●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798155724

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 325
Nataniël se jongste bundel is 'n versameling van 46 stories (15 in Engels en 31 in Afrikaans) uit sy verhoogproduksies sedert 2007, onder meer uit Predicting Snow, Men who Fly, Egg Whites and Angel Food, Coronation, Cathedral, Knowing your Microwave and other Magical Moments, Combat.
Magiese vertellings oor ons absurde wêreld: die vreemdheid maar ook die bekendheid daarvan.
'n Meesterstorieverteller aan die woord.
Publikasiedatum: 2011-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798165730

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 335
"Lemmer se Eerste Wet: Moenie Betrokke Raak Nie. Hy moes daarby gehou het toe hulle in die stikdonker aan sy voordeur kom hamer het. Maar toe staan hy op, vat sy Glock 37 onder die bed raak en neuk met sy nuwe Ford Ranger die godverlate veld in. Want daar was 'n plaasaanval, en as hy help, is dit dalk een stappie nader aan aanvaarding op Loxton.
Wat hy so graag wil hê. En nou? Nou het ""plaasaanval"" ontvoering geword. Nou jaag hy soos 'n besetene om 'n skadumag te konfronteer, om driehonderd mense se lewens te red. Met 'n sekere wete dat die bloed vryelik gaan vloei voor hierdie Karoonag verby is.
Heerlike verhale uit die pen van Deon Meyer, insluitende sy baie gewilde vervolgverhaal 'Stiltetyd'."
Publikasiedatum: 2009-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798169462

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 345
Internasionaal gevierde misdaadskrywer Deon Meyer se bundel tydskrifverhale Bottervisse in die jêm het in 1997 verskyn. Dié versameling was só gewild dat dit keer op keer herdruk is.
Nou word hierdie lekkerleesverhale in 'n splinternuwe, hersiene gedaante uitgereik. Boonop mét vyf verhale wat nog nooit voorheen gebundel is nie, onder andere 'Die ballade van Robbie de Wee', die storie wat oorsprong gegee het aan die gelyknamige trefferfilm. Hierdie hersiene uitgawe is byna dubbeld so lank soos Bottervisse in die jêm. Elke verhaal ontlok 'n gevoel van deernis met die karakters, of 'n uitbundige skaterlag. En die romantiek, hoewel onkonvensioneel, bly nie agterweë nie. Van eerste tot laaste krul die leser se tone van pure leesplesier.
Publikasiedatum: 2015-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798166645

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 375
Hierdie omvangryke versameling van die bekende en gewilde Nataniël se verhoogverhale is die ideale geskenk! Nataniël is een van Suid-Afrika se meester-storievertellers op die verhoog. Sy unieke stem en styl, sy spitsvondige en skerpsinnige humor, sy deernis vir die verskoppelinge en verstotelinge, dit alles maak hom 'n belangrike stem in ons kultuur en samelewing.

Die versameling sluit in byna al sy verhale (Afrikaans en Engels) uit ouer bundels wat reeds deur die jare uit druk geraak het (Oopmond, Rubber, Maria Maria, Tuesday, Kaalkop 2, When I was), sowel as 10 nuwe stories.
Publikasiedatum: 2014-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178082

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 380
Die nuwe Afrikaanse prosaboek is 'n viering van verskeidenheid. Dit bied 'n verruimende, vars blik op die Afrikaanse kortverhaal met sowel klassieke verhale deur welbekende skrywers asook voorheen ongepubliseerde verhale deur nuwe stemme. Jan Rabie, wat in die laat-1950's die kontoere van die literêre landskap verlê het met sy soms absurde, soms filosofiese, soms politieke “prosas”, dien as inspirasie.
Publikasiedatum: 2019-11-13
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798156349

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 465
Die sewende hersiene uitgawe van hierdie standaardwerk en bekende bloemlesing wat al baie lank beskou word as die barometer van die kortverhaalgenre in Afrikaans. Die nuwe uitgawe sluit 133 verhale van 81 skrywers in.
Publikasiedatum: 2012-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.