●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391565

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 165
R 69Jy spaar R 96
Liefde tussen swaarde ...
Chantilly Dubois bevind haar teen haar sin as Papillon op 'n seerowerskip. Hulle word egter deur 'n ander seerowerskip oorrompel en sy moet aanskou hoe haar liefdesdrome in bloed voor haar wegsypel. Maar Papillon neem 'n eed dat sy op El Capitàn sal wraak neem, hoe lank dit ook al duur, haar dag sal kom.
Maande lank, oor oseane en selfs aan die Kaap de Goede Hoop, te midde van groot gevare en ontbering, volg sy hierdie man wat haar geluk gesteel het. Sy verontagsaam selfs die Kaapse goewerneur se besluite oor wat verder in haar lewe moet gebeur.
El Capitàn, daarenteen, sit sy soektog voort na die Peregrina, 'n gesogte pêrel wat die toekomstige Spaanse koningin toekom as deel van haar bruidskat.
Toe hulle paaie weer kruis, moet Papillon teenoor haarself erken dat die wraak wat sy gekoester het stadig maar seker gemengde gevoelens geword het. Hoe anders, in die aangesig van 'n man wat so sterk en dapper sy posisie handhaaf te midde van 'n ruwe klomp seerowers? Is dit daaroor of bloot omdat sy nie langer teen sy manlike aantrekkingskrag kan veg nie? Haat sy hom of het sy hom liefgekry? Dit is die vraag wat Papillon nie beantwoord kry nie.
Publikasiedatum: 2018-12-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391411

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 165
R 69Jy spaar R 96
Sy wens sy kon omdraai …
Anja kon haar geluk nie glo toe sy die vakature by die Hoë Prestasiesentrum in Pretoria in haar inboks sien nie. Dis so reg in haar kraal. Hulle soek ʼn fisioterapeut wat deel is van ʼn span medici en sportkundiges wat met belowende sportsterre werk. Nie alleen het sy die vereiste kwalifikasies nie, maar sy was in eie reg ʼn sportster. Vir jare was sy die junior nasionale vrouetenniskampioen in die land. Dis ook hoekom die Universiteit van Kalifornië haar ʼn sportbeurs aangebied het. Helaas het die opkikkerskandaal ʼn einde aan haar sportdrome gebring. Die saak is wel in haar guns geskik, maar teen ʼn duur prys. Haar dryfveer vir groot tennis is weg, en sy gaan lank aan die regskoste afbetaal. Hierdie is die geleentheid waarna sy soek, en sal haar in staat stel om weer in Suid-Afrika 'n nuwe begin te maak.
Maar toe gaan haar tannie Amelia dood, en sy moet terugkeer na haar geboortedorpie in KwaZulu-Natal, Glenville, om toe te sien dat die boedel afgehandel word. Sy ervaar baie konflik want haar eksverloofde, sy vrou en kind bly in die huis langs haar tannie. Anja het hom en die vrou in 'n vurige omhelsing betrap weke voor hulle sou trou, en is toe landuit. En nou gaan sy weer Henk se ouer broer, Riekert moet sien. Die man wat altyd met sy broeiende blik en donker oë regdeur haar kon sien ...
Publikasiedatum: 2018-12-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799390353

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 165
R 69Jy spaar R 96
Liefde kom nie altyd in die pakkie wat jy bestel het nie
Miranda, 'n skrywer, se adrenalien-verslaafde verloofde Lukas sterf net voor hul troue in 'n motorfietsongeluk. Sy ontmoet Lukas se ewebeeld, 'n wildvanger en wildplaaseienaar, Markus op die Kaapstadse lughawe net ná albei uitgevind het dat hul maats ontrou was.
Later ontmoet hulle weer in die Kruger Wildltuin, en die vonk tussen hulle is ooglopend, maar beide is so bang vir seerkry dat hulle nie sien wat reg voor hulle is nie. Liefde kom nie altyd in die pakkie wat jy bestel het nie, en hul paadjies skei. Albei moet deur hul eie vrese werk om te besef dat dit erger is om sonder daardie persoon te wees as om jou vrese in die oë te kyk.
Welmenende familielede, asook Markus se geliefde hond, Max veroorsaak interessante kinkels in die verhaal.
Publikasiedatum: 2018-09-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389845

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 165
R 69Jy spaar R 96
Kan 'n saffier mens na jou herkoms lei?
Lesers het Louisa in Rose vir Roselle leer ken as die ongehude ma wat in sak en as onverwags op La Roseraie aankom, en dadelik deur almal as familie aanvaar word.
In Lelies vir Louisa worstel Louisa met die groot vraag oor haar herkoms. Sy is as baba op 'n kinderhuisstoep gelos met 'n saffier wat per ongeluk laat val is. Die saffier lei haar uiteindelik na die buurplaas La Montagne maar die antwoorde kom nie maklik nie.
Intussen floreer haar loopbaan as fotograaf en sy word 'n pos aangebied op Liberté waar haar en Liam se paaie kruis. Hy is aanvanklik nors en ongeskik, maar stelselmatig sien Louisa 'n ander kant van hom, veral as hy met haar dogtertjie Rose speel.
Lelies vir Louisa is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks, en volg op Rose vir Roselle. Die karakters uit Rose vir Roselle maak almal weer hul verskyning, en daar is 'n paar nuwes by.
Publikasiedatum: 2018-06-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799388046

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 165
R 69Jy spaar R 96
'n Donkie is 'n wonderlike ding!

Malaika bestuur 'n donkierehabilitasiesentrum op die plaas Salem in die Beaufort Wes-distrik. Sy huur die plaas van oom Michiel Steyn, wie se dogter, Heloise, saam met haar op skool was.
By 'n vriendin se troue ontmoet sy weer vir Baron op wie sy tien jaar gelede verlief was. Intussen word Heloise die eienares van Salem en sy begin haar neus indruk in Malaika se rehabilitasiesentrum. Baron besoek Malaika gereeld op die plaas - hy neem selfs een van die verwaarloosde donkies, Psalm, aan, en haar gevoelens vir hom groei. Dit lyk egter vir haar asof Baron en Heloise hulle verhouding van skooldae hervat het. Heloise raak jaloers en besluit om die plaas aan Baron te verkoop vir die ontwikkeling van 'n gasteplaas.
Malaika se vriend, Wayne vra haar om te trou, maar dan sal sy Kaap toe moet verhuis en haar rehabilitasiesentrum asook haar donkies moet prysgee. Nou moet sy kies of sy kans sien om heeltyd in Baron en Heloise vas te kyk om by haar donkies te kan bly, en of sy met Wayne gaan trou en weggaan?
Publikasiedatum: 2018-05-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799385403

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 165
R 69Jy spaar R 96
Man van min woorde
Man met 'n missie
Man van sy woord.

Man van min woorde: Hy kan toor met honde en rekenaars, maar as dit by praat kom, verdamp Henri van der Merwe se woorde. Francesca is vasbeslote om deur dié swygsaamheid te breek. Sy begeer een van die Duitse herdershonde wat hy teel, maar sy toets vir eienaarskap dop sy soos 'n klip. En haar selfbeeld is hoeka bitter broos ná die Siebert-episode. Bowendien word haar frustrasie by die dag groter - as sy en haar galery-huis vol kunswerke nie goed genoeg is vir sy honde nie, sal sy in der ewigheid nie goed genoeg wees vir hul baas nie. Want helaas, sy begeer die swygsame Henri mettertyd baie, baie meer as sy lieflike honde.

Man met 'n missie: Hy gaan haar nader trek, syne maak. Suutjies, sonder dat sy dit weet. Maar Lukas Bezuidenhout is 'n haastige man, geduld moet hy nog aanleer. Dis gewoonlik hý wat vir meisies weghol, maar dié keer het hy sy moses teëgekom. 'n Harder hardekwas as Mignon Grobbelaar kry jy nie. En tog, agter haar hardekwas-houding kruip 'n bang meisie weg, 'n kind-vrou met heeltemal te veel seer en bagasie. Daarom, weet Lukas, moet hy geduldig wees. Hy wil haar beskerm, laat veilig voel. Sy moet weet sy is as mens die moeite werd. En hy moet, nee, sál leer vasbyt; en hy wat lawwe Loekie Bezuidenhout is, kan leer om te wag.

Man van sy woord: 'n Ouer en ryper Lourens - maar nog net so dodelik aantreklik soos lank gelede - is na twintig jaar onverwags terug en haar kind se gradeplegtigheid word vir Bianca 'n nagmerrie. Alles het mos verander en daar is nie meer vir hom 'n plek in haar lewe nie - of bluf sy haarself? Lourens is nie meer die impulsiewe jongman wat Bianca so hartstogtelik liefgekry het nie, en sy het ook met die jare ryper en meer volwasse geword. Dis net die onblusbare vonk tussen hulle en die honger na mekaar wat onveranderd gebly het ... Het daar te veel water in die see geloop of gaan hulle waag om hulle liefde weer 'n kans gee?
Publikasiedatum: 2017-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199517

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 180
R 69Jy spaar R 111
Hulle is so deel van enige stadsplein soos toeriste met kameras en statige standbeelde van volkshelde: duiwe in elke skakering van grys. Pretoria se Kerkplein is geen uitsondering - hoewel die duiwe wat elke oggend op Oom Paul se kop en skouers vergader, nie gewone kossoekers of verveelde sonbaaiers nie. Kerkplein se duifbevolking is 'n groep besorgdes wat bereid is om tot die laaste penveer vir Kerkplein as duiftuiste te veg.

Wanneer die prokureursfirma Plein & Simpel vorendag kom met planne om Kerkplein se historiese Wesfasade in 'n parkeerterrein te omskep, en daar terselfdertyd uit bewaringskringe stemme opklink dat duiwe-excreta die historiese geboue beskadig, word die Duiwerepubliek van alle kante bedreig. Skielik lyk indringer-mynas na die minste van hulle probleme - en moet die lede van KOER (Ken Ons Eie Roeping) kragte saamsnoer om die metroraad, die media en moderniseerders hok te slaan.
Publikasiedatum: 2013-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197612

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 180
R 69Jy spaar R 111
Eloise, 'n aangenome kind, word onsensitief deur haar biologiese grootouers verwerp. Die 17-jarige Ane se lewe verander dramaties wanneer sy 'n nasionale modelkompetisie wen en vinnig in 'n genadelose grootmenswereld moet aanpas. In Durban oorweeg kinderlose Petra die moontlikheid van aanneming. Die leser word gekonfronteer met aanneming, aangrypend uitgebeeld vanuit verskillende perspektiewe.
Publikasiedatum: 2012-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869197230

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 180
R 69Jy spaar R 111
Vaarwel, klein soldaat is 'n spanningsroman vol onvoorspelbare wendings.
Jim Thorpe is die bevelvoerder van die Leër van die Laaste Dae. Dit is sy geheime klein kommando op die plaas Langlaagte in die Vrystaat. Danksy Thorpe se militêre opleiding is hy en sy troepe gereed vir die onderdrukkers se aanslag. Thorpe se twee half-Sjinese dogters, Lulu-pai en Nicola, is ook deel van die kommando en van die gevaarlikste soldate wat hy het.

Lulu-pai neem entoesiasties deel aan haar eerste sending in die stad. Wanneer sy terugkeer, is dit met meer selfvertroue en begin sy haar verset teen haar vader. Sy besef dat haar tweede sending haar gevaarlikste nog sal wees, en dat haar vader haar grootste en gedugste teenstander is.
Publikasiedatum: 2012-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193751

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 170
R 69Jy spaar R 101
Die kamferkis is 'n liefdesroman. Mien de Jager se ouers het haar gewaarsku teen die euwels en gevare van 'vreemde jongetjies'. Hulle het ideale gehad vir haar: die kunsjuffrou het Mien se talent raakgesien en haar plek was bespreek vir die kunsskool in Stellenbosch. Sy sou beslis nie agter die kasregister staan in die koöperasie nie. Toe ontmoet Mien die aantreklike Johan du Toit tydens die gesin se jaarlikse seevakansie op Eersterivier.
Publikasiedatum: 2011-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193508

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 180
R 69Jy spaar R 111
Oom Chris is die baas van Doodsedrif - of so het hy gedink. Sy vet, bruin kalf lê versuip langs die seekoeigat. Toe dryf oom Jan Oortjies se ou hond opgeblaas langs die oewer. Kraaibek, die mak bobbejaan, spring kort daarna waansinnig in die rivier en verdrink.

Telkens sien oom Chris se seuns die drietonige voetspoor op die riviersand. Manienk, een van die plaasseuns, meen dis Salmaklak, 'die gladde nat dier wat hier by jou in die water is'.
Publikasiedatum: 2010-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193294

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 170
R 69Jy spaar R 101
Agter die elande aan is die vyfde in Willem D. Kotzé se gewilde T'sats-reeks en volg op T'sats se kind (2008).
T'sats se seun Tkô!lie moet bewys dat hy 'n man is voordat hy die mooi Ta!mi as vrou kan vat. Hy moet manalleen 'n eland soek, hom met sy gifpyl skiet en agter hom aan hardloop, totdat die eland dood neerval. Dan eers kan Tkô!lie die eland vir Ta!mi wys en 'n kerf op sy boogstok kry as bewys dat hy 'n jong jagter is wat 'n vrou kan vat.
Publikasiedatum: 2009-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192648

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 170
R 69Jy spaar R 101
T'sats is steeds baas van die Kalahari. Hy dood nog 'n mensvreterleeu en lei sy mense deur die droë woestyn. Maar hy en sy mense word bedreig deur 'n nuwe gevaar langs die Nossob: Polisiemanne het twee jagters en T'sats se jong seun Tkôlie kom vang en hulle in die tronk gaan gooi omdat hulle elande skiet om te eet.
Publikasiedatum: 2009-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192808

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 180
R 69Jy spaar R 111
''n Mens hoef nie doelgerig te werk aan 'n reputasie nie - as jy weer sien, het jy dit reeds,' kapittel die anonieme boekresensent in die verhaal 'Die boek van vaal glas' die skrywerkarakter Benjamin Kapp. Dié uitlating kan gewis ook van toepassing wees op die skrywer van hierdie bundel: met vier publikasies en 'n Eugène Marais-prys op sy kerfstok, spreek Jaco Fouché se skryftalent vanself.
Publikasiedatum: 2009-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192631

Fiksie: Uitverkoping

Fiksie  -  Uitverkoping
R 170
R 69Jy spaar R 101
T'sats, grootste van die groot jagters, is die tweede in Willem D. Kotzé se T'sats-reeks en volg op T'sats van die Kalahari (2008). T'sats leis sy groep, die Boesmans, behendig deur die Kalahari. Hy loop saam met die geeste en het twee mensvreterleeus manalleen doodgemaak. Die ander Boesmanstamme praat nie verniet van hom as 'T'sats, grootste van die groot jagters nie'. Waar hy ook al kom, weet almal dit is so. Die tiervel wat hy dra, bewys dit.
Publikasiedatum: 2009-03-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.