●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309048

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 200
Doc Immelman is alombekend vir sy avontuur- en jagverhale. Erns Grundling noem hom “Namibië se eie Hemingway”. Bloed op die duine en ander verhale is 'n keur uit sy kortverhale wat tussen 1955 en 1963 in Die Huisgenoot en Die Brandwag verskyn het. Die bundel sluit verder die novelle “Koms dans, Klaradyn” in, wat oorspronklik in 'n Seisoen vir Romanse (1966) verskyn het.
Publikasiedatum: 2018-10-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192891

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 200
Versamelde Boesmanstories 2 volg op die gewilde Versamelde Boesmanstories 1 (2009). Hierdie keer word Die Boesman self, sy sedes, gewoontes en bekwaamhede en gemengde vertellings, meestal van 'n avontuurlike aard, in een deel gepubliseer.
Publikasiedatum: 2010-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869192884

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 200
G.R. von Wielligh (1859-1932) het Boesmanstories versamel om kampvure in die Karooveld, dit opgeteken en in vier dele gepubliseer. In hierdie publikasie, word Boesmanstories Deel I: Mitologie en legendes, en Boesmanstories Deel II: Dierestories en ander verhale, in een deel ná 90 jaar in eietydse Afrikaans heruitgegee. Boesmanstories is 'n ryk oes kosbare verhale, 'byna letterlik gered uit die mond van die vertellers deur Von Wielligh' (Hennie Aucamp).
Publikasiedatum: 2009-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316377

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 201
Die biblioteekbus ruik soos drome. Soos opstyg. Soos wegvlieg na plekke waar daar Kersfees-sneeu, koalabere en Bengaalse tiere is. Dit ruik na woorde soos keiser en nagtegaal en troebadoer. In Koms van die biblioteekbus, 'n versameling essays, kortverhale en rubrieke, skryf Keina Swart oor die wêreld wat was en die wêreld wat is. Sy skryf oor wat Anton Goosen se musiek aan armymanne gedoen het, oor Eugène de Kock (die man met die bril) en oor AB de Villiers (sommer net 'n skaam blondekopkind wat 18 jaar gelede elke Dinsdag met 'n regop rug in sy kakieklere teen 'n baksteenmuur vir haar kamera geglimlag het). En oor wat gebeur as 'n dorp doodgaan. 'Die dag as 'n dorp doodgaan, waai al die stories weg.'
Publikasiedatum: 2016-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928426578

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 210
'n Versameling kortverhale deur die bekende skrywer J.M Gilfillan. Die hooftema is verhoudings en die wyse waarop mense reageer op die vreugde en verdriet wat deel is van hierdie lewe.
Meestal gaan dit nie oor groot en aardskuddende gebeurtenisse nie, maar die klein dinge van elke dag. Die broosheid van verhoudings.

Die bundel het ook 'n ligter kant. So is daar byvoorbeeld 'n spookstorie, daar is 'n bietjie erotiek, en heelwat oor die krag van woorde.
Publikasiedatum: 2019-02-19
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869195489

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 215
In hierdie bundel kortverhale kom die liefde, erotiek en seks ter sprake op 'n wyse wat nog selde in Afrikaans gedoen is. Onder die skynbaar alledaagse in hierdie verhale kom sadomasochisme, buite-egtelike verhoudings, seksuele teistering en ander verhoudingsvraagstukke voor; kwessies wat skaars in 'goeie geselskap' bespreek word, word as 't ware van binne uit deur die karakters beleef. Baie dikwels skakel die karakters met mekaar: Iemand wat 'n terloopse verskyning in een verhaal maak, tree as verteller in 'n volgende verhaal op. Op hierdie wyse slaag die skryfster daarin om die kontras tussen die verskuilde verlangens en begeertes van veral vroue en hulle openbare persoonlikheid bloot te lê. 'n Bekwame joernalis word ontbloot as 'n oorwerkte, ooreiste eggenoot, kind en ma; in 'n skynbaar gelukkige huwelik beleef die vrou frustrasie omdat haar man meer in kos as in haar belangstel; vrees dat 'n gestremde kind by die skool geteister word, bring spanning in die huwelik van 'n pastorie-egpaar mee.
Publikasiedatum: 2012-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485313465

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 220
R 176Jy spaar R 44
C. Johan Bakkes is die geliefde skrywer van aweregse reisjoernale. Twintig jaar ná die verskyning van C. Johan Bakkes se eerste boek, Moer toe die vreemde in, tref dit weer die rak - nie slegs as heruitgawe nie, die skrywer het bygereis en bygewerk. Dit is 'n terugblik sowel as nuwe ervarings/ gewaarwordings soos net Bakkes dit kan verhaal.
Publikasiedatum: 2022-08-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620904643

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 220
Dié bundel kortverhale beskryf die veelvlakkigheid van die samelewing uit die perspektief van vroue. Die temas wissel van 'n gewapende aanval op 'n gesin saam met hul vriende by die huis, selfdood, droogte, 'n gesinsmoord, 'n gewelddadige kind en die laaste oomblikke van 'n bejaarde tot 'n sensuele Turkse bad. Die leser kyk na doodgewone alledaagse gebeure tot ingrypende voorvalle deur die oë van vroue - maar dit beteken allermins dat die verhale slegs vir vroue geskryf is.
Publikasiedatum: 2021-01-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620904650

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 220
In dié bundel kortverhale kyk die skrywer na die daaglikse interaksie tussen die enkeling en sy omgewing. Alles gebeur tussen ons: tussen man en vrou, ouer en kind, jou en 'n vreemdeling, slim en dom, ryk en arm. Of tussen jou en die noodlot, die boosheid en die tyd. Tussen ons is daar herinneringe, emosies, verwyte, hartseer en gruwel. Die verhale praat oor die dinge van gister, vandag en môre, oor mense en menswees. Oor die kompleksiteite in ons samelewing. Want niemand is 'n eiland nie. Vir alles is daar redes en gevolge. Stories is nie nét mooi of nét lelik nie. Niemand is nét goed of nét sleg nie.
Publikasiedatum: 2021-01-05
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928434269

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 220
Humoristiese, ware kortstories, met onkonvensionele lewenslesse wat jou soos ʼn “Volbloed resiesperd” gaan vasvang en laat jaag deur hierdie boek - sonder ophou en doelgerig. Vanaf ʼn “Enigma” tot ʼn “Enema” terwyl jy moet oppas om nie in ʼn “Russiese begraafplaas” te verdwaal nie.
Skop jou skoene uit en gee jou oor aan die lekkerste, lafste lewenslesse nóg… Jou lagspiere gaan verseker van die eerste tot die laaste bladsy wérk!
Vergeet ʼn rukkie van alles wat morbied is en gebruik die fyn humor in hierdie boek - eie aan ons wonderlike taal en kultuur - om jou hart sommer weer lekker lig te maak en die dinge wat skeefloop te gebruik om weer hardop te lag!
“Jasper! Moenie mense op hul aardse besittings takseer nie. Wees egter trots op ouma met die meeste paniekknoppies in die stad.”
… dit is uitstekend; die humor is briljant - die sweepslae is keer op keer só só só lekker! Rentia Mynhardt - Vryskut taalversorger vir Groep7
Herman het grootgeword en gematrikuleer op Kroonstad. Na sy skooldae het hy 'n B.Sc.(Hons.) in Chemie asook ʼn MBA verwerf. Hy is getroud met Susan, hulle het drie dogters en tans twee kleinkinders. Hy spandeer deesdae al sy tyd om die beste pensioenaris in die land te wees.
Publikasiedatum: 2019-02-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311492

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 225
So byna blou is voormalige joernalis Emile Joubert se derde kortverhaalbundel. Die deurlopende tema in hierdie tien verhale is afstand tussen mense en die onvermoë om werklik kontak met ander te maak. Meeste van die karakters is welgestelde wêreldburgers wat reis, professionele mense, skrywers, uitgewers, joernaliste, fotograwe, elkeen in problematiese verhouding met sy of haar medemens. Daar is verwysings na talle noodlottige liefdesverhoudings, affairs, vreemdelinge wat mekaar in 'n hotel ontmoet, etes in duur restaurante, bloedskande, die Seepunt-promenade, Kaapstad, Parys, vergiftiging op 'n portplaas in Portugal, die wreek van 'n geliefde se dood. Elke karakter is in wese 'n geïsoleerde figuur wat 'n waterskeidingsoomblik beleef waarin sy of haar lewe onvermydelik verander.

OOR DIE OUTEUR
Emile Joubert is 'n voormalige joernalis van Die Burger en Beeld, wat tans werk as bemarkingkonsultant in die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Hy is gebore in Kaapstad, waar hy nog steeds woon, en het sy skool- en universiteitsopleiding ontvang op Stellenbosch. Sy dagtaak is die bestuur en bedryf van kommunikasieprogramme vir van die land se voorste wynkelders, en Emile skryf steeds rubrieke en artikels oor wyn en algemene sake vir 'n verskeidenheid Afrikaanse en Engelse publikasies. As fiksieskrywer het hy gedebuteer in 2000 met die kortverhaalbundel Die Aptyt van Anna Blow, gevolg deur die bundel Kouefront asook twee niefiksie publikasies oor onderskeidelik hengel en wyn.
Publikasiedatum: 2020-08-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485300946

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 225
In Die groot sand en ander stories kry die leser die geleentheid om verhale te lees wat onder meer in Ster, Die Brandwag, Republikein en Huisgenoot verskyn het. Die titelverhaal, Die groot sand, speel af in die genadelose Namibwoestyn waar twee diamantsmokkelaars hul buit gaan haal. Ná 'n moordende staptog kry hulle die diamante, maar 'n sandstorm steek op. Onder die gekerm en geloei van die wind besef een van die smokkelaars dat daar net genoeg water oor is vir een man ... Trek die koffiekan nader en lees ook oor 'n olifantjag in Angola, oor die vul wat treine gejaag het en die fabel oor die leeumannetjie wat Oukat moes opvolg.
Publikasiedatum: 2014-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624092872

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 230
R 207Jy spaar R 23
In hierdie ambisieuse bundel word die leser op reis geneem. Na wêrelde van verstommende - dog onmiddellik herkenbare - tegnologiese vooruitgang. Waar bespiegeling en die magiese skouers skuur met die “alledaagse”. Waar waarheid en versinsel nie meer onderskeibaar is nie. Waar nuwe, onthutsende eksistensiële vrae opduik, en in gesprek tree met die oerbekende een: waar begin menswees, en waar eindig dit? Bot is 'n verrassende debuut wat 'n eiesoortige staanplek in die Afrikaanse verhalewêreld kry.
Publikasiedatum: 2022-04-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798176996

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 230
Van 1981 tot 2014 skryf Cilliers rubrieke vir Beeld, De Kat en Sa​​rie. Deur die jare het sy etlike bydraes vir verskillende bundels gemaak, maar Die ou vrou en die priester is haar eerste eie kortverhaalbundel. Verskeie klassieke temas word onder die loep geneem: dit wat in 'n huwelik ongesê bly tussen man en vrou, die verband tussen ma en dogter, die blindheid van 'n eerste liefde, en bowenal die uitdagings van oud word.
Baie leesbaar, met 'n diep menslikheid wat uit die stories straal.
Publikasiedatum: 2018-02-16
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620697415

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 230
'Louis Bothma kán skryf', sê resensente soos Koos Kombuis en Frans-johan Pretorius, maar hy het ook as storieverteller sy kleim afgesteek. Huilwater is 'n bundel van 30 lekkerlees-stories. Dit bou voort op Losbaadjiesak, Bothma se versameling stories in die langpad wat in 2011 verskyn het.
Hy vertel van sy kindertyd in die Boesmanland, studentejare en -vriende, loopbaan as dosent in ekonomie, betrokkenheid by projekte in Angola, Rondkyk Toere saam met vriende deur die Kalahari en Namibië, en interessante karakters wat sy lewenspad gekruis het.
Vir rugbyliefhebbers is daar 'n vuis vol stories wat die tone sal laat omkrul van lekkerte. Die legendariese Frik du Preez duik oral op. Jimmy Young foeter die All Blacks, Jan Tromp pak 'n 'tier' met sy kaal hande en Griekwas wen die Curriebeker. Lees die storie agter daardie beroemde Drie van Mannetjies Roux waaroor Laurika Rauch se oom steeds praat en hardloop Die Marathon saam met die skrywer deur Bloemfontein se strate.
Vir diegene wat van Bothma se Grensoorlogboeke hou, is daar Oom Willie se Pad en Die Rooi Leeu en die terroriste. Huilwater is 'n welkome geskenk vir enigiemand met 'n sin vir humor.
Publikasiedatum: 2016-04-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.