●●● GRATIS aflewering op bestellings bo R500 in RSA ●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Jaco Jacobs

Results 151 to 165 of 269
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799373899

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 105
R 95Jy spaar R 10
Party katte is oulik en spelerig en hou daarvan om gevryf te word. Mevrou Langenhoven se kat, Katinka, is NIE een van daardie katte nie. Maar toe mevrou Langenhoven vir Zackie en Vincent vra om na Katinka te kyk, stem hulle in, want hulle het dringend ekstra sakgeld nodig. Hoe moeilik kan dit nou wees om 'n kat op te pas ...?
Publikasiedatum: 2015-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799373950

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 90
R 81Jy spaar R 9
Hoe kry party voëls dit reg om duisende kilometer te vlieg sonder om te verdwaal? Watter voël se oë is groter as sy brein? Hoe groot is die wêreld se kleinste voëlsoort? Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies, is hierdie boek gewaarborg om jong diereliefhebbers te boei vir ure.
Publikasiedatum: 2015-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799361001

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
R 135Jy spaar R 15
Nina het 'n kleinsus. Haar naam is Bella. Sy kan die vreemdste dinge sê en doen.

Al waaraan Bella deesdae kan dink, is babas. 'Asseblief kry nog een,' smeek sy by Ma. 'Net enetjie.'

Maar Ma sê sy het klaar haar babas gekry. Sy sien beslis nie kans vir nog een nie. Nina en Bella se tannie Karin het egter goeie nuus ... en Bella kan haar ore nie glo nie!

Jenny Valentine se prettige Bella-reeks is perfek vir beginnerlesers of vir voorlees, met oulike illustrasies deur Joe Berger. Jong lesers (en Ma en Pa) sal skaterlag oor Bella se lawwe manewales. ....

Ook beskikbaar

Ek en Bella
Ek en Bella: Lekker verjaar
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799362091

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
R 122Jy spaar R 13
Bastian is al gewoond daaraan dat vreemde dinge in sy pa se antiekwinkel gebeur.
Maar dis die eerste keer dat daar geheimsinnige, nat voetspore verskyn.
En Bastian is seker dit het iets te doen met die outydse rolprentkamera wat sy pa gekoop het ...

Oor die reeks

Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank 'n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van 'n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste verdieping.

Bastian versamel graag vreemde goed, soos:
- valstande
- ou brille
- posseëls met vlermuise op (Hy het nog net dertien - daar is nie baie seëls met vlermuise op nie.)
- skilderye van katte (Hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie.)
- porselein-uile
- en boeke met spookstories.

Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture! Jong lesers sal Bastian se ongewone en humoristiese avonture verslind!

Die reeks

1. Bastian Blom en die pratende portret
2. Bastian Blom en die gillende geraamte
3. Bastian Blom en die woedende weerwolf
4. Bastian Blom en die Magtige Moerasmonster
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799362084

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
R 122Jy spaar R 13
Bastian is al gewoond daaraan dat vreemde klante in sy pa se antiekwinkel opduik.
Maar hierdie keer is daar 'n harige besoeker wat vir die volmaan tjank ... Bastian moet help om die raaisel op te los rondom twee families wat al jare lank in 'n geveg gewikkel is.

Oor die reeks

Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank 'n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van 'n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste verdieping.

Bastian versamel graag vreemde goed, soos:
- valstande
- ou brille
- posseëls met vlermuise op (Hy het nog net dertien - daar is nie baie seëls met vlermuise op nie.)
- skilderye van katte (Hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie.)
- porselein-uile
- en boeke met spookstories.
-
Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture! Jong lesers sal Bastian se ongewone en humoristiese avonture verslind!

Die reeks

1. Bastian Blom en die pratende portret
2. Bastian Blom en die gillende geraamte
3. Bastian Blom en die woedende weerwolf
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799358667

Kinders: Prenteboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Prenteboeke
R 135
R 122Jy spaar R 13
Tom en Tessa vertrek op 'n skattejag - van die besige strand tot die woelige dorp tot die bedrywige speelgrond. Al hul vriende sluit by hulle aan om te deel in die pret.

Daar is hope dinge om te soek, soos verskillende kleure, getalle en vorms - en die leser word aangemoedig om saam te soek! Hierdie besige prenteboek deur die gewilde Guy Parker-Rees nooi kinders om deel te word van die kleurvolle avontuur, en beloof ure se pret.
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799358629

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Kleuters
R 105
R 95Jy spaar R 10
Vertrek saam met Fanie Vark op 'n fantastiese reis,van hoog in die lug tot diep onder die see! Hierdie prettige boek is die perfekte manier om jou kind aan syfers bekend te stel. Kyk na die voorwerpe wat op die linkerkantste bladsy verskyn. Moedig dan jou kind aan om te tel hoeveel keer dit op die groot prentjie aan die regterkant verskyn. Hope glinsterende pret!

Die reeks
1. Eerste diere
2. Eerste woorde
3. Eerste syfers
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799355055

Kinders: Opwipboeke

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Opwipboeke
R 180
R 162Jy spaar R 18
Pêrel is 'n doodgewone meisie - maar sy het 'n buitengewone geheim. Sy is 'n regte seeprinses! Pêrel duik na die bodem van die oseaan en verander in 'n pragtige prinses. So begin 'n skitterende avontuur om die hekke van die Koninkryk onder die See oop te maak. Die perfekte geskenk vir jong prinsesse!

Met opwip-dele en flappies.
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799358636

Kinders: Kleuters

Vertaler: Jaco Jacobs
Kinders  -  Kleuters
R 170
R 153Jy spaar R 17
Maak kennis met jou gunsteling-dierebabas. Het jy al ooit met `n leeuwelpie gespeel? Of `n babakrokodil van naby gesien? In hierdie fantastiese boek kan jy jou gunsteling-babadiere ontmoet - lewensgroot! Van oulike katjies tot spelerige hondjies tot baba-sjimpansees en grootoog-uiltjies - watter in jou gunstelinge?

`n Fassinerende bekendstelling aan babadiere - groot en klein.Treffende foto's wys hoe groot babadiere werklik is.Uitvoubladsye wys groter diere se ware grootte.
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799352481

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 125
R 113Jy spaar R 12
Is jy dapper genoeg om in die kas te loer?
Die kas in Denver se kamer is die geheime ingang na 'n kasteel vol monsters en een van die monsters het Denver en Meyer se hulp nodig. Frank, die monster, is eensaam. Daarom besluit hy dis tyd om 'n meisie te kry.
Maar om die perfekte meisie vir 'n groot groen monster te kry, is glad nie so maklik nie!
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799352474

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 125
R 113Jy spaar R 12
Is jy dapper genoeg om in die kas te loer?
Die kas in Denver se kamer is die geheime ingang na 'n kasteel vol monsters. Al die monsters is op pad na 'n musiekkonsert. Denver en Meyer bied aan om 'n aand lank baba-oppassers vir 'n oulike monsterbaba te wees. Hulle moet met hom speel, hom kosgee en hom in die bed sit.
Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees ...?
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799359893

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 125
R 113Jy spaar R 12
Dis vis-skriklik... Bennie en Jenny kan nie wag om akwarium toe te gaan nie. Hulle gaan haaie, dolfyne en ander seediere in lewende lywe sien. Maar dan vind hulle uit een van professor Fungus se vriende gaan 'n nuwe uitstalling by die akwarium open - een met rye en rye skerp tande!
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799341737

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
R 144Jy spaar R 16
Het jy al ooit gewonder wat op die spyskaart is by die Rilrestaurant? Is jou boetie dalk 'n alien? Wat is die beste raad vir wegloopneus? Waarom is skottelgoed gevaarlik? Wat is minder kat as 'n meerkat? Almal weet van Mary se beroemde lammetjie maar het jy al haar ander troeteldier ontmoet? Hierdie vrolik geillustreerde bundel bevat meer as vyftig prettige, oorspronklike, grillerige en skreeusnaakse rympies uit die pen van Jaco Jacobs.
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799350791

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 135
R 122Jy spaar R 13
Simon is verveeld. Dit reën al die hele dag lank buite. Maar dan BONS, BONS, BONS iets teen die trappe op. Twee lang ore verskyn agter sy bed ... en nog twee ... en nog twee ... Dis weer HAASMOLES!
Publikasiedatum: 2015-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799349603

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 125
R 113Jy spaar R 12
Is jy dapper genoeg om in die kas te loer?

Die kas in Denver se kamer is die geheime ingang na 'n kasteel vol monsters. Denver en Meyer het al hope pret saam met die monsters gehad. Maar daar is iets fout in die monsterkasteel. Flaffie die weerwolf is in 'n BAIE slegte bui. En as 'n weerwolf vies is, moet jy liewer nie met hom sukkel nie ...
Publikasiedatum: 2015-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.