●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780928316964

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 175
Hierdie meesleurende boek bied 'n versameling kortverhale, maar hoe verder daar gelees word, hoe meer word daar besef dat daar 'n sterk verband is tussen die stories wat dan saamgevat word aan die einde.

Dit is diep, persepsieveranderende stories wat die hartsnare roer.

Die stories handel oor mense se diepste, innerlike konflik: depressie, anoreksie, selfmoord, lae selfbeeld en hoe die karakters hierdie konflik hanteer
Publikasiedatum: 2018-02-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928283584

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 180
'n Nuwe novelle van die gewilde skrywer Jeanne Goosen het op 26 Augustus by Hemel & See Boeke verskyn. Sneeu in die Karoo is 'n uiters rare boek, waarin twee novelles in een band verskyn: Eerstens Jeanne Goosen se beskrywing van 'n maand se verblyf in Nieu-Bethesda. Sy gaan juis na dié klein Karoodorpie om te skryf en neem haar huishulp, Agnes Morao, saam.
Om Agnes besig te hou, koop Jeanne vir haar 'n Croxley oefenboek en 'n pen. Agnes begin skryf oor alles wat sy in Nieu-Bethesda ervaar - en oor haar kinderdae - terwyl die eintlike skrywer, Jeanne Goosen, nie aan die werk kan kom nie.
Die verskyning van Agnes se boek in een band saam met Jeanne Goosen se novelle is heel waarskynlik 'n eerste in wêreldletterkunde!
Goosen is die bekende skrywer van, onder andere, Ons is nie almal so nie, 'n Pawpaw vir my darling en die digbundel, Het jy geweet ek kan toor. 'n Biografie, Jeanne Goosen - 'n Lewe vol sinne, deur Petrovna Metelerkamp, het in 2020 by Hemel & See Boeke verskyn.
Publikasiedatum: 2021-08-27
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311164

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 180
As jy die Groot- en die Klein-Karoo en hulle se stories wil kry, moet jy 'n grootpad soek wat 'n grondpad is, en daarlangs moet jy ry … Kontreistaaltjies, moordverhale, spookstories en ander vertellings oor besonderse mense en gebeure uit die dorre streke van Suid-Afrika.
Publikasiedatum: 2020-03-06
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781776056187

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 180
Hierdie kortverhaalbundel, Die Mooie Jan en ander Afrikaanse kortverhale, beloof om ʼn unieke leeservaring te wees! Dit is die resultaat van 'n skryfgeleentheid wat geloots is om aan aspirantskrywers die kans te gee om die vreugde van publikasie te ervaar asook om ʼn bydrae te lewer tot die bevordering en behoud van ons geliefde Afrikaans.Die tema was oop en skrywers kon enige genre instuur, mits dit fiksie is en in Afrikaans geskryf is. Soos dit maar altyd gaan met die kies van kortverhale deur verskillende skrywers met verskillende skryfstyle, was die keuringsproses geen maklike taak nie. Die standaard was hoog, maar die samestellers, Anita Stander en Anine Vorster, glo dat die eindproduk ʼn kleurvolle mengsel is wat iets vir almal se smaak bied. Die bundel bestaan uit 29 kortverhale. Daar is misdaadverhale met 'n kinkel in die kabel; liefdesverhale wat jou hartsnare sal raak; humoristiese stories wat jou sal laat skaterlag oor die pittige manier waarop dit geskryf is. Dan is daar ook die nostalgiese vertellings wat jou sal neem na pragtige plekke en laat verlang na mense wat jy nie ken nie.Bydraende skrywers: Hendie Grobbelaar; Alwine Fölscher; Adri Vlok; Martha Scheckle; Louis Lategan; Sanchen Lambrecht; Juanita Fourie; Christo Meyer; Aletia Ollewagen; Danie Markgraaff; Sue Eksteen; Heidi Heese de Beer; Estie Wentzel; Herman Beukes; Yolanda Faye Holden; Bets Koen; Linda J. Dunhin; Bedelia Paulsen; Helena L. Greyling; Zyrilde Potgieter; Chantél Venter; Madeleen Theron; Delanie Flanegan; Dieter Lochner; Evanthe Schurink; Elizabeth Hentschel; Ammie Pringle; Betsy Stoltz; Evert Louw
Publikasiedatum: 2019-10-25
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869194680

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 180
Anderkant omdraai is 'n versameling van Jan van Tonder se rubrieke wat in Rapport Tydskrif verskyn het. Kort-kortverhale, essays, sketse en anekdotes wissel mekaar af en bied 'n vermaaklike leeservaring.
Die leser van dié rubrieke kan verwag om te lag én om geroer te word. Van Tonder skryf oortuigend oor die nostalgie van vroeër, en jukstaponeer dit met aktuele sake van vandag.
Van Tonder slaag weereens daarin om lewenswaarhede op 'n ongeforseerde en verrassende vars manier oor te dra.
Publikasiedatum: 2011-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193386

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 180
In Oor en weer gee Hennie Aucamp 16 onderhoude weer wat tussen 1972 en 2008 met hom gevoer is. Die verskillende onderhoudvoerders tree met Aucamp in gesprek oor sy skrywerskap, sy literêre beskouings, sy siening van die stand van Afrikaans en die resensiebedryf. Die onderhoude bied 'n boeiende oorsig van hoe Aucamp in die loop van 36 jaar oor sy skrywerskap gedink het. Daar word veral gepraat oor die genres waarin hy sy merk gemaak het: die kortverhaal, dagboekskrywing, memorie en kabaret.
Publikasiedatum: 2010-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869193218

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 180
'As 'n boom in 'n bos val, en niemand is daar om dit te hoor nie, maak dit nog steeds 'n geluid?' lui die reeds geykte gesegde. As ek nie 'n naam het nie, bestaan ek dan werklik? Wie is ek sonder die mense wat my definieer? As ek anders optree as wat verwag word - is dit ek wat verkeerd is, of die verwagting? Dis van die vrae wat Ilse van Staden sonder pretensie en met fyn aanvoeling vir karakter in Tafel vir twee ondersoek.
Publikasiedatum: 2009-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869190910

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 180
'In 'n ander lewe was ek reisiger. Bedelmonnik, avonturier, ontdekkingsreisiger, wát weet ek nie,
maar ek weet dat ek swerwend oor die aardbol se ruwe paaie geloop het.
Publikasiedatum: 2005-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781869190316

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 180
In hierdie bundel sketse neem die veelbekroonde skrywer haar lesers op reis: na Pelgrimsrus; die vergete dorpie Eselbank in die Sederberge; Paternoster aan die Weskus en Namibië. Sy reis ook verder: na die Skotse Hooglande, Buenos Aires met sy polsende tango, klein Griekse dorpies wat wit en blou en pragtig is.
Publikasiedatum: 2003-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311720

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 195
Audrey Bettie Blignault (née Swart) is op 6 Julie 1916 op Bredasdorp gebore. Sy matrikuleer in 1933 op dié dorp en gaan studeer Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy behaal 'n MA-graad in Afrikaans en Nederlands en 'n Sekondêre Onderwysdiploma. In 1940 begin sy onderwys gee op Wellington en later Stellenbosch. In 1945 word Blignault die redakteur van Die Huisvrou en later is sy redakteur van Die Naweekpos. Sy het ook sedert 1946 die SAUK se Vrouerubriek-program behartig en sedert 1950 was sy 'n rubriekskrywer vir Sarie. In 1955 verskyn haar eerste boek, In klein maat: uit die dagboek van 'n vrou, 'n keur van haar beste bydraes aan Sarie tot op daardie tydstip. Blignault ontvang die Eugène Marais-prys in 1961 vir In klein maat en Die vrolike lied. Oor die jare verskyn daar elke paar jaar so 'n keur uit haar rubrieke, altesaam tien. Sy beywer haar oor dekades vir die bevordering van leeskringe landwyd. In 1965 word sy met die W.A. Hofmeyr-prys bekroon vir Met ligter tred. Sy ontvang 'n eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch, die Italiaanse Adelaide Ristori-gedenktoekenning vir haar kulturele bydrae, asook 'n Dekorasie vir Voortreflike Diens van die regering in 1982. Blignault is op 1 Oktober 2008 in Kaapstad oorlede. Audrey Blignault: uit die dagboek van 'n vrou wat in 2009 by Tafelberg verskyn, is 'n “outobiografie” saamgestel deur haar dogter, Marié Heese.


Die eindelose avontuur deur Audrey Blignault is 'n gids vir almal wat graag wyd én onderskeidend wil lees. In dié versameling essays stel sy lesers voor aan boeke van uitsonderlike gehalte uit verskeie lande en tye.
Sy inspireer 'n mens om Montaigne, Melville en Tolstoi te lees; Dostojewski, Flaubert, Mann, Bellow, Perec, Allende en nog baie ander. Anna Karénina, Wuthering Heights, Tess of the D'Urbervilles, The catcher in the rye - dis die soort boeke wat jou wêreld nou verruim. Sy dui ook goeie bloemlesings en letterkundige naslaanbronne aan.
Onderhoudend gee sy inligting en insigte - biografiese gegewens oor skrywers, publikasiegeskiedenisse, bibliografiese besonderhede, en veral: besprekings van 'n werk se tema, inhoud, karaktertekening, simboliek, styl en strekking. Telkens toon sy duidelik aan waarom 'n werk 'n hoogtepunt in die wêreldletterkunde is, en bring ook die leser by die teks self uit met prikkelende aanhalings, dikwels in eie vertaling.
En gaandeweg gebeur dit: Die aantrekkingskrag van tydlose geesteskeppinge word onweerstaanbaar. Nuwe horisonne gaan vir jou oop.
Of jy die boeke vir die eerste keer of opnuut lees - dit bly 'n “eindelose avontuur”. Daarvan oortuig sy jou met die opwinding en erudisie wat haar leeskringoptredes en boekerubrieke oor die radio en in tydskrifte jare lank gekenmerk het. Niemand in Afrikaans het méér gedoen om 'n liefde vir die goeie boek aan te wakker as Audrey Blignault nie.
Haar essays in Die eindelose avontuur bevestig wat sy in 1991 aan leeskringe landswyd voorgehou het: “Ten spyte van verkrummelende waardes
Publikasiedatum: 2020-10-15
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485309291

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 195
In 1920 skilder Paul Klee die olieverf-skildery, Angelus Novus. In 1940 vertolk Walter Benjamin in sy geskrif, “Űber den Begriff der Geschichte”, dat dít is hoe die engel van die geskiedenis moet lyk: met oopgesperde vlerke, op die punt om weg te vlieg, kyk hy om. Hy sien 'n katastrofiese verlede, wil terug, die wrakstukke wat hy daar sien opruim, maar 'n storm uit die paradys het hom aan die vlerke beet, waai hom genadeloos die toekoms in.
In die eerste gedeelte van Tweespoor word 'n spesifieke suider-afrikaanse verlede ontgin, en in die tweede 'n stormagtige eietydse werklikheid. Benewens dié twee spore waarop die bundel kortprosa loop, veroorsaak die geskiedenis wat ingesement in die psiges van karakters lê, en die opsies wat die hede bied, 'n turbulensie wat mense in twee rye spore laat loop.

“Besonder elegant is die delikate manier waarop die skrywer suggestie hanteer. Dit is die vermoë om 'n verwikkelde, geloofwaardige teks te produseer wat tegelykertyd ('n karakter se geestelike herstel of weerstandige berusting), nie net bevestig nie, maar ook ondermyn, wat hierdie verhale onderskei,” skryf Louis Esterhuysen oor Tweespoor.

OOR DIE OUTEUR
Helena Gunter het op 'n plaas naby die mond van die Breërivier grootgeword en skoolgegaan in Heidelberg. Ná haar studies was sy jare lank 'n onderwyser in die Strand, Bellville en Stellenbosch. Haar debuutbundel Op 'n plaas in Afrika is in 2008 met die Eugène Marais-prys bekroon en beskryf as “'n draaipunt in die Afrikaanse kortverhaal”.
Publikasiedatum: 2018-07-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781920608002

Fiksie: Kortverhale

Illustreerder: Fred Mouton
Fiksie  -  Kortverhale
R 195
Sowat agtien maande voor sy dood, in April 1950, het Herman Charles Bosman die ambisieuse voorkamerstories-projek aangepak, wat behels het dat hy elke week 'n 2 000 woorde lange storie moes lewer vir die nuusblad The Forum, wat as 'n komiese teenwig vir die ernstiger nuusgebeure gedien het. Volgens Lily Rabkin, 'n tydgenoot van Bosman, was die Voorkamerstories die platform waar Bosman se komiese vermoëns 'tot volle wasdom gekom het'. Bosman het self aan Rabkin gesê dat dit 'die beste werk [is] wat [hy] ooit gelewer het'.
Publikasiedatum: 2012-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780620507646

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 195
Oom Schalk Lourens, die voorste storieverteller in die Transvaal, sit reg op sy riempiesbank om sy gewildste stories met jou te deel: Willem Prinsloo se perskebrandewyn, Die Rooinek, Die musiekmaker en al die ander stories uit Mafeking Road, die bundel wat Herman Charles Bosman gevestig het as Suid-Afrika se gunstelingskrywer - hier volledig herstel uit die oorspronklike bronne.
Publikasiedatum: 2011-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781928530626

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 200
Reisgenote bevat ʼn keur uit die kortverhaalbundel, Die reisgenoot, wat oorspronklik in 2013 ingedien is as kreatiewe komponent van
ʼn meestersgraadstudie aan die Universiteit van die Vrystaat (onder leiding van prof HP van Coller). Ingesluit by hierdie bundel is 'n CD waarop verhale voorgelees word met musiek deur Joanita self gekomponeer. Die voorleser is Christo Olivier, bekende omroeper en rugbykommentator. As simboliese “reisgenote” is enkele gedigte getoonset wat tematies aansluit by Joanita se eie verhale. Die “reisgenote” is tematies van aard, maar ook in die gesprek tussen tekste, musikale werke en die kunstenaars wat betrokke was by die projek.
Publikasiedatum: 2021-07-30
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781485311157

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 200
Emma Bekker se debuutpundel Skryn (poësie) is goed ontvang en die eerste druk het uitverkoop. Hierdie bundel kortverhale getuig van dieselfde fyn waarneming, musikaliteit, verbeeldingrykeid en sensualiteit. Dit gaan hier oor struktuur, oor lae van betekenis en gevoel, oor die skelette van stories wat met vel oorgetrek word. Die verhale is soms donker, soms humoristies, altyd vreesloos en eroties gelaai. Die onderwerpe strek van 'n porn-ster se hartseer oor sy ma se dood tot 'n uitbundige relaas van 'n skoolkonsert.
Publikasiedatum: 2021-02-11

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.