●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Christelik / Christian
Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Results 16 to 23 of 23
Gesorteer volgens:  Taal
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431621194

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 159
Vind hoop en genesing vir gebroke verhoudings deur lief te hê asof jy nog nooit seergekry het nie.
Die mense naaste aan ons - kinders, ouers, familielede, huweliksmaats, vriende - kan ons soms die seerste maak. En die letsels wat hierdie emosionele seerkry laat, gaan soms so diep dat ons mure om ons bou. Tog is dit juis hierdie mure wat ons daarvan weerhou om hoop te sien, heel te word en weer lief te hê.
In Om lief te hê ten spyte van seerkry deel Jentezen Franklin sy verhaal van persoonlike pyn en wys lesers hoe om krag, moed en motivering te vind om lief te hê asof jy nooit seergekry het nie. Deur Bybelse en eietydse verhale bespreek hy verskillende soorte seerkry en gee antwoorde op vrae soos: Hoe kan ek hom weer vertrou? en Hoe kan ek ooit regtig vergewe?
Om lief te hê ten spyte van seerkry bied alles wat nodig is om mure af te breek, deur wonde te werk, gebroke verhoudings te herstel en die krag te ontdek van liefhê te spyte van seerkry.
Publikasiedatum: 2019-07-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431618965

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 100
Egskeiding voel soms erger as die dood. Behalwe dat jou lewensmaat nie meer aan jou sy is nie, is daar tallose aspekte wat jy moet hanteer wat jou emosioneel, fisies, finansieel en ook geestelik verpletter kan laat voel. Egskeiding - hoe nou verder? wil jou met praktiese voorstelle help om weg te draai van die verlede en te bou aan jou lewe wat voorlê - 'n lewe waarin jy selfs sterkter kan wees as toe jy getrou het. Dit hanteer geestelike, emosionele, finansiële en fisiese aspekte rondom egskeiding, asook aspekte wat jou kinders raak, soos verhuising en gedeelde ouerskap. Daar is plek in die boek om jou gevoelens neer te skryf oor dinge soos woede, alleenheid en verwerping. Dit bevat ook idees vir finansiële beplanning, stiltetyd, nuwe gesinstradisies en pret saam met jou kinders.
Egskeiding - hoe nou verder? sal jou oortuig jy kan nou reeds ervaar dat jy oukei gaan wees al voel jy platgeslaan.
Publikasiedatum: 2019-06-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431620555

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Vertaler: Linda Beukes
Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 270
101 gebede wat paartjies lei om 'n inniger verhouding met God en mekaar te geniet.
Tyd in gebed saam met God is baie belangrik vir 'n sterk en gelukkige huwelik. 101 Gebede vir Mnr & Mev bied 101 kragtige gebede deur Rob en Joanna Teigen.
Elke gebed word gekomplementeer deur 'n bemoedigende teksvers. Die gebede sal paartjies lei om 'n inniger verhouding met God en met mekaar te geniet.
Temas sluit in liefde wat getrou is, God se troos, vergifnis, wedersydse respek, vrede en geduld, eensgesind­heid in die huwelik, deel God se seëninge en vele meer.
Leeromslag met merklint en goud afwerking.
Publikasiedatum: 2019-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415339220

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 160
Nader aan God, nader aan mekaar bevat gesinsoordenkings om gesinne te help om nader aan God en aan mekaar te groei

Met kinders se besige skool en buitemuurse programme, en Ma en Pa se stresvolle loopbane, is dit geen wonder dat ons nie tyd het om as gesin saam godsdiens te hou nie. Nader aan God, nader aan mekaar gee die antwoord in die vorm van 52 kort, kragtige gesinsoordenkings wat gesinne sal help om nader aan God en aan mekaar te groei. Elke dag bied iets anders, waaronder spesiaal geselekteerde Bybelverse, aktiwiteite om saam te doen en uitdagings om maar net 'n paar te noem. Hierdie dagstukkieboek bevat ook handige ouerskapswenke vir ouers. Van die inspirerende temas sluit in: Die genade van mislukking, dodelike sondes en hul teenmaatreëls, om hoop in 'n gebroke wêreld te vind en om geloof soos 'n mier te hê.

Oor die Skrywers

Ewald van Rensburg spesialiseer in jeug en familiebediening en is 'n predikant by HH Familiekerk, Somerset-Wes. Hy is ook 'n gewilde en bekroonde skrywer.

Beatrix van Rensburg is 'n klinies-maatskaplike werker met haar eie privaatpraktyk. Sy verwerf haar doktorsgraad in 2014 en spesialiseer in kinder- en gesinsterapie.

Hulle het al 'n paar boeke saamgeskryf en het ook 'n maandelikse rubriek in LiG-tydskrif. Hulle het drie kinders en is trotse grootouers.
Publikasiedatum: 2018-09-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415335819

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 160
Bou ʼn rotsvaste huwelik het die mag om jou huwelik daadwerklik te verander, ongeag die huidige toestand waarin dit verkeer. Lesers kan die boek op dieselfde wyse benader as wat hulle die huwelik sou benader: Hoe meer jy insit, hoe meer sal jy uitkry. Jy sal die stemme hoor van twee kundiges, Jimmy Evans en Allan Kelsey, wat oorspronklik van Suid-Afrika afkomstig is. Hulle spreek die algemeenste uitdagings in die huwelik en die ooreenstemmende geleenthede vir groei aan. Elke hoofstuk hanteer 'n spesifieke huweliksonderwerp deur daarna te kyk vanuit die oogpunt van 'n huwelik-kundige (Jimmy) asook vanuit die oogpunt van 'n sterkpunte-kundige (Allan). Deur hierdie twee vakgebiede saam te voeg, verskaf Bou 'n rotsvaste huwelik 'n unieke benadering tot begrip vir jouself, jou huweliksmaat en die raaisels van die huwelik. Om die meeste uit hierdie boek te put, sal jy en jou huweliksmaat die Clifton StrengthsFinder®-evaluasie moet doen, waarvoor daar 'n skakel na die aanlynweergawe in die boek is. Met jou toetsresultate in die hand en hierdie boek as handleiding, kan julle 'n vlak van intimiteit en krag in jul verhouding ervaar wat jul huwelik vir ewig sal verander.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431625369

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 39
Dit is harde werk om 'n ondersteunende huweliksmaat te wees en jou huwelik sterk en bevredigend te hou. Dit kan soms voel asof jy en jou huweliksmaat besig is om uitmekaar te dryf omdat julle lewens so vol en besig is. Hierdie boek is ideaal om kwaliteit-tyd in gebed saam met jou huweliksmaat deur te bring.
Deur 60 Skrifgebaseerde gebede help topverkoper-outeur Stormie Omartian jou om:
• God se hulp te vra in 14 kern-areas wat probleme in 'n huwelik kan veroorsaak, soos kommunikasie, vergifnis, kinders grootmaak en finansies.
• te ontdek hoe om jou huweliksmaat beter te leer ken, lief te hê en met hom of haar te kommunikeer.
• vrede te vind waar daar voorheen spanning was, beide in jou hart én in jou huwelik.
Elke gebed word afgerond deur 'n kernvers wat jou sal leer om jou huwelik aan jou Vader oor te gee, wetend dat Hy by met jou sal wees, wat ook al oor jou pad kom.
Publikasiedatum: 2017-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432206017

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 99
Aan die begin was sy andersheid vir jou oulik, nou irriteer sy gewoontetjies jou. Maar dis dalk die bril waardeur jy kyk wat maak dat jy sukkel om hom te aanvaar. Mal oor jou man sal jou wys hoe julle lewe saam baie beter kan wees - juis omdat julle verskil. Hierna sal jy sommer weer van voor af op jou man verlief wees!
Publikasiedatum: 2016-04-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781431613892

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Christelik / Christian  -  Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship
R 190
Die behoefte aan romantiese liefde is diep in ons onderbewussyn gewortel. Om die liefde in die huwelik lewend te hou, is 'n baie ernstige saak. Doktor Gary Chapman het deur jare se ervaring tot die gevolgtrekking gekom dat mense liefde op verskildende maniere bewys en ervaar. As jy jou liefde op 'n manier uitdruk wat jou maat nie verstaan nie, gaan hy of sy nie besef wat jy besig is om te doen nie. Vyf tale van die liefde bespreek die vyf tale van die liefde en help die leser om sy eie taal asook dié van sy maat te identifiseer.
Vyf tale van die liefde fokus op die vyf tale en hoe om hulle kragtig toe te pas:
- Opbouende woorde
- Kwaliteit-tyd
- Geskenke
- Diensbaarheid
- Fisieke aanraking
Hierdie nuwe, bygewerkte uitgawe kyk ook na die rol van tegnologie in ons verhoudings asook langafstand-verhoudings en bevat 'n bygewerkte vraelys.
'
Publikasiedatum: 2015-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.