●●● AFSLAG SLEGS OP AANLYNBESTELLINGS ●●●

Soek resultate: Jaco Jacobs

Results 166 to 180 of 298
Gesorteer volgens:  Outeur
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799344592

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 205
Bly weg van daardie goed wat in die strate ronddwaal. Selfs al lyk hulle soos jou familie en vriende, jou buurman of buurvrou, die ou of meisie op wie jy jou hart verloor het. As jy gelukkig is, verskeur hulle jou binne sekondes. As jy nie so gelukkig is nie en dit oorleef ... wel, dís die scary deel.
Publikasiedatum: 2014-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799363029

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 135
Ryno Rademan is moeg daarvoor om die oudste broer van 'n superheld te wees. Ja, jy het reg gelees. Sy bababoetie is 'n superheld. Die nag toe hy gebore is, het 'n meteoriet die dorp getref. Dit het hom spesiale kragte gegee. Hy red mense uit brandende geboue en roei misdaad uit - al maak hy nog gereeld sy doeke vuil. Maar op 'n dag besluit Ryno se ma om sy bababoetie vir 'n kompetisie in te skryf ...
Publikasiedatum: 2014-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799363050

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Professor Fungus se nuwe robot is briljant. Bennie en Jenny is baie beindruk met die B-Bot. Daar is byna niks wat die blikbrein nie kan doen nie. Maar iewers is 'n skroef los. En toe die robot in die verkeerde hande beland, is daar GROOT probleme!
Publikasiedatum: 2014-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799363067

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Dis net 'n kwessie van tyd ... voor iets jou byt! Bennie en Jenny kan hulle oe nie glo nie. Professor Fungus se groot droom het waar geword. Hy het 'n tydmasjien uitgevind! Maar sal dit regtig werk? Daar's net een manier om uit te vind...
Publikasiedatum: 2014-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799339192

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 145
Weerwolwe, spoke en zombies baljaar saam met beroemde mosters soos Dracula, King Kong en Frankenstein se monster in hierdie skaterlag-grapboek. En as jy klaar gelag het, is daar selfs 'n resep om jou eie monsterslym te maak!
Publikasiedatum: 2014-03-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799363043

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 105
Zackie en Vincent het DRINGEND geld nodig. Anders gaan hulle die opening van die FANTASTIESE nuwe PRETPARK misloop. Daarom maak hulle 'n plan om HOPE geld te maak. Zackie besluit om koekies te bak en by die skool te verkoop. Maar ongelukkig is daar 'n vlieg in die salf... oftewel 'n SAPPIGE, WRIEMELENDE wurm in die koekiedeeg!
Publikasiedatum: 2014-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799350845

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 145
Rikus se ouma is die hoofsanger van die gewilde rockgroep, OUMA! Sy is op die voorblaaie van koerante en tydskrifte, en gaan na partytjies toe saam met die staatspresident. Sy het selfs haar hare grasgroen gekleur en 'n rooi sportmotor aangeskaf! Dit is egter nie aldag maklik om die beroemdste ouma in die land te hê nie, soos wat Rikus uitvind toe 'n skurk probeer om sy ouma te ontvoer...
Publikasiedatum: 2014-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799366358

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Frans Groenewald
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 155
HERDRUK. Is 'n witmuis nog 'n witmuis as hy groen is?

Miek is in groot moeilikheid omdat hy die natuurwetenskapklas se witmuis groen gekleur het, en boonop het hy nog nie aan 'n projek gedink vir entrepreneursdag nie. Al wat hom nou kan red, is as 'n luislang vir juffrou Makhetha en meneer Roux insluk.
Publikasiedatum: 2013-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799345186

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustreerder: Chris Venter
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Is jy gereed vir 'n middernagfees? Vampiere, weerwolwe, 'n zombie-poedel, besoekers uit die buitenste ruim, 'n monstertoilet ... Dit is net 'n paar van die vreemde en vreeslike goed op die spyskaart in hierdie heerlike bibberboek!
Publikasiedatum: 2013-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799362480

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Johann Strauss
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 125
'n Skoolhoof met 'n humorsin? Hy kom beslis van 'n ander planeet! Marko kan nie glo meneer Van Vuuren is so cool nie. Hy dink wraggies kattekwaad is snaaks. Dit lyk of hy van stout kinders hóú! Hy reël selfs 'n kamp vir Baie Spesiale Leerders waarheen hy al die moeilikheidmakers in die skool nooi. Maar Marko begin vermoed iets is nie pluis nie. Hoekom het dit gelyk of meneer Van Vuuren twee kinders se breins deur hul ore uitsuig? Is die nuwe hoof dalk 'n alien ... en hoe gaan hy dit bewys? 'n Gruwelike grilstorie (wat jou plek-plek sal laat skaterlag) uit die pen van die bekroonde skrywer Jaco Jacobs en swart-en-wit illustrasies deur Johann Strauss.
Publikasiedatum: 2013-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799359794

Leermiddels: Graad 7

Leermiddels  -  Graad 7
R 125
Goedgekeurde CAPS-skooluitgawe van die gewilde boek 'Gevaarlike Lopies'. Die skooluitgawe bevat volledig uitgewerkte vrae en hope prettige pre- en postlees-aktiwiteite soos blokkiesraaisels, woordspeletjies en skryfopdragte. (LW: Die inhoud verskil van die standaarduitgawe.)
Publikasiedatum: 2013-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799359824

Leermiddels: Graad 7

Leermiddels  -  Graad 7
R 140
Goedgekeurde CAPS-skooluitgawe van die gewilde boek 'Zackie Mostert druk 'n drie'. Die skooluitgawe bevat volledig uitgewerkte vrae en hope prettige pre- en postlees-aktiwiteite soos blokkiesraaisels, woordspeletjies en skryfopdragte. (LW: Die inhoud verskil van die standaarduitgawe.)
Publikasiedatum: 2013-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799362404

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 195
My naam is Martin Retief. Ek is dertien jaar, elf maande en twaalf dae oud. My ma noem my Martin, maar almal by die skool noem my Hoender. Ek hou daarvan om dinge te tel. Hoender Retief se hele lewe verander een middag toe sy pa op pad huis toe by 'n winkel stilhou om 'n snoek te koop. En terwyl sy gesin probeer om hul verlies te verwerk, versorg hy sy Leghorn-hoenders, verkoop eiers aan die mense op die plotte en doen saans wiskunde as hy sukkel om te slaap. Maar op 'n dag ontmoet Hoender vir Drikus. Drikus wat aan 'n siekte ly wat na iemand vernoem is. Drikus wat daarvan droom om sy eie zombiefliek te maak. Wat volg, is 'n avontuur vol skouhoenders, skelms, mooi meisies, wiskunde, kammabloed en zombies. 'n Hartroerende en dikwels humoristiese grootwordverhaal wat 'n ongewone blik bied op gesinne, vriendskap, die hantering van verlies ... en lang deelsomme.
Publikasiedatum: 2013-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799346480

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 105
Zackie ontdek 'n ou boks in die buitekamer. Dis propvol dinge waarmee jy ONGELOOFLIKE kulkunsies kan doen! Hy en Vincent besluit om 'n vertoning by die skool aan te bied. Maar dan loop een van Zackie se FANTASTIESE toertjies skeef ... en hy en Vincent is in GROOT MOEILIKHEID!
Publikasiedatum: 2013-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799347463

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 160
My boetie dra sy Batman-pak oral waar hy gaan. Hy dra dit by die dieretuin en op die ysskaatsbaan. Hy dra dit as ons TV kyk, hy dra dit as ons braai. Wat dra hy skool toe? Ja, jy't reg geraai! Saans as hy gaan slaap, dra hy dit in die bed. (Ek dink hy dra dit dalk selfs op die toilet!) Wat is erger as om jou ouma se toonnaels te knip? Is krokodille vir enige iets bang? En hoe lyk 'n gewone dag by 'n skool vir seerowers?
Publikasiedatum: 2013-08-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.