
Sal hy haar nog liefhê wanneer sy die moed bymekaarskraap om dit vir hom te sê?

Kolwyntjie:
Die gebakwinkel is Melani se droom wat werklikheid word. Haar ander droom word spoedig 'n nagmerrie toe haar en die mediese dokter se paaie kruis in dieselfde kantoorgebou. En nie sommer enige dokter nie, nie eens sy tweelingbroer kan aan haar doen wat hý met sy intense grys oë doen nie.
Maar hy het toekomsplanne wat nie 'n liefdesverhouding insluit nie, wat nog te sê 'n draai voor die kansel. Melani se liefdeshorison eindig ongeveer waar Tygerberg-hospitaal begin.
Sy het egter nie rekening gehou met die Le Fleur-tweeling se formidabele ma nie - of met haar seun se vasberadenheid nie, al kos dit byna 'n tragedie om hom wakker te skud ...

Altyd die strooimeisie:
Zoë Davel besluit om nooit weer voor die kansel te staan nie - nie as strooimeisie nie en beslis ook nie as bruid nie, al stuur die hoogs aantreklike Meyer Malan haar hart heeltemal in 'n aweregse wentelbaan.
Toe sy boonop uitvind waar haar biologiese pa by Meyer se familie-opset inpas, glo sy sy speel met vuur en verbreek alle bande met hom.
Maar dinge is selde wat dit op die oog af lyk, en toe Zoë agter die kap van die byl kom en die familie haar met ope arms en harte verwelkom, weet sy dat sy sowaar weer voor die kansel gaan staan - hierdie keer heel gewillig as Meyer se bruid.
Publikasiedatum: 2018-01-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799395617

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 165
R 69Jy spaar R 96
Sy vind liefde by haar hartsmense en haar droomman
Minni Minnaar verloor haar kleinsakeonderneming in Pretoria se middestad omdat al die kleiner winkels gesloop moet word vir die oprig van groter geboue. Haar vriendin, Roda, nooi haar om op Roda se ouers se plaas te gaan kuier terwyl sy bestek opneem van haar lewe en moet besluit oor die pad vorentoe.
Hier ontmoet sy vir Zak Erasmus. Hy is 'n baie aantreklike boer met 'n aangename persoonlikheid, maar hy roer niks in haar nie. Die stug Duitse wewenaar, Wolfgang Falkenrot, van die plaas Falkennest laat egter ou hunkeringe weer ontwaak. Wolfgang soek 'n au pair vir sy vierjarige dogter en Minni sien dit as die uitkoms waarop sy gehoop het.

Hartsbesit is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks. Anna van Tonder se boek vergelyk goed met Marilé Cloete, Cynthia Robertson en Bets Smith se skryfwerk.
Publikasiedatum: 2019-07-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799385212

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 280
R 129Jy spaar R 151
In die paar dae voor Kersfees neem Hendrik en Amalia se lewe 'n onverwagse wending, iets waarvoor hulle nooit voorsiening gemaak het nie. Maar wat vir hulle 'n nuwe era in hulle verhouding sou kon wees, word verdonker deur 'n verskriklike voorval waarvoor Hendrik in hegtenis geneem word. Nóg Amalia, 'n staatsaanklaer op Witteberg, nóg Hendrik se knap prokureur kan verhoed dat hy opgesluit word - deels vir sy eie veiligheid, deels omdat 'n lafhartige speurder sy mag misbruik. Wat voorbereiding vir 'n heugelike gebeurtenis en Kersfees moes word, word dae waarin Hendrik intiem met die binnekant van 'n sel en dié se bewoners kennis maak. Daar word van moord gepraat op die taxibaas se seun wat deur 'n dwaalkoeël getref word en dis die taxibaas se woord teen Hendrik s'n. Boonop leef die grensoorlog steeds in Hendrik se gedagtes; die nagmerrie toe hy 'n makker wat deur die Kubane gevange geneem is, gaan red het. Dekades later buk 'n Kubaanse dokter oor hom in 'n hospitaal. En as Hendrik gemeen het dat Amalia veilig is, het hy 'n fout gemaak � Lees ook Saliger (ISBN: 9780799375343) en Vrediger (ISBN: 9780799379433)
Publikasiedatum: 2017-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.