●●● R50 aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Johann Strauss

Results 31 to 39 of 39
Gesorteer volgens:  Titel
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798175944

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 95
Hierdie kleurvolle boek maak voorskoolse kinders op 'n prettige manier vertroud met al die primêre kleure. Daar is ook kort rympies om saam op te sê en 'n storie om die kleure van die reënboog te leer ken. Moedig jou kind aan om die kleure self uit te ken, terwyl julle die pragtige tonele op elke bladsy verken. Hierdie boek vol kleure vorm deel van die Storiemuis-reeks - 'n moet vir elke voorskoolse kind!
Publikasiedatum: 2017-09-29
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798175920

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 95
Hierdie kleurvolle telboek maak kinders op 'n prettige manier vertroud met getalle, terwyl hulle stelselmatig van 1 tot 100 leer tel. Kinders kan aangemoedig word om hardop saam te tel, terwyl daar na elke element gewys en die pragtige tonele op elke bladsy saam verken word. Hierdie boek vol syfers vorm deel van die Storiemuis-reeks - 'n moet vir elke voorskoolse kind!
Publikasiedatum: 2017-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780798175937

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 95
Die kleurvolle boek maak voorskoolse kinders op 'n prettige manier vertroud met die alfabet van A tot Z. Eenvoudige eerste woorde en klanke wat met elke letter geassosieer word, maak dit maklik om die ABC te leer. Kinders kan aangemoedig word om na die klanke en woorde te luister en dit saam uit te spreek, terwyl die pragtige tonele verken word. Die boek vol letters en woorde vorm deel van die Storiemuis-reeks - 'n moet vir elke voorskoolse kind!
Publikasiedatum: 2017-08-31
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798180283

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
Wynand hou niks van Natalie nie. Sy is die vinnigste meisie in hulle graad, en sy weet dit. Natalie wil hê hulle moet resies hardloop. En sy kom altyd eerste. Wynand wil so graag nuwe tekkies hê. Bloedrooies met wit veters. Die vinnigste tekkies in die hele wêreld! Met sulke skoene sal hy beslis vinniger as Natalie kan hardloop. Maar wat gaan gebeur as hy per ongeluk 'n paar superhero­tekkies aantrek en dan moet help om 'n spul gewetenlose kunsdiewe vas te trek?
Publikasiedatum: 2020-09-09
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799383782

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Prenteboeke
R 120
Ooo … Ek is 'n eensame krokodil. Mense kyk vir my en gril. Ek soek maters hoog en laag, maar almal sê ek vreet te graag. Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met Betty Misheiker se liedjies oor die dapper muis wat kamstig bang is vir niks; die lappop wat saam met die vrot pampoen en die stukkende skoen op die ashoop beland; en die eensame krokodil wat die luisteraar nooi om in die water te klim. Hierdie reeks bestaan uit drie oulike prenteboeke gebaseer op die lirieke van Misheiker se immergroen kinderliedjies 'Die lappop', 'Die eensame krokodil' en 'Die dapper muis'.
Publikasiedatum: 2017-09-17
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799389401

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Kleuters
R 155
Vreemde dinge kan gebeur as jy 'n ertjie eet …
Ontmoet vir Ernst,
Ernst de Vos.
Hy eet so ampertjies
enige kos:
hamburgers, pizza,
herderspastei,
spaghetti, bobotie
(met geelrys daarby),
pampoenkoekies,
kerrievis,
blomkool en beet.
Maar Ernst WEIER om ertjies te eet.
Almal probeer vir Ernst oorreed om 'n ertjie te eet.
Sy ma vertel vir hom dat selfs BEROEMDE popsangers dit elke dag eet -
dalk moet hy dit ook probeer as hy beroemd wil word.
Sy pa bied aan om vir hom meer sakgeld te gee as hy ertjies sal eet - hy kan SKATRYK word.
Sy juffrou vertel vir hom dat ertjies amper 'n hele alfabet vol vitamiene bevat wat jou baie STERK maak.
Maar dit help nie. Ernst weier om ertjies te eet.
Op 'n dag, toe niemand kyk nie, eet hy egter een piepklein ertjie. En meteens begin die vreemdste dinge met Ernst gebeur!
Hy word so BEROEMD soos 'n rockster … hy word SKATRYK … hy word 'n STERK superheld wat die wêreld met sy ertjiegeweer red!
Maar beteken dit hy gaan van nou af ertjies eet?
Hierdie lawwe, rymende prenteboek met sy verrassende einde sal selfs die kieskeurigste kleuter 'n ruk lank van alle kosfiemies laat vergeet! Dalk kry jy selfs lus om aan 'n ertjie te proe …
Publikasiedatum: 2018-10-23
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175210

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 165
Bennie Boekwurm woon in sy tonnelhuisie in die Wielie Walie-parkie, waar hy vir die kinders boeke lees. In hierdie pragtig-geïllustreerde boek vertel Bennie nog vier heerlike stories: Miesie Muis bak 'n verjaardagkoek, Ouma kry 'n hondjie, Babet By leer dans en Tokka Kabouter maak grappies! 'n Heerlike opvolg op die eerste topverkoper 'Bennie Boekwurm vertel lekker stories' met een van Suid-Afrika se gewildste en mees ikoniese kinderkarakters.
Publikasiedatum: 2017-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798175470

Kinders: Prenteboeke

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Prenteboeke
R 155
Elke dag trek Bennie Boekwurm sy swaar waentjie vol boeke na die parkie om vir die kinders te gaan stories lees. Mokkie Mol met sy sterk pote kom hom help. Maar Mokkie kan nie mooi sien nie en boems-kadoems loop hy in 'n boom vas. Karra-kaparra! kantel die waentjie om en al die boeke val uit. En boonop is Bennie se bril nou skoonveld!
Publikasiedatum: 2017-11-02
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798178921

Kinders: Kleuters

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Kleuters
R 180
Sleuteltjie, sleuteljie, op sag satyn, laat tog 'n storie uit die boek verskyn! Kom luister saam na nog vyf van die wêreld se mooiste en gewildste sprokies: Rooikappie, Die skoenmaker kabouters, Die dieremusikante van Bremen, Duimelina en Sneeuwitjie. Die tweede boek in die gewilde reeks met nog klassieke verhale uit Bennie Boekwurm se groot sprokiesboek is ideaal vir voorlees met slaaptyd.
Publikasiedatum: 2019-07-10

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.