●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Jaco Jacobs

Results 256 to 270 of 291
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799349634

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 105
Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends.
Zackie en Vincent besluit om SUPERHELDE te word. Hulle gaan MOOI MEISIES red, SKURKE vastrek en MISDAAD uitroei! Maar ongelukkig lyk dit nie regtig of daar in Granaatstraat werk is vir twee superhelde nie.
Totdat hulle 'n regte skelm teëkom ...
Publikasiedatum: 2013-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799347463

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
My boetie dra sy Batman-pak oral waar hy gaan. Hy dra dit by die dieretuin en op die ysskaatsbaan. Hy dra dit as ons TV kyk, hy dra dit as ons braai. Wat dra hy skool toe? Ja, jy't reg geraai! Saans as hy gaan slaap, dra hy dit in die bed. (Ek dink hy dra dit dalk selfs op die toilet!) Wat is erger as om jou ouma se toonnaels te knip? Is krokodille vir enige iets bang? En hoe lyk 'n gewone dag by 'n skool vir seerowers?
Publikasiedatum: 2013-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799346480

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 105
Zackie ontdek 'n ou boks in die buitekamer. Dis propvol dinge waarmee jy ONGELOOFLIKE kulkunsies kan doen! Hy en Vincent besluit om 'n vertoning by die skool aan te bied. Maar dan loop een van Zackie se FANTASTIESE toertjies skeef ... en hy en Vincent is in GROOT MOEILIKHEID!
Publikasiedatum: 2013-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799362107

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Ontmoet die Rotman met sy verslete jas en sy oog wat lyk soos 'n ou wond wat lankal gesond geword het ...Kom ry saam op 'n baie spesiale mallemeule, waar die kinders se gille van plesier snags omsit in angsgille.
Publikasiedatum: 2013-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799361117

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Alex van Houwelingen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 105
Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie is, gebeur altyd iets opwindends ...

Zackie en Vincent kan nie wag om te gaan kamp nie. Hulle gaan hope avonture hê. Maar van die begin af loop dinge skeef. Iemand hou aan om simpel poetse op hulle te bak. En boonop word daar stories vertel oor 'n nare gedaante wat in die bosse by die kampterrein rondsluip ...
Publikasiedatum: 2013-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799346497

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 105
Zackie en Vincent het 'n Baie Briljante Idee - hulle gaan 'n koerant begin! 'n Koerant propvol nuus oor die mense van Granaatstraat. En Zackie het klaar 'n voorbladfoto ... Een wat sy suster ROOI gaan laat sien!
Publikasiedatum: 2013-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799359763

Kinders: Versamelbundels

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Versamelbundels
R 150
Betree 'n towerwêreld in hierdie wonderlike versameling kort stories. Kom ontmoet 'n betowerde eenhoringperd, 'n olifant wat wil dans en 'n hasie wat dink sy's 'n feetjie!
Hierdie kort, oulike stories sal jou wegvoer na 'n fantastiese verbeeldingswêreld.

Ook beskikbaar:
5-minuut stories: Ahooi, seerowers! en ander stories
Publikasiedatum: 2013-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799359756

Kinders: Versamelbundels

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Versamelbundels
R 150
Maak jou gereed vir hope pret met hierdie wonderlike versameling kort stories. Zoem tot in die ruimte met 'n vlammende vuurpyl, seil saam met seerowers op die sewe seë en loer selfs in by 'n spookhuis! Hierdie opwindende stories is perfek vir lesers wat hou van avontuur.

Ook beskikbaar:
5-minuut stories: Die Dansende Feetjie en ander stories
Publikasiedatum: 2013-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799359886

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 125
Hou jou sakdoek gereed! Bennie en Jenny is bekommerd. Professor Fungus het verkoue, maar hy wil nie ophou werk nie. Dan gebeur daar egter 'n ongeluk in sy laboratorium ... en 'n MONSTERVERKOUE word in die strate losgelaat!

Die reeks bestaan uit:
1. Professor Fungus en die zombie-tamaties
2. Professor Fungus en die ongelooflike miniatuur-avontuur
3. Professor Fungus en die skrikwekkende Snotzilla
4. Professor Fungus en die mensvreter-piranhas
Publikasiedatum: 2013-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799359879

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
Watter soort ou breek by 'n akwarium in? En verf graffiti teen die muur? Of gooi bottels en ander gemors in die dolfyntenk? Kevin Pieterse, dis wie. Kevin is moeilikheid met 'n hoofletter 'M'. As straf vir sy vandalisme moet hy gemeenskapsdiens by die akwarium doen. Crystal kan nie glo sy moet die hele Desembervakansie in sy gesig vaskyk nie. Sy wens hy beland pens en pootjies in die haaitenk. Maar dan ontmoet Kevin vir Ginger die dolfyn. En dit is liefde met die eerste oogopslag ...
Publikasiedatum: 2013-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799358612

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Kleuters
R 80
Bennie Beer het 'n besige dag. Gaan loer saam met hom in by die winkel, die swembad en die skool. Hierdie prettige boek is die perfekte manier om jou kind aan woorde bekend te stel. Kyk na die voorwerpe wat op die linkerbladsy verskyn. Moedig dan jou kind aan om die voorwerpe op die regterkantste bladsy te soek. Hope glinsterende pret!

Die reeks
1. Eerste diere
2. Eerste woorde
3. Eerste syfers
Publikasiedatum: 2013-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799358605

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Kleuters
R 80
Danie is 'n seuntjie met hope dierevriende wat regoor die wêreld bly. Kuier saam met Danie by hulle! Hierdie prettige boek is die perfekte manier om jou kind aan diere bekend te stel. Kyk na die diere wat op die linkerbladsy verskyn. Moedig dan jou kind aan om die diere op die groot prentjie aan die regterkant te soek. Hope glinsterende pret!

Die reeks
1. Eerste diere
2. Eerste woorde
3. Eerste syfers
Publikasiedatum: 2013-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799358889

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Kleuters
R 50
Welkom in Feetjieland! Los die raaisels op en en help Fienie die feetjie om die Somerpartytjie te reël. Daar is drie dinge om in elke raaisel te soek ... en hou jou oë oop vir `n vlieënde vriend ook! Volg Fienie op haar feetjie-avontuur
Publikasiedatum: 2013-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799359046

Kinders: Kartonboekies

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Kartonboekies
R 95
Loer deur die venstertjies en soek al die strepe en kolle in die woud! Ontdek verskillende patrone op elke bladsy - en trek die skuiwer vir 'n versteekte verrassing!

Die reeks
1. In die woud
2. Op die plaas
Publikasiedatum: 2013-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799358155

Kinders: Opwipboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Samantha Chaffey
Kinders  -  Opwipboeke
R 180
Hoe opwindend! Die balletklas gaan hul heel eerste konsert hou. Almal is opgewonde om deel te neem. Maar Emma is die enigste een wat glad nie uitsien na die konsert nie. Sal sy haar verhoogvrees kan oorwin? En sal alles reg uitwerk op die aand van die konsert? Jong dansers sal versot wees op hierdie oulike storie en die fantastiese 3D illustrasies.
Publikasiedatum: 2012-12-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.