●●● R50 aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Jaco Jacobs

Results 271 to 285 of 294
Gesorteer volgens:  Taal
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799359046

Kinders: Kartonboekies

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Kartonboekies
R 95
Loer deur die venstertjies en soek al die strepe en kolle in die woud! Ontdek verskillende patrone op elke bladsy - en trek die skuiwer vir 'n versteekte verrassing!

Die reeks
1. In die woud
2. Op die plaas
Publikasiedatum: 2013-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799358155

Kinders: Opwipboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Samantha Chaffey
Kinders  -  Opwipboeke
R 180
Hoe opwindend! Die balletklas gaan hul heel eerste konsert hou. Almal is opgewonde om deel te neem. Maar Emma is die enigste een wat glad nie uitsien na die konsert nie. Sal sy haar verhoogvrees kan oorwin? En sal alles reg uitwerk op die aand van die konsert? Jong dansers sal versot wees op hierdie oulike storie en die fantastiese 3D illustrasies.
Publikasiedatum: 2012-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799358117

Kinders: Opwipboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Samantha Chaffey
Kinders  -  Opwipboeke
R 160
Dirk is anders as ander drake. Hy is glad nie vreesaanjaend nie - hy is vriendelik! En hy kan nie vuur blaas nie! Gelukkig besluit prins Albert om hom te help. Die twee gaan kuier by die koninkryk se bekendste vuurspuwende draak, en kort voor lank is hulle op soek na die beroemde Goue Beker.
Publikasiedatum: 2012-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799358131

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Prenteboeke
R 175
Ahooi daar! Kiet is 'n kat. Maar hy's nie sommer 'n gewone ou kietsiekatjie nie. Hy's 'n seerowerkat! Gryp jou swaard en jou oogklap en kom seil saam met hom op 'n seerowerskip. Wie weet, dalk ontdek julle selfs Goor Gawie se kosbare skat...
Publikasiedatum: 2012-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799358803

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Prenteboeke
R 105
Sebra is baie hartseer en alleen toe sy beste maatjie, Kameelperd, wegtrek. Sebra se maats probeer verskillende dinge om hom op te beur. Sal hulle Sebra kan help om weer beter te voel?
- `n Storie oor hartseer wees.
Publikasiedatum: 2012-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799359787

Kinders: CD's

Kinders  -  CD's
R 120
GEWILDE KINDERVERSE WORD PRETTIGE SAAMSING-CD

Die sangeres Anna Davel, die kinderboekskrywer Jaco Jacobs en 'n briljante produksiespan het kragte saamgespan vir 'n CD met splinternuwe Afrikaanse kinderliedjies.

Die album getiteld In die land van Kammalielie is 'n versameling liedjies wat ure se vermaak vir kleuters beloof. Dit wissel van prettige, uitbundige liedjies soos 'Wilde perd' en 'Bambino, die reus van Bitterbos' tot liriese slaaptydliedjies soos 'Slaap, Sibongile' en 'Teddie se wiegelied'. Daar is ook lekker speel-speel-slim-liedjies soos 'Tien pikkewyne', 'Dinosouruspret' (albei gebaseer op aftelrympies), ''n Dag by die dieretuin' en 'Tande borsel'.

Publikasiedatum: 2012-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799355017

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Alex van Houwelingen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 105
Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends...
Die ondeunde Zackie en sy beste vriend, Vincent, het besluit om 'n boek propvol grappe bymekaar te maak.
Jy sal lê van die lag saam met Zackie en Vincent en hulle gunsteling grappe! Hier is meer as 200 grappies wat jou sal laat skater.
Publikasiedatum: 2012-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799355109

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 195
Het jy senuwees van staal?
Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te lê en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie?
Dan is hierdie net die boek vir jou!
Publikasiedatum: 2012-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799354973

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Alex van Houwelingen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 105
Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie ...Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur daar altyd iets opwindends.

Zackie en Vincent sien baie uit na die rugbytoer. Selfs al speel hulle nie vir die A-span nie. En selfs al dra hulle span se afrigter lipstiffie! Maar dan word die rugbytoer afgestel, en almal dink dis Zackie se skuld ...

Nog 'n skaterlagstorie in hierdie gewilde reeks!
Publikasiedatum: 2012-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799352634

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Jenny en Bennie is 'n tweeling. Hulle is mal daaroor om by professor Fungus te gaan kuier en hom met sy eksperimente te help. Professor Fungus is 'n wetenskaplike. Daar gaan byna nie 'n dag verby sonder dat iets in professor Fungus se laboratorium ontplof nie. Saam met Edison die robot en Argon die blaffende konyn, beleef Bennie en Jenny tonne avonture.
Elke boek in die reeks kan afsonderlik gelees word.
Agterin elke boek verduidelik professor Fungus hoe om een van sy fantastiese eksperimente by die huis te doen (sonder al die ontploffings, natuurlik!).
Publikasiedatum: 2012-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799346503

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 105
Zackie is opgewonde toe hy hoor hulle gaan 'n toneelstuk by die skool opvoer. Hy kan nie wag om die rol van die Aaklige Trol te speel nie! Maar iemand anders wil ook graag die rol hê ... Voor Zackie sy oë uitvee, moet hy 'n meisie soen. Op die verhoog. Voor die hele skool. Behalwe as hy en Vincent 'n slim plan kan maak ...
Publikasiedatum: 2012-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799352467

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Prenteboeke
R 145
Die muishuis is 'n besige plek. Waar is Mandie? Van soggens tot saans kruip Mandie en haar familie in elke toneel weg. Hierdie prettige boek sal jou ure lank laat kopkrap! Blaai na die agterkant van die boek vir Mandie se SLANGETJIES-en-LEERTJIES-BORDSPELETJIE.
Publikasiedatum: 2012-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799352443

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Kleuters
R 55
Mamma Eend gee graag haar oulike Eendjie 'n drukkie. Lees wat gebeur wanneer Eendjie wegraak, en sit daarna Mamma Eend se vlerk om haar
vir 'n lekker snoesige drukkie.
Publikasiedatum: 2011-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799352450

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Kleuters
R 55
Mamma Beer gee graag haar oulike Beertjie 'n drukkie. Lees wat gebeur wanneer Beertjie besluit om 'n avontuur te hê, en sit daarna Mamma Beer se arm om hom vir 'n lekker snoesige drukkie.
Publikasiedatum: 2011-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799351309

Kinders: Kartonboekies

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Andrew Crowson
Kinders  -  Kartonboekies
R 170
Jaag om die baan met jou eie draaiende wiele. Elke opwindende storie het `n stewige uitdruk-voertuig en plakkers. Sit net die wiele vas, lig die flappe, voeg die plakkers by en jy is gereed om voet in die hoek te sit!

* WAARSKUWING : GEVAAR VAN VERSTIKKING - Klein deeltjies nie geskik vir kinders onder 3 jaar nie.

DIE REEKS
1. Draaiende wiele: Groot masjiene
2. Draaiende wiele: Renmotors
3. Draaiende wiele: Tot die redding
Publikasiedatum: 2011-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.