●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Jaco Jacobs

Results 31 to 45 of 270
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799358650

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Ed Eaves
Kinders  -  Kleuters
R 140
R 126Jy spaar R 14
'n Prettige uitstappie na die winkels
Inkopies saam met Mamma? Dis vervelig! Maar by die supermark ontdek Philip onverwags 'n fantastiese wonderwêreld ...
Want hierdie is nie sommer 'n gewone supermark nie - en met 'n hele trollie vol diere op die inkopielys, het Philip hope pret tussen die rakke!
Kinders sal versot wees daarop om nuwe dieremaats te maak in hierdie lawwe, lawaaierige prenteboek.
Publikasiedatum: 2019-11-04
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798179744

Kinders: Tieners

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Tieners
R 250
R 225Jy spaar R 25
Morrigan Crow het van haar dodelike vloek ontsnap. Sy is nou deel van die Wondergenootskap. Maar sy kry nie die verwelkoming waarop sy gehoop het nie. Sy is 'n seldsame Wondersmid, en dit veroorsaak dat almal haar as gevaarlik beskou. Lede van die Genootskap verdwyn, iemand pers Morrigan se nuwe vriende af en laat hulle teen haar draai. En Ezra Stuim - die boosste man wat ooit gelewe het - is vasbeslote om Morrigan uit die Genootskap weg te lok.
Publikasiedatum: 2019-09-03
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799395945

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Karen Lilje
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 130
R 117Jy spaar R 13
Party Maandae is so blou, nie eens roomys kan dit beter maak nie Toe Jana haar oë oopmaak, weet sy sommer … vandag gaan 'n BLOU MAANDAG wees! Dit lyk asof 'n tornado haar hare getref het. Die hamster het haar huiswerk opgeëet. Daar is aspersies in haar kosblik. En dit is háár skuld dat die hele skool glo haar beste vriendin se kop is vol grillerige goggas! Boonop is vanaand die groot talentaand waarna Jana al weke lank uitsien. Sy werk al so lank aan 'n liedjie vir die talentaand, maar sê nou dinge loop skeef op die verhoog? Hoe erg kan een Maandag wees? 'n Prettige holderstebolder-avontuur vol skaterlag-humor, oor daardie dae wanneer dit voel asof alles skeefloop! 'n Snaakse, aksiebelaaide storie vir beginner- en intermediêre lesers met temas soos vriendskap, gesinsverhoudings, boelies en musiek. Jaco Jacobs se kenmerkende humor sal jong lesers laat skaterlag in hierdie rampspoedige komedie.Soortgelyke Jaco Jacobs-boeke vir hierdie ouderdomsgroep is Spaghetti tussen jou tone en Viskos!
Publikasiedatum: 2019-08-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799395730

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Yolandi Prins
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 120
R 108Jy spaar R 12
Selfs monsters se tande water vir pizza … Zia se pa het die beste werk op aarde. Hy lewer pizza af! Vanaand gaan Zia vir die heel eerste keer saam met hom op sy bromponie ry. Hulle gaan drie REUSAGTIGE monsterpizzas aflewer … Maar as 'n mens pizza aflewer, kan jy vreemde mense ontmoet … en baie vreemde dinge kan gebeur! Hierdie is 'n humoristiese, toeganklike boek geskik vir beginner- en intermediêre lesers. Daar is min boeke vir lesers in hierdie ouderdomsgroep. Trefwoorde: humor, ouers, geheimsinnge gebeure, avontuur.
Publikasiedatum: 2019-08-26
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432310325

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 130
R 117Jy spaar R 13
'n Stappie deur die dorp se strate lei tot 'n opskop en 'n stertswaai-avontuur toe Claude sy pad tot in die teater oopdans - tot reg in die kollig!
Publikasiedatum: 2019-08-23
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432310318

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 130
R 117Jy spaar R 13
Claude het rooimiere! Hy kan nie wag om deel te neem aan die Hengse Groot Sportdag nie. Hy wil die goue beker wen, maar dan beland dit in die kloue van twee skelm skurke. Kan Claude die toernooi red en die beker wen?
Publikasiedatum: 2019-08-23
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9781432310257

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 130
R 117Jy spaar R 13
Ontmoet vir Claude - 'n hond soos min!
'n Vakansie by die see word 'n asemrowende avontuur toe Claude seerowers ontmoet, op 'n skip rondvaar, en 'n skat ontdek!
Publikasiedatum: 2019-08-23
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394979

Kinders: Nie-fiksie

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Nie-fiksie
R 140
R 126Jy spaar R 14
Alles wat kinders oor perde en ponies wil weet! Ontdek die wêreld van perde en ponies in hierdie gids propvol feite. Vind meer uit oor perde se gedrag, en ontdek hope nuttige wenke oor hoe om jou ponie te versorg. Ontmoet meer as 20 rasse, van Arabiere tot Shetlandponies. Hierdie boek is perfek vir enige iemand wat van perde hou, of jy nou reeds 'n perde-eienaar is of daarvan droom om eendag jou eie ponie te kry. Leer wat perde met hul liggaamstaal wys, watter verskillende kleure en patrone hulle kan hê, en vind meer uit oor die verskillende maniere hoe perde beweeg. Kom beleef die wonderlike wêreld van perde en ponies met hierdie nuttige gids propvol fantastiese foto's en feite oor perde. Vind uit hoe verskillende rasse se unieke eienskappe van mekaar verskil, leer hoe om jou troetelperd te versorg sodat hy gelukkig en gesond bly, en verstom jou aan hierdie wonderlike diere se supersintuie en atletiese vermoëns. Hierdie boek is die voortsetting van 'n reeks wat begin het met My eerste boek oor honde.
Publikasiedatum: 2019-08-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394948

Kinders: Nie-fiksie

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Nie-fiksie
R 130
R 117Jy spaar R 13
Prettige feite en aktiwiteite vir woelwaters! Ontdek wat alles in die lug aangaan in Prettige feite: Weer en die seisoene. Hierdie boek is propvol feite en aktiwiteite wat dit die perfekte boek vir alle weerstoestande maak! Lesers kan uitvind hoe sneeuvlokkies vorm, waarom dit reën en waarom daar soms 'n reënboog in die lug verskyn. Daar is selfs prettige aktiwiteite om te voltooi: soos hoe om 'n reënwolk in 'n bottel te maak en hoe om 'n windwyser te maak wat sal wys watter kant toe die wind waai. Hierdie boek is deel van die hoogs versamelbare Prettige Feite-reeks, wat spesiaal ontwikkel is vir kinders 5 jaar en ouer. Die reeks is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite. Jong lesers leer meer oor 'n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige projekte aan te pak wat by die temas aansluit. Die eenvoudige aktiwiteite dra by tot die ontwikkeling van geletterdheid, syfergeletterdheid, geheueontwikkeling en handvaardigheid. Hou die kleinspan besig terwyl hulle speel-speel leer! Hierdie boek is die nuutste titel in die Prettige Feite reeks. Vorige titels sluit in Plaasdiere, Wonders van die woud, Goggas, Haaie en Van my kop tot my tone.
Publikasiedatum: 2019-08-21
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393958

Kinders: Nie-fiksie

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Beatriz Castro
Kinders  -  Nie-fiksie
R 150
R 135Jy spaar R 15
Word www.webslim.co.za Kom ontdek die wonders van die internet saam met Anzil en Chris, en leer hoe om veilig te wees terwyl jy die web verken. Of jy nou veilig wil bly op sosiale media, jou slimfoon of e-pos wil gebruik sonder om nare verrassings af te laai, of deur kuberboelies lastig geval word, hierdie boek is 'n briljante gids vir jou lewe aanlyn. Vind meer uit oor: privaatheid, virusse, selfone, digitale burgerskap, wagwoorde, digitale voetspore, speletjies, kuberboelies, trolle, sosiale media EN BAIE MEER! 'n Duidelike, toeganklike boek oor aanlynveiligheid vir jong internetgebruikers. Dit is ideaal vir saamlees of selfstandige lees en verskaf 'n aanknopingspunt vir belangrike gesprekke tussen ouers en kinders. Die inhoud is belangrik in 'n samelewing wat al hoe meer aanlyngedrewe is.
Publikasiedatum: 2019-07-11
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799393972

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Ali Pye
Kinders  -  Prenteboeke
R 145
R 131Jy spaar R 14
'n Vriend is iemand spesiaal, van wie jy baie hou. Iemand wat jou goed laat voel en wat jy kan vertrou. Waar jy ook al kom, loop jy nuwe mense raak. Kyk, dis nou jou kans, jy kan altyd vriende maak! Vriende kan ses bene hê … … of dalk vier … … of twee! 'n Vriend is enige iemand vir wie JY omgee! Hierdie prenteboek vier vriendskap, deernis en diversiteit. Die boek wys hoe belangrik dit is om saam met ander mense te wees en dat vriendskappe tussen verskillende mense gevorm kan word. Saam kan ons regtig enige iets doen! Hierdie prenteboek sluit nou aan by globale temas van inklusiwiteit en diversiteit wat op die oomblik belangrik is. 'n Ander titel deur dieselfde skrywer: Meisies kan enigiets doen (oorspronklik uitgegee as Girls can do anything)
Publikasiedatum: 2019-06-27
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799397208

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 55
R 50Jy spaar R 5
Mevrou Langenhoven se tuin is vol slakke! Zackie en Vincent besluit om die slakke te vang. Dit is groot pret! Boonop kry hulle 'n beloning. Mevrou Langenhoven bak vir hulle lekker koekies! Maar Anton, die boelie, wil al die koekies eet ...
Publikasiedatum: 2019-06-20
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394900

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Alex van Houwelingen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
R 122Jy spaar R 13
'n Wilde wragtig genaamd Wilde Wikus Het daar 'n zombie-virus uitgebreek? Is ruimtewesens besig om die aarde aan te val? Het iemand 'n hele weermag ninja-robotte losgelaat? Of waarom wil Wikus se beste maat, Rico, dan skielik nie meer Vrydagmiddag by hom kom kuier nie? Die waarheid is nog erger as zombies, ruimtewesens of ninja-robotte. Rico het 'n nuwe beste maat. Iemand wat baie opwindender as Wikus is. Wikus besluit om 'n plan te maak … Hierdie is 'n humoristiese, toeganklike boek geskik vir beginner- en intermediêre lesers. Daar is min boeke vir seuns in hierdie ouderdomsgroep. Trefwoorde: humor, vriendskap, skool, boelies, avontuur, gesinne.
Publikasiedatum: 2019-05-28
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799391121

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Niek Maland
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 185
R 167Jy spaar R 18
'n Betowerende, sprokiesagtige verhaal deur meesterstorieverteller Sally Gardner Betsie se lewe is fantasties. Haar pa is 'n roomysmaker en maak die lekkerste roomys op aarde in elke geur waaraan jy kan dink. Haar ma is 'n meermin wat in die see bly en gereeld kom kuier. Maar Betsie het twee drome: Sy wens dat Meneer Tier se sirkus haar eiland sal kom besoek en sy droom oor roomys wat van towerbessies gemaak word en wat drome laat waar word … En dan daag Meneer Tier en sy Goebelgop sirkusakrobate op, en saam met 'n padda onder 'n towerspel, 'n eensame reus en Mamma en Pappa vertrek hulle op 'n sprokiesagtige avontuur: om die maan blou te kleur en towerbessies te soek. As hulle dit kan regkry, kan hulle 'n baie belangrike wens laat waar word … 'n Fabelagtige verhaal deur meesterstorieverteller Sally Gardner en pragtig geïllustreer deur Nick Maland se gedetailleerde prente. Gardner se verbeeldingryke beelde en liefde vir woorde vul elke bladsy met eksentrieke karakters, towerkrag en dapperheid - alles waarvoor 'n verbeeldingryke kind kan wens.
Publikasiedatum: 2019-04-24
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799394122

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Linki Brand
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 125
R 113Jy spaar R 12
Is jy gereed vir 'n skubberige avontuur?
Darius se pa kan deur 'n rivier vol krokodille swem.
Sy ma red ou tannies uit brandende geboue.
Selfs sy kleinsussie skrik vir niks …
En Darius?
Hy is nie eens dapper genoeg om van die skool se duikplank af te spring nie.
Maar alles verander toe hy op 'n dag 'n BAIE VREEMDE present by sy oupa kry …
Jaco Jacobs se splinternuwe avontuurverhaal gaan oor bang wees en dapper wees - en dat daar 'n draak binne elkeen van ons is wat ons kan help om ons vrese te oorkom. Dit is 'n beginnerleesboek vir kinders met 'n sterk fokus op humor; met eenvoudige, maklik leesbare teks.
Publikasiedatum: 2019-04-24

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.