●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192891

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 200
Versamelde Boesmanstories 2 volg op die gewilde Versamelde Boesmanstories 1 (2009). Hierdie keer word Die Boesman self, sy sedes, gewoontes en bekwaamhede en gemengde vertellings, meestal van 'n avontuurlike aard, in een deel gepubliseer.
Publikasiedatum: 2010-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780992201586

Fiksie: Kortverhale

Vertaler: Hendrik Jansen
Fiksie  -  Kortverhale
R 235
Die stories in Volmaan oor die Marico is 60 goeie redes waarom Lionel Abrahams vir Herman Charles Bosman ''n Suid-Afrikaanse
literêre genie' genoem het.

Hulle illustreer ook waarom Roy Campbell ná die publikasie van Mafeking Road in 1947 gesê het dat dit 'die beste stories is wat nog uit Suid-Afrika te voorskyn gekom het'.

Dié stories sal jou laat glimlag, hulle sal in jou diepste wese weerklank vind, en jy sal die romantiek raaksien in wat Bosman self genoem het 'daardie dinge wat die ware stempel van Suid-Afrika dra'

Ook in Engels besikbaar as Marico Moon.
Publikasiedatum: 2018-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928426578

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 210
'n Versameling kortverhale deur die bekende skrywer J.M Gilfillan. Die hooftema is verhoudings en die wyse waarop mense reageer op die vreugde en verdriet wat deel is van hierdie lewe.
Meestal gaan dit nie oor groot en aardskuddende gebeurtenisse nie, maar die klein dinge van elke dag. Die broosheid van verhoudings.

Die bundel het ook 'n ligter kant. So is daar byvoorbeeld 'n spookstorie, daar is 'n bietjie erotiek, en heelwat oor die krag van woorde.
Publikasiedatum: 2019-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780795707988

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 260
'n Versameling stories oor die lewe in 'n bruin woonbuurt op die Kaapse Vlakte. Dit dek identiteit, rassepolitiek en kultuur, en bevraagteken die Suid-Afrika van vandag. Dit is gevul met galgehumor, rou eerlikheid en hartverskeurende vertellings. Diep persoonlik en 'n ontstellend waar weergawe van die lewe aan die ander kant van die spoor.
Publikasiedatum: 2018-02-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798174244

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 325
Nataniël is weer op sy stukke. 41 magiese nuwe stories in Afrikaans en Engels, uit sy mees onlangse verhoogproduksies landswyd. Tegelyk absurd en tog so herkenbaar Suid-Afrikaans. Soos in Nicky & Lou, en sy jongste blitsverkoper 150 stories, is die verhale in Zip! spitsvondig en báie snaaks, en tog ook so wys. Hoe skryf hy op een plek: "As mense na jou staar of jou nie aanvaar nie, is dit heeltemal in die haak. Solank hulle vir jou hande klap." 27 stories is in Afrikaans, en 14 in Engels.
Publikasiedatum: 2016-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.