●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798149808

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 300
Die bekende Insig-joernalis Willemien Brümmer, agterkleindogter van CJ Langenhoven, debuteer met 'n bundel kortverhale, Die dag toe ek my hare losgemaak het. Dis verhale oor 'n jong vrou wat in Kaapstad woon.

Publikasiedatum: 2008-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311409

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 250
Hierdie is opregte, uit-die-hart-uit vertellings, jeugherinneringe en kontreistories. Dit herinner aan Dana Snyman in die opregtheid en eenvoud daarvan en die nostalgie wat dit oproep. Klein Wini is 'n 'ouderwetse' kind en gaan op vyf skool toe, waar sy die meeste van teken hou. Sy wens sy was so mooi soos Marlene Dumas, wat in dieselfde skool was. Maar sy het rooi vlegsels en sproete soos Pippie Langkous. Sy praat te veel en noem 'n ding by die naam. Sy word gestraf omdat sy tieties op 'n papierpop teken. Sy het 'n hart vir hoenders. Sommige stories is oor mense wat sy raakgesien of verbeel het. Die verhale word gekenmerk deur humor en deernis en 'n oog wat nie wyk nie, wat immer die ironiese besonderheid waarneem.
Publikasiedatum: 2020-07-14
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311720

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 195
Audrey Bettie Blignault (née Swart) is op 6 Julie 1916 op Bredasdorp gebore. Sy matrikuleer in 1933 op dié dorp en gaan studeer Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy behaal 'n MA-graad in Afrikaans en Nederlands en 'n Sekondêre Onderwysdiploma. In 1940 begin sy onderwys gee op Wellington en later Stellenbosch. In 1945 word Blignault die redakteur van Die Huisvrou en later is sy redakteur van Die Naweekpos. Sy het ook sedert 1946 die SAUK se Vrouerubriek-program behartig en sedert 1950 was sy 'n rubriekskrywer vir Sarie. In 1955 verskyn haar eerste boek, In klein maat: uit die dagboek van 'n vrou, 'n keur van haar beste bydraes aan Sarie tot op daardie tydstip. Blignault ontvang die Eugène Marais-prys in 1961 vir In klein maat en Die vrolike lied. Oor die jare verskyn daar elke paar jaar so 'n keur uit haar rubrieke, altesaam tien. Sy beywer haar oor dekades vir die bevordering van leeskringe landwyd. In 1965 word sy met die W.A. Hofmeyr-prys bekroon vir Met ligter tred. Sy ontvang 'n eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch, die Italiaanse Adelaide Ristori-gedenktoekenning vir haar kulturele bydrae, asook 'n Dekorasie vir Voortreflike Diens van die regering in 1982. Blignault is op 1 Oktober 2008 in Kaapstad oorlede. Audrey Blignault: uit die dagboek van 'n vrou wat in 2009 by Tafelberg verskyn, is 'n “outobiografie” saamgestel deur haar dogter, Marié Heese.


Die eindelose avontuur deur Audrey Blignault is 'n gids vir almal wat graag wyd én onderskeidend wil lees. In dié versameling essays stel sy lesers voor aan boeke van uitsonderlike gehalte uit verskeie lande en tye.
Sy inspireer 'n mens om Montaigne, Melville en Tolstoi te lees; Dostojewski, Flaubert, Mann, Bellow, Perec, Allende en nog baie ander. Anna Karénina, Wuthering Heights, Tess of the D'Urbervilles, The catcher in the rye - dis die soort boeke wat jou wêreld nou verruim. Sy dui ook goeie bloemlesings en letterkundige naslaanbronne aan.
Onderhoudend gee sy inligting en insigte - biografiese gegewens oor skrywers, publikasiegeskiedenisse, bibliografiese besonderhede, en veral: besprekings van 'n werk se tema, inhoud, karaktertekening, simboliek, styl en strekking. Telkens toon sy duidelik aan waarom 'n werk 'n hoogtepunt in die wêreldletterkunde is, en bring ook die leser by die teks self uit met prikkelende aanhalings, dikwels in eie vertaling.
En gaandeweg gebeur dit: Die aantrekkingskrag van tydlose geesteskeppinge word onweerstaanbaar. Nuwe horisonne gaan vir jou oop.
Of jy die boeke vir die eerste keer of opnuut lees - dit bly 'n “eindelose avontuur”. Daarvan oortuig sy jou met die opwinding en erudisie wat haar leeskringoptredes en boekerubrieke oor die radio en in tydskrifte jare lank gekenmerk het. Niemand in Afrikaans het méér gedoen om 'n liefde vir die goeie boek aan te wakker as Audrey Blignault nie.
Haar essays in Die eindelose avontuur bevestig wat sy in 1991 aan leeskringe landswyd voorgehou het: “Ten spyte van verkrummelende waardes
Publikasiedatum: 2020-10-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300946

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 225
In Die groot sand en ander stories kry die leser die geleentheid om verhale te lees wat onder meer in Ster, Die Brandwag, Republikein en Huisgenoot verskyn het. Die titelverhaal, Die groot sand, speel af in die genadelose Namibwoestyn waar twee diamantsmokkelaars hul buit gaan haal. Ná 'n moordende staptog kry hulle die diamante, maar 'n sandstorm steek op. Onder die gekerm en geloei van die wind besef een van die smokkelaars dat daar net genoeg water oor is vir een man ... Trek die koffiekan nader en lees ook oor 'n olifantjag in Angola, oor die vul wat treine gejaag het en die fabel oor die leeumannetjie wat Oukat moes opvolg.
Publikasiedatum: 2014-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311164

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 180
As jy die Groot- en die Klein-Karoo en hulle se stories wil kry, moet jy 'n grootpad soek wat 'n grondpad is, en daarlangs moet jy ry … Kontreistaaltjies, moordverhale, spookstories en ander vertellings oor besonderse mense en gebeure uit die dorre streke van Suid-Afrika.
Publikasiedatum: 2020-03-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485313564

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 235
Kortverhale met liefde as tema: Die wonderbaarlike gewaarwording wat iewers tussen verstand, psige en liggaam vatplek kry en 'n menselewe rig. Soms trap dit met oshoewe deur die fynste ruimte. En maak wreedaardig seer. Sodat die slagoffer wil vergeld. Of dit liefde vir die omgewing, 'n voorwerp of tussen mense is, in elke teks loop die liefde 'n pad wat sy meelopers by 'n tuiste bring, soms met 'n traan, meesal met 'n lag, maar altyd met nuwe insig.
Publikasiedatum: 2022-03-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193393

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 170
Liefde is die sentrale tema in die verhale in Die huis van die digter.
Liefde in Aucamp se werk vertoon 'n wye omvang en baie stemminge. Party verhale is snaaks, ander ontroerend, nog ander vreemd en geheimsinnig. 'n Waardevolle toevoeging tot Die huis van die digter is Aucamp se vertaling van 'The Return from the Kloof' deur Joey Muller, 'n vergete meesterstuk, met 'n hantering van die bonatuurlike wat gelykstaan aan dié van Edgar Allan Poe.
Publikasiedatum: 2009-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624082408

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 300
'n Langverwagte versameling van Hennie Aucamp se beste kortverhale. Aucamp was by uitstek 'n kortverhaalskrywer, en is in 1982 met die Hertzogprys vir sy prosawerk bekroon. Hierdie versameling bevat sy eie keuse uit die vele kortverhale waarmee hy lesers oor die dekades heen geraak en vermaak het. Die keuse is so interessant soos die verhale self - daar is voorspelbare bekende verhale, en ook minder bekendes waarvoor hy 'n spesiale toegeneëntheid gehad het. Saamgestel deur Johann de Lange.
Publikasiedatum: 2017-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776056187

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 180
Hierdie kortverhaalbundel, Die Mooie Jan en ander Afrikaanse kortverhale, beloof om ʼn unieke leeservaring te wees! Dit is die resultaat van 'n skryfgeleentheid wat geloots is om aan aspirantskrywers die kans te gee om die vreugde van publikasie te ervaar asook om ʼn bydrae te lewer tot die bevordering en behoud van ons geliefde Afrikaans.Die tema was oop en skrywers kon enige genre instuur, mits dit fiksie is en in Afrikaans geskryf is. Soos dit maar altyd gaan met die kies van kortverhale deur verskillende skrywers met verskillende skryfstyle, was die keuringsproses geen maklike taak nie. Die standaard was hoog, maar die samestellers, Anita Stander en Anine Vorster, glo dat die eindproduk ʼn kleurvolle mengsel is wat iets vir almal se smaak bied. Die bundel bestaan uit 29 kortverhale. Daar is misdaadverhale met 'n kinkel in die kabel; liefdesverhale wat jou hartsnare sal raak; humoristiese stories wat jou sal laat skaterlag oor die pittige manier waarop dit geskryf is. Dan is daar ook die nostalgiese vertellings wat jou sal neem na pragtige plekke en laat verlang na mense wat jy nie ken nie.Bydraende skrywers: Hendie Grobbelaar; Alwine Fölscher; Adri Vlok; Martha Scheckle; Louis Lategan; Sanchen Lambrecht; Juanita Fourie; Christo Meyer; Aletia Ollewagen; Danie Markgraaff; Sue Eksteen; Heidi Heese de Beer; Estie Wentzel; Herman Beukes; Yolanda Faye Holden; Bets Koen; Linda J. Dunhin; Bedelia Paulsen; Helena L. Greyling; Zyrilde Potgieter; Chantél Venter; Madeleen Theron; Delanie Flanegan; Dieter Lochner; Evanthe Schurink; Elizabeth Hentschel; Ammie Pringle; Betsy Stoltz; Evert Louw
Publikasiedatum: 2019-10-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178082

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 380
Die nuwe Afrikaanse prosaboek is 'n viering van verskeidenheid. Dit bied 'n verruimende, vars blik op die Afrikaanse kortverhaal met sowel klassieke verhale deur welbekende skrywers asook voorheen ongepubliseerde verhale deur nuwe stemme. Jan Rabie, wat in die laat-1950's die kontoere van die literêre landskap verlê het met sy soms absurde, soms filosofiese, soms politieke “prosas”, dien as inspirasie.
Publikasiedatum: 2019-11-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780639962900

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 150
Publikasiedatum: 2019-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798181419

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 260
Nog 'n skitterende versameling kortverhale & sketse deur Nataniël. Dik Dun Thick Thin bevat 28 van sy beste (en snaaksste!) stories wat die afgelope vier jaar landswyd opgevoer is. Nataniël is nie net een van die mees begaafde uitvoerende kunstenaars in SA nie, hy is ook een van die beste storievertellers. Soos gewoonlik delf hy goud uit sy kinderjare -- oor sy ouers, sy ouma -- maar daar is ook fantastiese en fantasmagoriese verhale oor sy lewe as sanger op plattelandse dorpies, oor 'n vreemdeling wat hom een aand in sy huis help om sy vrese te besweer, en hoe 'n mens jou eerste reus oorwin . . .
Publikasiedatum: 2020-10-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781415210796

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 290
*** WENNER 2022 UJ-PRYS ***

Die verhale in Dol heuning kring soos breedtegrade om 'n aardbol uit - van Suid-Afrika na Ysland, die Belgiese platteland en die Italiaanse Alpe.

In 'n boomryke Kaapstadse woonbuurt koester 'n paar hul seuntjie terwyl hul skoonmaker se kind in volle aangesig van die land se ongeregtighede moet staan.

In die yslandskap van Reykjavic sluk 'n vrou dol heuning saam met die man wat haar vir 'n ander verruil het en bring hulle 'n angswekkende aand saam met 'n gewelddadige Rus en sy metgesel deur.

Terwyl twee minnaars in New England aan die wreedheid van hul gasheer uitgelewer word toe sy menslikheid hom verlaat, ontferm 'n ma haar oor 'n straatkind op Park-stasie.

Die verhaalsiklus wat die kroon span, vertel hoe 'n jong Namibiër en sy Japannese vriendin 'n tragedie in die berge en 'n nag in 'n beklemmende chateau met 'n poel vol gloeiende palings beleef.

Ná die veelbekroonde Alfabet van die voëls, publiseer SJ Naudé 'n tweede bundel kortverhale wat ontstel, verras, en boweal bekoor.
Publikasiedatum: 2021-03-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316964

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 175
Hierdie meesleurende boek bied 'n versameling kortverhale, maar hoe verder daar gelees word, hoe meer word daar besef dat daar 'n sterk verband is tussen die stories wat dan saamgevat word aan die einde.

Dit is diep, persepsieveranderende stories wat die hartsnare roer.

Die stories handel oor mense se diepste, innerlike konflik: depressie, anoreksie, selfmoord, lae selfbeeld en hoe die karakters hierdie konflik hanteer
Publikasiedatum: 2018-02-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869199678

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 170
Dubbelfoto is 'n versameling verhale wat 'n familiegeskiedenis uitbeeld. Die vertelling bestryk sowat 'n eeu - dit begin op 'n plaas in die Kamdeboo en eindig in die stad. Daar is deurlopende motiewe - soos die bentwood-stoel, blonde seuntjie, driewiel en veral die familiefoto's. In die kernverhaal van die bundel, 'Die kind', tree die fotograaf as alter ego van die skrywer op: 'Dit wat hy gesien het, dit wat hy gehoor het, dit wat hy ervaar het, dit wat hy vermoed - soos die klein ontploffende flitse van sy kamera kom die beelde in sy brein op en dryf dit hom.'

Die styl wissel van ernstig tot komies, wat bydra tot die kaleidoskopiese indruk wat die bundel maak. Ook die vertelperspektief wissel tussen die verhale - en soms word dieselfde storie uit verskillende oogpunte vertel. Dit skep 'n boeiende leeservaring, ook omdat die verhale nie hulle geheime al te maklik prysgee nie. Cas Wepener se Dubbelfoto is 'n glansende toevoeging tot die kortverhaalskat in Afrikaans.
Publikasiedatum: 2013-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.